Elizabeth George se 'n Dogter na God se hart bied inspirerende en
praktiese raad vir elke ma wat haar dogter wil leer om 'n goddelike
lewe te lei. Elizabeth lei ma's in die ontwikkeling van hulle
dogters se geestelike lewe, maar wys ook hoe hulle hul dogters se
hele lewe as prioriteit moet beskou. Sy wys ma's onder andere: hoe
om 'n geestelike voorbeeld te stel; hoe belangrik dit is om vir
haar dogter te bid; hoe om haar dogter te leer oor God se Woord en
hoe waardevol hulle kerklewe kan wees; hoe om haar dogter se
sosiale groei aan te help. Vrae en doelwitte aan die einde van elke
hoofstuk sal ma's aanmoedig en help om beginsels by hul dogters
tuis te bring. Elke ma sal in 'n Dogter na God se hart nuwe maniere
ontdek om die verhouding met haar dogter te versterk en haar voor
te berei om 'n vrou na God se hart te word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!