0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (69)
  • R50 - R100 (138)
  • R100 - R250 (429)
  • R250 - R500 (362)
  • R500+ (187)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde

Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 4 - 8 working days

'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.

In Die Skadu Van 'n Legende (Afrikaans, Paperback): Pieter van der Westhuizen In Die Skadu Van 'n Legende (Afrikaans, Paperback)
Pieter van der Westhuizen
R207 Discovery Miles 2 070 Ships in 2 - 4 working days
Die na-dood - Die singende hand se oggendboek-Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Breyten Breytenbach Die na-dood - Die singende hand se oggendboek-Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Breyten Breytenbach
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige en aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook na die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk. Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesebare op te roep. Tegelykertyd bied die laatwerk ’n troos teen die dood wat wag, vir die digter sowel as die leser.

The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback): Isabel... The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback)
Isabel Uys
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Selfs net 'n paar woorde aan 'n persoon in sy eie taal kan wondere verrig. Hierdie titel is bedoel om nuwe woorde aan te leer, woordeskat uit te brei en kommunikasievaardighede in Engels, Afrikaans, Xhosa of Zulu te verbeter. 'n Staatmakerhulpmiddel vir leerders, onderwysers en almal wat hul kennis van die tale wil verbeter.

Splintervlerk (Afrikaans, Paperback): Marlise Joubert Splintervlerk (Afrikaans, Paperback)
Marlise Joubert
R150 R140 Discovery Miles 1 400 Save R10 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde.

Hanekraai (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo Hanekraai (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Lesers het Daniel Hugo reeds leer ken as ’n digter met ’n eiesoortige, ironiese blik op die werklikheid. In hierdie bundel sluit hy aan by ander skrywers wat ’n besorgdheid oor die agteruitgang van die omgewing in hul werk oordra, maar die titel, Hanekraai, verraai uit die staanspoor dat dit hier nie sal gaan oor die “groot vyf” van die ongerepte natuur nie.

In gedigte soos “Die vrye natuur” en “Namibië” word geromantiseerde sienings van die natuur juis ontluister. Veel eerder verken die digter die verhouding tussen die mens en huis- of werfdiere, soos die haan, die duif, die hond en die kat, asook die indring van kosmiese kragte soos die son en die wind in die lewe van die verstedelikte mens. Die haan figureer in ’n hele aantal gedigte en is tekenend van die wyse waarop natuurelemente reeds ingebed geraak het in kultuur en beskawing. Ook ander gedigte ondersoek die kulturele erflating, vanaf die openingsgedig “Kantekleer” met sy verwysing na die Middelnederlandse diere-epos “Vanden Vos Reynaerde”, tot by die aansluiting by die Japannese tradisie in die mooi haikoes en die huldigingsverse vir Afrikaanse digters soos Lucas Malan en Ina Rousseau. Die metafore uit die natuur word ook deurgetrek na die hoogs persoonlike in die liefdesgedigte aan die einde van die bundel.

Hanekraai is vintage Hugo: speels, vernuftig en toeganklik, maar ook deurdag, ondersoekend en prikkelend.

Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R232 Discovery Miles 2 320 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

Splinters Uit Die Vuur/Spane Aus Dem Feuer (Afrikaans, German, Hardcover): Coral Fourie Splinters Uit Die Vuur/Spane Aus Dem Feuer (Afrikaans, German, Hardcover)
Coral Fourie; Translated by D.P.M. Botes, Gertrud Tesmer
R49 Discovery Miles 490 Ships in 2 - 4 working days
Veelvuldige Gebruike Vir Huishoudelike Toestelle (Afrikaans, Paperback): Andries Bezuidenhout Veelvuldige Gebruike Vir Huishoudelike Toestelle (Afrikaans, Paperback)
Andries Bezuidenhout; Illustrated by Andries Bezuidenhout
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is verandering aan die werk. Die slopende werking van die geskiedenis bring verval, afsondering en verlatenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers (“Kombuiskomplot”). In die gedig “Muizenberg, renovator’s dream” word die verandering wat die geskiedenis meebring, gesien as die “ewige ritme van bou en verval”, daarenteen is die prosesse in die huis, afkoeling, reiniging, en voorbereiding van maaltye iets baie meer basies, maar noodsaaklik, soos die digter in “You’ll always find me in the kitchen at parties” aanvoer: “Die geskiedenis, liewe vriende,/word selde in fabrieke vervaardig,/soos enige digter wat haar sous werd is weet:/In kombuise word dit opgekook.”

Noudat slapende honde (Afrikaans, Paperback): Ronelda S. Kamfer Noudat slapende honde (Afrikaans, Paperback)
Ronelda S. Kamfer
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kamfer se gedigte is vreesloos, en skroom nie weg van taboe-onderwerpe nie. Sy skryf veral oor tragedies wat alledaags geword het in die wereld waarin sy haar bevind – dwelms, druglords, en kinders wat doen wat hulle nie hoef te doen nie ... Haar gedigte is tegelyk toeganklik en onkonvensioneel – sy is 'n sterk, sterk nuwe stem in Afrikaans.

Pharos Klein Woordeboek | Little Dictionary (Afrikaans-Engels/English-Afrikaans) (Afrikaans, Paperback, 14th Edition): Jan... Pharos Klein Woordeboek | Little Dictionary (Afrikaans-Engels/English-Afrikaans) (Afrikaans, Paperback, 14th Edition)
Jan Kromhout
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

The popular Pharos Little Dictionary (2020, 14th edition, 12th impression) boasts a brand-new orange cover!

This handy bilingual dictionary, small enough to carry along anywhere, has been a firm favourite for decades – a quick reference work containing thousands of contemporary words and expressions, abbreviations and acronyms that are relevant for today’s South Africa.

Thousands of word options, near-synonyms, derivatives and compounds make the dictionary very useful. Pronunciation guidance is given in the form of accent marks to indicate the primary stress for each headword, derivative and compound. Guidance is also given for hyphenated words.

For easy reference, the names of SA’s nine provinces and eleven official languages are included at the back.

Easy to use:

  • Small enough to carry along anywhere
  • Compact reference work
  • Hundreds of contemporary words and expressions
  • Quick translations
  • List of abbreviations
  • SA’s provinces and official languages

Grammar and language guidance:

  • Word stress
  • Plural forms
  • Homonyms
  • Synonyms
  • Compounds and derivatives
  • Guidance on hyphenated words
  • Expressions and phrases
Klaskameraad Studiegids: Suurlemoen! (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Klaskameraad Studiegids: Suurlemoen! (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Compiled by Kathie Viljoen
R160 R139 Discovery Miles 1 390 Save R21 (13%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is ideaal vir klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van die roman vir die onderwyser vergemaklik: literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met
nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, en daar is klasbesprekingspunte.

Inferno (Afrikaans, Paperback): Dante Alighieri Inferno (Afrikaans, Paperback)
Dante Alighieri; Translated by Cas Vos
R260 R240 Discovery Miles 2 400 Save R20 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Cas Vos is ‘n bekende op die gebied van digkuns. Sy vorige werke sluit in: Die goddelike komedie (2017) en Il Paradiso (2018).

In albei het hy homself bewys as meestervertaler van die wêreld se meesterstukke. Sy nuutste bundel, Inferno, is die eerste rymende versvertaling van die meester Dante Alighieri in Afrikaans.

Hierdie bundel is ‘n prestasie wat in die voorsienbare toekoms onherhaalbaar is en lank ‘n standaardwerk sal wees.

Bloeddig (Afrikaans, Paperback): David Steyn Bloeddig (Afrikaans, Paperback)
David Steyn 1
R99 Discovery Miles 990 In Stock
Klaskameraad Sigwoordeboek: Ek Lees Self-Reeks (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Klaskameraad Sigwoordeboek: Ek Lees Self-Reeks (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Compiled by Wendy Maartens
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die boek is ’n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy Maartens se Ek lees self-leesreeks kom. In die sigwoordboekies het Wendy Maartens die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteuningsmateriaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien.

Die Goddelike Komedie - Liefde Laat Die Son En Sterre Sing (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Die Goddelike Komedie - Liefde Laat Die Son En Sterre Sing (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R175 R162 Discovery Miles 1 620 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie bundel durf die skrywer Danté Alighieri se briljante werk aan. Hy bewys homself as uitmuntende vertaler.

Danté se lang reis kan tematies verbind word met Israel se uittog verhaal. Met sy La Divina Commedia beoog Danté om die boosheid van die mens aan die kaak te stel en roep hy die mens op om saam te werk aan die skepping van ’n beter samelewing van vrede en orde onder leiding van ’n goeie keiser en pous.

Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback): Riette Rust Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback)
Riette Rust
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.

Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis te doen het. Of dalk self een is.

Vlug Van Die Gees (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Vlug Van Die Gees (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In die begin was daar net duisternis, ’n atoom, ’n saad, ’n onderbewyssyn. Hieruit word gedigte geskep wat na die sin van hierdie lewe vra. ’n Lewe omring deur ’n gebrek aan liefde en deernis, bedreig deur armoede, onreg, korrupsie, hooploosheid, siekte wat genees en siekte wat tot die dood lei.

Cas Vos se eie unieke idiolek kom na vore in hierdie ryk geskakeerde bundel. Spanning, metafore, ironieë, paradokse, en die kroon van alles, die liefde, wat die oerchaos oorwin, weef die bundel tot ’n hegte eenheid.

Mini-Woordeboek / Mini-Dictionary - Afrikaans-Engels / English-Afrikaans (Afrikaans, Paperback): Jan Kromhout Mini-Woordeboek / Mini-Dictionary - Afrikaans-Engels / English-Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
Jan Kromhout
R185 R174 Discovery Miles 1 740 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Die Waarheid Oor Duiwe (Afrikaans, Paperback): Gisela Ullyatt Die Waarheid Oor Duiwe (Afrikaans, Paperback)
Gisela Ullyatt
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Die waarheid oor duiwe is Gisela Ullyatt se debuutbundel oor intieme ruimtes, jeugherinneringe en verlies.

Die sentrale tema wat deur die bundel aangespreek word, dui op 'n proses van vervreemding van die alledaagse, toenemende vereensaming, verlies en verlange. Sekerhede word opgeskort en die donker ondertone van die daaglikse, dikwels teleurstellende en selfs ontstellende werklikheid word ontbloot.

Hierdie aanbod vind plaas teen die agtergrond van onder andere 'n religieuse onderbou van Bybelse en ook Boeddhistiese verwysings (veral in afdeling drie se haikoegedigte), wat 'n rol speel om die gegewe saam te snoer en bepaalde temas uit te bou.

Beskut Teen Vrese (Afrikaans, Paperback): Cas de Vos Beskut Teen Vrese (Afrikaans, Paperback)
Cas de Vos
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Beskut teen vrese is heg gekomponeer en ryk aan vars en verrassende beelde. Dit is 'n eiesoortige bydrae tot die Afrikaanse poesie. Die bundel is meer as aktueel. Dit is in en vir hierdie tyd van vrese waarin ons leef geskryf. Dit word ingelei deur Verse teen vrese. Corona het ons almal se insigte, vooruitsigte en drome oorgeneem. Daarom kan ons ons vereenselwig met die bedreigdes. Ons hede en toekoms word deur Corona bedreig. Alles is onseker. Die vraag is: hoe kan en moet ons leef in die tyd van Corona? Is daar nie tog sprankies hoop nie? Hoe lyk en waarheen lei die omwee van die liefde ons? Waar Corona is, is daar ook elegiee - uit die antieke en huidige werelde. Kan die towerfluit ons help teen Corona? Is die mens (ons) nie net 'n waagstuk nie? Hierdie bundel wemel van ontroerende verse in die tyd van Corona. Met die verse in die hand en hart mag ons Corona in die gesig kyk, al sien ons niks nie. Die gedigte laat ons die onsienlike van Corona sien.

My ouma is 'n Rock-ster - Leesgids (Afrikaans, Paperback): Liesl Janse van Rensburg My ouma is 'n Rock-ster - Leesgids (Afrikaans, Paperback)
Liesl Janse van Rensburg
R100 R94 Discovery Miles 940 Save R6 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Studiegids: Sterkykers (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Studiegids: Sterkykers (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Skryf ’n liefdesbrief. Bemeester die kuns van hande vashou. Vuisstamp die lewe voluit. Lag soos die mense in advertensies. Raak onsigbaar. Twiet vir iemand ’n vers. Hierdie bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf) in ’n opwindende digbundel wat spesiaal saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwereld te weerspieel. Oor Toulopers: Nasionaal voorgeskryf vir die onafhanklike eksamenraad (IEB) se graad 12-kurrikulum. Reeds in sy vyfde druk. Byna 12 000 kopiee verkoop.

Katalekte (Afrikaans, Paperback): Breyten Breytenbach Katalekte (Afrikaans, Paperback)
Breyten Breytenbach
R399 R374 Discovery Miles 3 740 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die subtitel "artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan" dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat 'n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm 'n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is en liries, sintuiglik en abstrak, eenvoudig en kompleks, onthutsend en teer. En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, 'n oorgang na "die bevryding van onsigbaarheid". Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: 'n integrale deel van die teks.

Die Slingerplant se Wintergroei (Afrikaans, Paperback): Rosa Smit Die Slingerplant se Wintergroei (Afrikaans, Paperback)
Rosa Smit
R213 Discovery Miles 2 130 Ships in 2 - 4 working days

Rosa Smit se gedigte bied, in die woorde van Marianne Moore, werklike paddas ("toads") in verbeelde tuine, ook met die "noodsaak" wat Opperman van 'n gedig vra. Sy is 'n wydgepuliseerde skrywer van o.a. Krone van die narsing in 1987, waarvoor sy die gesogte Ingrid Jonker-prys ontvang. Van haar verse is in verskeie bundels opgeneem, o.a. Die braambos brand, Die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans en 'n Honderd jaar later. Vers oor vers, gedigte wat gedeeltes uit die Bybel verhelder, is ook 'n vrug van Rosa se pen. Hierdie digbundel dek 'n wye spektrum: van liefde, groei, gebed, opstanding tot skeiding.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Electromagnetic Wave Diffraction by…
Smirnov, Ilyinsky Hardcover R2,902 R2,509 Discovery Miles 25 090
On The Role Of Division, Jordan And…
Feza Gursey, Chia-Hsiung Tze Hardcover R4,509 Discovery Miles 45 090
A Bibliographic Guide to Resources in…
Jeffrey R. Yost Hardcover R2,103 Discovery Miles 21 030
Essdee Block Printing Ink - Pearlescent…
R534 Discovery Miles 5 340
Envisioning a Tibetan Luminary - The…
William M Gorvine Hardcover R2,562 Discovery Miles 25 620
Akua Liquid Pigment 118ml Phthalo Green…
R530 Discovery Miles 5 300
Lacan and Chan Buddhist Thought…
Raul Moncayo, Yang Yu Hardcover R4,012 Discovery Miles 40 120
Sensors and Transducers
Ian Sinclair Hardcover R1,750 Discovery Miles 17 500
Recursion Theory - Computational Aspects…
Chitat Chong, Liang Yu Hardcover R4,610 Discovery Miles 46 100
Signal Detection and Estimation
Mourad Barkat Hardcover R3,819 Discovery Miles 38 190

 

Partners