![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!) In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied. Kaalkop 3 sluit in:
Hierdie keur uit al vyf Afrikaanse digbundels van Adam Small gee 'n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar My Kruis en Se Sjibbolet. Die keur weerspieel deurgaans Small se meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse werkersklasmense. Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy aanwending van Kaaps waaroor hy in die naskrif by Kitaar gese het: "Kaaps is 'n taal ... 'n taal waarin mense hul eerste skreeu skreeu en hul doodsroggel roggel."
Die title behandel die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1, 2 en 3 soos beskryf in die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (HNKV) binne die raamwerk van uitkomsgerigte onderwys (UGO). Die title bevat ook inligting vir die onderrig van Graad R. Die onderrig van luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer asook taalstruktuur en -gebruik word breedvoerig bespreek en praktiese idees word gegee.
Geruisloos, Ongemerk is 'n aangrypende kortverhaalbundel wat stilisties tussen voorstedelike-realisme en surrealisme wissel. Kuit ondersoek die alledaagse lewe met onverwagte ompaaie, woede en humor.
Athol Fugard het met die koms van sy tagtigste verjaarsdag besluit om ’n toneelstuk in sy ma se moedertaal te skryf, soos sy hom jare gelede gevra het. Met behulp van Riana Steyn se kennis en navorsing oor die karretjiemense het hierdie toneelstuk tot stand gekom. Dit is die verhaal van die Geduld-gesin, wat, na die dood van hul ouma Mieta, haar in die Karoo-veld onder klippe begrawe, soos die gebruik onder die karretjiemense is. Haar kleinkinders se enigste vooruitsig blyk die plakkerskamp naby Colesberg te wees. Hul pa, Koot, was op sy dag die voorste skaapskeerder, maar nou is hy in die tronk vir die moord op hy sy tweede vrou. Na sy vrylating spoor Sarah, ’n navorser wat jare gelede met die gesin te doen gehad het, hom op. Saam neem hul bestekopname van die karretjiemense se verlede en toekoms.
Die bundel het 3 afdelings met reis, verhoudings en verliese as tema's. Louise poog om die ervaring van ontdekking, hetsy van emosie, 'n landskap of die verloop en verliese van alledaagse lewe, te verbeeld. Die verse is eenvoudig, deursigtig en maklik om te verstaan. Die ontginning van 'n reis, of dit gaan om jou binnelewe of 'n landskap, kom telkens navore. The anthology has been divided in 3 sections. Theme's such as relationships, travel and loss are woven into the simple verses. The author writes about discovering emotions, landscapes and the rhythm of life and loss. The reader will find it easy to understand and to relate to the poems. The author takes the reader on a journey to discover internal as well as external landscapes.
Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese leesgids is só saamgestel
dat leerders dit saam met die leesboek in die klas kan gebruik. Die
gids begin met basiese literęre aspekte, gevolg deur vrae, skryf- en
mondelingaktiwiteite vir elke hoofstuk. Die antwoorde sal op ‘n QR-kode
beskikbaar wees.
Kamfer se gedigte is vreesloos, en skroom nie weg van taboe-onderwerpe nie. Sy skryf veral oor tragedies wat alledaags geword het in die wereld waarin sy haar bevind – dwelms, druglords, en kinders wat doen wat hulle nie hoef te doen nie ... Haar gedigte is tegelyk toeganklik en onkonvensioneel – sy is 'n sterk, sterk nuwe stem in Afrikaans.
Die digter Gerrit Komrij het op 'n keer die letters van sy naam herskommel tot "ik rijm erg rot". Dit is tipies van hierdie rymvirtuoos se skerp sintuig vir spot en ironie. Hy het 'n voorkeur vir gedigte wat die leser intellektueel uitdaag en amuseer. Maar in wese is Komrij 'n romantikus - sy hunkering na skoonheid, liefde en harmonie word egter telkens deur die gruwelike werklikheid gedwarsboom. Hierdie oorsigtelike keuse uit die poesie van een van Nederland se belangrikste moderne digters is met groot noukeurigheid en fyn aanvoeling deur Daniel Hugo in Afrikaans vertaal. In hierdie bundel verskyn die oorspronklike Nederlandse teks teenoor die vertaling. Aldus die vertaler - "As ek met hierdie tweetalige bundel Afrikaanse lesers kan help om hulle drumpelvrees vir Nederlands te oorwin sodat hulle vrymoedigheid sal he om Komrij in sy oorspronklike, elektries gelaaide Nederlands te lees, kan ek met 'n geruste hart op my rymlouere rus."
Die waarheid oor duiwe is Gisela Ullyatt se debuutbundel oor intieme ruimtes, jeugherinneringe en verlies. Die sentrale tema wat deur die bundel aangespreek word, dui op 'n proses van vervreemding van die alledaagse, toenemende vereensaming, verlies en verlange. Sekerhede word opgeskort en die donker ondertone van die daaglikse, dikwels teleurstellende en selfs ontstellende werklikheid word ontbloot. Hierdie aanbod vind plaas teen die agtergrond van onder andere 'n religieuse onderbou van Bybelse en ook Boeddhistiese verwysings (veral in afdeling drie se haikoegedigte), wat 'n rol speel om die gegewe saam te snoer en bepaalde temas uit te bou.
Landluisteraar is Carina van der Walt se debuutbundel in Suid-Afrika. Die bundel bevat toeganklike gedigte soos strome klank deur ’n dorre landskap.
In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur. Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.
Woord-Engel, debuutbundel deur Azette Wiesner het ontstaan nadat sy begin skryf het as terapie om haar seer en rou te verwerk na die tragiese ongeluk van haar eggenoot, Etienne Wiesner. Sy het haar verse op Facebook geplaas en kort voor lank was sy ‘n enigma met meer as 60 000 vriende: jonk, oud, veelrassig, Engelsprekend en aanhangers uit Nederland en België is gereelde lesers van haar verse. Azette het nog altyd graag die poësie gelees van enkele Afrikaanse digters, en Afrikaans was een van haar vakke op universiteit. Haar gedigte is egter intuďtief en uniek. Sy skryf sonder veel literęre verwysings, dit beteken egter nie dat haar werk nie raakgesien word deur kenners van die letterkunde nie. Haar skryfstem, gebore uit haar eie intense gevoelswęreld bied vertroosting aan duisende mense wat sy aanraak met temas oor die pyn van rou , die dood en die onbeskryflike verlies van ‘n geliefde. Sonder enige sentimentaliteit en in gewone taal. Toeganklike taal met universele waarde. Soos reeds genoem, is die digter 'n besprekingspunt in die letterkundige geledere: haar skryfstyl en die eenvoud waarmee sy haar temas leesbaar en sonder pretensie aanbied, maak haar leesbaar en gewild by mense wat ruiterlik erken dat hulle poësie verpes het op skool. 'n Bonus CD word saam met die digbundel verpak waarop Helena Hettema sestien toonsettings sing van lirieke/verse uit Azette se bundel.
Die subtitel "artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan" dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat 'n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm 'n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is en liries, sintuiglik en abstrak, eenvoudig en kompleks, onthutsend en teer. En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, 'n oorgang na "die bevryding van onsigbaarheid". Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: 'n integrale deel van die teks.
AB de Villiers is een van Suid-Afrika se grootste sporthelde. Hy is sedert 2011 kaptein van die Suid-Afrikaanse eendagspan asook ’n lid van die nasionale span sedert hy op 20 Desember 2004, op 20-jarige ouderdom, sy buiging vir die Proteas gemaak het. AB het reg deur sy lewe op die sportveld uitgeblink én word vandag as een van die beste kolwers ter węreld, in alle aspekte van die spel beskou. AB: Die Outobiografie, sal insig bied oor die man agter die kolf en onder die kopskerm, asook oor deurslaggewende oomblikke tydens sy loopbaan en sy verhoudingsbande met verskillende mentors. Die leser sal teruggeneem word na die agterplaas van AB se ouerhuis waar hy as kind die eerste keer saam met sy broers leer krieket speel het, en sal voorgestel word aan al die kleurvolle karakters en sportlui wat paaie met AB gekruis het. AB se belangstelling in musiek en in die sakewęreld word ook onder die loep geneem asook hoe hy hierdie belangstellings van hom saam met sy internasionale krieketloopbaan uitleef. |
You may like...
The Skilled Helper - A Client-Centred…
Gerard Egan, Robert J. Reese
Paperback
Short- and Long-Term Memory in Infancy…
Lisa M Oakes, Patricia J. Bauer
Hardcover
R1,905
Discovery Miles 19 050
Understanding Normal and Clinical…
Kathryn Pinna, Ellie Whitney, …
Hardcover
(1)
Nutrients and Cancer Prevention
Kedar N. Prasad, Frank L. Meyskens Jr
Hardcover
R2,855
Discovery Miles 28 550
|