0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (79)
  • R50 - R100 (80)
  • R100 - R250 (256)
  • R250 - R500 (249)
  • R500+ (209)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde

Versamelde poesie (Afrikaans, Paperback): D.J. Opperman Versamelde poesie (Afrikaans, Paperback)
D.J. Opperman
R555 R477 Discovery Miles 4 770 Save R78 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Al die lieflike dade (Afrikaans, Paperback): Charl-Pierre Naude Al die lieflike dade (Afrikaans, Paperback)
Charl-Pierre Naude
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die poesie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naude se digkuns by uitstek gestalte gee. Die poesie is ’n ander manier van kyk – die metafoor laat jou iets deur die lens van iets anders sien, en so word die wereld nuut, iets wat van voor af ontdek moet word. Die poesie, wys Naude, is iets wat algemeen aanvaarde waarhede problematiseer, dit vreemd maak sodat dit weer beleef kan word. In Naude se poesie is die vreemde belangrik. Vreemde ruimtes, word betree om dit wat bekend is te herontdek, deur as’t ware van buite na binne te kyk. Op hierdie manier besin die digter oor onder meer sy plek in Afrika, oor die verwerking van ’n Europese oorsprong, sy geplaastheid in ’n klein minderheidstaal, oor die praktyk van poesie-skryf en die soeke na insig wat verby eenvoudige digotomiee streef. Hierdie digterlike besinnig loop dikwels uit op ‘n besef van die waarde van die vlugtige, die efemere, die nie-vaspenbare.

Vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte (Afrikaans, Paperback): Breyten Breytenbach Vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte (Afrikaans, Paperback)
Breyten Breytenbach
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

'n Nuwe digbundel deur een van Afrikaans se heel grootste digters is altyd 'n gebeurtenis, en vyf-en-veertig skemeraandsange is 'n besonderse toevoeging tot die merkwaardige oeuvre van hierdie meesterdigter. In sy jongste bundel kom die leser weer eens onder die indruk van Breyten Breytenbach se verbluffende hantering van beelde, vind ons weer eens die belangrikste motiewe in sy werk die magiese spel met die taal en die woord self, die dans, liefde, verganklikheid.

Stil punt van die aarde (Afrikaans, Paperback): Johann de Lange Stil punt van die aarde (Afrikaans, Paperback)
Johann de Lange
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Aangrypende gedigte deur 'n fyn woordkunstenaar. Hierdie Hertzogpryswenner se nuwe bundel is ’n hoogtepunt in sy oeuvre. Die gedigte bied ’n deurlopende gesprek met ’n wyer wereld – ook insigte in daardie wereld: die mens, die natuur, die kunste, literatuur, filosofie. Die gedigte is toeganklik, eerlik, menslik, maar die ruwe werklikhede van ons bestaan word nooit gekamoefleer of ontken nie.

Kaar (Afrikaans, Paperback): Marlene Van Niekerk Kaar (Afrikaans, Paperback)
Marlene Van Niekerk
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. ’n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied – die natuur, voels, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke – en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend. Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van ’n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermoe bied die leser van Kaar ’n avontuurlike ontdekkingreis deur die werelde van mense en diere.

Die laaste karretjiegraf (Afrikaans, Paperback): Athol Fugard, Riana Steyn Die laaste karretjiegraf (Afrikaans, Paperback)
Athol Fugard, Riana Steyn
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Athol Fugard het met die koms van sy tagtigste verjaarsdag besluit om ’n toneelstuk in sy ma se moedertaal te skryf, soos sy hom jare gelede gevra het. Met behulp van Riana Steyn se kennis en navorsing oor die karretjiemense het hierdie toneelstuk tot stand gekom. Dit is die verhaal van die Geduld-gesin, wat, na die dood van hul ouma Mieta, haar in die Karoo-veld onder klippe begrawe, soos die gebruik onder die karretjiemense is. Haar kleinkinders se enigste vooruitsig blyk die plakkerskamp naby Colesberg te wees. Hul pa, Koot, was op sy dag die voorste skaapskeerder, maar nou is hy in die tronk vir die moord op hy sy tweede vrou. Na sy vrylating spoor Sarah, ’n navorser wat jare gelede met die gesin te doen gehad het, hom op. Saam neem hul bestekopname van die karretjiemense se verlede en toekoms.

Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.

Kaalkop 3 (Afrikaans, Hardcover): Nataniel Kaalkop 3 (Afrikaans, Hardcover)
Nataniel
bundle available
R460 R395 Discovery Miles 3 950 Save R65 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)

In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied.

Kaalkop 3 sluit in:

  • 54 Kaalkop-rubrieke
  • 19 SARIE-kosstories
  • 5 voorheen ongepubliseerde verhoogstories
  • Swanemeer: die ware verhaal
Voorwaar ’n elegante boek propvol skatte: die ideale Kersgeskenk!
Om Die Gedagte Van Geel (Afrikaans, Paperback): Petra Muller Om Die Gedagte Van Geel (Afrikaans, Paperback)
Petra Muller
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met ‘n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou.

Aan die een kant skakeer die geel uit na wit – hoofsaaklik van die maan – en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami’s. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe.

Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke – in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta – maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê “in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê”.

Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin ’n oombliklike insig in ’n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters – die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Müller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en ’n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die “woeste” Pa.

‘n Mens sou kon sê dat Müller se digwerk ‘n voortganende proses is, ‘n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel ‘n mylpaal is.

Ko lat ons sing - 'n Keur uit die gedigte van Adam Small (Afrikaans, Paperback): Adam Small Ko lat ons sing - 'n Keur uit die gedigte van Adam Small (Afrikaans, Paperback)
Adam Small
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keur uit al vyf Afrikaanse digbundels van Adam Small gee 'n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar My Kruis en Se Sjibbolet. Die keur weerspieel deurgaans Small se meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse werkersklasmense. Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy aanwending van Kaaps waaroor hy in die naskrif by Kitaar gese het: "Kaaps is 'n taal ... 'n taal waarin mense hul eerste skreeu skreeu en hul doodsroggel roggel."

Die beginsel van stof (Afrikaans, Paperback): Breyten Breytenbach Die beginsel van stof (Afrikaans, Paperback)
Breyten Breytenbach
R335 R288 Discovery Miles 2 880 Save R47 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Breyten Breytenbach se nuwe bundel is in 'n sekere sin 'n terugskouing op die lewe en die digkuns van die digter en het sterk outobiografiese elemente. Die tema van verganklikheid en oud-word loop sentraal, en daarmee saam die wisseling van plek en landskap. Die deernis en empatie met die mens en sy vreemde lewensverlope is aangrypend. Nog selde by hierdie digter het die landskap so 'n primere en so 'n verhelderende rol gespeel as in hierdie bundel.

Vlerke Vir My Houteend (Afrikaans, Paperback): Kobus Lombard Vlerke Vir My Houteend (Afrikaans, Paperback)
Kobus Lombard
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Baie toeganklike poesie met sterk godsdienstige ondertone wat nooit soetsappig word nie. Die Namibiese digter Kobus Lombard sluit met sy derde bundel aan by temas in sy vorige twee bundels. Hy skryf in eenvoudige taal en helder beelde oor die skeppingsproses waar die digter soms op loop geneem word deur woorde, maar soms soos 'n hengelaar daarin slaag om die groot vis in te katrol. Dit is egter veral sy verse oor die godsdiensbelewing van gewone mense wat by baie lesers aanklank behoort te vind. God verskyn dikwels in die onverwagse, as 'n bedelaar in 'n supermark ("Bedelaar") maar ook in die fyn besonderhede van die natuur ("Watergat") of in die gewone, soos Gobabis se stofstrate ("Ek sien 'n nuwe hemel").

Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days

Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde ontmoet mekaar in ‘n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars. In hierdie memorie vertel sy van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is. Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle “vlugtelinge” wat die onversoenbare waardes van hulle “tuiste” (hetsy fisies of ideologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om ‘n lewe te skep. Dit vertel ook van die wonder om ‘n metgesel langs die pad te vind.

Poppie - Die drama (Afrikaans, Paperback): Elsa Joubert, Sandra Kotze Poppie - Die drama (Afrikaans, Paperback)
Elsa Joubert, Sandra Kotze
R286 R246 Discovery Miles 2 460 Save R40 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Poppie is based in the ground-breaking 1978 novel by Elsa Joubert, Die swerfjare van Poppie Nongena, and was adapted for stage by Sandra Kotze. This story follows the trials and tribulations of Poppie, a black woman living in apartheid South Africa and her search for a better future for her children. Poppie is die storie van 'n swart vrou wat in die jare van apartheid met 'n man van die land getroud was. Soos met Joubert se reisbeskrywings, is hierdie drama 'n reis in vele opsigte - enersyds Poppie se lang swerftog op soek na standvastigheid en 'n veilige toekoms vir haar kinders, andersyds 'n reis van twee verwyderde kulture na mekaar toe, maar uiteindelik die reis na die hart van 'n medemens.

Noudat slapende honde (Afrikaans, Paperback): Ronelda S. Kamfer Noudat slapende honde (Afrikaans, Paperback)
Ronelda S. Kamfer
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kamfer se gedigte is vreesloos, en skroom nie weg van taboe-onderwerpe nie. Sy skryf veral oor tragedies wat alledaags geword het in die wereld waarin sy haar bevind – dwelms, druglords, en kinders wat doen wat hulle nie hoef te doen nie ... Haar gedigte is tegelyk toeganklik en onkonvensioneel – sy is 'n sterk, sterk nuwe stem in Afrikaans.

Skulp (Afrikaans, Paperback): Hennie Aucamp Skulp (Afrikaans, Paperback)
Hennie Aucamp
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Die kwatryn is ’n moeilike digvorm wat van die digter vereis om in enkele woorde en net vier reels ’n sinvolle eenheid in beeldende taal oor te dra. Die vorm pas Aucamp, ’n meester van die kortverhaal, soos ’n handskoen – en vir die leser wat bereid is om fyn te kyk en te lees, word die ongesiende en ongehoorde in Skulp onthul.

Die Elektries Gelaaide Hand (Afrikaans, Paperback): Gerrit Komrij Die Elektries Gelaaide Hand (Afrikaans, Paperback)
Gerrit Komrij
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days

Die digter Gerrit Komrij het op 'n keer die letters van sy naam herskommel tot "ik rijm erg rot". Dit is tipies van hierdie rymvirtuoos se skerp sintuig vir spot en ironie. Hy het 'n voorkeur vir gedigte wat die leser intellektueel uitdaag en amuseer. Maar in wese is Komrij 'n romantikus - sy hunkering na skoonheid, liefde en harmonie word egter telkens deur die gruwelike werklikheid gedwarsboom. Hierdie oorsigtelike keuse uit die poesie van een van Nederland se belangrikste moderne digters is met groot noukeurigheid en fyn aanvoeling deur Daniel Hugo in Afrikaans vertaal. In hierdie bundel verskyn die oorspronklike Nederlandse teks teenoor die vertaling. Aldus die vertaler - "As ek met hierdie tweetalige bundel Afrikaanse lesers kan help om hulle drumpelvrees vir Nederlands te oorwin sodat hulle vrymoedigheid sal he om Komrij in sy oorspronklike, elektries gelaaide Nederlands te lees, kan ek met 'n geruste hart op my rymlouere rus."

Die stomme aarde - 'n Keur (Afrikaans, Paperback): Wilma Stockenstrom Die stomme aarde - 'n Keur (Afrikaans, Paperback)
Wilma Stockenstrom
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 4 - 8 working days

n Keur uit al die digbundels van hierdie Hertzopgpryswenner, een van die heel belangrikste skrywers in Afrikaans. Die skrywer het self die keuse van 137 gedigte uit haar sewe digbundels gedoen.

Die wit Boesman (Afrikaans, Paperback): Peter Stark Die wit Boesman (Afrikaans, Paperback)
Peter Stark
bundle available
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 4 - 8 working days

Die legendariese Wit Boesman, Peter Stark, skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy ’n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen. Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibie. Peter Stark is in Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibie) gebore en was vir baie jare natuurbewaarder in die Okaukuejo-omgewing. As ware seun van die veld het Peter hom onderskei as onverskrokke grootwildjagter, uitnemende ruiter en spoorsnyer van formaat. Hy het in 1974 by die destydse Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit as kommandant in die rykunsvleuel, waar hy 'n enorme bydrae gelewer het tot die opleiding van ruiters. Vandag woon op die plaas Vogelsang naby Ventersdorp.

Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback): Wannie Carstens, Edith Raidt Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback)
Wannie Carstens, Edith Raidt
R755 R715 Discovery Miles 7 150 Save R40 (5%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.

Splintervlerk (Afrikaans, Paperback): Marlise Joubert Splintervlerk (Afrikaans, Paperback)
Marlise Joubert
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde.

Die Potlooddief En Die Engel (Afrikaans, Paperback): AS van Straten Die Potlooddief En Die Engel (Afrikaans, Paperback)
AS van Straten
R164 R141 Discovery Miles 1 410 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die potlooddief en die engel is 'n hedendaagse blyspel wat losweg gebaseer is op die Middeleeuse mirakel- en moraliteitspele. Alles is moontlik, met die gevolg dat hierdie heerlike en hoogs opvoerbare komedie, wat met groot sukses voorgeskryf is, net sulke prettige leesstof is.

Contrary - Critical Responses to the Novels of Andre Brink (Afrikaans, English, Paperback): Karina Magdalena Szczurek, Ed,... Contrary - Critical Responses to the Novels of Andre Brink (Afrikaans, English, Paperback)
Karina Magdalena Szczurek, Ed, Willie Burger
R334 Discovery Miles 3 340 Ships in 4 - 8 working days

Andre Philippus Brink (1935-) is one of South Africa s most distinguished, prolific and internationally best recognized writers. In South Africa, Brink rose to prominence as one of the Sestigers (Writers of the Sixties), a group of Afrikaans writers who challenged their literary establishment in the 1960s under the influence of European schools of thought and literary trends of the time, especially French existentialism.In his writing, Andre Brink interrogates power, violence, and inequality by probing silences: those of the past and those which threaten the new, democratic dispensation in South Africa. At the heart of his oeuvre lies the human condition as he turns to love, myth and history for inspiration. Published since the late 1980s, the criticism collected in this volume strives to be representative of the kind of research undertaken on Brink s work and give insight into a variety of its aspects, focusing primarily on its most significant part, the novels and their reception. The essays look at Brink s approach to the genre and its narrative techniques. They also contextualize Brink s writing in relation to existentialism, (post)colonialism, myth-making, magic realism, representations of gender and sexuality, the dialectic of history and fiction, the picaresque tradition, and the tensions between memory, narration and identity.The collection includes one of the best profiles on the life and work of Andre Brink, written by Nicholas Wroe of the Guardian, as well as an overview essay by Godfrey Meintjes which was originally published as three separate pieces. The combined text of the latter, like no other, introduces all of the important phases and influences of Brink s prose writing.The contributors are: A.J. Hassall, Neil Cochrane, Heilna du Plooy, Peter Horn, Richard Peck, Christell Stander, Nicholas Wroe, Isidore Diala, Marita Wenzel, Johan Anker, Lianne Barnard, Godfrey Meintjes, Monica Bungaro, Jochen Petzold, Ampie Coetzee, H.P. van Coller, Henriette Roos, Mathilda Bothma, Ute Kauer, Louise Viljoen, and Willie Burger."

Handspoor (Afrikaans, Paperback): Louise Boshoff Handspoor (Afrikaans, Paperback)
Louise Boshoff
R240 R188 Discovery Miles 1 880 Save R52 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die bundel het 3 afdelings met reis, verhoudings en verliese as tema's. Louise poog om die ervaring van ontdekking, hetsy van emosie, 'n landskap of die verloop en verliese van alledaagse lewe, te verbeeld. Die verse is eenvoudig, deursigtig en maklik om te verstaan. Die ontginning van 'n reis, of dit gaan om jou binnelewe of 'n landskap, kom telkens navore. The anthology has been divided in 3 sections. Theme's such as relationships, travel and loss are woven into the simple verses. The author writes about discovering emotions, landscapes and the rhythm of life and loss. The reader will find it easy to understand and to relate to the poems. The author takes the reader on a journey to discover internal as well as external landscapes.

Brouhaha (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Brouhaha (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
R541 Discovery Miles 5 410 Ships in 12 - 17 working days

Eben Venter se Brouhaha-rubriek is by verre die gewildste in die Saterdag-BY. Sms'se van lesers stroom weekliks in: 'Ek hou so baie van Eben Venter se Stoney-stories. Hy doen meer om begrip en selfs bewondering van die gehate Oz by ons rotsvaste ek- sal-nooit-emigreer-Suid-Afrikaners te vestig as enigiets of iemand anders.' Ook: 'Eben Venter se woordkuns is soos 'n oase in die BY-woestyn.' Geniet die keur uit sy allerbeste Stoney-stories, 'n handvol onverbeterlike resepte met sy verstommende Brouhaha-vertellings as bonus. Brouhaha is nou in boekvorm beskikbaar op aandrang van die leserspubliek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kanker Schmanker!
Madelein Rust Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750
Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms
Wilhelm Verwoerd Paperback R390 R335 Discovery Miles 3 350
Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van…
Pieter-Dirk Uys Paperback R305 Discovery Miles 3 050
Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier
Ebbe Dommisse Paperback R395 R289 Discovery Miles 2 890
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R363 Discovery Miles 3 630
Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans…
Albert Blake Paperback  (1)
R300 R240 Discovery Miles 2 400
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan Paperback R350 R241 Discovery Miles 2 410
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback  (1)
R295 R254 Discovery Miles 2 540
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R101 Discovery Miles 1 010
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R10 R8 Discovery Miles 80

 

Partners