![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Die boek behandel spraakopleiding en opvoedkundige drama
Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer.
Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.
Akademiese geletterdheid is noodsaaklik vir akademiese prestasie. Daar word van studente verwag om ’n verskeidenheid akademiese tekste met begrip te lees. Studente moet ook hulle eie argumente kan konstrueer en hulle kritiese denkvermoë in die vorm van ’n akademiese teks aan ’n leser illustreer. Akademiese geletterdheid beteken dat studente as onafhanklike akademiese skrywers kan funksioneer wat navorsing op ’n gestruktureerde, goed geformuleerde en logiese wyse kan weergee. In hierdie handboek word studente nie net toegerus met kennis en vaardighede om die genre van akademiese skryfwerk te begryp nie; die samestelling van die boek kan ook meehelp dat studente onafhanklike beoefenaars van hierdie genre word. Studente word begelei om:
Die skrywers vertrou dat studente en dosente hierdie handboek as ’n nuttige hulpbron sal gebruik om akademiese geletterdheid te bevorder.
Voldoen aan al die vereistes van die KABV. CD-ROM bevat hulpbronne vir die onderwyser.
In hierdie opvolg op Daniël Lötter se eerste bundel moordverhale, 17 Maal Moord, wat einde 2020 verskyn het, vertel hy nog van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende ware moordverhale in sy gemaklike en dikwels humoristies styl. Nuwe lewe word geblaas in die slagoffers sowel as oortreders wat Suid-Afrikaners destyds na hul asem laat snak en dié verhale laat verslind het.
Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal is meer as net nog ’n fotoboek: dit is die eindproduk van ’n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top foto’s het deurgegaan na ’n beoordelings-rondte, waar ’n paneel die beste foto’s gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Hierdie gids bied die besoeker of belangstellende die geleentheid om al die plekke in Pretoria en omgewing wat op die een of ander wyse 'n verbintenis met die Anglo-Boereoorlog gehad het, te besoek. 'n Kort agtergrondskets word oor elke plek en die betrokke historiese figure gegee. Plekke wat naby mekaar le, is in afdelings saamgegroepeer. Tesame met die kaarte en kleurfoto's behoort dit maklik te wees om enige besondere plek te vind.
Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is ’n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel ’n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer ’n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. ’n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van ’n sterk, intelligente vrou.
Die fakulteit opvoedingswetenskappe van die PUK-kampus (NWU) het in April 2002 besluit om 'n navorsingprojek oor leerderdissipline van stapel te stuur. Met die goedgunstige en hoogs gewaardeerde steun van die Fakulteit se Fokusarea, die SAOU en die Dekaan van die Fakulteit - en in samewerking met 'n groot span akademici en medewerkers - kon die net breed gespan word om inligting plaaslik en oorsee te bekom. Hierdie publikasie is 'n poging om van die inligting in die vorm van 'n praktiese handleiding aan opvoeders en voornemende opvoeders bekend te stel. Ook het dit ten doel om deur middel van 'n ordelike onderrig-leerklimaat geborgenheid in die onderwyspraktyk te bevorder.
If you drive through Mpumalanga with an eye on the landscape flashing by, you may see, near the sides of the road and further away on the hills above and in the valleys below, fragments of building in stone as well as sections of stone-walling breaking the grass cover. Endless stone circles, set in bewildering mazes and linked by long stone passages, cover the landscape stretching from Ohrigstad to Carolina, connecting over 10 000 square kilometres of the escarpment into a complex web of stone-walled homesteads, terraced fields and linking roads. Oral traditions recorded in the early twentieth century named the area Bokoni - the country of the Koni people. Few South Africans or visitors to the country know much about these settlements, and why today they are deserted and largely ignored. A long tradition of archaeological work which might provide some of the answers remains cloistered in universities and the knowledge vacuum has been filled by a variety of exotic explanations - invoking ancient settlers from India or even visitors from outer space - that share a common assumption that Africans were too primitive to have created such elaborate stone structures. Forgotten World defies the usual stereotypes about backward African farming methods and shows that these settlements were at their peak between 1500 and 1820, that they housed a substantial population, organised vast amounts of labour for infrastructural development, and displayed extraordinary levels of agricultural innovation and productivity. The Koni were part of a trading system linked to the coast of Mozambique and the wider world of Indian Ocean trade beyond. Forgotten World tells the story of Bokoni through rigorous historical and archaeological research, and lavishly illustrates it with stunning photographic images.
Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen. Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het. Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.
As negentienjarige ryloper in Spanje beland Frank Westerman toevallig in die dorpie Banyoles, waar ’n opgestopte “Kalahari-Boesman”, slegs bekend as El Negro, uitgestal word. Sy indrukke bly hom by – en wanneer hy dekades later weer van El Negro lees, die keer in ’n Franse koerant, is dit die begin van ’n ondersoeksreis wat belangrike vrae oor rasopvattings en die Westerse beskawing na vore bring. Wie was hierdie naamlose man? Wat se sy opgestopte “museumteenwoordigheid” oor Europese denke oor slawerny, rassisme en kolonialisme – en bied hy slegs ’n spieel op ’n vergange tyd, of ook op die hede?
In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.
Brig.genl. Willem (Kaas) van der Waals kyk terugskouend na sy loopbaan
wat gekenmerk is deur veelsydigheid — valskermsoldaat en instrukteur,
operasionele diens in SWA, Angola en Rhodesië, militêre diplomaat en
SAW se hoof van buitelandse betrekkinge.
As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou! ’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees. Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.
Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesserings beleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. ’n Moontlike werkskedule is ingesluit. Elke hoofstuk begin met ’n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. ’n Volkleurplakkaat en ’n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesserings take, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer.
Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesserings beleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. ’n Moontlike werkskedule is ingesluit. Elke hoofstuk begin met ’n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. ’n Volkleurplakkaat en ’n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesserings take, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer.
Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesserings beleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. ’n Moontlike werkskedule is ingesluit. Elke hoofstuk begin met ’n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. ’n Volkleurplakkaat en ’n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesserings take, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer.
Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesserings beleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. ’n Moontlike werkskedule is ingesluit. Elke hoofstuk begin met ’n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. ’n Volkleurplakkaat en ’n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesserings take, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer. |
You may like...
Divide and Deal - The Politics of…
Ian Shapiro, Peter A. Swenson, …
Hardcover
R2,884
Discovery Miles 28 840
Strengthening Local Governance in…
Shuvra Chowdhury, Pranab Kumar Panday
Hardcover
R3,328
Discovery Miles 33 280
This Will Not Pass - Trump, Biden, And…
Jonathan Martin, Alexander Burns
Hardcover
A Manifesto For Social Change - How To…
Moeletsi Mbeki, Nobantu Mbeki
Paperback
(4)
|