0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (8)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (245)
  • R250 - R500 (456)
  • R500+ (185)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe

In Doodsgevaar - Die Ervarings Van Kapt. J.J. Naude Tydens Die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 (Afrikaans, Hardcover): G.D.... In Doodsgevaar - Die Ervarings Van Kapt. J.J. Naude Tydens Die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 (Afrikaans, Hardcover)
G.D. Scholtz
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Min verhale uit die Anglo-Boereoorlog het lesers só aangegryp as die avonture van die Boere-James Bond, kaptein Koos Naudé(1876-1956).

Onvergeetlik is avonture soos dié waarin hy 'n Engelse uniform vrylik in die besette Pretoria rondbeweeg, die Engelse offisiere se spogperde steel, tien keer gedurende die oorlog die stad in die geheim as spioen besoek en 'n groep vroue organiseer om die spioenasie van die ontbinde Geheime Diens voort te sit. Sy avonture, wat in 1904 vir die eerste keer onder die titel In doodsgevaar gepubliseer is, is in 1940 deur G.D. Scholtz verwerk en heritgegee.

Dié boek het intussen een van die klassieke verhale van die Anglo-Boereoorlog geword.

Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback): Ebbe Dommisse Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback)
Ebbe Dommisse 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.

Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot ’n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het.

Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.

In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, ’n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in ’n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

Piekfyn Afrikaans: 'n Geintegreerde Taakteks Gr 9 Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids (Afrikaans, Mixed media... Piekfyn Afrikaans: 'n Geintegreerde Taakteks Gr 9 Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids (Afrikaans, Mixed media product)
R422 Discovery Miles 4 220 Ships in 5 - 10 working days
Die ontwikkeling en veroudering van die volwassene (Afrikaans, Paperback): D.A. Louw, A.E. Louw Die ontwikkeling en veroudering van die volwassene (Afrikaans, Paperback)
D.A. Louw, A.E. Louw
R450 Discovery Miles 4 500 Ships in 4 - 6 working days
Die Rebellie - 1914-1915 (Afrikaans, Paperback): G.D. Scholtz Die Rebellie - 1914-1915 (Afrikaans, Paperback)
G.D. Scholtz
R83 Discovery Miles 830 Ships in 6 - 10 working days

Wanneer volksgenote met die geweer in die hand teen mekaar uittrek, ontstaan ’n gevoel van bitterheid wat in geen jare verwyder kan word nie. So skryf GD Scholtz in sy omvattende oorsig oor die Rebellie van 1914–1915. Die oorsake van die Rebellie kan teruggevoer word na die Anglo-Boereoorlog en die meeste Afrikaners se ongemaklike verhouding met die Britse ryk. Milliter gesproke was die Rebellie ’n mislukking, maar op die lang duur, betoog Scholtz, het die Rebellie ’n groot rol gespeel in die herlewing van die republikeinse ideaal onder Afrikaners.

Assessering in opvoedkunde (Afrikaans, Paperback): J.M. Dreyer Assessering in opvoedkunde (Afrikaans, Paperback)
J.M. Dreyer
R456 Discovery Miles 4 560 Ships in 4 - 6 working days

Assessering en leer is onlosmaaklik vervleg, aangesien assessering bepaal of leer plaasgevind het, watter leer plaasgevind het en watter leer nog moet plaasvind. Assesseerders is konstante metgeselle dwarsdeur leerders se lewens, wat die leerpad en die leertempo bepaal. Assesseerders moet dikwels besluite neem wat die leerders se toekoms kan rig. Assessering in Opvoedkunde beskryf die reis van assessering en verskaf waardevolle inligting en riglyne om die pad makliker te maak. Assessering in Opvoedkunde stel 'n verskeidenheid temas en uitdagings betreffende assessering in Graad R tot Graad 12 bekend. Daar is afdelings vir onderskeidelik die Grondslagfase, Intermediere Fase, Senior Fase, Verdere Onderwys en Opleiding vir skole en Verdere Beroepsonderwys en Opleiding. Die inhoud sluit die volgende in: Assessering volgens die KABV; Assessering gedurende die verskillende fases in die skool; Assessering vir TBO; Assessering teenoor evaluering; Observasie as 'n instrument vir assessering; Professionele etiek en vertroulikheid; Waarskuwingstekens gedurende die Voorskoolse tydperk asook die Grondslagfase; Assessering en verskillende intelligensies; Doelwitte vir en beginsels van assessering; Rekordhouding en rapportering van prestasies. Professor Johann Dreyer is werksaam aan die Universiteit van Suid-Afrika en het reeds duisende studente voorberei om hulle rol as assesseerders te vervul. Hy bied ook 'n assesseringskursus vir dosente by Unisa en ander universiteite aan. Hy is lid van die Assessors' Standards Generating Body, en het verskeie assesseringskursusse ontwikkel, help ontwikkel, en aangebied.

Voortrekkerstamouers 1835?1845 (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition): Jan C. Visagie Voortrekkerstamouers 1835–1845 (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition)
Jan C. Visagie
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Voortrekkerstamouers 1835–1845 is die eerste keer in 2000 gepubliseer. Dié tweede, hersiende uitgawe is aangevul met 214 nuwe stamouers. Dit bring die aantal mense wat die Groot Trek meegemaak het, op 23 000 te staan, in plaas van die oorspronklik geskatte 20 000.

Wat hierdie databasis van Voortrekkers nog meer besonders maak, is die versameling uiters skaars foto’s en portrette wat aangebied word.

In hierdie fotokabinet kan ongeveer 150 afbeeldings van Voortrekkers gesien word.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerede Taalteks Gr 12 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Mixed media product): Piekfyn Afrikaans: Geintegreerede Taalteks Gr 12 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Mixed media product)
R510 Discovery Miles 5 100 Ships in 5 - 10 working days
Generaal Ben Viljoen, 1868-1917 (Afrikaans, Hardcover): J.W. Meijer Generaal Ben Viljoen, 1868-1917 (Afrikaans, Hardcover)
J.W. Meijer
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy FW Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts. Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal. Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter georganiseerde eenheid te funksioneel. Hy verkies om sy eie kop te volg en sy besluite was dikwels omstrede. Kort voor die einde van die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban. Na die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en word daar militere raadgewer van die Mexikaanse president.

Diplomasie En Politiek - Die Pers, Die Boererepublieke En Duitsland Tydens Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Ulrich... Diplomasie En Politiek - Die Pers, Die Boererepublieke En Duitsland Tydens Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Ulrich Van der Heyden
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days
Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1987–1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het.

Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.

Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat ’n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.

Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Wiskunde - onderrigin die grondslagfase (Afrikaans, Paperback): Mariana Naude, Corinne Meier Wiskunde - onderrigin die grondslagfase (Afrikaans, Paperback)
Mariana Naude, Corinne Meier
R520 Discovery Miles 5 200 Ships in 4 - 6 working days

Die rol van 'n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroee en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en le hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met 'n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teoriee aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel. Die inhoud sluit die volgende in: Basiese beginsels oor die verwerwing van wiskundige vaardighede en kennis; Diversiteit in die wiskunde-klaskamer; Onderrig en leer van wiskunde in Graad R; Ontwikkeling van getalbegrip; Patrone, funksies en algebra in die Grondslagfase; Onderrig en leer van ruimte en vorm; Onderrig en leer van meting; Datahantering in die Grondslagfase; Wiskunde-assessering in die leerdergesentreerde klaskamer Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is 'n onontbeerlike handleiding vir beginner-onderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle oordraging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word. 'n Hulpbronpakket op CD-ROM is by die boek ingesluit om onderwysers van waardevolle hulpbronmateriaal te voorsien; verder bevat elke hoofstuk ook 'n spesiale afdeling oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer.

1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Nicol Stassen is die voorste kenner op die Dorslandtrekkers en hul merkwaardige swerftogte aan die binneland van Suider-Afrika. In Van Humpata tot Upingtonia vertel hy op boeiende wyse hoe dit gebeur het dat ’n aantal trekkers in 1885 die republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het.

Die Kaapse bruin man William Worthington Jordan, een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ’n belangrike rol gespeel in die stigting hiervan. Sy tragiese dood en die ondergang van die vergete republiek Upingtonia word van naderby belig.

Best Books Studiewerkgids: Vers en Vlam Gr 10 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Rene Badenhorst, Marianne Ross,... Best Books Studiewerkgids: Vers en Vlam Gr 10 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Rene Badenhorst, Marianne Ross, Ilna Stander, Wilreza Theron; Compiled by Rene Badenhorst, …
R194 R174 Discovery Miles 1 740 Save R20 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie studiewerkgids vir leerders en onderwysers kan saam met die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Afrikaans graad 10 EAT gebruik word. Die gids verskaf bykomende inligting, vrae en opdragte by die voorgeskrewe gedigte in ​Vers en vlam: ’n poësiebloemlesing vir graad 10 EAT​. Die aanslag is toeganklik en informeel, en gerig op die leerder.

Nuwe alles-in-een wiskunde: Graad 3: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Nuwe alles-in-een wiskunde: Graad 3: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R481 Discovery Miles 4 810 Ships in 4 - 6 working days

Die Wiskunde Onderwysersgids is ontwikkel volgens die vereistes van die KABV. Die onderrigplanne in die Onderwysersgidse beskryf volledig hoe, waar en wanneer elke bladsye in die Leerderboek gebruik moet word. Die Onderwysersgids se CD bevat die jaarplan, vier kwartaalplanne, volkleurhulpbronne wat getallelyne, getallekaarte, somme vir assessering, simbole en prente insluit, werkvelle vir ekstra oefening na die Leerderboek se aktiwiteite voltooi is asook assesseringsvorms en rubrieke.

Viva os Boers! - Boeregeinterneerdes in Portugal tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 (Afrikaans, Hardcover): O.J.O. Ferreira Viva os Boers! - Boeregeinterneerdes in Portugal tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 (Afrikaans, Hardcover)
O.J.O. Ferreira
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days
Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback): Talbot Cox Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback)
Talbot Cox
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Klein dorpies is elkeen uniek met sy eie karakter en dinge.

Vanweë die klein gemeenskappe word mense in dieselfde smeltkroes gegooi; hetsy na gelang van kulturele afkoms of ras, verskillende godsdienste of oortuigings. Om te oorleef moes hulle die lewe se uitdagings so goed moontlik saam met mekaar aanpak, en so ontwikkel ’n algemene soort kultuur deur die jare heen; baie prakties, sonder onnodige nonsies en met baie humor.

Plattelandsemense aarsel nie om dinge te sê soos dit is nie; dikwels in plat taalgebruik wat vir ander miskien stuitig mag wees of selfs aanstoot sal gee. Die skrywer is ’n gebore en getoë “boytjie” van die platteland wat nie kan verhelp om met sy tong in die kies te skryf en te skets nie.

ʼn Groot knippie sout is gewis nodig. Lag of huil gerus lekker saam!

Piekfyn Afrikaans huistaal (KABV): Gr 5: Onderwysersgids - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans huistaal (KABV): Gr 5: Onderwysersgids - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback)
R369 Discovery Miles 3 690 Ships in 5 - 10 working days

Die onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Dit ondersteun die onderwyser se taak deur:

• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures

• leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop

• wenke te gee vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied

• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas

• onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning

• ’n formele assesseringsprogram vir graad 5, asook verskeie metodes en instrumente vir assessering

• ’n CD waarop ’n volledige onderwyserslêer, beplanningsdokumente en addisionele werkkaarte verskyn

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Janisch Lucas, Scholtz Ros, Hettie Scholtz
R422 Discovery Miles 4 220 Ships in 5 - 10 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 se Onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Graad 11–12 wat die leerder se leerbehoeftes eerste stel en die onderwyser se onderrigtaak ondersteun: fokus op die kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; bied inhoud en kontekste aan volgens eietydse temas en 'n wye verskeidenheid tekssoorte; ondersteun die onderwyser in die beplanning van onderrigplanne, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk; bevat 'n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures vir elke aktiwiteit; bevat 'n CD waarop gratis materiaal (soos volkleur plakkate en idiome) ingesluit is.

Uncle Sam, Oom Paul En John Bull - Amerika En Die Anglo-Boereoorlog 1899--1902 (Afrikaans, Hardcover): Louis Changuion Uncle Sam, Oom Paul En John Bull - Amerika En Die Anglo-Boereoorlog 1899--1902 (Afrikaans, Hardcover)
Louis Changuion
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days
Kurrikulumstudies ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyd (Afrikaans, Paperback): Celia Booyse, Elize du Plessis Kurrikulumstudies ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyd (Afrikaans, Paperback)
Celia Booyse, Elize du Plessis
R300 Discovery Miles 3 000 Ships in 4 - 6 working days

Onderwysers word tans met meer uitdagings gekonfronteer as ooit te vore. Hulle moet die kurrikulum kan interpreteer en implementeer, maar ook die wetgewing, vasgestelde beleid en benaderings tot die ontwikkeling van 'n kurrikulum begryp. Onderwysers moet ook bestaande leerprogramme en hulpmiddels kan ontleed om sodoende onderrig te ontwerp met effektiewe onderrig, leer en assessering as oogpunt. Kurrikulumstudies: ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyk voorsien deeglik begronde, gedetailleerde en praktiese riglyne met verwysing na die KABV ten einde onderwysers te help om effektiewe onderrig- en leerprogramme te ontwikkel. Kurrikulumstudies: ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyk vernou die gaping tussen kurrikulum as plan, onderrigontwerp en onderwyspraktyk. Die benaderings van Tyler, Stenhouse en Freire dien as 'n teoretiese begronding vir 'n dieper begrip van die onderwyser se rol as interpreteerder van die kurrikulum. Daar word verder na die invloed van kontekstuele aspekte, persoonlike sienings en kennis van die interpretasie van kurrikulums verwys. Die inhoud omvat onder andere die volgende: Die teoretiese raamwerk van kurrikulumontwikkeling; Invloede op die onderwyser se interpretasie van die kurrikulum; Kurrikulumontwerp en die invloed van beleidsdokumente op interpretasie en implementering; Praktiese riglyne vir die toepassing van kurrikulumplanne as onderwyspraktyk Kurrikulumstudies: ontwikkeling, interpretasie, plan en praktyk is bedoel vir onderwysers in die Algemene Onderwys en Opleiding (AOO) en die Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) sektore.

Op kommando met Steyn en de Wet - Oorlogsherinneringe van lt.kol. F.F. Pienaar (Afrikaans, Hardcover): F.F. Pienaar Op kommando met Steyn en de Wet - Oorlogsherinneringe van lt.kol. F.F. Pienaar (Afrikaans, Hardcover)
F.F. Pienaar; Translated by Jan Picard
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

In 1902 het 'n jong Boeretelegrafis en offisier, Filip Pienaar, uit ballingskap in Portugal een van die eerste boeke oor die Boereoorlog geskryf: With Steyn and de Wet. 'n Maand na publikasie is die boek verban – waarskynlik vanwee verwysings in die boek na die juiste feite oor die omstrede figuur van generaal F.J. Pienaar, asook leidrade oor wat met die sogenaamde "Krugergoud" kon gebeur het. Hierdie interessante relaas is die vroee voorgeskiedenis en wat met die skrywer in die oorlog en in ballingskap in Portugal gebeur het.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks: Gr 10 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks: Gr 10 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback)
R406 Discovery Miles 4 060 Ships in 5 - 10 working days
Die Geskiedenis van die tweede vryheidsoorlog (Afrikaans, Hardcover): J.H. Breytenbach Die Geskiedenis van die tweede vryheidsoorlog (Afrikaans, Hardcover)
J.H. Breytenbach
R947 Discovery Miles 9 470 Ships in 6 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R380 R199 Discovery Miles 1 990
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R245 Discovery Miles 2 450
Blou Bloed - Koninklike Spore In…
Daniel Lotter Paperback R414 Discovery Miles 4 140
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R110 Discovery Miles 1 100
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
'n Baie Lang Brief Aan My Dogter
Marita van der Vyver Paperback R360 R321 Discovery Miles 3 210
Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die…
Jana Marx Paperback R330 R309 Discovery Miles 3 090
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R399 Discovery Miles 3 990
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640

 

Partners