|
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Kaaps as Afrikaanse omgangsvarieteit word deur verskillende outeurs
vanuit diverse invalshoeke betrag. Die boek beslaan nege hoofstukke
in twee afdelings wat onderskeidelike die taalkundigheid en die
kontekstuele gebruike van Kaaps bekyk. Dis gebaseer op referate wat
gelewer is by die eerste simposium oor Kaaps in 2012. Kaaps word in
die boek voorgehou as ’n waardige, talig genuanseerde en
lewenskragtige vorm van Afrikaans. Die ekonomiese potensiaal van
Kaaps en die benutting daarvan as onderwys- en joernalistieke
medium word ook bespreek.
Cass Abrahams, die beminde en gerespekteerde Kaapse sjef en entrepreneur, wat Kaaps-Maleise kos in alle huishoudings gewild gemaak het, vertel haar lewensverhaal met eerlikheid en humor aan Marike Bekker. Tussendeur deel sy ook haar staatmaker-resepte met ons.
Elke stadium van haar vol lewe kleurvol is verweef in die geure, kleure, teksture van die kos wat sy maak – onlosmaaklik deel van haar lewenspad en raak saamgevat deur Marike.
My Lewe met Kos is ’n versameling fassinerende stories oor haar soms ongewone kinderdae wat deurvleg word met ’n versameling van Cass se beste resepte – bewyse dat kos inderdaad die vermoë het om herinneringe op te roep.
This well-known author’s first collection of Afrikaans poetry in 13 years.
The poems offer a varied and kaleidoscopic look at the facets of human need and sadness. De Lange explores beauty, death, mortality, and his themes include homo-eroticism, drug taking, the art of writing.
The poems are poetically unembellished, the imagery is fresh and pertinent.
Met hierdie digbundel is die gedagtes en diep gevoelens van die
digter vasgevang soos hy die pad aanskou op sy lewenstog. Die
tweede bundel is weereens 'n opregte uitbeelding van die innerlike
gevoel en emosies van menswees. Liefde, geloof, die pyn van
teleurstelling, en nuwe hoop vir die toekoms vorm 'n goue draad
deur die bundel wat die leser sal vasvang in die woorde van Raymond
Bridges.
Blou Erfporsie is die storie van 'n lewensreis wat begin met 'n
twaalfjarige seuntjie wat impulsief beloof om 'n sendeling te word,
as die Here tog net sy oog sal laat ophou pyn. En 'n dogtertjie wat
viooltjies verkoop vir haar sendingbussie. Die storie kry momentum
met 'n skip wat aan die Pondoland se kus strand tydens die Tweede
Wereld-Oorlog en Isilimela Hospitaal wat met 'n noodoperasie ingewy
word. Hierdie ware lewensverhaal van Nico en Marthe Geldenhuys,
pionier mediese sendelinge, speel af teen die agtergrond van die
ongetemde Wildekus van die Transkei toe die NG kerk daar begin het
met mediese sendingwerk in 1940 - 1980. Dis ook hier waar 'n
romantiese liefde begin blom. Dit is die storie van "Smiles" (of
was dit waterige blou ogies?) en sy donkerkop bruid. Die stryd om
die werk op mediese, sowel as geestelike vlak te laat vorder, die
struikelblokke, die geskiedenis van die gebied, sowel as 'n
uitbeelding van die Xhosa-gemeenskap, vorm 'n interessante deel van
die beskrywings. Dit is ook die storie van agt kinders... en 'n
94-jarige ouma wat met 'n olifant aan die hand die koerant
stormloop. Dis bowenal die verhaal van geloof in God en 'n
onwrikbare begeerte om Hom te dien, al kos dit baie opofferinge.
Samsa-masjien tree in gesprek met Franz Kafka se ‘Die Verwandlung’.
Dit vertel die storie van die insekwording van Gregor Samsa sr.
Gregor, in sy sewentigs, 'n afgetrede biologie-onderwyser,
skoolhoof en ook klavierstemmer in sy jongdae. Hy ly aan dementia
en as gevolg daarvan bly hy en Josephine by hul dogter Grete en
haar man Tjaart in hul luukse, moderne huis in 'n woonbuurt soos
Sandton. Soos die Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor 'n
stelselmatige insekwording, wat deur die sielkundiges, psigiaters
en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele
hallusinasies van dementia-lyers. Gregor sien oral insekte, voel
hulle loop op hom en voel homself uiteindelik 'n insek word.
Stelselmatig beweeg die ouerpaar uit die huis uit na die kelder
waar hulle 'n geraasmasjien (soos die van die futuriste) begin bou
uit skroot en rommel. Klank en musiek is sentraal tot die stuk en
dien as deurlopende metafoor en is daarom as 'n CD ingesluit in die
publikasie. Die komponis Pierre-Henri Wicomb was verantwoordelik
vir die klankbaan.
Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel vir Artemis keer: die vigilante wat besig is om misdaad teen kinders met 'n lang lem te wreek. Met die media wat skree, politici wat druk toepas, 'n span onbeholpe jong speurders en kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie 'n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van 'n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
This is a reproduction of a book published before 1923. This book
may have occasional imperfections such as missing or blurred pages,
poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the
original artifact, or were introduced by the scanning process. We
believe this work is culturally important, and despite the
imperfections, have elected to bring it back into print as part of
our continuing commitment to the preservation of printed works
worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in
the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.
++++ The below data was compiled from various identification fields
in the bibliographic record of this title. This data is provided as
an additional tool in helping to ensure edition identification:
++++ The Correspondence Of The Late John Wilkes: With His Friends,
Printed From The Original Manuscripts, In Which Are Introduced
Memoirs Of His Life, Volume 1; The Correspondence Of The Late John
Wilkes: With His Friends, Printed From The Original Manuscripts, In
Which Are Introduced Memoirs Of His Life; John Wilkes John Wilkes
John Almon Printed for R. Phillips, by T. Gillet, 1805 Biography
& Autobiography; General; Biography & Autobiography /
General; Biography & Autobiography / Political; Great Britain
|
You may like...
Is God Is
Aleshea Harris
Paperback
R380
Discovery Miles 3 800
|