0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (25)
  • R100 - R250 (247)
  • R250 - R500 (192)
  • R500+ (56)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit

Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback): Ferdinand Deist Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback)
Ferdinand Deist
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, ’n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak.

In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie.

Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.

Trip to Remember (Afrikaans, Hardcover): Angel R. Morales Trip to Remember (Afrikaans, Hardcover)
Angel R. Morales
R782 Discovery Miles 7 820 Ships in 10 - 15 working days
Die dans met God (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar Die dans met God (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar 1
R250 R226 Discovery Miles 2 260 Save R24 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Is daar 'n absolute waarheid wat ons lewe beheer? Wereldwyd raak al meer mense in hulle denke volwasse. Hulle aanvaar nie sake onkrities vir 'n "tweedehandse" lewe nie. Die dans met God vra reguit vrae en sny diep deur tradisionele antwoorde om by die sin van die lewe uit te kom. Moderne mense fokus net op dinge wat hulle kan bewys - maar verloor die misterie. Is daar 'n ander pad? Hoe kan ons nuut dink oor God en die geloof, sonder om die innerlike belewing prys te gee? Hierdie oopkop en rustige (soms vrolike) boek neem die leser op 'n lewensreis waar elkeen self kan soek - en vind. Jy leef die oomblik, want dis heilig.

NLV Tematiese Studiebybel (Met Duimgrepe) (Donkerblou) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Tematiese Studiebybel (Met Duimgrepe) (Donkerblou) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R799 R655 Discovery Miles 6 550 Save R144 (18%) Ships in 4 - 8 working days

’n Omvattende Afrikaanse Studiebybel gebaseer op die vertroude teks van die NLV wat die temas van die Bybel in diepte ontgin.

Die NLV Tematiese Studiebybel is ’n diepgrondige studie oor die temas van die Bybel, gebaseer op die vertroude teks van die Nuwe Lewende Vertaling. Ses van Suid-Afrika se voorste teoloë het saamgespan om die woorde en wêreld van die Bybel vir die hedendaagse leser te ontsluit.

Kenmerke van hierdie unieke Studiebybel:

  • Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling.
  • 'n Inleiding tot elke Bybelboek wat die agtergrond, opbou, outeurskap en boodskap van die boek uiteensit.
  • Inleidende artikels tot die Ou en Nuwe Testament, die Pentateug, die historiese boeke, die digterlike en wysheidsboeke, die Profete, Paulus se briewe en die Apokaliptiek.
  • 500+ artikels wat die hooftemas van die Bybel ontgin.
  • 14 000+ studienotas wat woorde, frases, verse en perikope ontsluit, en konteks, breër agtergrond en dieper insig bied oor die hooftemas van die Bybel.
  • 100+ persoonsprofiele oor belangrike Bybelfigure, soos Abraham, Dawid, Maria, Timoteus en Paulus.
  • 50+ kaarte en diagramme wat sleutelplekke in die Bybel verhelder.
  • Alfabetiese en tematiese indekse.
  • Die NLV Tematiese Studiebybel is ’n omvattende hulpmiddel wat Bybelstudie indringend sal verryk.
Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel (Groen) (Afrikaans, Hardcover): Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel (Groen) (Afrikaans, Hardcover)
R399 R345 Discovery Miles 3 450 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback): Elkarien Fourie Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback)
Elkarien Fourie
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

“Not sex please,” sê die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?”

Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik.

Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.

Spore Van Genade - 45 Woordkunstenaars, 1 Bundel (Afrikaans, Paperback): Spore Van Genade - 45 Woordkunstenaars, 1 Bundel (Afrikaans, Paperback)
R255 Discovery Miles 2 550 Ships in 4 - 8 working days
Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback): Johan Cilliers Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback)
Johan Cilliers
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.

Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet.

In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback): Johan Ferreira Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback)
Johan Ferreira
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Mans leef in ’n wêreld waar die rolle van manlikheid so verander het dat dit met tye vir hulle moeilik is om te weet wie hulle werklik is en wat van hulle verwag word. Die eise wat ’n gewone dag aan mans stel kan soms selfs die mees ervare individu laat twyfel aan sy bevoegdhede. Die boek skep ’n bewustheid by mense, en nie net mans nie, van die alledaagse en mees algemene lewensuitdagings waarvoor mans te staan kom, en probeer hulle toerus met relevante inligting wat hulle sal help om meer doeltreffende, emosioneel gelukkige en vervulde lewens te lei. Die boek word verdeel in verhoudings- en lewensfase-uitdagings, verslawing, gemoedsprobleme en traumatiese ervarings.

Evangelieliedere (Afrikaans, Hardcover): Evangelieliedere (Afrikaans, Hardcover)
1
R129 R112 Discovery Miles 1 120 Save R17 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel is gevul met paslike liedere vir elke omstandigheid en geleentheid. Dit bevat Afrikaanse en Engelse liedere en probeer Engels- en Afrikaanssprekende gelowiges op geestelike gebied nader aan mekaar bring. Die liedere hierin sal enige byeenkoms ophelder en almal wat saamsing en luister tot seen wees.

Lag Met God (Afrikaans, Paperback): Winna Morkel Lag Met God (Afrikaans, Paperback)
Winna Morkel
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Die stories is in kortverhale omskep deur ware, alledaagse gebeure, deurweef met humor en hoop wat bewys dat almal van ons net mense is: Uniek, maar tog eners!

Die stories help lesers om hul eie uitdagings en worstelinge in ’n ander lig te sien.

Die gebed is dat elkeen wat deur die blaaie woel, agteroor sal sit en lag, jouself vind in daardie oomblik en daarmee saam die Boodskap en Woord te ervaar..

Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Nadine Blom Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Nadine Blom
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.

Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback): Nina Smit Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat ‘n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry ‘n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.

NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Tweekleur Bruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Andrie Du Toit, Wil... NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Tweekleur Bruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Andrie Du Toit, Wil Vosloo
R599 R511 Discovery Miles 5 110 Save R88 (15%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.

Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:

• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”

Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback): Yvonne Retief Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback)
Yvonne Retief
R199 R172 Discovery Miles 1 720 Save R27 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19.

Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.

Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling): Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die... Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans!

Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22).

God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Die sewe kruiswoorde - Oordenkings oor Jesus se lyding (Afrikaans, Hardcover): Alwyn Griebenow Die sewe kruiswoorde - Oordenkings oor Jesus se lyding (Afrikaans, Hardcover)
Alwyn Griebenow
R184 Discovery Miles 1 840 Ships in 2 - 4 working days

Drie kruise. Een Middelaar. Sewe uitsprake. Op 'n koppie buite Jerusalem het daar tweeduisend jaar gelede drie kruise gestaan. Jesus van Nasaret het aan die middelste kruis die geskiedenis letterlik in twee gedeel. Hy het die mag van sonde en dood finaal verslaan, sodat die mens vir wie Hy so lief is, weer die vreugde van ’n hegte verhouding met Hom kan beleef. Terwyl Jesus aan die kruis hang, vloei daar sewe uitsprake oor sy lippe – onvergelyklike woorde van liefde, hoop, versmagting en, uiteindelik, oorwinning. Daardie woorde weerklink vandag nog net so helder, en hou ook ’n boodskap in vir jou lewe. Beleef hoe hierdie uitsprake God se liefde en genade in jou lewe tuisbring, en waarom die gebeure daardie Vrydag jou nie onaangeraak sal laat nie.

Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover): Piet Muller Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover)
Piet Muller; Translated by Piet Muller
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.

Antoinette Se (Afrikaans, Paperback): Antoinette Pienaar Antoinette Se (Afrikaans, Paperback)
Antoinette Pienaar
R250 R226 Discovery Miles 2 260 Save R24 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Stories is medisyne, die Lennon's van die lewe. Stories het al menigmaal my lewe gered. As ek myself in die storie herken of as 'n storie 'n spieel word vir n groot gebeurtenis in my lewe, help dit my om getuie te word van my eie lewe. Hierdie kortverhale vertel die stories wat op ons werf op Theefontein uitspeel, stories oor my kinderdae op Carnarvon, stories oor kwaai kalkoene, stories oor die son as hy sambokslaan op ons sinkdakke, stories oor hoe mens die weer vir weke ''lees'' op die uitkyk vir reen en stories oor die baldadige vreugde as die Blou Dak se Baas 'n slag sy gieter oor die vlaktes en die berge laat leegloop.

'n Tyd Om Te Praat - Vanaf Vernederende Stilswye Tot Innerlike Oorwinning (Afrikaans, Paperback): Rinscha 'n Tyd Om Te Praat - Vanaf Vernederende Stilswye Tot Innerlike Oorwinning (Afrikaans, Paperback)
Rinscha
R197 Discovery Miles 1 970 Ships in 4 - 8 working days

'n Tyd om te praat gaan beslis vir elke leser op 'n spesifieke wyse praat, wat jou gaan laat besef wie jy werklik is. Leer ken jou diepste wese met hierdie boek op verskillende vlakke. Ontdek so dieper insig om regte besluite te maak.

Rinscha deel haar lewensverhaal ter verryking van alle mense, sodat ieder en elk iets hieruit die toekoms mag saamneem. Dit is Rinsha se passie om mense in die eg te verbind, want baie siele word so gewen met haar boodskap wat sy vooraf van Hom ontvang het.

By meeste mense wanneer daar baie seer tye in hul lewens insypel, ontstaan 'n innerlike worsteling en kan dit 'n mens soms onnodig besig hou. Verkeerde keuses kan reggestel word en mens hoef nie weg te kruip en in skaamte te leef nie.

Sy hoop dat hierdie boek 'n aanwins en aansporing sal wees vir elke mens om te besef dit is nooit te laat om reg te maak en weer geluk te vind nie.

Onverskrokke Vroue - Uitdagings En Oorwinnings Vanaf Bybelse Tye Tot Vandag (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Onverskrokke Vroue - Uitdagings En Oorwinnings Vanaf Bybelse Tye Tot Vandag (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vroue speel nog altyd 'n sentrale rol in ons samelewing. Hul rol as versorgers word erken, maar wat van oa in die kerk of sakewêreld? Het die vrou se rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen toeka en nou en Bybel en grondwet. Sy gaan kyk na die sogenaamde "text of terrors" en hoe die eerste vroue bygedra het tot die vryheid wat vroue vandag het in alle sfere van die samelewing geniet. Maak nie saak hoe stadig hul vorentoe beweeg nie, hul beweeg.

My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover): Alette-Johanni Winckler My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover)
Alette-Johanni Winckler
R280 R242 Discovery Miles 2 420 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus.

Elke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.

Goeie Werke Of God - Onderskei Wanneer Goeie Werke in God se Wil is of nie (Afrikaans, Paperback): John Bevere Goeie Werke Of God - Onderskei Wanneer Goeie Werke in God se Wil is of nie (Afrikaans, Paperback)
John Bevere
R280 Discovery Miles 2 800 Ships in 2 - 4 working days

Dit wil voorkom of die terme “goed” en “God” deesdae sinoniem is. Ons glo dat dit wat oor die algemeen as goed beskou word, in lyn met God se wil moet wees. Vrygewigheid, nederigheid, geregtigheid – goed. Selfsugtigheid, arrogansie, wreedheid – boos.

Die onderskeid blyk tog duidelik te wees. Maar is dit al wat dit behels?

Indien “goed” dan so voor die hand liggend is, hoekom sê die Bybel dan dat ons onderskeidingsvermoë moet hê om dit te identifiseer? Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Hierdie boek sal baie meer doen as om jou te vra om jou gedrag en gesindheid te verander. Dit sal jou in staat stel om op so ’n vlak met God te kommunikeer dat dit elke aspek van jou lewe sal verander.

Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders.

Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens.

Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mammalian Chromosome Engineering…
Gyula Hadlaczky Hardcover R3,073 Discovery Miles 30 730
Key Notes on Horticulture and…
U. D. Chavan Hardcover R1,340 Discovery Miles 13 400
How Markets Work - Supply, Demand and…
Robert E. Prasch Paperback R1,199 Discovery Miles 11 990
Financial Mathematics - A Computational…
K. Pereira, N. Modhien, … Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Multiplication & Division Activity Book…
CGP Books Paperback R154 Discovery Miles 1 540
Active Flow and Combustion Control 2014
Rudibert King Hardcover R6,984 Discovery Miles 69 840
KS2 Discover & Learn: Geography - Europe…
CGP Books Paperback R184 Discovery Miles 1 840
Engineering Applications of…
Ku Zilati Ku Shaari, Mokhtar Awang Hardcover R3,829 R3,539 Discovery Miles 35 390
Democracy Works - Re-Wiring Politics To…
Greg Mills, Olusegun Obasanjo, … Paperback R320 R288 Discovery Miles 2 880
Dog Day Out! - A Sharing Puzzle for Kids…
Melissa Lee Johnson Game R423 Discovery Miles 4 230

 

Partners