|
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Die Sutta Nipata word gereken as een van die groot erfenisse uit
die religieuse geskiedenis van die mens. Die kern van die Sutta
Nipata dateer uit die heel vroee Boeddhisme in Indie; dele daarvan
gaan waarskynlik terug tot op die woorde van die Boeddha self - dit
wil se tot so 2 500 jaar gelede. Die leser vind in hierdie gedigte
die wortels van 'n gesofistikeerde filosofie wat die Boeddhisme
deur sy hele geskiedenis geinspireer het. Die vertaling in
Afrikaans is gedoen uit die grondtaal Pali, wat nou verwant is aan
Sanskrit. Afrikaans met sy natuurlike eenvoud en bondigheid sluit
besonder goed aan by die karakter van die oorspronklike
Pali-gedigte. Afrikaanstaliges wat hulle op die drempel van 'n nuwe
era bevind, tastend na die nuwe, maar met 'n waardering vir die ou
en groot religieuse tradisies van die mensheid, sal hulself en hul
soeke sonder sekuriteit in hierdie verse herken.
n Bloemlesing met 'n wye verskeidenheid Afrikaanse gedigte -
antiek, modern, ernstig, speels, ironies, satiries. Van klassiekes
soos Eugene N Marais se Winternag tot hupses soos Ellen Botha se
Van Riebeeck vind Kaappunt heel mooi. Beslis nie 'n bundel waarin
die dood of swaarmoedigheid hoogty vier nie! Hoewel saamgestel met
die oog op skoolgebruik (eerste- sowel as tweedetaalonderrig), is
dit 'n genietboek vir almal wat aan die Afrikaanse digkuns wil
proe.
|
|