Books > Language & Literature > Literature: texts > Poetry texts & anthologies
|
Buy Now
Die bome reusagtig soos ons was (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R153
Discovery Miles 1 530
Other Buying Options
Seller Price
R233
Expected to ship within 2 - 4 working days
|
|
Die bome reusagtig soos ons was (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
Loot Price R153
Discovery Miles 1 530
Expected to ship within 4 - 17 working days
|
Donate to Against Period Poverty
Total price: R163
Discovery Miles: 1 630
|
Hierdie verrassende debuutbundel is een van die eerlikste sienings
in Afrikaans van die werklikheid van die emigrant of expat wat
Suid-Afrika verlaat het, maar nog steeds worstel met identiteit in
’n nuwe omgewing. Die kinderjare van die digter word byna
deurlopend gekontrasteer met haar nuwe lewe in die buiteland. Die
herinneringe is skrynend eerlik en brose familiebande word sonder
skroom ondersoek. Klein besonderhede kry reusegestalte in die
herinneringe van haar kinderjare en staan skerp afgeteken teen die
besef van nietigheid wanneer die ek-spreker in ander kontekste
beland. Die belewenis van die grootstad Londen het soms ’n byna
onwerklike en dromerige kwaliteit, asof die digteres sukkel om tot
’n vergelyk te kom met die verplaasde self. Afstand, afsondering en
verlange word egter teengewerk deur vlugtige kontak met ander
mense, objekte en herinneringe. Die stad met sy glas en beton word
byna ook ’n persoonlikheid en word soms direk aangespreek, maar dit
is veral die waarneming van die gewone lewe in teenstelling met die
bekende toeristiese gesig van die stad wat uitstaan, soms morbied,
onverskillig en smerig, maar dikwels ook warm en verwelkomend.
Deurgaans is daar sprake van die spreker se kamera-oog wat
objektief probeer waarneem en registreer, maar die ondertoon van
melancholie verseker dat die gedigte die leser nie ongeraak laat
nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.