![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
In God is stééds God deel Benescke 60 hedendaagse lewensveranderende
geloofstories wat die leser se geloof stig. Temas van die stories
wissel van voorsiening, beskerming, bonatuurlike deurbrake tot genesing
en herstel.
Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Neem praktiese stappe om jou verhouding met God te verdiep. Baie van ons wil graag ’n dieper verhouding met God hê. In hierdie boek, ’n Dieper verhouding met God, neem Trevor Hudson jou op ’n 40-dag reis wat gebaseer is op Jesus se eie woorde, soos hy dit tydens die bergrede in Matteus 6 uiteengesit het. Ons het ’n keuse of ons ’n verhouding met God wil hê of nie, maar die gevolge van ons keuse sal ’n ewigheid duur. Dit is Trevor Hudson se hoop en gebed dat ’n Dieper verhouding met God jou sal help om op hierdie uitnodiging te reageer en om praktiese stappe te neem om jou verhouding met jou Skepper te verdiep.
Hóé dien ’n hedendaagse gesin God? Watter maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding ’n fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewensveranderend is? Hoe inisieer ’n enkelouer dit? Of hoe motiveer jy dit wanneer jou huweliksmaat nie daarvoor te vinde is nie? Hoe doen jy dit wanneer jy tieners én kleuters in die huis het? En hoe doen jy dit sodat hulle dit wéér wil doen uit eie vrye wil? Met hierdie boek wil Louise Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos bv. die gebrek aan Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef.
Dit is belangriker om te weet hoe om te lewe as om die korrekte belydenis te vind. Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hier in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wereld ’n beter plek kan maak. Bekende filosofie professor – en gelegitimeerde predikant – Anton van Niekerk, praat openlik oor hoe ons geloof met rede kan versoen.
Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.
Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou
lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het
met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef.
Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.
Ons harte en gedagtes ontvang daagliks ’n ontelbare hoeveelheid boodskappe. Sommige hiervan is waar en behulpsaam, maar ander maak seer, verwoes of is nie in lyn met die boodskappe wat God vir ons in sy innige liefde en wysheid wil gee nie. Watter boodskappe kies jy om te glo en aan jouself te herhaal? Hoe klink jou interne gesprek wanneer jy na jou spieëlbeeld staar? Spreek jou woorde van hoop en geloof, of van nederlaag en moedeloosheid? Watter verskil glo jy sal dit maak as jy vir die volgende een-en-dertig dae sou kies om te fokus op wat die Here vir jou wil sê en wat Hy reeds vir jou in sy Woord vertel het? Laat Rig jou gedagtes hierop die eerste stap in die opwindende reis te wees na nuwe insigte, geestelike bemoediging en onderskraging. Ontdek die krag van self-aanvaarding en daaglikse geestelike vernuwing wat voortvloei vanuit die persoonlike boodskappe vir jou uit die Woord van God.
Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Waar pas die mens in by God se verhaal? En watter keuses kan ons maak in hierdie drama waarvan ons medeskrywer is? Dit vra die skrywer wanneer hy in gesprek met sy lesers gaan: Hy praat oor die kerk en die mense om ons, oor ideologieë, oor dit wat ís en wat wás en wat kom. En hiervoor roep hy die Bybel, die Christelike tradisie asook C.S. Lewis en N.P. van Wyk Louw as getuies in. Soos enige hartgrondige, luisterende gesprek oor God, word ook hierdie een, onafwendbaar, ’n gesprek mét God.
Waarom bid mense nie? Ná baie boeke wat Bennie Mostert oor gebed gelees het, seminare wat hy aangebied het en ’n aantal boeke wat hy oor hierdie onderwerp geskryf het, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat mense graag wil bid, maar nie weet wát om te bid nie en voel hulle weet nie hóé om te bid nie. Die manier waarop mense bid, verskil van persoon tot persoon en elkeen van ons moet dit doen soos dit vir ons die beste werk. Die doel van hierdie gebedsgids is om mense te leer wát om te bid en hóé om te bid. Sinvolle gebed word nie gemeet in terme van hoe lank jy bid nie. Dit is bloot ’n riglyn of metode hierdie om jou te help om sinvol te begin bid. Hierdie praktiese gids sal jou help om jou gebedstye sinvol te maak.
Die alomgeliefde spreker en skrywer ds. Izak de Villiers se laaste preke is in hierdie inspirerende bundel saamgevat. Die preke, wat nog nooit gepubliseer is nie, is uitgesoek en verwerk deur Amanda Botha, ds. Izak se letterkundige eksekuteur en self ’n bekende in boekkringe. Die preke is meestal tussen 2007 en 2009 by die NGK Aasvoelkop gelewer. Ds. Izak se preke is, soos lesers hom leer ken het, prakties en gerig op moderne mense se daaglikse lewe. Sy fokus is telkens op die wonderlike hoop van die evangelie, wat ons bemoedig en inspireer. Hy onderstreep die kleinheid van die mens en die grootheid van God, maar wys hoe God hom oor ons ontferm sodat ons kan weet dat ons nooit alleen is nie.
’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.
In vandag se gejaagde lewe is dit belangriker as ooit om in pas te kom met Jesus. Andries Enslin en Tom Smith bespreek in 7 ritmes binne 7 dae hoe ons dit kan doen aan die hand van die volgende 7 ritmes: God is liefde: God se liefde is onbeperk en alles is moontlik omdat Hy ons liefhet. Daarom moet ons ander liefhe; God is beskikbaar: God is alomteenwoordig en ons moet inskakel by Hom en ander; God is die weg: Hy is die weg tot genesing en wil he ons moet in sy karakter groei; God is Koning: Hy verwag van ons om alles te gebruik om sy koninkryk uit te brei; God is drie-enig: Ons mag en kan ook nie alleen staan nie; God is lief vir die wereld: God red alle mense en is lief vir alle mense; God is kreatief: God is alomteenwoordig en alwetend – en Hy gebruik alles in ons lewe met ’n doel. 7 ritmes binne 7 dae is ideaal vir individue of kleingroepe en integreer Skrifuitleg met praktiese raad, oordenkings, besprekingsvrae en oefeninge. Hierdie boek, met sy wortels in die kykNET-program Die Woord, sal lesers inspireer om weer te besef God is oral en sy hartklop vir die wereld moet weergalm in ons.
Die Mighty Men Verhaal vertel op boeiende wyse hoe een man se gehoorsaamheid aan God herlewing gebring het in Suid-Afrika en duisende lewens vir altyd verander het. "God het my gelei om hierdie storie te skryf sodat ek die ware verhaal kan vertel van wat gebeur het," sê die bekende en geliefde evangelis Angus Buchan self. Die Mighty Men Verhaal vertel die verstommende verhaal van die Mighty MenTM-fenomeen - hoe dit begin het met 'n mosterdsaad-idee in 2003, tot hoe dit in 2010 geëindig het toe die konferensie deur meer as 300 000 mans bygewoon is. Meer as 40 persoonlike getuienisse van mans wat by hierdie konferensies aangeraak is deur die Gees sal elke leser aan die hart gryp. Dit spreek van nuutgewonde vuur vir God wat in die harte van duisende mans aangesteek is, en sal lesers inspireer om God met nuwe toewyding te dien. Die Mighty Men Verhaal vier onwankelbare geloof, oneindige hoop en vreugdevolle en oorvloedige lewe in Christus!
Die geliefde Bybelleraar en dogter van Billy Graham deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede om die leser te begelei tot dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God. Soos baie van ons, het Anne Graham Lotz gesukkel met gebed. Deur die jare het sy ontdek dat haar gebede en gesprekke met die Here verdiep en meer intiem word wanneer sy dit neerskryf. Die lig van sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart bevat veertig van hierdie tere, eerlike gebede vir werklike situasies wat jou aanmoedig om jou eie gebedslewe te verdiep deur aanbidding, belydenis, danksegging en voorbidding. Die boek moedig die leser aan volledig op God se beloftes te vertrou en bevat vele bemoedigende oordenkings, inspirerende aanhalings en ook ruimte vir die leser om sy/haar eie woorde aan die Here neer te skryf.
Die Joyce Meyer Dagbeplanner 2022 sal lesers bemoedig en inspireer met
maandelikse oordenkings en daaglikse aanhalings uit Joyce se
topverkoperboek Ontmoet God Elke Oggend. Hierdie dagbeplanner sal mense
nie net help om hul lewe agtermekaar te kry nie, dit sal hulle ook
inspireer tot ’n dieper verhouding met God.
Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het. Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word? |
![]() ![]() You may like...
Development, Change and the Change Agent…
F. Theron, N.R. Mchunu
Paperback
The Psychology of Asian Learners - A…
Ronnel B King, Allan B.I. Bernardo
Hardcover
R3,174
Discovery Miles 31 740
Students at the Center - Personalized…
Bena Kallick, Allison Zmuda
Paperback
Disciplinary Intuitions and the Design…
Kenneth, YT Lim
Hardcover
|