|
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Die opspraakwekkende nuwe bundel met meer as 100 voorheen ongepubliseerde gedigte van Jeanne Goosen is vuurwarm op die rak. Die gedigte is deur die uitgewer en redakteur Petrovna Metelerkamp tussen Jeanne se dokumente ontdek toe sy navorsing gedoen het vir haar biografie oor Jeanne, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne.
Hierdie uiters volwasse bundel reis op uitgebreide paaie na wat die
wese is van die digkuns. Die digter is in konstante gesprek met die
woord en die moontlikhede wat die woord bied. Haar vermoe om die
woord se wisselende buie, in gesprek met ander woorde, raak te sien
en te benut, is nog nooit so suksesvol aangewend nie. Met 'n meer
liriese aard, toeganklikheid en innige menslikheid is Indeks
'n hoogtepunt in Hambidge se oeuvre.
Soos die draad van die lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter
Atropos, so verloop hierdie debuutbundel van herinneringsgedigte
oor die jeug deur verse oor liefdeswedervaringe en die mediese
professie tot waar die draad geknip word – gedigte oor sterflikheid
en verlies. Die wereld van geneeskunde word ryklik ontgin en die
gedigte in Atropos is fyn waarnemings van die natuurlike en
menslike kondisie, gekenmerk deur vernuftige interaksie tussen
betekenis en klank.
Die titel van Gibson se vyfde bundel verwys na die Vrystaatse
ruimte waarin die digter grootgeword het en steeds woon, maar dit
dui ook op die ontglippende aard van betekenis in die alledaagse
lewe.
Elisabeth Eybers-prys vir Poësie 2016
Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende
(Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap)
Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook
die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die
vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige,
taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig.
Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende
bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se
lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha
(1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan
die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy
belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het.
Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook
van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid
vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie
persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping
wat die ouderdom meebring.
Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte
belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue
draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van
Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as
selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal,
asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding.
In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan
konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale
situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding
tussen outeur en karakter in die biografie,
kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van
die narratologie en genre.
Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor.
Hy noem Julius Malema 'n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ 'n
spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma 'n “korrupte, seksistiese
politieke tsotsi”.
Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy
politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en
vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In
Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop - ook pres. Cyril
Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.
In Gesprek met Waldimar is 'n versameling van die 100 beste, lekkerste
en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser
elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby
ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié
in beheer tot verantwoording roep nie.
Waldimar Pelser is redakteur van die Sondagkoerant Rapport. Hy is al
drie keer met 'n ATKV-Mediaveertjie as beste aanbieder van 'n nuus- of
aktualiteitsprogram bekroon. Voor sy joernalistieke loopbaan het hy in
die regte en die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch
gestudeer en daarna 'n meestersgraad aan die Oxford-universiteit in
Engeland verwerf.
Hans Ester en Chris van der Merwe het albei ? lang loopbaan as
letterkundiges agter die rug, die een in Suid-Afrika, die ander in
Nederland. Albei is ook toegewyde Christene. In 2013 begin hierdie
twee vriende aan mekaar skryf oor lewensvrae wat voortspruit uit
hul gedeelde hartstog vir die Bybel en die letterkunde.
Aktuele temas kom aan bod, soos “Tussen wanhoop en hoop”, “Om Isak
te offer” en “Bybel, diskussie, lees en herlees”. Geen tema word
egter uitgeput nie; die tweegesprek prikkel die leser tot
verdere nadenke.
|
You may like...
In Too Deep
Lee Child, Andrew Child
Paperback
R395
R353
Discovery Miles 3 530
Blou Moord
Francois Bloemhof
Paperback
R320
R300
Discovery Miles 3 000
|