|
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
Wie met trefkrag wil praat, preek, skryf (of dit nou 'n
groetekaartjie, toespraak, lesing of boek is), sal 'n bron waarin
denkers deur die eeue se pittige woorde en insigte vir maklike
naslaan vasgele is, baie nuttig vind. As jy binne 'n wye
Christelike lewensbeskouing en in Afrikaans wil kommunikeer, was
dit egter tot dusver nie maklik om 'n omvattende en goed vertaalde
versameling aanhalings te vind nie. Hier is dit nou – om Christene
te leer, te inspireer (soms te amuseer), te bemoedig, te troos en
... by te bly.
Hanteer die brandende vraag in die een of ander stadium in ons
geloofslewe: Hoe kom ek weer aan die bid en hoe leer ek om reg te
bid? Fokus op die regte vertrekpunt vir ons gebede: die lewende
verhouding met ’n persoonlike God wat met ons gesprek voer en ons
sy geskenk vir ons geestelike lewe, gebed, wil laat geniet. Gesonde
riglyne uit die Bybel oor hoe om opnuut te leer bid, en sinvol te
bid – gebede wat God hoor en verhoor.
Waarom is ons daarmee tevrede dat die Woord van God aan ander mense
geopenbaar en aan ons oorgedra word asof die Here nie meer
indiwidueel met ons praat nie? Die Here wil he dat ons sy stem
hoor, dit verstaan en daaraan gehoorsaam wees. Die Here wil met
elkeen van ons persoonlik praat. Hy wil ons ontmoet daar waar ons
is en ten spyte van wie ons is en sy wil vir ons lewe aan ons aan
ons bekend maak.
God se genade is die teenoorgestelde van die gedrag wat my gewond
het. Genade is om nie weer deur God seergemaak te word nie. Genade
is om erns met my seer ernstig te maak en te begin om dit te heel.
Genade is om ruimte te maak waar ek dit weer kan waag om verlore
dele van my menswees te ontdek. Genade is om ruimte vir my hele
menswees te skep. Genade is om nie weer, soos baie in die verlede
gedoen het, vir my te se ek moet anders, beter, heiliger,
volmaakter, slimmer, foutloser wees nie. Ek hoef nie die hele tyd
in beheer te wees nie, want ek hoef nie die hele tyd volmaak te
wees nie. Ek kan maar beheer laat gaan.
Wil jy elke dag suksesvol en in beheer voel? Elke man kom by 'n
t-aansluiting waar hy moet kies in watter rigting hy sy lewe wil
neem te midde van al die eise wat aan hom gestel word. Die skrywer
het erns gemaak met die balans in sy besige lewe. Met hierdie
oudioboek vertel hy eerlik uit sy eie lewe, gee praktiese raad en
deel sterk waarhede uit God se Woord wat man-tot-man met jou sal
praat. Gryp die lewe se 12 temas sal jou weer bewus maak van God se
plan vir jou. Al wat jy hoef te doen, is om hierdie CD te luister
terwyl jy in jou motor ry of op die rekenaar besig is en jou oop te
stel vir God. Hy wil jou deur hierdie oudioboek uitdaag en jou lewe
verander!
Elke mens het deel aan twee werelde: die fisiese wereld waarvan jy
jou met jou sintuie kan vergewis, en die geesteswereld waarvan 'n
mens nie langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat
sommige mense die bestaan van hierdie geesteswereld ontken,
beteken beslis nie dat dit nie bestaan nie. In hierdie openbarende
titel wys die skrywer lesers daarop dat die geesteswereld nie
geografies bepaal kan word nie. Dis nie 'n wereld op 'n ander plek
nie, maar in 'n ander dimensie wat vlak buite die grense van die
mens se sintuiglike veld van waarneming le. Hy werp lig op sake
soos die realiteit van die geesteswereld en dat God ook die Skepper
daarvan is. Hy wei 'n hele afdeling aan engele en die rol wat hulle
in ons lewe speel. Hy kyk ook na die onderwerp van Satan en sy
demone en die mag wat hulle in die wereld het. En laastens fokus hy
op die gelowige en die geesteswereld, 'n oorlogsterrein en
lewensarena.
|
You may like...
Die Bybel
Leather / fine binding
R569
R444
Discovery Miles 4 440
|