|
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
In Suid-Afrika, met sy hoe voorkoms van geweldmisdaad, is 'n
persoon gelukkig as so-iets hom nognie getref het nie. Die trauma
van so 'n ervaring kan permanente emosionele skade aanrig.
Nie-gewelddadige trauma, soos die dood van 'n geliefde of 'n lelike
egskeiding, kan egter dieselfde gevolge he. Indien suke emosionele
wonde nie aangespreek word nie, kan dit lei tot letsels wat 'n
persoon vir die res van sy lewe van sy lewenskwaliteit beroof.
Genesing vir trauma stel die slagoffers van trauma en hul
naasbestaandes in staat om die persoonlike en fisiologiese effekte
daarvan te verstaan en dit dus beter te kan hanteer. Die titel
bespreek verskeie spesifieke trauma-situasies soos bankroof,
kaping, selfmoord van 'n geliefde en verkragting. Dit verskaf
riglyne vir algemene emosionele herstel waarby elke
getraumatiseerde mens sal baat en hom sal help om sy lewensreis
weer met vreugde en sonder emosionele letsels, voort te sit.
Genesing vir trauma is ook 'n hulpmiddel vir elke persoon wat ander
wil help om trauma te verwerk.
In hierdie boek word gefokus op die profetiese bediening in die kerk, wat indien dit korrek toegepas word, tot groot seën kan wees. Dié gebalanseerde, uiters leesbare en praktiese gids put uit die skrywer se eie profetiese ervaring en ontmoetings met profete. Riglyne vir die profetiese bediening word met duidelike Skrifstellings gestaaf. Beskerm jouself teen misleiding, vind balans en insig, en ontgin jou gawes.
Alle geestelike oorlogvoering begin met die stryd om ons denke. Wat ons glo, sal die vlak van ons oorwinning bepaal. Dit is altyd moontlik om meer effektief in die daaglikse stryd teen die kwade te wees. Leer hoe om jouself te beveilig teen voortdurende misleiding, vind balans en insig, en ontdek jou krag in Christus.
Onwrikbare geloof. Daaglikse integriteit. Ons almal streef na hierdie doelwitte. Ons begin met groot entoesiasme, maar sukkel meestal om die pas vol te hou wanneer ons die een frustrasie na die ander begin beleef. Kan jy jou hiermee identifiseer? Dan is hierdie aksieplan net vir jou. Dis bybels, prakties en lewensveranderend. En dit fokus spesifiek op sake wat mans na aan die hart lê. Kom beleef hoe God oor jóú voel. Skep moed – jy van vooraf begin en die wedloop voltooi!
Hierdie joernaal wat oor 28 dae strek, help lesers om hul laste ligter te maak deur Psalm 23 uit te leef. Vergeet van die chaos van die alledaagse lewe en wy jou daaraan om God te ontmoet soos jy nooit gedink het moontlik is nie. Lesers sal tydens hul ontdekkingstog leer om Psalm 23 en die vermoë daarvan om laste ligter te maak, beter verstaan. Lucado vra ons om opnuut te kyk na die bagasie wat ons almal saamdra en ons oorweldigende behoefte om dit oor te gee aan ’n God wat gereed en gewillig is om dit vir ons te dra. Elke dag sluit ’n oordenking in en daar is ruimte vir lesers om hul gedagtes en gebede neer te skryf.
Reis in 60 dae saam met skrywer Selwyn Hughes deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring, en ontdek só God se verlossingsplan. Die boek is gesentreer om Hebreërs 9:22: ‘… sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie’, en dit volg die bloedlyn van verlossing deur die Skrif tot waar dit volbring word by die kruisiging van Jesus.
Max Lucado gebruik 1 Korintiërs 13 om God se liefde vir ons te beskryf. Volgens hom is die eerste stap na goeie verhoudings om self eers God se liefde te ontvang. Slegs dan kan ons ander waarlik liefhê. Deel God se liefde wys jou nie op ’n volmaakte standaard vir die liefde waarby jy nooit sal kan uitkom nie, maar op ’n liefde wat jy nie kan weerstaan of vir jouself sal kan hou nie.
|
You may like...
Boytjie
Johnny Davids
Paperback
R280
R241
Discovery Miles 2 410
Die Bybel
Hardcover
R159
R125
Discovery Miles 1 250
|