|
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
In Vers & Kapittel: Artikels, rubrieke en naskrifte oor die
digkuns slaag die gerespekteerde skrywer en digter Daniel Hugo
daarin om die internasionale wereld van digkuns vir die gewone
leser nie net toeganklik nie, maar ook aangrypend te maak. In die
nagenoeg 50 artikels ontdek die leser die wonders van die
Afrikaanse en Nederlandse digkuns, terwyl Hugo se outobiografiese
stukke ’n persoonlike blik werp op verskeie bekende skrywers en hul
werk. In elkeen van die rubrieke, artikels en naskrifte in Vers
& Kapittel doen Hugo dit wat hy by sy meesters (D.J. Opperman
en Gerrit Komrij) geleer het: hy bied interessante en insiggewende
ontledings van gedigte sonder oordadige literere teoriee. In die
bundel bewys Hugo dat al wat noodsaaklik is in die ontsluiting van
gedigte “is gesonde verstand, belesenheid en die vermoe om
prikkelend en kernagtig te formuleer”. Vers & Kapittel bevat
ontledings van enkele werke van prominente Afrikaanse digters soos
N.P. van Wyk Louw, J.C. Steyn, Elisabeth Eybers, Hennie Aucamp en
Lina Spies.
Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare
gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal
en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die
psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel,
tetrahidrokannabinol (THC).
Die kwessie oor of dagga verslawend is, is nog nie heeltemal
duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en
interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes,
handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel.
Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons
weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is,
is dit sinvol om ’n opinie oor hierdie wonderlike plant te waag.
Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die węreld. Hierin vertel die tienderjarige Anne die aangrypende verhaal van die Joodse gesin Frank se lotgevalle toe hulle tydens die Tweede Węreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Anne het die dagboek op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, present gekry. In die volgende maand, toe die vervolging van Jode ook in Nederland te erg raak, soek die Frank-gesin saam met ander ’n Joodse gesin skuiling in kamers agter die kantore van die onderneming waar Otto Frank gewerk het. In haar dagboek skryf Anne neer wat die gesin ervaar, sy lewer kommentaar op die dikwels gespanne verhoudings tussen die lede van die twee gesinne in die beknopte omstandighede en sy doen ook verslag oor die gewaarwordinge en gevoelens van ’n jong meisie in uiters moeilike omstandighede. Die dagboekinskrywings word in Augustus 1944 gestaak toe die “skuilgangers” aan die Nazi’s verraai is en almal na Duitse konsentrasiekampe gestuur is. Otto Frank het die konsentrasiekamp oorleef, Anne se dagboek weer opgespoor en dit laat publiseer. Sedertdien is dit uit Nederlands in vele tale vertaal en is nou ook in Afrikaans beskikbaar.
Ethienne reynecke se ongelooflike verhaal.
In 2018 het die doodsengel drie keer aan die oudrugbyspeler Ethienne Reynecke se deur geklop. Hy het geweier om oop te maak – toe sy milt bars, toe hy ’n beroerte gehad het en toe hy in die agterkop geskiet is. Boonop, ná ’n egskeiding daardie jaar, het sy twee liefingdogters na ’n ander stad verhuis. Die noodlot het sy spraakvermoë gesteel en hom sy werk as kommentator by SuperSport gekos. Dit het hom, soos Reynecke dit stel, in ’n pampoen verander. Maar het hy geweier om bes te gee.
Minder as twee jaar later, in Maart 2020, word Reynecke die Suid-Afrikaanse ligswaargewig-amateurkampioen in gemengde gevegskuns (MMA).
Hierdie is die storie van hoe Ethienne Reynecke dit reggekry het om staande te bly en vas te klou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur.
Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega.
Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre en ’n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.
|
|