![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer.
Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.
Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW. Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is. Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was. Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.
Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan. Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.
As negentienjarige ryloper in Spanje beland Frank Westerman toevallig in die dorpie Banyoles, waar ’n opgestopte “Kalahari-Boesman”, slegs bekend as El Negro, uitgestal word. Sy indrukke bly hom by – en wanneer hy dekades later weer van El Negro lees, die keer in ’n Franse koerant, is dit die begin van ’n ondersoeksreis wat belangrike vrae oor rasopvattings en die Westerse beskawing na vore bring. Wie was hierdie naamlose man? Wat se sy opgestopte “museumteenwoordigheid” oor Europese denke oor slawerny, rassisme en kolonialisme – en bied hy slegs ’n spieel op ’n vergange tyd, of ook op die hede?
Die Herero-opstand 1904–1907 is ’n heruitgawe van ’n boek wat ses keer tussen 1976 en 1979 deur HAUM gepubliseer is. Die lotgevalle van die Hererovolk word in hierdie boek geskets, ’n stuk geskiedenis wat ’n sentrale plek in Namibie se kleurryke geskiedenis beklee. Die opstand van die Herero’s in 1904 teen Duitse koloniale gesag kan beskou word as die enkele gebeurtenis wat die gebied se volksverhoudinge die ingrypendste verander het. Die Herero-opstand 1904–1907 vertel van die geleidelike opbou na die konflik, die skielike uitbarsting van geweld en die tragiese afloop vir die Herero’s toe duisende verhonger het en hulle grond en politieke seggenskap verloor het.
In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.
Voldoen aan al die vereistes van die KABV. CD-ROM bevat hulpbronne vir die onderwyser.
Brig.genl. Willem (Kaas) van der Waals kyk terugskouend na sy loopbaan
wat gekenmerk is deur veelsydigheid — valskermsoldaat en instrukteur,
operasionele diens in SWA, Angola en Rhodesië, militêre diplomaat en
SAW se hoof van buitelandse betrekkinge.
As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou! ’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees. Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.
Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal is meer as net nog ’n fotoboek: dit is die eindproduk van ’n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top foto’s het deurgegaan na ’n beoordelings-rondte, waar ’n paneel die beste foto’s gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.
Hierdie gids bied die besoeker of belangstellende die geleentheid om al die plekke in Pretoria en omgewing wat op die een of ander wyse 'n verbintenis met die Anglo-Boereoorlog gehad het, te besoek. 'n Kort agtergrondskets word oor elke plek en die betrokke historiese figure gegee. Plekke wat naby mekaar le, is in afdelings saamgegroepeer. Tesame met die kaarte en kleurfoto's behoort dit maklik te wees om enige besondere plek te vind.
Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring. Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land. Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is, daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor. Op die ou end is die belangrikste element die leser. Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: “Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld.”
Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is ’n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel ’n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer ’n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. ’n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van ’n sterk, intelligente vrou.
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.
Die fakulteit opvoedingswetenskappe van die PUK-kampus (NWU) het in April 2002 besluit om 'n navorsingprojek oor leerderdissipline van stapel te stuur. Met die goedgunstige en hoogs gewaardeerde steun van die Fakulteit se Fokusarea, die SAOU en die Dekaan van die Fakulteit - en in samewerking met 'n groot span akademici en medewerkers - kon die net breed gespan word om inligting plaaslik en oorsee te bekom. Hierdie publikasie is 'n poging om van die inligting in die vorm van 'n praktiese handleiding aan opvoeders en voornemende opvoeders bekend te stel. Ook het dit ten doel om deur middel van 'n ordelike onderrig-leerklimaat geborgenheid in die onderwyspraktyk te bevorder.
Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen. Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het. Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.
Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.
Dirk Mudge publiseer op 87-jarige ouderdom sy langverwagte outobiografie. Hierdie besonderse man was vir 33 jaar voltyds betrokke by die politiek van Suidwes-Afrika en later Namibie. Hy betree die politiek in 1960 toe hy lid word van die wetgewende vergadering onder die Nasionale Party van Suidwes-Afrika. Mudge beskryf hoe hy aanvanklik die beginsels van die Nasionale Party onderskryf het, maar mettertyd tot ander insigte gekom het. Dit het onvermydelik tot sy uittrede uit die Nasionale Party gelei en tot die stigting van sy eie party: die Republikeinse Party. Hy het 'n persoonlike aandeel gehad in die skryf van die nuwe Grondwet vir die Republiek van Namibie en probeer in hierdie boek antwoorde verskaf op vrae soos waarom dit Namibie so lank geneem het om onafhanklikheid te bereik en wat die rol van Suid-Afrika en die internsionale gemeenskap daarin gespeel het.
Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.
Die laaste vier jaar van dr. H.F. Verwoerd se bewind is gekenmerk deur belangrike gebeurtenisse in suidelike Afrika, soos die toekenning van selfregering aan die Transkei, die verslag van die Odendaalkommissie oor S.W.A., die uitspraak in die Rivonia-saak, die aanvang van die Oranjerivierskema, die uitspraak van die Internasionale Geregshof in Den Haag oor die S.W.A.-mandaat, die eensydige onafhanklikheidsverklaring van Rhodese en die wapenverbod teen S.A. deur die V.N. Hierdie boek bevat ’n seleksie uit dr. Verwoerd se toesprake wat nie voorheen gepubliseer is nie.
In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek. Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is. Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis. |
You may like...
International Who's Who in Popular Music…
Europa Publications
Hardcover
R7,409
Discovery Miles 74 090
|