|
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
In Sterk: Dagstukkies vir 'n Vreeslose en Passievolle Lewe nooi Lisa
Bevere jou uit om sterk te wees en nie daarvan weg te skram nie.
Ongelukkig kan jy dit nie op jou eie vermag nie - nie eens deur harder
te probeer of meer te doen nie. Jou krag lê in God opgesluit. Leer om
jou verhouding met God te verdiep, Hom beter te leer ken en Hom
onvoorwaardelik te volg. Aan die hand van 90 dagstukkies wat temas soos
vernietigende verhoudings, vergifnis, oordeel, vrede, berou, rus,
seerkry, woede ens. insluit en uit Skrifverwysings, 'n Bybelse lering,
'n gebed en 'n Ek is sterk-bevestiging bestaan, kan jy die sterk vrou
word wat jy graag wil wees.
• 10 hoofstukke van 9 dagstukkies elk
• 11 punt-lettergrootte
• Met 'n lint om jou plek aan te dui
• Kombineer Bybelse kennis met persoonlike insig en praktiese voorbeelde
• Inspirasie vir vroue van alle ouderdomme
• Ervaar die vreugde om in harmonie met God, ander en jouself te leef
Het jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar
vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in
hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy
teenwoordigheid op te soek.
Die eerste ses maande in Van vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek
is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees bevat insigte
rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses
maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan
oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te
kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by
die beliggaming van ’n nuwe skepping.
Die 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook
kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het.
Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of
praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke
hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee
en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.
• 365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg
• Sielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of
praktiese voorstelle
• Bevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde
• Eenkleur-drukwerk
• 392 bladsye
Smag jy na ’n meer vervullende huwelik? Is daar areas in jou verhouding
met jou man wat hoop en genesing nodig het? Die krag van ’n gelowige,
biddende vrou kan nie oorskat word nie. Stormie Omartian bied
verrykende insigte wat jou sal versterk en bemoedig terwyl jy vir jou
huwelik bid.
Die krag van ’n biddende vrou oordenkings se 100 dagstukke deur
topverkoper-outeur Stormie Omartian bied:
• Sielsverrykende oordenkings wat innerlike krag en vrede sal bring.
• Vars perspektief op die situasies en uitdagings wat jy elke dag in
die gesig staar.
• Gebede wat fokus op jou eie behoeftes, gebede spesifiek vir jou man
en gebede vir julle huwelik.
Wanneer jy jouself en jou man in gebed voor die Here bring, maak jy jou
lewe oop vir al die liefde, genade en voorsiening wat God oor julle kan
uitstort. Versterk julle huwelik deur elke dag die Heilige Gees se
leiding te soek.
’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir seuns se
geloofsgroei.
Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir seuns is gebaseer op van die
bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong seuns sal elke
dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele temas
wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde,
wonderwerke, wysheid en vele meer.
Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van seuns en bied
woorde van troos, vrede en hoop.
Wil jy graag ’n sterker, inniger verhouding met Jesus hê? ’n Mens bou
jou verhouding met die Here deur tyd in sy teenwoordigheid deur te
bring en Hom beter te leer ken.
Die Name van Jesus Gebedsjoernaal sal jou help nadink oor die Name van
Jesus en sy karakter en jou help om ’n inniger persoonlike verhouding
met Hom te bou. Hierdie gebedsjoernaal bevat:
• 31 inkleur-ontwerpe van die Name van Jesus waaronder Alfa en Omega,
Brood van die Lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• ’n Kort beskrywing van elkeen van die Name en wat dit sê oor Jesus se
karakter.
• Gedagtes om jou te laat nadink, met teksverse wat pas by die betrokke
Naam van Jesus.
• Bladsye met lyntjies waar jy jou gedagtes of gebede kan neerskryf.
Om na te dink oor Jesus se Name herinner ons aan Wie Hy is – ons Goeie
Herder, Brood van die lewe, Vredevors en Môrester. Die 44 kaartjies met
teksverse en illustrasies oor die Name van Jesus in hierdie boksie is
ideaal om individueel te deel of as een geskenk weg te gee.
Word opnuut herinner aan alles wat Jesus vir ons beteken terwyl jy Die
Name van Jesus Inkleurkaartjies inkleur!
• 44 inkleurkaartjies met teksverse en illustrasies oor die Name van
Jesus.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Verpak in ’n boksie.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander
inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Coloring the Names of Jesus.
Is jou dae vol en besig, en wens jy soms daar was iemand wat vir jou
leiding kan gee in elke faset van jou lewe? God wil daardie Iemand vir
jou wees! Elke nuwe dag is ’n nuwe kans om in God se teenwoordigheid te
leef. Ons hoef nie meer oorweldig en rigtingloos deur ons dae te
strompel nie.
In hierdie 365 dagstukke van topverkoper-outeur Joyce Meyer sal jy
opnuut ontdek dat jy al jou vrese, swakhede, hoop en vreugde met God
kan deel omdat jy sy kind is. En wanneer jy jou dag in gebed aan die
Here toewy, sal jy die leiding van die Gees in elke area van jou lewe
ervaar. Begin die dag saam met God sal jou nie net bemoedig en
ondersteun nie, dit sal jou ook die krag gee om ander mense in jou lewe
te bemoedig en by te staan.
Ervaar die vreugde daarvan om elke dag saam met God te begin en geniet
sy leiding, genade, voorsiening, liefde en seën.
Vrou-wees is nie altyd maklik nie. Vroue moet sterk en onafhanklik
wees, maar tegelykertyd vroulik en in beheer, terwyl hulle ’n balans
moet handhaaf tussen werk en familie, vriende, tyd vir hulleself en
hulle geloof.
101 Woorde wat saak maak vir vroue bied 101 relevante onderwerpe vir
vroue, soos geloof, vriendskap, verhoudings, gebed en jou loopbaan, met
beloftes uit die Skrif en inspirerende aanhalings. Dit is die ideale
manier om inspirasie te bring in die lewe van daardie kosbare vrou wat
’n bietjie bemoediging nodig het.
Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom
word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede
beantwoord word?”
Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek
Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom
met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir
almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van
Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die
moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen
antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om
jou ervaring te interpreteer.
Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde
van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in
gebede om te sit.
• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te
staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer
en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute
Tap into your creative side with the Bible Journaling Sticker Sets
These Bible Journaling Stickers include Scripture stickers that have
encouraging words, expressions of faith and lovely accents of nature
with the added bonus of allowing you to add your own color scheme.
Color these stickers and add them to your journaling Bible as you
engage and learn more about God.
• More than 120 Stickers
• Pack of 6 Sheets
• Matt uncoated sticker paper
• Self-seal Bag Packaging
• Afrikaans Product
Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse
Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.
Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude
Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook
ingesluit.
Hierdie Bybel beskik oor die volgende kenmerke:
• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Hardeband
• Merklint
In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir vertroosting & vrede
neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om vrede in sy
teenwoordigheid te vind en verkwik te word.
Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:
• jou hart voor God kan uitstort
• leer om God werklik te vertrou
• vertroosting vind
• leer om jou wêreldse bekommernisse te vergeet
• ontspan in God se teenwoordigheid
• vrede ervaar
• God se teenwoordigheid kan geniet
Kenmerke:
• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte
Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal
vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en
besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn
van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding
met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in
die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke
week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:
• Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
• ’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou
eie lewe (Dinsdag)
• Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die
beginsels van sy lewe (Woensdag)
• Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
(Donderdag)
• Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
(Vrydag)
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele
of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie
dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help
om ’n man na God se hart te word.
• Vir individuele of groepstudie
• Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
o ’n Vertelling van sy verhaal
o ’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
o ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
o Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
o Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year
Devotional
Hou vrees vir die verlede, hede en toekoms jou gevange met spyt, stres
en onsekerheid?
Die 366 dagstukke in Leef Vry: 366 Oordenkings Oor Ware Vryheid - Deur
Totale Oorgawe Aan God sal jou lei tot ’n dieper verstaan van die lewe
wat joune is deur Jesus se kruisdood. Hierdie daaglikse oordenkings,
vrae, gebede en vrae om oor na te dink, sal jou uitdaag, inspireer en
bemoedig terwyl jy die vryheid ontdek wat joune is in God, maak nie
saak in watter seisoen jy is of wat jou omstandighede is nie.
Dag een tot vyf bevat ’n Skrifgedeelte en oordenking, terwyl dag ses
vrae bevat oor die voorafgaande vyf dae se dagstukke. Dit kan vir
persoonlike of groepstudie gebruik word. Dag sewe fokus daarop om
hierdie waarhede in jou lewe toe te pas deur gebed of jou eie
dagboekinskrywings.
Kom ervaar self wat dit beteken om vrygemaak te wees van vrees sodat jy
kan voel, vra, floreer, volg, liefhê, leer, gee, rus, misluk en droom.
Wonder jy ook soms hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur? Waar is
God wanneer goeie mense ly?
Ons kan soveel leer uit die verhaal van Job. In Wanneer God stilbly: 'n
7-week-Bybelstudie oor Job verduidelik Johan Smit dat ons, net soos
Job, soms ook te staan kom voor tragedies en die ontnugterende gevolge
daarvan.
Hierdie Bybelstudie lig in 7 studies die belangrikste temas uit die
boek Job uit, soos:
• Waarom gebeur slegte dinge met my?
• Is lyding die straf op sonde?
• Waar kan ’n mens wysheid vind?
• God praat op verskillende maniere.
Johan Smit sluit die Bybelstudie af deur vir gelowiges vandag die doel
van lyding te verduidelik, hoe lyding in die Christen se lewe lyk en
hoe ’n mens iemand kan help wat deur ’n moeilike tyd gaan.
Wanneer God stilbly is ’n hoopvolle bevestiging dat die lewende God
vandag nog in mense se lewens teenwoordig is te midde van moeilike
omstandighede.
Daar word soveel druk op mans geplaas om sterk, wyse leiers en
liefdevolle gesinsmans te wees. Daar is versoekings om elke draai en
elke nuwe dekade bring nuwe uitdagings mee. Tog is die waarhede van die
Skrif vandag nog geldig, en bied die wysheid van die Spreukeboek vir
mans onontbeerlike raad en leiding om goddelike mans, eggenote en pa’s
te wees.
Elkeen van die 30 kort en kragtige dagstukke in ’n Sterk man is wys
fokus op ’n gedeelte uit Spreuke, met ’n oordenking, vraag vir nadenke,
praktiese toepassing en gebed. Vince Miller se praktiese raad sal mans
help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle
vandag te staan kom. Hy bespreek onder andere temas soos verhoudings,
besluitneming, seksuele versoeking, geestelike volwassenheid en die
krag wat woorde inhou.
’n Sterk man is wys sal mans bemoedig, uitdaag en ’n Bybelse fondament
gee wat hulle nodig het om in wysheid te groei.
• 30 dagstukke vir mans uit Spreuke.
• Elke dagstuk bied ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese
toepassing en gebed.
• Plek vir notas en aantekeninge.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Strong Man Is Wise.
Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n
romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Maar wat moet jy doen
om daagliks liefde te gee en te ontvang? Waag dit om lief te hê
dagstukke wys huweliksmaats hoe om daardie keuse elke dag te maak.
Deur middel van 52 weeklikse uitdagings nooi hierdie jaar lange dagboek
julle uit om dieper in te gaan op die skriftuurlike beginsels van The
Love Dare. Dit sal julle verhouding met God en met mekaar verryk.
Kenmerke van hierdie dagboek sluit in:
• 365 dagstukke oor unieke eienskappe van ware liefde
• 52 uitdagings wat julle sal help om liefde in julle huwelik te bewys
• Tientalle spesifieke gebede wat jy vir jouself of jou huweliksmaat
kan bid.
• Vrae wat julle sal help om krities oor julle huwelik te dink.
• Meer as 100 Kyk dieper-gedeeltes vir persoonlike Bybelstudie.
Maak die beginsels in hierdie dagboek vir meer as 'n jaar deel van
julle lewe. Maak dit julle dapper, volgende tree na ’n leeftyd van
liefde.
God skram nie weg van ons dorings nie. Hy trek ons nader. Daar is 100
gewyde dagstukkies in Omhels wat aanklank sal vind by alle vroue en wat
’n goddelike perspektief op jou daaglikse kwessies bied. Geliefde
Bybelonderwyser, Lysa Terkeurst, deel haar eie stryd, vertwyfeling en
hartseer terwyl sy die pad na God se omhelsing uitwys - Jesus wat sy
arms wyd oopstrek aan die Kruis by Golgota om ons vir alle ewigheid te
omhels. Hierdie wonderlike en spesiale omhelsing beteken dat ons ons
lewe lank op Hom kan vertrou.
Terwyl jy hierdie skatkis van dagstukkies, Skrifgedeeltes en
gebedswenke lees, sal jy aangespoor en toegerus word om:
• nuwe maniere te leer om God se liefde te ervaar,
• jou diepste seerkry aan God oor te gee,
• te hoor hoe God intiem jou hart aanraak,
• die vrees dat God soms ver weg voel, af te skud,
• elke dag doelgerigte, begeleide tyd saam met Hom deur te bring.
Kenmerke sluit in:
• 100 oordenkings
• Skrifgedeeltes en gebedswenke
• Lint-merker om jou plek aan te dui
• 215 x 160 mm, hardeband
• 12-punt lettergrootte
Wie is Jesus vir jou? In die Bybel het Jesus baie Name: Herder, Koning,
Bruidegom, Immanuel, Verlosser ... Hierdie Name weerspieël sy karakter
en wys dat Hy sy kinders liefhet – ook vir jou.
Dink na oor wat hierdie Name vir jou beteken met Die Name van Jesus
inkleurboek. Die 45 ontwerpe vir volwassenes het elk ’n teksvers
waaruit die Naam geneem is. Die volblad-illustrasies is op
geperforeerde bladsye gedruk sodat dit maklik uitgeskeur kan word, met
vyf bladsye met boekmerke om in te kleur en te deel.
• 45 volblad-illustrasies van die Name van Jesus, waaronder Alfa en
Omega, Brood van die lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• 5 bladsye met boekmerke om in te kleur.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Geperforeerde bladsye, net aan een kant gedruk, wat maklik uitgeskeur
kan word.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander
inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Names of Jesus Coloring
Book.
Vind krag, vrede en vreugde in God se teenwoordigheid terwyl jou geloof
groei deur hierdie 180 inspirerende oordenkings. Mini-oordenkings:
Groei in geloof sal jou herinner aan God se goedheid en liefde terwyl
jou geloof sterker word en jy vrugte dra tot sy eer.
• 184 eenkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Kompakte grootte.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Growing in
Faith.
Dit is maklik om ons geestelike fokus te verloor te midde van die
gejaagdheid van die lewe. Vir sulke tye het ons ’n nuwe verstaan nodig
van wie Jesus is en moet ons stil word by Hom.
Bid die Name van Jesus Kaartjies help jou om teen jou eie pas die Name
van Jesus te bid met die kort en kragtige gebede en bypassende
teksverse. Terwyl jy nadink oor die 51 eienskappe van Jesus, sal jou
fokus en hoop vernuwe word.
• Boksie met 51 volkleur-kaartjies, aan beide kante gedruk.
• Elke kaartjie het ’n Naam van Jesus met ’n bypassende vers aan die
een kant en ’n gebed aan die ander kant.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander
inkleur-produkte en kaartjies.
•Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of Jesus
(Box of Blessings).
|
|