|
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.
Skryf ’n liefdesbrief. Bemeester die kuns van hande vashou.
Vuisstamp die lewe voluit. Lag soos die mense in advertensies. Raak
onsigbaar. Twiet vir iemand ’n vers. Hierdie bundel vars,
verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op
die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos
Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie
Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met
opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep
Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger
en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf) in ’n opwindende
digbundel wat spesiaal saamgestel is om hedendaagse jongmense se
leefwereld te weerspieel. Oor Toulopers: Nasionaal voorgeskryf vir
die onafhanklike eksamenraad (IEB) se graad 12-kurrikulum. Reeds in
sy vyfde druk. Byna 12 000 kopiee verkoop.
Elsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self ‘n gewilde en bekroonde Afrikaanse skryfster, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter ook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf. Sy sou hierdie jaar haar 80ste verjaarsdag gevier het.
Hierdie is ‘n versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar, Elsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom- en haar uitmergelende siekte.
Die gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is ‘n maand vroeër geskryf.
Minjonet en bitterbos is Thomas Deacon se vyfde digbundel in Afrikaans.
Die bundel sentreer om ouer word, die jeugdige energie wat daarmee afneem, ‘n herbesoek aan dit wat was en ‘n skrynende begeerte daarna. Deacon slaag uitmuntend daarin om die oerbron van herinnering en nostalgie telkens deur ‘n ander merafoor, ‘n ander tyd en met ander woorde te laat spreek.
Die bundel bevat ook ‘n heuglike inslag van Boerneef se loslittige Afrikaans met ‘n voorkeur vir die kontreiwoord en -uitdrukking.
Die geel kafee het oorspronklik in die 1980's onder Koos Kombuis se
skrywersnaam Andre Letoit verskyn. Met die publikasie van hierdie
gedigte was die Nuwe Suid-Afrika nog net 'n pypdroom. Toe hy vir
die eerste keer “weer hierdie ou poems... deurlees,” skryf Kombuis
in sy voorwoord by die tweede druk, het twee dinge hom opgeval: hoe
hy al hoe nader aan sy loopbaan as liriekskrywer beweeg het en hoe
Eurosentries die digbundel was. “Maar," voeg hy by: “... dalk, wie
weet, dien dit as inspirasie vir jong digters en skrywers vandag.”
Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met ‘n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou.
Aan die een kant skakeer die geel uit na wit – hoofsaaklik van die maan – en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami’s. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe.
Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke – in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta – maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê “in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê”.
Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin ’n oombliklike insig in ’n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters – die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Müller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en ’n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die “woeste” Pa.
‘n Mens sou kon sê dat Müller se digwerk ‘n voortganende proses is, ‘n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel ‘n mylpaal is.
|
You may like...
Ongeskonde
Alwyn Uys
Paperback
R252
Discovery Miles 2 520
Knapsekerels
Pieter Fourie
Paperback
R215
Discovery Miles 2 150
|