Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang
en troospakkies beskuit onder die enkelbed.
Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike
lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op
skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend
reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer,
akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne
Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry
Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze,
Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele
meer.
Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste
huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!