|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Die opspraakwekkende nuwe bundel met meer as 100 voorheen ongepubliseerde gedigte van Jeanne Goosen is vuurwarm op die rak. Die gedigte is deur die uitgewer en redakteur Petrovna Metelerkamp tussen Jeanne se dokumente ontdek toe sy navorsing gedoen het vir haar biografie oor Jeanne, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne.
Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende
(Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap)
Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook
die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die
vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige,
taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig.
Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende
bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se
lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha
(1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan
die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy
belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het.
Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook
van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid
vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie
persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping
wat die ouderdom meebring.
Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte
belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue
draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van
Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as
selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal,
asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding.
In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan
konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale
situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding
tussen outeur en karakter in die biografie,
kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van
die narratologie en genre.
Hans Ester en Chris van der Merwe het albei ? lang loopbaan as
letterkundiges agter die rug, die een in Suid-Afrika, die ander in
Nederland. Albei is ook toegewyde Christene. In 2013 begin hierdie
twee vriende aan mekaar skryf oor lewensvrae wat voortspruit uit
hul gedeelde hartstog vir die Bybel en die letterkunde.
Aktuele temas kom aan bod, soos “Tussen wanhoop en hoop”, “Om Isak
te offer” en “Bybel, diskussie, lees en herlees”. Geen tema word
egter uitgeput nie; die tweegesprek prikkel die leser tot
verdere nadenke.
Toe Lanie van Reenen haar hoogs suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop en al haar energie in ‘n kasteel in Aubusson ingooi het ieder en elk met ‘n gesonde verstand haar daarteen gewaarsku. Maar Lanie was besiel. Sy en haar vennote het die Franse chateau liefderyk restoureer tot die beste boutiek hotel in die streek. Die opening van die hotel val egter saam met tragedie...
Dis wanneer dit voel asof alles inmekaarval, dat sy gaan sit en haar storie begin neerskryf, ter heling en van die begin af : die eksistensiele krisis van haar jong volwasse jare, haar huwelik met Michael en die hartseer einde daarvan, haar proses van self-aktualisasering wat al hoe groter en meer ambisieuse projekte insluit.
C’est la Vie is die inspirerende memoires van ‘n vrou wat ten spyte van terugslae haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks - altyd vol lewensvreugde.
Hierdie bygewerkte heruitgawe van C'est la Vie val saam met die verskyning van Net Mooi Fine, Lanie van Reenen se nuwe boek waarin sy die storie van 'n vrou en haar chateau klaar vertel en haar lesers verder neem op haar alleen avontuur...
A Book of Poetry & Short Stories Written for Empowerment To
Women
|
|