![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. “Ek wens ek het meer tyd gehad om net rustig te word by God.” Daar is waarskynlik bitter min gelowiges wat dit nié al gedink het nie. In die 366 grootdruk-dagstukke in Vrede in sy teenwoordigheid plaas Angus Buchan sterk fokus op die feit dat tyd saam met God een van die belangrikste verantwoordelikhede is wat elke gelowige het. Dit bepaal die diepte van jou verhouding met God. Vrede in sy teenwoordigheid is vir elke gelowige wat hunker na meer tyd saam met God. Die feit bly staan: Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. Ook beskikbaar in Engels onder titel Peace in His Presence.
’n Affair is van die grootste pyn en seer wat ’n persoon kan beleef. Bekende Bybel- en seksualiteitkenner Timothy Kieswetter ondersoek affairs en rus jou toe om jou huwelik so ver moontlik affair-bestand te maak. Hy ondersoek wat affairs veroorsaak, hoe dit verloop en wat jy kan doen as jou huwelik deur een bedreig word. Hierdie boek is vir almal – of jy nou pasgetroud is, al jare getroud is, die slagoffer van ’n affair is en of jy die een is wat in die affair is. Daar is hoop vir jou huwelik.
Ons almal ervaar soms dat die seer en swaar kry van die lewe ons voete onder ons laat uitgly. Daar gebeur dinge met ons wat ons selfs laat twyfel aan God se liefde vir ons – onverklaarbare rampe wat ons nie met God se liefde vir ons kan laat rym nie. Veral wanneer hierdie seer en swaar kry lank aanhou, is dit baie moeilik om te bly glo en steeds op God te vertrou. God staan jou ook in jou swaarkrytye getrou by – Hy is altyd daar vir jou, gereed om jou regop te hou as jou voete wil gly.
'n Goddelike uitwisseling: Vanaf 'n tronk van seksuele misbruik en perversie, gebrokenheid, bitterheid en depressie, na 'n nuwe lewe van vryheid, intieme onvoorwaardelike liefde, vreugde, ware identiteit en 'n doelbewuste bestemming. Die doel van hierdie boek is om uit te lig dat enige iets vir God moontlik is. Hy is die Ware Geneesheer van liggaam, siel en gees. Sal jy God as Geneesheer toegang gee to die geheime kamers van jou hart, sodat Hy die leuens en wonde kan verwyder met Sy skalpel (die Waarheid van Sy Woord) en jy jouself derhalwe uitlewer aan Sy onvoorwaardelike, volhoudende liefde?" Ontdek 'n liefde wat onbeskryflik is
Word aan gespoor tot ʼn nuwe ontmoeting met jou Verlosser. Twee duisend jaar gelede het Jesus se pad gekruis met doodgewone mense. Hulle was dikwels gebroke, onvolmaak en sonder hoop. Maar Hy het hulle lewens aangeraak, hulle heelgemaak en die lewensdoel gegee waarvoor hulle so desperaat was. Frank Viola en Mary DeMuth neem jou in Die dag toe ek Jesus ontmoet het op ’n fassinerende reis terug in tyd met die dramatiese verhale van vyf vroue wat Jesus ontmoet het: die vrou wat op owerspel betrap is, die prostituut wat Jesus se voete gesalf het, die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, die Samaritaanse vrou en Maria van Betanië. Elke verhaal word vanuit die vrou se unieke perspektief vertel, maar is steeds Skrifgetrou volgens die gebeure uit die Evangelies. Die fiktiewe dagboekinskrywings word afgesluit met die verhaal uit die Bybel en ’n toepassingsgedeelte. Besprekingsvrae verskyn agter in die boek wat dit ideaal maak om in kleingroepe te bespreek.
Die aangrypende ware verhaal van ontvoeringslagoffers Yolande en Pierre Korkie. 558 dae van hel. Twee siele verenig in liggaam en gees. Een almagtige God. Dit is die verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat deur Al Qaeda ontvoer is, soos vertel deur Yolande. Pierre het dit nie oorleef nie. In hierdie roerende verhaal herleef Yolande die paartjie se ontvoering en gewelddadige skeiding van hulle kinders en die lewe soos hulle dit geken het. In 558 dae deel Yolande alles wat sy tydens hierdie afskuwelike tydperk ervaar het; van die oomblik wat hulle ontvoer is, haar vrylating en uiteindelik die mislukte reddingspoging om Pierre te bevry. Dit is ’n ware verhaal van ’n tipe liefde wat min paartjies ooit sal ervaar, van geloof wat sterker word deur lyding en van vergifnis wat kragtiger is as menslike grense. Dit is die storie van 558 dae. 16 bladsye volkleur-foto’s uit Yolande se persoonlike album, inskrywings uit Pierre se joernaal terwyl hy in aanhouding was en ’n roerende laaste brief van Yolande aan Pierre is in die boek ingesluit.
Bêre God se Woord diep in jou hart en skep ’n kleinood wat die volgende geslag sal inspireer. Ontdek God se liefde en die wonders van sy Woord opnuut met My kreatiewe Joernaal-Bybel – ’n unieke kombinasie van die Skrif en kuns. Met hierdie Bybel kan jy mediteer oor die waarhede in die Bybel terwyl jy die spesiaal ontwerpte woordkuns-teksverse inkleur, en die Woord van God so in jou hart koester en versterk. Die volgende kenmerke sorg vir ’n unieke ervaring: · Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling in enkelkolom-uitleg · Lesersvriendelike 8.65 punt lettergrootte · Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings · Ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp · Indeks van woordkuns-teksverse My kreatiewe Joernaal-Bybel is ’n bron van vrede, vernuwing en inspirasie. Skep ’n unieke kleinood met jou persoonlike stempel wat jy en jou geliefdes geslagte lank sal koester. Ook beskikbaar in Engels onder die titel InspireTM: The Bible for Creative Journaling
Regardt se lewe het glad nie naby God begin het nie, maar hy het beslis die pad na Hom gevind. Hy vertel van sy vroegste kinderjare in Bez Valley tot die punt waar sy lewe op die kruin van sy loopbaan, ná ’n onverskillige lewe met drank en ’n vergeefse soeke na ’n dieper sin, heeltemal uitmekaarval. Hy het sy gesin en huis verloor, maar een oggend met ’n babelaas en trane wat oor sy wange loop ’n onvergeetlike ontmoeting met God gehad wat sy hele lewe vir goed verander het. Regardt is die merkwaardige verhaal van ’n man wat nooit sy passie vir die lewe en vir rolprente verloor het nie, maar wat op ’n swaar manier moes leer dat toewyding en gehoorsaamheid aan God die vreugde en sin bring wat hom opgewonde maak oor sy lewe. Vandag is hy gelukkig getroud met Clara Joubert. Die lig van die silwerdoek skyn weer op hom en oor sy lewe sê hy met oortuiging: “Dis nie luck nie – net genade.”
Uit Die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens.
"Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien." Duet is 'n dagstukkieboek vir egpare om saam in hulle stiltetyd te lees. Johan en Christine Ferreira neem die leser op 'n reis reg deur die jaar, 'n reis nader aan God, maar ook nader aan mekaar. Hulle help om lewensmaats ook geloofmaats te maak. Johan is ’n voorligtingsielkundige in privaatpraktyk en Christine is die redakteur van Leef.
Dié boek poog om jou te bemagtig om weer op jou eie bene te staan nadat jy verlies ervaar het. Dit wil hulp bied om deur verlies God weer te leer ken sodat ’n nuwe storie van liefde in jou lewe geskryf kan word.
Die gebede is geinspireer deur die Heilige Gees en bevestig deur die woord van God (Die Bybel). Die gebede is saamgestel uit 4 hoof kern vers gedeeltes uit die Bybel. Geskrifte soos. "U woord is lewe vir die wat dit vind en genesing vir my hele liggaam." Alle behoeftes van die Kind van God word gedek in die gebede. Genesing, voorsorg teen siektes en beserings, beskerming, bevryding van binding en vloek, voorsiening van behoeftes, vryheid van probleme, vertroosting en self krag opbouing.
Jaun Truter was 'n gangster in die ergste graad: Noem dit maar: Dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op 'n baie tasbare en hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Hier leer hy om van voor af te begin... Hierdie is 'n aangrypende verhaal van God se beskermende hand en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.
Wonder jy ook waar is jou kind heen en wie is hierdie alien? Alles is ’n stryd: gesonde kos eet, reëls gehoorsaam ... Ouers voel soos mislukkings omdat dit lyk of hulle geen dissipline toegepas kry nie. Hulle voel skuldig omdat hulle heeldag raas. Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Hettie Brittz. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens jóú behoefte. En jy kan haar raad wat werk en haar insigte wat inspireer vir vriende en familie aangee, wanneer hulle moedeloos is met hulle ouerskap. Hierdie aanhalings leer jou om jou kind se unieke temperament te verstaan. Hulle gee wenke om met gesag op te tree wat getuig van God se liefde. En hulle verseker jou jy kán jou boompie op die regte manier buig en snoei.
Wat verg dit om die samelewing meer produktief én meer menslik te maak? Peter Drucker, topverkopende outeur en bestuurskonsultant, is bekend as die vader van moderne bestuur. Sy motivering vir alles wat hy professioneel gedoen het, was om ’n bydrae te lewer tot die samelewing. Bob Buford verwoord sy gesprekke met hierdie leermeester in Die impak van ’n leier en kyk na temas soos: buitengewoon gewoon, sukses tot sinvolheid, doelgerigte innovering, die God-vraag en red die samelewing. Bob wys ook hoe hy en Peter saam ontdek het watter berge versit kan word wanneer mense ’n gesamentlike visie het.
|
![]() ![]() You may like...
Clinical Obstetrics - A South African…
H.S. Cronje, J.B.F. Cilliers, …
Paperback
Ion Exchange and Solvent Extraction - A…
Jacob A. Marinsky, Yitzhak Marcus
Paperback
R2,098
Discovery Miles 20 980
|