Elsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self ‘n gewilde en bekroonde Afrikaanse skryfster, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter ook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf. Sy sou hierdie jaar haar 80ste verjaarsdag gevier het.
Hierdie is ‘n versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar, Elsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom- en haar uitmergelende siekte.
Die gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is ‘n maand vroeër geskryf.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!