|
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
Is jou dae vol en besig, en wens jy soms daar was iemand wat vir jou
leiding kan gee in elke faset van jou lewe? God wil daardie Iemand vir
jou wees! Elke nuwe dag is ’n nuwe kans om in God se teenwoordigheid te
leef. Ons hoef nie meer oorweldig en rigtingloos deur ons dae te
strompel nie.
In hierdie 365 dagstukke van topverkoper-outeur Joyce Meyer sal jy
opnuut ontdek dat jy al jou vrese, swakhede, hoop en vreugde met God
kan deel omdat jy sy kind is. En wanneer jy jou dag in gebed aan die
Here toewy, sal jy die leiding van die Gees in elke area van jou lewe
ervaar. Begin die dag saam met God sal jou nie net bemoedig en
ondersteun nie, dit sal jou ook die krag gee om ander mense in jou lewe
te bemoedig en by te staan.
Ervaar die vreugde daarvan om elke dag saam met God te begin en geniet
sy leiding, genade, voorsiening, liefde en seën.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir mans.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
In hierdie tweede Suider-Afrikaanse uitgawe van Jesus Roep Jou: Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid, 'n 366-dagstukkieboek in Grootdruk, word jy uitgenooi om daagliks tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Deur middel van oordenkings en Skrifgedeeltes bring New York Times-topverkoperskrywer Sarah Young Jesus se boodskap van vrede na jou vandag, en ook elke dag.
Deur daagliks tyd te spandeer in die teenwoordigheid van ons Verlosser met die bekende en geliefde dagstukke in Jesus Roep Jou sal jy:
- Getroos voel deur woorde van hoop en bemoediging
- Verseker word van Jesus se oneindige liefde vir jou
- Onderskragende leiding gebaseer op die Skrif ontvang
- Jou geloof deur die lees van Bybelverse versterk
- Jesus daagliks ontmoet deur 'n oordenking gebaseer op God se Woord
Geskryf asof Jesus self direk met jou praat, nooi Jesus Roep Jou jou uit om vrede te ervaar in die teenwoordigheid van die Verlosser wat altyd by jou is.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir mans.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Leef ons in die eindtyd? Hierdie vraag het belangstelling in die boek
Openbaring die afgelope dekades geweldig laat toeneem. Tegnologiese
vooruitgang, oorloë en geweld, hongersnood, aardbewings en
klimaatsverandering lei al hoe meer mense om antwoorde in Openbaring te
soek.
In Die A-Z van Openbaring: ’n Allesomvattende perspektief op die boek
Openbaring gee prof. Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van
Openbaring. Hy fokus veral op die volgende aspekte:
• Wanneer Openbaring geskryf is
• Die doel van die boek Openbaring
• Openbaring as ’n brief aan sewe gemeentes, ’n profesie en ’n apokalips
• Die beelde in Openbaring en hulle betekenis
• Die rolspelers in Openbaring
• Betekenis van die verskillende tekens
Die A-Z van Openbaring sal lesers ’n beter begrip gee van die
geestelike boodskap van Openbaring binne sy Nuwe-Testamentiese verband,
asook ook op die boodskap vir vandag sodat hulle met gesonde
verwagtings sal uitsien na die wederkoms van die Here Jesus.
• Omvattende uiteensetting van die boek Openbaring.
• Fokus op wanneer Openbaring geskryf is, die doel van die boek, asook
‘n bespreking van die beelde, rolspelers en tekens en hulle betekenis.
• Outeur bekend as ’n vakspesialis op die gebied van die geskrifte van
Johannes.
• Bevat die volledige Bybelteks van Openbaring uit Die Multivertaling
Bybel.
My allerbeste vir Sy hoogste: 366 Klassieke Oordenkings is Oswald
Chambers se klassieke werk. Hierdie uitsonderlike Christelike boek met
sy geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe is nou ook in
grootdruk-formaat beskikbaar.
Hierdie uitgawe van My allerbeste vir Sy hoogste is maklik leesbaar en
verstaanbaar. Tog het nie een enkele waarheid verander sedert die
oorspronklike uitgawe nie. Hierdie eietydse weergawe van dié boek, wat
wêreldwyd deur baie as een van die gewildste Christelike boeke ooit
beskou word, is ’n vreugde om te lees en oor na te dink. Niemand kan
gereeld uit hierdie boek lees sonder om ’n beter dienaar van Christus
te word nie.
• Internasionale topverkoper
• Klassieke werk
• 366 dagstukke in maklik leesbare grootdruk-formaat
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Utmost For His Highest
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe
Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur.
Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin
terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• 8.5-punt lettergrootte
Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse
Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.
Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude
Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook
ingesluit.
Hierdie Bybel beskikb oor die volgende kenmerke
• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• Kunsleer-omslag
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir jong vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?
Die mens se brein is ’n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander
en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert
aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:
• mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
• kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
• negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
• jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
• en vele meer
Navorsing toon ook dat die mens se brein op so ’n unieke manier
saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die
brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het
dit ook ’n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink
oor jou geloof as ’n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar
jou hele menswees insluit.
Wanneer dit voel of alles vir jou te veel word, is God se getroue
beloftes daar om jou te verseker dat God getrou is en ons nooit in die
steek sal laat nie.
Die Skrifbeloftes in Beloftes van God vir vroue, ’n pragtige
sakpas-geskenkboekie met tweekleur-drukwerk, sal elke vrou lei en
verseker van God se beskerming en liefde. Die 30 temas – soos gebed,
konflikhantering, onderskeidingsvermoë, troos, vergifnis, vertroue en
vreugde – is alfabeties gerangskik sodat ’n tema maklik opgespoor kan
word.
• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir vroue.
• 30 temas in alfabetiese volgorde.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Women.
Hoe belangrik is vroue vir God? Vroue van die Bybel: 12 Studies Oor
Lewensbeginsels antwoord hierdie vraag deur na belangrike vroue in die
Ou en Nuwe Testament te kyk.
Deur die lewens van twaalf vroue – Eva, Sara, Mirjam, Ragab, Debora,
Rut, Hanna, Ester, die deugsame vrou, Marta en Maria, Maria die ma van
Jesus, en die bruid van Christus – te bestudeer leer lesers belangrike
lewenslesse rakende totale gehoorsaamheid aan God asook die mislukkings
wat spruit uit ongehoorsaamheid. Die Bybelvroue leer lesers ook hoe om
huishoudelike sake en kinderopvoeding te hanteer. In 12 weke met genoeg
studies vir vyf dae van die week bespreek hierdie Bybelstudie nuwe
temas om vroue se posisie voor die Here en sy plan te verstaan. Dit
bied ook antwoorde op moeilike vrae wat algemeen deur hedendaagse vroue
gevra word.
Vroue van die Bybel is ideaal vir vroue wat self ’n verhouding met die
Here wil ontwikkel.
• 12 weke met studies vir 5 dae van die week.
• ’n Interaktiewe studie wat belangrike, interessante skriftuurlike
punte inkorporeer.
• Dit bied ’n historiese perspektief op die karakters.
• Dit gee interessante feite oor die tyd waarin die karakters geleef
het.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir jong vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Voel alles in jou lewe buite beheer? Dalk voel dit of jy vir almal in
jou lewe moet ja sê. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se
emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en
onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lê. Of
is dit alles dalk waar van jou?
In Grense: Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem
Van Jou Lewe help dr. Henry Cloud en dr. John Townsend jou om te weet
wanneer om ja te sê en hoe om nee te sê sodat jy weer in beheer is van
jou lewe en gesonde grense kan stel vir jou eggenoot, kinders, vriende,
ouers, kollegas – en selfs jouself! Dit sal lesers help om hierdie
moeilike vrae te beantwoord:
• Kan ek grense stel en steeds ’n liefdevolle persoon wees?
• Wat is gesonde grense?
• Hoe kan ek my digitale wêreld bestuur sodat dit my nie beheer nie?
• Wat as my grense iemand ontstel of seermaak?
• Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hê?
• Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek daaraan dink om grense te
stel?
• Hoe rym grense met wedersydse onderdanigheid in die huwelik?
• Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?
Jou lewe hoef nie buite beheer te raak nie. Ontdek hoe grense jou lewe
vandag beter kan maak!
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike,
toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe
Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese
begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur
verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot
’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.
God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal
die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking
en geestelike groei.
• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van
betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n
vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek
oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde
onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte
Is Jesus regtig wie Hy gesê het Hy is? Die dilemma waarmee die gemeente
in Kolosse geworstel het, eggo vandag nog in die kerk en wêreld.
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit
van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek
Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die
waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige
misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee
agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes
vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde
van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van
Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n
blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem
word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en
individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met
besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se
identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die
name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Keep your hunger for the Word alive with the Bread of Life Promises of
God Scripture Cards.
Place these Christian cards on your bedside table for morning and
evening reflection and quiet time with the Lord.
• Scripture promises for daily strength
• 106 x Double-sided Cards
• 6 colors (blue, green, lime, yellow, pink, and red) • Packaged in a
clear Perspex box with gold foil accents
• Box size: 75 x 55 x 29mm
Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom
word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede
beantwoord word?”
Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek
Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom
met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir
almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van
Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die
moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen
antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om
jou ervaring te interpreteer.
Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde
van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in
gebede om te sit.
• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te
staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer
en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute
Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks
groei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke
waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit
die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei,
wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar
is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of
jou bedkassie.
Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die
Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n
waarlik Geesvervulde lewe.
Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die
werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug
wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak
regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp
wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders
van die Gees vestig.
Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die
kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.
Perspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of
groepstudie en sal lesers lei tot ’n Geesvervulde lewe.
Die Dagbeplanner vir vroue 2026 is die ideale 18-maande-beplanner vir
vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en
belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van
Augustus 2025 tot Januarie 2027, is verdeel in oggend- en
middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die
dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere
of klein items daarin kan toerits.
Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:
• Weekbeplanner van Augustus 2025 tot Januarie 2027 met ’n dubbelbladsy
vir elke week
• Plek vir weeklikse gebedslysies, prioriteite en notas
• Plek vir persoonlike inligting en kontaknommers
• ’n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en
belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2026 en 2027
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• 244 tweekleur-bladsye
|
|