![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se
geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte
uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte
Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel
moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland.
Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.
Het jy al ooit gevoel jy het al alles op aarde probeer om ’n probleem op te los, maar dat niks werk nie? Het jy al ooit gewonder waar die moeilikhede wat jou in die gesig staar, vandaan kom? In Jou stryd behoort aan die Here verduidelik Joyce Meyer dat wanneer jy die duiwel – wat werklik is en aktief is in vandag se wêreld – as jou ware vyand en die bron van jou probleme raaksien, jy dit kan oorkom en ’n lewe van vrede, vryheid, geloof en oorwinning leef. Wanneer jy die lewe se aanslae in die gesig staar, is daar sekere dinge wat jy vir jouself moet doen, soos om ywerig God se Woord te bestudeer en toe te pas, Hom te vertrou, te bid, ander te help, en ’n gesindheid van vertroue en ’n dankbare hart te handhaaf. Maar daar is ander dinge wat net God kan doen. Wanneer jy jou deel doen, doen God sy deel – en Hy is altyd gereed en gretig om jou te verdedig en te help. Joyce fokus nie net op die aard en strategieë van die vyand in hierdie vars benadering tot geestelike oorlogvoering nie, maar ook op die ware karakter en liefde van God, wat jou altyd na oorwinning sal lei. Ongeag hoe moeilik jou uitdagings ook al is, het jy alles wat jy nodig het om elke stryd te wen – want God is aan jou kant!
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
Gelowiges is in 'n oorlog gewikkel met die vyand. Hulle moet dus voorbereid wees vir die stryd en met die sterkste wapen ooit veg: Gebed. Die oorlogskamer - Bybelstudie, gebaseer op die fliek War Room, bied aan gelowiges geleentheid om individueel of in 'n groep in hulle gebedslewe te groei om kragtige gebedstryders te word. Elk van die 5 studies bied 4 afdelings: Inleiding; Bespreking van aspekte van gebed soos dit in die fliek gesien kan word; Groepbespreking; 3 oordenkingstudies; Hierdie Bybelstudie sal gelowiges inspireer om op God se genade te vertrou, oorwinning oor hulle ware vyand te verklaar en hulle identiteit in hulle Verlosser te vind. Die oorlogskamer - Bybelstudie sal as herinnering dien dat gebed werklik 'n kragtige wapen is.
Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Of jy al Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou bekendmaak. Randy Frazee is die hoofredakteur van hierdie merkwaardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30 hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel: 10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike geloof; 10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus; 10 sleuteldeugde wat kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word. Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel te leef. Die besprekingsvrae waarmee die boek afgerond word, is ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem.
Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswereld? Engele by ons is 'n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele se. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.
Daar heers vandag groeiende verskille in kerke se verkondiging van wat kerklewe behoort te wees, die grondbeginsels van die Christelike geloof en die wyses waarop God aanbid moet word. Te midde van verdere antagonisme jeens die kerk, mag die gelowige miskien begin wonder wat die kerk se rol nou eintlik is? Hoe leef ons in 'n gemeenskap van gelowiges waar die Woord van God sigbaar in ons lewens is? Volgens Mark Dever behoort ons ons tot die Woord van God te beroep om ons te lei in hierdie vrae. Hoe beter ons God verstaan, hoe beter is ons raamwerk vir kerklewe, geloof en aanbidding. Die kerk speel 'n essensiele rol in God se planne. Dit is die waarneembare gedeelte van Christelike teologie. Christelike lewe kan net gerealiseer word in ons verhoudings met ander. Die eenheid waarin Christene tot mekaar leef verteenwoordig die lewe van ’n nuwe samelewing: een van liefde en vrede tussen mense. God roep mense om sy take op aarde te verrig en Hom op aarde te verteenwoordig. Mark Dever verduidelik in Die kerk dat die kerk 'n eenheid kan wees wanneer gelowiges verenig is in God se waarheid wat in die Bybel gevind kan word.
Dr. Phil McGraw se oor hierdie boek: "Dr. Cloud wys jou hoe om die resultate waarna jy soek in jou werk en by die huis te verkry." Dr. Henry Cloud deel in Die een oplossing vir die lewe talle waardevolle strategiee vir 'n lewe met groter samehang en eenvoud ten opsigte van werk, gesin en geloof. Hierdie boek is spesiaal geskryf vir mense wie se inbox nooit leeg word nie, wat gefragmenteerd en gefrustreerd voel – asof hulle in te veel rigtings getrek of gedryf word. Dit behandel die moeilike balans tussen werk en persoonlike lewe, wat soms in chaos eindig. Dr. Cloud wys die leser hoe om: selfvernietigende gedrag in toom te hou; jouself te definieer en te weet wie jy is; perke te stel wanneer dit nodig is, doeltreffend te kommunikeer asook om jou werkverrigting by die werk en daarbuite te verbeter.
Jesus Christus en ons lewe in Hom is 'n sistematiese, evangeliese leerstelling oor die Persoon en werke van die Here Jesus. Die skrywer wil gelowiges help om aan die hand van beter kennis weerstand te bied teen die stygende vloedgolf van teologiese dwalinge oor wie Jesus Christus werklik is. Hy wil lesers ook help om die ware Christus van die Skrifte te ontmoet, as hulle Verlosser aan te neem, en 'n persoonlike verhouding met Hom op te bou. Hoofstuktitels is onder meer: God wat mens geword het; liefde as 'n lewensbeginsel; opdragte en beloftes; die Koning wat weer kom.
Rugby in Suid-Afrika is méér as net ’n spel. Dit is ’n weerspieëling van die wese en hartklop van die mense van hierdie land. Dit is sinoniem met sonskyn, biltong en braaivleis. Sedert rugby die eerste keer in 1861 op Suid-Afrikaanse bodem gespeel is, het die land en rugby ’n wedersydse invloed op mekaar se ryk erfenis gehad. Agter Die Doellyn vier die vreugde en gevoel van eenheid en trots wat onder mense van hierdie land ontstaan het ná die Wêreldbeker-oorwinning in 1995. Agter Die Doellyn:
“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.” Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef. Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken. ’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp. In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.
Laat verandering, inspirasie en sukses weer opnuut in jou ontwaak word. Sleutels tot bevat 80 bladsye van motiverende aanhalings en gedagtes oor sukses en uitnemendheid, wat met behulp van ’n pragtige uitleg-ontwerp aangebied word. Hierdie geskenkboek is gerig op diegene wat ’n positiewe uitkyk op die lewe wil ontwikkel en behou, en sal mense in staat stel om elke dag te groei en verander. Met plek vir ’n persoonlike boodskap in die voorkant van Sleutels tot sukses, is hierdie boek ideaal om te gebruik in die plek van ’n geleentheidskaartjie of as ’n geskenk om ’n vriend of kollega te bemoedig en te motiveer.
In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seen oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is.
'n Suksesvolle lewe gaan gewoonlik oor dinge bymekaarmaak: groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette los, die ryk jongman sy rykdom. Tot die kerk het haar grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het. Die boek motiveer ons om af te pak en vyf ou gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat ons kan help om ligter te reis. Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.
’n Pragtige tweekleur-boek uit die pen van topverkoper-outeur Gary Chapman vir paartjies wat hul verhouding met mekaar en met God wil versterk. Konflik in verhoudings spruit dikwels nie uit ’n gebrek aan liefde nie, maar omdat paartjies nie dieselfde liefdestaal praat nie. 5 Tale van die liefde – oordenkings vir paartjies is die perfekte boek vir paartjies wat weer hulle liefde vir mekaar wil ontdek. Of hulle verhouding sterk en stabiel is en of hulle sukkel om mekaar te verstaan, elke paartjie in enige fase van hulle verhouding sal baat vind by hierdie 100 oordenkings. Dit sal hulle help om opnuut balans te vind in sake soos finansies, kommunikasie, gebed, en dit sal hulle help om mekaar se liefdestale te ontdek
Neels Jackson, kerkjoernalis van byna 30 jaar, glo dat godsdiens grootliks gaan oor die nakoming van Jesus se oproep om Hom te volg. Vir hom het Jesus se liefde egter bepalende implikasies vir die gay debat. Sy empatie en liefde vir gay mense moet verstaan word in die lig van Jesus se onvoorwaardelike liefde vir die randfigure van sy tyd en hoe Hy teenoor die Fariseërs opgetree het. Die skrywer ontleed die sewe gaytekste in die Bybel binne die konteks waarin dit geskryf is en kom tot die slotsom dat dit niks met homoseksualiteit te doen het nie. Die skrywer vul sy argument aan met die behandeling van 'n aantal misverstande oor gaywees en gay mense, asook ander argumente wat gaywees as sonde veroordeel. Hy voer dan ook aan dat Jesus se verruiming van die wet, asook die verskerping van die wet, vir ons die riglyn moet wees.
Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.
Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie. Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a my geloof waarmee ek grootgeword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek en te dekonstrueer. Om daarmee mede soekers en vrydenkers te help om ook op hulle eie spirituele avontuur te kan gaan. Hierdie boek is dus vir 'n nuwe generasie van Afrikaner; waar geslag, ras, kultuur, geloof, taal, ouderdom en seksualiteit hulle nie meer noodwendig definieer nie. 'n Generasie van vrydenkers; mense vir wie die beginsels van liefde, eerlikheid, respek, kritiese denke, oop soeke en eietydse spiritualiteit veel belangriker is. Hulle is reisigers; mense wat op 'n Kop en hart reis die dieper betekenis van hulle lewens wil ondersoek. En al wat van elkeen op hierdie reis gevra word, is om nooit hulle koppe af te skakel of hulle harte stil te maak nie. Daarom betree ek heilige grond met eerlike vrae. Ek beskou geen tema as verbode of onaantasbaar nie, so of dit nou God of godsdiens is, evolusie of die Bybel is, ek dekonstrueer en poog om nuwe maniere van dink en praat te vind. Ek nooi elkeen uit om saam met my bietjie dieper te delf in die misterie, die misterie wat ons God en die lewe noem.
Dit wat jy nie omtrent jouself weet nie, kan skadelik wees vir jou, jou verhoudings en hoe jy jou weg deur hierdie lewe baan. Dit kan selfs ’n dieper verhouding met God verhoed. Het jy hulp nodig om uit te pluis wie jy is en waarom jy jouself dikwels in selfverydelende patrone bevind? Die antwoord lê dalk net opgesluit in die persoonlikheidstipes wat deel vorm van die Enneagram. Die Enneagram is ’n persoonlikheidstiperingstelsel wat beskryf hoe mense bedraad is, hetsy positief of negatief. Die unieke verhaaltrant in hierdie boek help jou om die wêreld te sien en ervaar deur die oë van mense wat elkeen van die Enneagram-tipes verteenwoordig. Die komiese oomblikke en verhale wat hierin ingesluit is, sal verseker dat jy aanhou lees nadat jy die hoofstuk oor jou eie tipe klaargemaak het. • Kry ’n beter begrip van hoe om die mense in jou lewe lief te hê • Verbeter jou huwelik • Ontdek wie God bedoel het jy moet wees Deur met die veranderinge te begin wat jy reeds vandag kan aanbring, sal die wysheid wat in die Enneagram opgesluit lê, jou help op die pad na jou beste en ware self.
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg - Bladsye kleurgerand - Merklint
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg |
![]() ![]() You may like...
Platinum Life Skills - Grade 4 Learners…
H. Amato, J. Calitz, …
Paperback
![]() R194 Discovery Miles 1 940
Technology and U.S. Competitiveness - An…
W.Henry Lambright, Dianne Rahm
Hardcover
R2,907
Discovery Miles 29 070
Hiking Beyond Cape Town - 40 Inspiring…
Nina du Plessis, Willie Olivier
Paperback
|