0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (73)
  • R50 - R100 (154)
  • R100 - R250 (538)
  • R250 - R500 (347)
  • R500+ (165)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde

Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.

Woorde hul stories sien ken (Afrikaans, Paperback): Bernard Odendaal Woorde hul stories sien ken (Afrikaans, Paperback)
Bernard Odendaal
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Woorde, uit die mond of skryfhand van mense wat hulle storie ken, boei Bernard Odendaal so lank hy kan onthou. As poesiedosent in Bloemfontein en, later, skryfskooldirekteur op Potchefstroom kon hy sy brood op grond van sy belangstelling verdien. Taal lewe egter ook, miskien veral, buite boeke - in die interaksie tussen karakters van vlees en bloed. Toe redakteurs by die webtuiste Versindaba en die koerante Bloemnuus en Volksblad hom dus vra om kort lekkerlees-bydraes oor sy aldagbelewenisse te begin skryf, was huiwer of weier vir Bernard buite die kwessie. Hoewel selde streng feitelik van aard, is die kort vertellings, sketse en besinnings in hierdie bundel almal gebaseer op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle wat oor die skrywer se lewenspad gekom het. Wat taal (kan) doen, of wat buite die reikwydte van taal is, vorm 'n draad wat deur die bundel vleg.

Voetstoots (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Voetstoots (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes
R360 R332 Discovery Miles 3 320 Save R28 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer.

’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het.

Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.

Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback): Pieter Hugo Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Hugo
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Alchemie van my muse is ’n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-enbloot ontredderd, berym en ontrym.

Afrikaans Plus - Everything You Need To Obtain Top Marks (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Afrikaans Plus - Everything You Need To Obtain Top Marks (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Achieve better marks in Afrikaans (Grade 7-12)

Afrikaans+ is a learner-friendly guidebook which caters for additional language learners who want to achieve better marks in Afrikaans. This practical guide contains explanations in English and is filled to the brim with examples. It explains tests and exams used for both the DBE and IEB and was written by a panel of educational experts who understand the needs of additional language learners.

This book is completely up to date. The Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) has just been re-issued, blindsiding many a teacher with the changes in Afrikaans grammar rules. While the AWS is seen as the touchstone for Afrikaans language practitioners, it could be a daunting book to use in the classroom. Afrikaans+ was written with the most recent changes to the AWS in mind, and presents these grammar rules in a clear, practical manner.

Every chapter in the book also offers free online support - exercises, answers and examples - which will be kept up to date by the panel.

The book contains six sections:

1. Comprehension - Begrip: This explains how you should approach a comprehension test, how to look for the answers, and provides tips on how to understand the questions. It also explains how to make summaries. Visual texts, such as cartoons, graphs and maps, are also explained.

2. Grammar - Taal: This is a step-by-step guide to understanding the “how” and the “why” of Afrikaans grammar. You will be guided with English explanations and Afrikaans examples on things like word order, tenses, adjectives, adverbs, time, numbers, plural and diminutive forms, the negative, active and passive voice, pronouns, participles and abbreviations. There are sections offering basic knowledge to help the struggling learner through the exam. But there are also more advanced sections for the learner who wants to get an A and for the teacher who wants to become familiar with all the changes in the AWS.

3. Literature - Letterkunde: Everything you need to know about prose, drama, short stories and poetry. What is the difference between a metaphor and a simile? Who is the protagonist and who the antagonist? We use simple explanations and good examples of all these and other literature terms.

4. Oral - Mondeling: The book contains practical pointers on how to prepare for different kinds of oral, such as interviews, prepared speeches, introducing and thanking a speaker, roleplay, how to make a vlog and how to discuss the booklist you have to read for grade 12. Examples of all these are given, and more are provided online.

5. Vocabulary - Woordeskat: You will always need vocabulary for essays and orals. With the most recent vocabulary on food, technology, life after school, sport and lots more, you will be well prepared.

6. Written work - Skryfwerk: This section starts with a step-by-step approach to writing: how to choose a topic, how to do your planning, what not to use in an essay and how to end your story. The examples of all the different types of written work (essays, long and short transactional writing) and tips on each, will help you to master each one. Online you will be able to read through more examples.

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie - Leesgids (2de druk 2022) (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Alet Mihalik Dinge wat ek nie van skape geweet het nie - Leesgids (2de druk 2022) (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Alet Mihalik
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Bloeddig (Afrikaans, Paperback): David Steyn Bloeddig (Afrikaans, Paperback)
David Steyn 1
R80 R45 Discovery Miles 450 Save R35 (44%) In Stock
Weerbare Weemoed (Afrikaans, Paperback): Hennie van Coller, Luuk Gruwez Weerbare Weemoed (Afrikaans, Paperback)
Hennie van Coller, Luuk Gruwez
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days
Ons Sal Self en Ander Briewe Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Dirk Hermann Ons Sal Self en Ander Briewe Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Dirk Hermann
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days
Kanna Hy Ko Hys-toe (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Adam Small Kanna Hy Ko Hys-toe (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Adam Small
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback): Riette Rust Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback)
Riette Rust
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.

Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis te doen het. Of dalk self een is.

Ruggespraak (Afrikaans, Paperback): Joan Hambidge Ruggespraak (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambidge
R52 Discovery Miles 520 Ships in 4 - 6 working days
Erfgeld is Swerfgeld (Afrikaans): Johannes C. Bakkes Erfgeld is Swerfgeld (Afrikaans)
Johannes C. Bakkes
R372 Discovery Miles 3 720 Ships in 4 - 6 working days
Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback): Kobus Olivier, Hilda van Dyk Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback)
Kobus Olivier, Hilda van Dyk
R305 R218 Discovery Miles 2 180 Save R87 (29%) In Stock

Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word?

In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel.

Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.

C'est la vie - Van Lief En Leed En Kanse Vat (Afrikaans, Paperback): Lanie van Reenen C'est la vie - Van Lief En Leed En Kanse Vat (Afrikaans, Paperback)
Lanie van Reenen
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Toe Lanie van Reenen haar hoogs suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop en al haar energie in ‘n kasteel in Aubusson ingooi het ieder en elk met ‘n gesonde verstand haar daarteen gewaarsku. Maar Lanie was besiel. Sy en haar vennote het die Franse chateau liefderyk restoureer tot die beste boutiek hotel in die streek. Die opening van die hotel val egter saam met tragedie...

Dis wanneer dit voel asof alles inmekaarval, dat sy gaan sit en haar storie begin neerskryf, ter heling en van die begin af : die eksistensiele krisis van haar jong volwasse jare, haar huwelik met Michael en die hartseer einde daarvan, haar proses van self-aktualisasering wat al hoe groter en meer ambisieuse projekte insluit. C’est la Vie is die inspirerende memoires van ‘n vrou wat ten spyte van terugslae haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks - altyd vol lewensvreugde.

Hierdie bygewerkte heruitgawe van C'est la Vie val saam met die verskyning van Net Mooi Fine, Lanie van Reenen se nuwe boek waarin sy die storie van 'n vrou en haar chateau klaar vertel en haar lesers verder neem op haar alleen avontuur...

Die afwesigheid van berge (Afrikaans, Paperback): Louis Esterhuizen Die afwesigheid van berge (Afrikaans, Paperback)
Louis Esterhuizen
R114 Discovery Miles 1 140 In Stock

Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van "Die afwesigheid van berge vorm" slaan die leser met die een kragtige golf van poetiese besinning na die ander: die Bedevaartslied (“Op die reis blyk die reisiger / onverwags ongereed te wees . . . ”), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker (’n alleman) se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasiee waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hierdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, cliches en jargon is van nie net ’n nuwe Suid-Afrika nie, maar van ’n nuwe tegnologiese era. ’n Persoonlike bundel, maar ook ’n aktuele een.

Die reis gaan inwaarts - Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Die reis gaan inwaarts - Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

By Schoeman word individuasie nie ’n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie – daarvoor is sy werk te betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ’n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ’n verlammende onttrekking nie, maar ’n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ’n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ’n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.

Nadia: Paaie Van Hoop - 'n Inspirasieverhaal (Afrikaans, Paperback): Nadia Beukes, Jana  van der Merwe Nadia: Paaie Van Hoop - 'n Inspirasieverhaal (Afrikaans, Paperback)
Nadia Beukes, Jana van der Merwe
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Ons almal se paaie lyk nie dieselfde nie. Net omdat jou pad anders is, beteken dit nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie. Glansaktrise Nadia Beukes nooi jou saam op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, bergpasse, en soms ook ompaaie. Só leer ken ons die ware Nadia weg van die kalklig. Sy deel haar verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde.

Krap uit die see (Afrikaans, Paperback): Fourie Botha Krap uit die see (Afrikaans, Paperback)
Fourie Botha
R75 R49 Discovery Miles 490 Save R26 (35%) In Stock

Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha. Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit. Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse.

God praat Afrikaans (Afrikaans, Paperback): Simon Witbooi God praat Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
Simon Witbooi
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.

Nomme 20 Delphi Straat (Afrikaans, Paperback): Shirmoney Rhode Nomme 20 Delphi Straat (Afrikaans, Paperback)
Shirmoney Rhode
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Nomme 20 Delphi Straat (of Delphi Straat 20) is 'n versameling van beide Kaaps-en Standaard Afrikaanse gedigte wat aanvanklik as performance poetry vorm aangeneem het. Die gedigte reflekteer die ervaringe en gedagtes van die digter uit haar tienerjare en as eerste generasie student. Dit speel af in Elsiesrivier en die titel is verwysend na die huis en straat waarin sy grootgeword het, maar sinspeel ook op die tema van bendegeweld. Die gedigte is ook die stories van die mense van Elsiesrivier.

Kosmos En Komete (Afrikaans, Paperback): Kaalwoorde Kosmos En Komete (Afrikaans, Paperback)
Kaalwoorde
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kosmos en komete is die debuutbundel van Instagram en Facebook digter, Kaalwoorde. Die sukses van dié jong digter op sosiale media word toegeskryf aan haar toeganklikheid. Sy verwys na haar gedigte as bepeinsings oor gevoelens en gebeure, aansporings om te droom, en gedagtes wat die leser los met positiwiteit.

In hierdie bundel val die klem op reise deur verskillende landskappe – fisies sowel as emosioneel. Kaalwoorde se gedigte is romantiese mymeringe oor die skoonheid van eenvoudige dinge soos ’n veld vol kosmos,  sowel as drome wat soos
komete die ruimte ingestuur word.

Soos Familie - Stedelike Huiswerkers in Suid-Afrikaanse Tekste (Afrikaans, Paperback): Ena Jansen Soos Familie - Stedelike Huiswerkers in Suid-Afrikaanse Tekste (Afrikaans, Paperback)
Ena Jansen
R551 Discovery Miles 5 510 Ships in 4 - 6 working days

Vanwee hulle posisie in die kontakgebied tussen “ras” en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het – en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ongeveer tien jaar na die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in Suid-Afrikaanse stadsboeke begin soek. Soos familie: Huiswerkers in Suid-Afrikaanse stadsboeke gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van “die bediende” as 'n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs 'n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het. Soos familie is 'n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer 'n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit 'n groot deel van die twintigste eeu en daarna – weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid.

Samsa-Masjien (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Samsa-Masjien (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Samsa-masjien tree in gesprek met Franz Kafka se ‘Die Verwandlung’. Dit vertel die storie van die insekwording van Gregor Samsa sr. Gregor, in sy sewentigs, 'n afgetrede biologie-onderwyser, skoolhoof en ook klavierstemmer in sy jongdae. Hy ly aan dementia en as gevolg daarvan bly hy en Josephine by hul dogter Grete en haar man Tjaart in hul luukse, moderne huis in 'n woonbuurt soos Sandton. Soos die Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor 'n stelselmatige insekwording, wat deur die sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Gregor sien oral insekte, voel hulle loop op hom en voel homself uiteindelik 'n insek word. Stelselmatig beweeg die ouerpaar uit die huis uit na die kelder waar hulle 'n geraasmasjien (soos die van die futuriste) begin bou uit skroot en rommel. Klank en musiek is sentraal tot die stuk en dien as deurlopende metafoor en is daarom as 'n CD ingesluit in die publikasie. Die komponis Pierre-Henri Wicomb was verantwoordelik vir die klankbaan.

Goeiemore, Mnr Mandela (Afrikaans, Paperback): Zelda la Grange Goeiemore, Mnr Mandela (Afrikaans, Paperback)
Zelda la Grange 5
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe Zelda la Grange se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd.

Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as Nelson Mandela se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem.

Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
South African Constitutional Law In…
Danie Brand, Christopher Gevers, … Paperback  (9)
R804 Discovery Miles 8 040
Shadow Nations - Tribal Sovereignty and…
Bruce Duthu Hardcover R1,378 Discovery Miles 13 780
The judiciary in South Africa
C. Hoexter, M. Olivier Hardcover R1,568 R1,335 Discovery Miles 13 350
Towards a Philosophy of Cinematography
Alexander Nevill Hardcover R1,887 Discovery Miles 18 870
Open Justice - A Critique of the Public…
Joseph Jaconelli Hardcover R3,942 Discovery Miles 39 420
Principal Photography - Interviews with…
Vincent LoBrutto Hardcover R2,543 Discovery Miles 25 430
Strong Constitutions - Social-Cognitive…
Maxwell Cameron Hardcover R2,438 Discovery Miles 24 380
South African Constitutional Law In…
Pierre de Vos, Warren Freedman Paperback  (1)
R820 R719 Discovery Miles 7 190
Contemporary Cinematographers on Their…
Pauline B. Rogers Hardcover R4,499 Discovery Miles 44 990
Public Inquiries - Wrong Route on Bloody…
Louis Blom Cooper Hardcover R2,368 Discovery Miles 23 680

 

Partners