Die skrywers deel hier met jou hulle hope ervaring met deeglik
getoetste tegnieke en wys jou hoe om jou huis met oorspronklike en
stylvolle bykomstighede mooi te maak. Die idees wat hulle bespreek
dek verskeie ontwerpstyle sodat dit by jou bestaande dekor sal pas,
van rustieke blomme tot minimalistiese wit, of ryk barok-kleure en
-teksture. Lieflike kleurfoto's van elke voltooide artikel word
vergesel van praktiese raad oor die keuse van materiaal en
afwerkings, asook wenke om enige slaggate en probleme te vermy, en
verdere dekorvoorstelle. Die projekte is treffend, dog maklik om
aan te pak en sluit 'n groot verskeidenheid artikels in, van kerse
wat binne vyf minute versier kan word tot 'n omgetowerde werkbank
vir jou studeerkamer. Tegnieke wat gebruik word wissel van vinnige
servet-decoupage tot piouter- en mosaiekwerk, alles kristalhelder
verduidelik met voorgestelde alternatiewe. Hierdie titel is propvol
idees en inspirasie en sal jou help om styl en karakter tot jou
huis toe te voeg sonder dat jy 'n bank hoef te beroof!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!