0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (28)
  • R50 - R100 (15)
  • R100 - R250 (164)
  • R250 - R500 (111)
  • R500+ (40)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit

Die Lig Van Sy Nabyheid - Gebede Wat Jou Naderbring Aan God Se Hart (Afrikaans, Paperback): Anne Graham Lotz Die Lig Van Sy Nabyheid - Gebede Wat Jou Naderbring Aan God Se Hart (Afrikaans, Paperback)
Anne Graham Lotz
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die geliefde Bybelleraar en dogter van Billy Graham deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede om die leser te begelei tot dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God.

Soos baie van ons, het Anne Graham Lotz gesukkel met gebed. Deur die jare het sy ontdek dat haar gebede en gesprekke met die Here verdiep en meer intiem word wanneer sy dit neerskryf. Die lig van sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart bevat veertig van hierdie tere, eerlike gebede vir werklike situasies wat jou aanmoedig om jou eie gebedslewe te verdiep deur aanbidding, belydenis, danksegging en voorbidding.

Die boek moedig die leser aan volledig op God se beloftes te vertrou en bevat vele bemoedigende oordenkings, inspirerende aanhalings en ook ruimte vir die leser om sy/haar eie woorde aan die Here neer te skryf.

Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R38 Discovery Miles 380 Ships in 4 - 8 working days

Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.

Kom Saam - Inspirasie Vir Jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback): Sonja Goldberg Kom Saam - Inspirasie Vir Jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback)
Sonja Goldberg
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis.

Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.

Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas.

Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring.

Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hê.

Die Boodskap (Swart) (Afrikaans, Leather / fine binding): Jan Van der Watt, Stephan Joubert Die Boodskap (Swart) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Jan Van der Watt, Stephan Joubert
R399 R329 Discovery Miles 3 290 Save R70 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Boodskap is ’n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met ’n enig-in-sy-soort-fokus.

Uitstaande kenmerke van Die Boodskap:

Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in ’n taal en idioom wat elke Afri­kaans­spre­kende kan verstaan.

- Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal.

- Dit bevat versnommers vir maklike na­slaan­doel­ein­des en memorisering.

- Dit bied ’n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.

Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.

In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie.

Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.

Vyf Tale Van Die Liefde - Die Geheim Van Liefde Vir 'N Leeftyd (Afrikaans, Paperback): Gary D Chapman Vyf Tale Van Die Liefde - Die Geheim Van Liefde Vir 'N Leeftyd (Afrikaans, Paperback)
Gary D Chapman
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is 'n baie ernstige saak. Doktor Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op 'n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om hul eie taal asook die van hul maat te identifiseer.

Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar, Flip Schutte Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar, Flip Schutte
bundle available
R240 R188 Discovery Miles 1 880 Save R52 (22%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.

Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback): Johan Cilliers Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback)
Johan Cilliers
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.

Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet.

In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.

Vat die regte pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Vat die regte pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Kragtige Gebed Deur God Se Woord - Gebedeboek (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Kragtige Gebed Deur God Se Woord - Gebedeboek (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R39 R33 Discovery Miles 330 Save R6 (15%) Ships in 4 - 8 working days

Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.

Lesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in ’n handsak of tas te sit of om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.

Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is ’n wonderlike geskenk vir elke gelowige.

Geloof alleen - Reise deur die kerkhervormings (Afrikaans, Paperback): Andre Pretorius Geloof alleen - Reise deur die kerkhervormings (Afrikaans, Paperback)
Andre Pretorius
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) In Stock

Volg Andre Pretorius 500 jaar na die begin van die Kerkhervorming op 31 Oktober 1517, in die spore van die groot Hervormers - Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar die sleutelsepisodes van daardie grootse rewolusie afgespeel het en sien hoe daardie plekke nou lyk. Hy gaan na die plekke waar die godsdiensoorloe van die Hervormingsera ondenkbare verwoesting gesaai het, maar ook na die plekke waar die kreatiwiteit gebore uit die Protestantse verstaan van woorde en musiek van die grootste kunswerke van die mensdom geinspireer het. Hy bring dit alles terug na sy eie plattelandse Suid-Afrikaanse, Calvinistiese opvoeding.

Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback): Ina Bonnette Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback)
Ina Bonnette
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het.

Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.

Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg!

Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram.

Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.

Alles Wat Ek Nodig Het (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan Alles Wat Ek Nodig Het (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R205 Discovery Miles 2 050 Save R44 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Of jy nou krag nodig het vir ’n moeilike dag, of troos te midde van uiters uitdagende tye, ALLES WAT EK NODIG HET sal jou bemoedig met beloftes en hoop uit God se Woord.

Die 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan sal jou bewus maak van God se teenwoordigheid in jou lewe en dat Hy alles voorsien wat jy nodig het.

Word bemoedig om God se liefde elke dag uit te leef terwyl jy inspirasie put uit die Skrifgedeeltes en die plat-op-die-aarde raad en bemoediging van Angus Buchan.

Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens, Magda Slabbert Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens, Magda Slabbert
bundle available
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek.

Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

Die Onsienlike Wereld Van Engele - Bybelse Feite Oor Engele En Die Stryd Wat Agter Die Skerms Woed (Afrikaans, Paperback): Jaco... Die Onsienlike Wereld Van Engele - Bybelse Feite Oor Engele En Die Stryd Wat Agter Die Skerms Woed (Afrikaans, Paperback)
Jaco Scholtz
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het.

Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke.

Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?

Gloeiende More, Groeiende Mens - 21-Dag Gids Tot Aanwaarding Van Die Lewensavontuur (Afrikaans, Paperback): Wimpie Dempsey Gloeiende More, Groeiende Mens - 21-Dag Gids Tot Aanwaarding Van Die Lewensavontuur (Afrikaans, Paperback)
Wimpie Dempsey
R130 R113 Discovery Miles 1 130 Save R17 (13%) Out of stock

God se woord vir ons lewe is sonder twyfel die beste rigtingwyser. Hierdie versameling van dagstukkies is daarop gemik om jou elke dag na 'n spesiale plek van vernuwing te neem. Dit sal jou tot stilstand bring, sodat jy op kan kyk en die lewe met nuwe oe kan sien en ervaar. Jy sal ontdek waar jy hulp in inspirasie kan kry, sodat jy jou pad na die plek wat God vir jou bestem het sal vind. Elke dag se gedeelte is bedoel om jou lewe to verryk, gedagtes te kweek vir oplossing en oorwinning deur God se woord te vind.

Geïllustreerde Oordenkings Vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Carolyn Larsen Geïllustreerde Oordenkings Vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Carolyn Larsen
R149 R123 Discovery Miles 1 230 Save R26 (17%) In Stock

Vroue floreer wanneer hulle daagliks herinner word aan hulle waarde. En wat ’n wonderlike manier om dit deur die Skrif te doen!

Geïllustreerde oordenkings vir vroue deur Carolyn Larsen bied 90 oordenkings met ontwerpte teksverse om in te kleur. Elke oordenking fokus op ’n aspek van wie jy is volgens die Bybel, en sluit af met ’n inspirerende aanhaling wat vroue in hul geloof sal versterk.

Terwyl vroue nadink oor hul identiteit in Christus, sal hulle opnuut besef dat, te midde van die onsekerhede van die lewe, God se liefde vir sy kinders die een ding is waaraan hulle kan vashou.

Joyce Meyer Dagbeplanner 2022 - (Klein) (Afrikaans, Leather / fine binding): Joyce Meyer Joyce Meyer Dagbeplanner 2022 - (Klein) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Joyce Meyer
R239 R197 Discovery Miles 1 970 Save R42 (18%) In Stock

Die Joyce Meyer Dagbeplanner 2022 sal lesers bemoedig en inspireer met maandelikse oordenkings en daaglikse aanhalings uit Joyce se topverkoperboek Ontmoet God Elke Oggend. Hierdie dagbeplanner sal mense nie net help om hul lewe agtermekaar te kry nie, dit sal hulle ook inspireer tot ’n dieper verhouding met God.

Die inhoud bestaan uit:

  • Maandelikse artikels en daaglikse aanhalings
  • Kalenders vir elke maand
  • ’n Bladsy per dag vir afsprake, doen-lysie en notas
  • Openbare en skoolvakansiedae vir Suid-Afrika, Namibië en Botswana
  • Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
  • Ekstra nota- en adres bladsye agterin
  • 180 x 120 mm kunsleer sagteband met lintmerker
Die Perfekte Jy - ''n Bloudruk Vir Identiteit (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Die Perfekte Jy - ''n Bloudruk Vir Identiteit (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R230 R190 Discovery Miles 1 900 Save R40 (17%) In Stock

Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in ’n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

  • ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
  • meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy
  • die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
  • leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
  • die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef
  • goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei

Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en ’n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.
God Is Daar 'n Ander Antwoord? - 'n Bevryende Reis (Afrikaans, Paperback): Ben du Toit God Is Daar 'n Ander Antwoord? - 'n Bevryende Reis (Afrikaans, Paperback)
Ben du Toit
bundle available
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie manuskrip was nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit was aanvanklik ’n bestekopname van die skrywer se betrokkenheid by en blootstelling aan die NG Kerk-familie waarin hy gebore is, grootgeword en uiteindelik as predikant gedien het.

Ben du Toit se eerste boek, God? Geloof in ‘n postmoderne tyd, is in 2001 met die gesogte Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies bekroon. Dit het ’n woordeskat gebied vir talle ander mense se reis. Amper twee dekades later neem hy die vraag oor God en die relevansie van godsdiens en geloof verder.

Vir baie mense sal hierdie boek nie ’n gemaklike leeservaring wees nie. Daar sal egter lesers wees wat ’n eie bevrydende ervaring in hul verhouding met die kerk, geloof en met God sal beleef deur die boek te lees. En wat ’n woordeskat sal vind.

Net soos Du Toit se eerste boek baie mense minder alleen met hulle teologiese ongemak en kritiese vrae laat voel het, kan hierdie boek ’n wonderlike verrassende volgende fase van hul lewens inlei, soos dit tans met die skrywer die geval is.

Die afronding van die teks het plaasgevind aan die begin van die wêreldwye Covid-19-pandemie. Hierdie boek toon hoe die vraag na die betrokkenheid van God gevra word, net soos telkens in die verlede tydens ander krisisse.

Net soos wat die Covid-19-pandemie ’n nuwe era inlui, kan hierdie publikasie ’n nuwe denkraamwerk ten opsigte van geloof inlui.

Hier word baie name genoem en na vele stemme geluister. Uiteindelik gaan dit nie oor hulle as individue nie, maar wel, kollektief, oor Die Kerk – ’n bepaalde verteenwoordiging van die verskynsel wat Godsdiens genoem word. Maar inderwaarheid gaan dit nie eers oor hulle nie, maar oor God – terwyl die enigste manier waarop ons iets van God kan weet, deur die woorde en lewens van mense is.

Die Vrede Van Gehoorsaamheid Aan Jesus (Afrikaans, Paperback): 100% Jesus Books Die Vrede Van Gehoorsaamheid Aan Jesus (Afrikaans, Paperback)
100% Jesus Books; Translated by Luis Davila; Luis Davila
R523 Discovery Miles 5 230 Ships in 10 - 15 working days
Sint Basilius die Groot en Ander Stories (Paperback): Aldivan Torres Sint Basilius die Groot en Ander Stories (Paperback)
Aldivan Torres
R291 Discovery Miles 2 910 Ships in 10 - 15 working days
Bybelse Kaleidoskoop - Ligstrale uit die Bybel (Afrikaans, Paperback): Pieter Harris Bybelse Kaleidoskoop - Ligstrale uit die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Pieter Harris
R332 Discovery Miles 3 320 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Bybel - 2020-Vertaling
Leather / fine binding R569 R444 Discovery Miles 4 440
'n Lewe Naby God - 366 Oordenkings
Nina Smit Hardcover R249 R205 Discovery Miles 2 050
Trek 'n Kruisie Deur Angs - Breek Los…
Louie Giglio Paperback R30 R25 Discovery Miles 250
Uit Die Beek 2024 - 366 Dagstukkies
Barend Vos Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Het Ek My Geloof Verloor?
Pierre du Plessis Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R270 R232 Discovery Miles 2 320
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24…
Este Geldenhuys Paperback R335 R288 Discovery Miles 2 880
Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun…
Angus Buchan Paperback R129 R107 Discovery Miles 1 070
Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Hardcover R350 R301 Discovery Miles 3 010

 

Partners