Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Dis plesierig om die stories in dié boek te lees. Ná elke storie kan 'n mens boonop kyk of jy al die woorde reg versttan het. Dan is daar ook nog interessante varae en talle planne vir take, speletjies en gesels in die klas oor die spesifieke onderwerp. Dit is geskryf in moderne Afrikaans - 'n groeiende taal wat nie outyds of styf probeer wees nie.
Groot verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak. Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poesie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang en verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid en tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns. Self se Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net een dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poesie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poesie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poesie het vele wonings." Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poesie wat hom nerens in die wereld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau Ingrid Jonker Wilma Stockenstrom Antjie Krog ... naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small Peter Blum Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poesie in 'n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in 'n hoogbloei van poesie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome deel van 'n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.
Die Vlaamse digter Marc Tritsmans (1959) gee in sy gedigte stem aan die aarde met al sy bedreigde spesies. Hy doen dit in melancholies-liriese gedigte, waarvan die vaste versvorm as teenvoeter moet dien vir ‘n wêreld wat besig is om ekologies ineen te stort. Daniel Hugo het Tritsmans se jongste bundel, Het zingen van de wereld (2017), in Afrikaans vertaal en laat daarmee die woorde van “’n man uit die noordelike halfrond” klokhelder aan die suidpunt van Afrika opklink.
Toe Lanie van Reenen haar hoogs suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop en al haar energie in ‘n kasteel in Aubusson ingooi het ieder en elk met ‘n gesonde verstand haar daarteen gewaarsku. Maar Lanie was besiel. Sy en haar vennote het die Franse chateau liefderyk restoureer tot die beste boutiek hotel in die streek. Die opening van die hotel val egter saam met tragedie... Dis wanneer dit voel asof alles inmekaarval, dat sy gaan sit en haar storie begin neerskryf, ter heling en van die begin af : die eksistensiele krisis van haar jong volwasse jare, haar huwelik met Michael en die hartseer einde daarvan, haar proses van self-aktualisasering wat al hoe groter en meer ambisieuse projekte insluit. C’est la Vie is die inspirerende memoires van ‘n vrou wat ten spyte van terugslae haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks - altyd vol lewensvreugde. Hierdie bygewerkte heruitgawe van C'est la Vie val saam met die verskyning van Net Mooi Fine, Lanie van Reenen se nuwe boek waarin sy die storie van 'n vrou en haar chateau klaar vertel en haar lesers verder neem op haar alleen avontuur...
Ysterkoei-blues (2001) is die eerste van ’n drieluik versamelbundels van Breytenbach se amper-volledige oeuvre. Hierdie band bevat al die digbundels wat voor sy gevangeniskap in 1975 verskyn het, asook enkele ongebundelde verse, Skryt, en kort prosastukke uit Katastrofes. Vyf van die titels in hierdie bloemlesing is plaaslik met o.m. die APB- en CNA-prys bekroon. Die huis van die dowe (1967) en Lotus (1970) word ook in die Nederlande onderskeidelik met die Reina Prinsen Geerling- en Lucy B en CW van der Hoogt-prijs vereer. Dié heruitgawe spog met ’n splinternuwe baadjie wat aansluit by die jongste versamelbundel, Die singende hand (2016).
Selfs net 'n paar woorde aan 'n persoon in sy eie taal kan wondere verrig. Hierdie titel is bedoel om nuwe woorde aan te leer, woordeskat uit te brei en kommunikasievaardighede in Engels, Afrikaans, Xhosa of Zulu te verbeter. 'n Staatmakerhulpmiddel vir leerders, onderwysers en almal wat hul kennis van die tale wil verbeter.
In 1983 verruil Ilse Mouton en haar dokterman Andre hul stedelike bestaan en blou Bolandse berge vir die verrykende ervaring van ‘n plattelandse leefwyse en vestig hulle in Gobabis, waar hul nuwe heimat ‘n onuitwisbare nalatenskap in hul wese laat. Teen die agtergrond van politieke veranderinge word die wel en wee van Gobabis gedurende die 1980’s met pieteit, eerlikheid en ‘n ruim skoot humor beleef.
Danksy die 30 000 koerante wat die afgelope eeu ses dae per week uitgegee is, is Die Burger vandag ’n huishoudelike naam. Die boek diep van die merkwaardigste gebeure, groot en klein, op wat sy joernaliste beleef het – van die Groot Griep en die twee wêreldoorloë tot Chris Barnard se eerste hartoorplanting en Nelson Mandela se afsterwe in 2013. Skandes en skandale, natuurrampe, persoonlikhede in die nuus, belangrike sportmomente – die boek is nie net ’n belangrike optekening nie, maar het ook groot nostalgiewaarde. Die “onthou jy nog?”-faktor word versterk deur hope foto’s én spotprente. Enkele hoogtepunte:
Twee dramas oor familie, verhoudings, vergifnis en herinneringe. Wat bybly, is dat mense maar net mense is. Dat versoening deel van menswees is. Dat stukkende mense mekaar kan help heel word en dat familie tog familie bly – ondanks omstandighede, persoonlike keuses en uitdagings. Sandton City grootdoop: ‘n Drama oor ’n ma en haar twee dogters wat vir die eerste keer in ’n lang tyd bymekaarkom om die oudste, Danel, se verjaardag in Sandton City te vier. In die proses begin die trio mekaar se verlede, gevoelens en emosies oopkrap met eerlike, en snaakse, oomblikke. Kara, die ma, is die aktrise wat haar man en kinders op ’n jong ouderdom verlaat het om haar groot droom om wereldberoemd te word, na te volg. Sy erken dat sy nie bevoeg of beskore was vir moederskap nie, maar probeer tog om tot hulle deur te dring en hulle vertroueling te wees. Haar oudste dogter, Danel, is bipoler en bly na ‘n onlangse selfmoordpoging weer by haar ma. Sy is naief en emosioneel en val maklik vir haar ma se manipulasie. Haar suster, Lisa, is gay en verwyt haar ma dat sy nog niks met haar lewe gedoen het nie. Sy is kwaad en kras en wil graag haar ma skok met haar uitlatings oor seks, maar ’n mens kom agter dat sy eintlik baie kwesbaar is. Die dag is bros: Dis laatmiddag. Elsa, voorheen ’n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei ’n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Hy was ’n jeugmisdadiger wat ’n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul ’n leemte in haar lewe. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius – die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag ’n ingrypende wending neem. Die Dag is Bros is benoem vir ’n Fiesta as beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Vertel my Muse, van die gevierde Odusseus voor roosvinger Daeraad die see rooiwyn kleur. Hy het die heilige stad Troje tot ruine uitgewis, daarna het hy kruis en dwars oor die woeste see gevaar. Odusseus het tale stede gesien en hy is met wysheid beloon. Hy het ontberings gelei om sy kamerade en sy hart veilig aan wal te kry en daar in Ithaka vir die gode lofsange te sing. Maar dood het op sy kamerade gewag to hulle Huperion, die songod, se koeie wou slag. Mag die son vir hon ‘n tapyt van suiwer god oopsprei. O heilige, dogter van Zeus, begin erens met hierdie verhaal en vertel dit meesleurend aan ons. (Cas Vos)
In Bladspieel – die digter se agste digbundel – verken Marlise Joubert in 'n kenmerkend vloeiende styl temas soos verganklikheid en verval, onthou en verewiging, liefde en familieverhoudings, digterskap en die skryfproses. Die gedigte verwoord, en word as't ware 'n afbeelding van, die ervarings van die digter as belewende subjek, en betrek so die leser op intieme wyse by haar ervarings van die alledaagse.
Die sentrale gegewe in die Ilias, die lang verhalende gedig van Homeros, is wyd bekend die Griekse koning Agamemnon sweer wraak wanneer sy vrou, die skone Helena, deur Paris, ’n prins van Troje, ontvoer word. Dit ontketen die tien jaar lange Trojaanse oorlog, ’n bloedige stryd met talle menslike helde soos Hektor, Achilles, Aias en Odusseus, waarin die gode ook telkens ingemeng het. Saam met die Odusseia, Homeros se ander groot epos, word die Ilias as tydloos beskou, ’n teks wat vandag nog deur almal gelees behoort te word. Die twee verhalende gedigte word dikwels beskryf as die beginpunt van die Westerse letterkunde selfs as die beginpunt van die wereldletterkunde, omdat dit so ’n enorme invloed op die poesie en verhaalkuns uitgeoefen nadat dit iewers in die agste of sewende eeu V.C. ontstaan het. Die romantiese reis van Odusseus in die Odusseia het meer aandag in die Afrikaanse letterkunde getrek as die geweld en lewensverlies van die Ilias, maar in 2014, die jaar waarin die honderdjarige herdenking van die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog plaasvind, is Cas Vos se vertaling van fragmente uit die Ilias ’n tydige herinnering aan die heroiese en gewelddadige kant van oorlog. Die vertalings van fragmente van Homeros se epiese gedig word voorafgegaan deur ’n oorsig van die invloed van die Ilias op die wereldletterkunde, ’n kort bespreking van die uitdaging van poesievertaling en ’n beskrywing van die konteks van die vertaalde fragmente uit die verskillende boeke waaruit die Ilias opgebou is.
Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe Zelda la Grange se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd. Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as Nelson Mandela se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem. Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.
Die drama, ’n liries en droomagtige maar tegelyk ook skreiend pynlike stuk oor herinnering en ongeregtigheid, is reeds in 1978 geskryf, in die hoogbloei van apartheid en twee jaar na die Soweto-opstand. Dit is etlike kere opgevoer, maar word nou die eerste keer gepubliseer. Dit is in wese ’n versetdrama, maar die artistieke krag en durende relevansie daarvan le in die wyse waarop dit wys hoe pynlik intiem verset en lojaliteit verstrengel is. Goree word gesien as Small se mees persoonlike letterkundige werk; hy het dit self beskryf as ’n gefiksionaliseerde outobiografie. Die titel van die teks is ook die naam van die gehuggie naby Robertson waar Small grootgeword het. Die drama gaan oor ’n bruin man wat ’n bom in ’n supermark geplant het en dan weens die terreurdaad verhoor en opgesluit word. Gedurende die verhoor en ook in sy tronksel tree hy deur middel van terugflitse in ’n voortdurende gesprek met die verlede, spesifiek met die sleutelmomente wat sy identiteit en sy verset bepaal het. Die klimaks van die drama is ’n gesprek – ’n konfrontasie – in die tronksel waaraan die aangehoudene, sy vrou en sy pa, sowel as die Afrikaanse bewaarder deelneem. Die klimaks wentel om die gewaarwording dat gevangene en bewaarder verdeel en saamgesnoer word deur dit wat hul onderskeie identiteite bepaal. Dit gaan hier om ons taal, ons kerk en ons grond. Dit is daarom so betekenisvol dat hierdie drama, wat aanvanklik in Engels geskryf is, nou in Afrikaans gepubliseer word. Die skrywer se verset teen sy onderwerping deur taalgenote word hierdeur die bevestiging van ’n grondliggende lojaliteit.
Melanie Grobler verstaan die kuns om die leser los te maak van die aarde en die aardse: Die reistema, geografies sowel as deur streke van die gees, is dan ook ’n bindende en fassinerende faktor in haar nuwe digbundel. Ook die reis na die gedig, en telkens sien die leser die digter onderweg na die gedig. Die spreker van die verse vereenselwig haar dikwels met sjamaan-figure of mistici of gestorwe voorouers en hul transendentale reise. Die digter se reis stem dus by implikasie ooreen met die van die sjamaan wat die doderyk besoek om iets waardevols vir die lewendes terug te bring. Grobler se beelde is verrassend en lewenskragtig, en dit lok die leser om teen vermoedens in na betekenis te soek. In ’n sekere sin is hierdie soeke na ’n ewig ontwykende betekenis die ware betekenis van ’n gedig. Betowerende en evokatiewe verse.
In hierdie debuutbundel word die eenheid wat deur die onderlinge verband tussen die afsonderlike verhale geskep word, as versterkende tegniek ingespan. Dit vorm nie net tematies ’n eenheid nie maar vertoon ’n terugkerende ooreenkoms van situasie en karakters, byvoorbeeld twee susters waarvan een mooier en inkenniger is, ’n familie se sieklik geykte uitdrukkings en maniërismes, ’n problematiese verhouding met die ma, geskeide en hertroude ouers, die ma se verknogtheid aan haar honde, lesbiese verbintenisse, mislukte of betekenislose verhoudings, siellose seksuele ervarings, onmag om deel van die konvensionele gesins- en familieopset te word. Een keurder beskryf die verhale as stilisties en tegnies knap, met “sterk en sprankelende dialoog en beeldryke milieuskildering”.
Carel Boshoff was by uitstek 'n intellektuele aktivis. Hoewel sy lewe in hierdie boek gepen is, is dit meer as 'n lewensverhaal; daar word besin oor die teologie, die kerk se sendingtaak, en oor die rol van die kerk in die samelewing. Sy uitgebreide openbare lewe word vertel aan die hand van sy ervarings in die Afrikaner-Broederbond (waaruit hy later bedank het), die Voortrekkers en die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede. Boshoff het alle mense met respek en toegeneentheid behandel en in 'n loopbaan met omstrede standpunte het hy vriende onder medewerkers en teenstanders gemaak.
Eers was die raad net bedoel vir Jonathan Jansen se eie kinders wat op die punt van volwassenheid gestaan het. Maar die stukkies wysheid het gou versprei na die studente van die Universiteit van die Vrystaat – en toe nog verder na Jansen se duidende volgelinge op Facebook en Twitter. Jansen het elke dag 'n "brief aan sy kinders" geskryf, 'n klein stukkie lewenswysheid oor enigiets van die liefde tot menswees. Die humoristies dog aangrypende twiets bewys oor en oor hoekom Jansen Suid-Afrika se morele barometer geword het. 'n Bundel met outydse raad, geskryf in 'n 21ste eeuse formaat, wat aanklank sal vind by oud en jonk.
David Kramer se bekendheid strek wyer as die Karoovlaktes. Sy weghol-treffers en oorrompelende glimlag in die Volkswagen-advertensies het in die 1980's 'n huishoudelike naam van hom gemaak. Net meer as 'n dekade later het sy musiekblyspele saam met Taliep Petersen internasionale roem gebring met vertonings op die West End en Broadway. Maar wie is die man agter die kitaar en die rooi velskoene? Die biografie onthul 'n woordkunstenaar wat kan toor met Afrikaans, 'n slim sakeman en iemand met sterk beginsels wat opstaan teen ongeregtigheid. Die boek vertel van sy grootwordjare in Worcester en hoe hy sy stem as kunstenaar gevind het. Dit vertel ook van die uiters private mens agter die "almal se pel"-persona en van die skadukant van skielike roem. Kramer se lewenslange droom om 'n stem te gee aan die randfigure binne die Afrikaanse leefwereld het die afgelope dekade 'n werklikheid geword namate hy die werk van bruin folk musikante van die Karoo begin opteken het. As musikale antropoloog het hy 'n groot bydrae gelewer om ons verstaan van Suid-Afrikaanse musiek verder uit te brei. Die onthullende boek bied 'n rare blik op wat agter die skerms gebeur het in die loopbaan en die lewe van een van ons gewildste musikante.
Donkerkamer is 'n debuutbundel oor beelde en oor kyk: na foto's en kunswerke, na die ongediertes wat in drome skuil en na jeugherinnerings ingeprent op die film van die geheue. Dier- en vo lbeelde vertel van geweld, die verlies aan onskuld en weerloosheid, maar ook van begeerte en lyflikheid. Di bundel voer aan dat kyk en oorvertel nie onskuldig kan wees nie, dat 'n foto in 'n donker kamer tot beeld ontwikkel. Fourie Botha het in Nuwe Stemme 4 gedebuteer.
Linette Retief, bekroonde advertensie kopieskrywer, steek haar trots in haar sak en betree die wereld van skuldberading. Sy maak ook nadere kennis met twee-minuut noedels ... 'n Aksie-avontuur waar Linette as enkelma-verbruiker haar vrou moet staan teen verbruikerslandmyne. Die verhaal van hoe sy in die skuld beland het en hoe sy stadig maar seker weer besig is om daar uit te ontsnap sal lesers nie net vermaak nie, maar is ook prakties en vol nuttige wenke. |
You may like...
Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam…
Adam Small, Ronelda Kamfer
Paperback
(1)
|