Books > History > African history
|
Buy Now
Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R240
Discovery Miles 2 400
You Save: R60
(20%)
|
|
Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
List price R300
Loot Price R240
Discovery Miles 2 400
You Save R60 (20%)
Expected to ship within 5 - 10 working days
|
’n Epiese reis in ’n klein seiljag van Frankryk tot aan die
Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog,
sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ’n
sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroeë 1940’s is die
Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van
die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was
dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.
Sy ekstremisme, opvlieënd-heid en onverdraagsaamheid was tipies
van ’n politieke fanatikus. Leibbrandt het ’n aanhanger van
Nasionaal-Sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika in
Berlyn aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het. Hy was besig met
opleiding in Europa toe die oorlog uitbreek. Die Duitse militêre
intelligensiediens het hom kort daarna gewerf om sabotasieopleiding
te ontvang. Die Duitsers het Leibbrandt teruggestuur na Suid-Afrika
as deel van Operasie Weissdorn. Sy missie? Om die militante deel
van die Afrikaner-opposisie te werf en met hulle hulp skeeps- en
haweinstallasies, asook nywerhede, te vernietig, en om oproer in
die Uniemagte te stook.
Dit was nie lank nie of die polisie was op Leibbrandt se spoor en
hy is ná een van die grootste polisiesoektogte in hegtenis geneem.
Sy hoogverraadsaak in 1943 en 1944 het hoofopskrifte gehaal. Dié
biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en
wat sy fanatisme aangevuur het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.