![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
In hierdie debuutbundel kom ’n groot verskeidenheid onderwerpe, versvorme, emosies en toonaarde aan die bod. Die digter maak soms ook van spesifieke variante van Afrikaans gebruik: streektaal, akademiese taal en wetenskaplike taal. Die digter skryf oor die Suid-Afrikaanse werklikheid, die natuur en wildernisgebiede waar hy ontspan en na voels en skoenlappers kyk, ook na die werklikheid van sy werksomgewing op Potchefstroom en plekke soos Indie waar hy gereis het. Hy slaag daarin om sulke bekende onderwerpe in die digkuns soos die liefde en vriendskaps- en familie-verhoudinge op ’n nuwe, speelse en soms ook diepsinnige wyse te verwoord. ’n Treffende voorbeeld is “Die digter sing vir sy beminde” waar die konkrete, bekende wereld omtower word: die geliefdes vlieg weg van die alledaagse, deur die deur van die maan en saam weer oor die kombuis tot in ’n nuwe land. Maar vir hierdie digter klink liefdesmusiek ook in die Bosveld en die rooigras van die Vrystaat op. Daar is ook pragtige gedigte oor sy ouma en haar unieke wyse van praat, die platteland en sy mense en ook meer eksotiese plekke soos Moembaai en Stockholm. Die akademiese wereld en die literatuur kom ook in die bundel ter sprake.
Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis in drie dele (1998, 1999, 2006) is die enigste omvattende Afrikaanse literatuurgeskiedenis wat tans op die mark is. Dit word wyd benut hier en in die buiteland. Van die belangrikste skrywers soos Etienne van Heerden, Marlene van Niekerk, Eben Venter, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Breyten Breytenbach het egter sedert die verskyning van die deel waarin hulle oeuvres behandel is, van hul beste werk gelewer. Dit het daarom tyd geword om 'n totaal bygewerkte uitgawe die lig te laat sien. Boonop bied dit die geleentheid om van die perspektiewe by te werk en selfs nuwes (byvoorbeeld oor die) in te sluit. Dit kan met reg beweer word dat hierdie literatuurgeskiedenis toenemend bykans alle relevante aspekte van die Afrikaanse literere veld dek. 'n Nuwe uitgawe het ook die voordeel dat dit die geleentheid bied om jonger literatore as medewerkers te betrek. Nie net is hulle die akademici van die toekoms nie, maar bring hulle meestal ander (teoretiese) perspektiewe wat verrykend inwerk op die geheel. Hierdie nuwe uitgawe is ingrypend geherstruktureer: telkens met enkele perspektiewe en 'n aantal profiele, alfabeties ingedeel. Hierdie uitgawe (Deel 1) bevat die volgende perspektiewe: "Klein begin is aanhou wen" (oor die ontstaansgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde); 'n blik op die Nederlandstalige Suid-Afrikaanse letterkunde, 1652-1925; 'n Inleiding tot buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke; 'n perspektief op die Afrikaanse prosa. Die profiele strek van Hennie Aucamp to Henriette Grove (A-G).
Anna Enquist is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer. Sy het sowel psigoanalise as musiek gestudeer en albei hierdie terreine word in haar skryfwerk weerspieel. Haar gewildheid in Nederland kan onder meer toegeskryf word aan die herkenbare alledaagse werklikheid in haar poesie, waarby lesers aansluiting vind. Alhoewel haar gedigte oenskynlik verstandelik en nugter is, word die leser juis getref deur die vasberade erns en innerlike krag waarmee sy byvoorbeeld die verlies van haar dogter verwerk deur daaroor te skryf. Die emosionele word egter altyd gebalanseer deur redelikheid, sodat haar gedigte nie sentimenteel is nie, maar tog die leser raak, soos in die gedig “Habanera” Daar was ’n kind. Met haar het ek deur die kamer gedans, ons het van hoek tot kant galop, ons het luidkeels ’n lied gesing. Sy het ’n warm gesig gehad. Sy was my dogter. As ek asemhaal vonk sy na in die gedig.
Die bundel bestaan uit ses afdelings met die son as deurlopende tema. In die eerste afdeling kom die Suid-Afrikaanse seelewe, plante, diere en voels aan die bod. Die digter tref dikwels amusante vergelykings tussen natuur- en sosiale verskynsels, soos die vergelyking van 'n jellievis met 'n straatvrou in die reeks "Kwal". In die derde, omvangryke afdeling "Songod", word die aanbidding van die son in antieke Egipte en argeologiese opgrawings tematies ontgin. 'n Boeiende tema in die vierde afdeling, "Soveel onder die son", is die herdigting van verhale en legendes uit die noordweste van Suid-Afrika. Die digter se belangstelling in die skepping van kunswerke lei tot boeiende gedigte oor kunstenaars soos Leonardo da Vinci, Albrecht Durer en Suid-Afrikaanse skilders soos Cecily Sash. Dit is egter bowenal die groter skepping wat herhaaldelik deur die digter ondersoek word, van die nietigste plantjie tot die grootse hemelruim. Die bundel begin nie verniet met die afdeling "Sonbesie" en eindig met die gedig "Liewenheersbesie" nie – tussenin word die lewe op aarde in sy wye verskeidenheid ter sprake gebring.
'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.
Die drama In glas handel oor ‘n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na ‘n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van ‘n man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane. In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise. is in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir ’n dramateks.
In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.
Kobus Lombard se vierde digbundel word gekenmerk deur ’n sterk gevoel vir plek. Soos te verwagte is daar verwysings na bekende plekke in Namibie, soos Gobabis, Rundu, Swakopmund, die stad Windhoek, die Kavango- en Nossobrivier, die woestyn en die seekus van die dood. Selfs in gedigte waar daar geen duidelike verwysings na die Namibiese landskap is nie, bly die leser bewus van die wye en dikwels ongenaakbare landskap wat die agtergrond vir die meeste gedigte vorm, soos in “Ylblou berg”: “ … word hy bruin en ruig begroei/met swart voels wat sirkel/teen die grynslag van sy kranse”. Hierteenoor is daar in baie gedigte ook sprake van kleiner, intiemer en mensliker ruimtes: ’n strandhuis, die binneruimte van ’n kerk, museums, restaurante, selfs grafte en ’n klerekas. Met sowel die groter as die intiemer ruimtes tree die digter in gesprek. Dit is opmerklik hoe dikwels die aanspreek van plekke, mense en dinge die inslag van die gedigte vorm, asof die digter homself gedurig in verhouding met die ander stel en in die gedig hierdie verhouding wil verken en peil. Verweef met die menslike verhoudings is ook die verhouding met die verlede, met sy eie kinderjare en ’n verbygegane plattelandse lewe, wat nooit geromantiseer word nie, maar met ’n effens ironiese toon opgeroep word, soos in die gedig “Gobabis”, waar die verval van die dorpie so geteken word: “die stof hang ’n kring om die sweet van jou tiervelhoed/die vensters van jou oe is gebreek/jou mure skilfer soos oumensvel”. Die digter kyk ook ewe ironies na menslike gedrag in verskillende kontekste: kerkgangers, besoekers aan restaurante, die beheptheid met fiksheid, die verandering van straatname en selfs sy eie skryfpogings. Oor al hierdie dinge en verskynsels val die skaduwee van die sonwyser, en word die leser vroeg reeds bewus van die verbygaan van tyd sodat sekere dinge onafgehandel moet bly (“Ongevra”) en die onvermoe om te behou of te bestendig: “vergeefs soek ons taal/wat ruik na vars hopies grond/om ons verliese te begrawe”.
Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede - 'n Literatuurgeskiedenis in Afrikaans is die eerste nuwe Afrikaanse literatuurgeskiedenis van die Nederlands(talige) letterkunde in dertig jaar. Dit is 'n literatuurgeskiedenis vir die Afrikaanse student en dosent van die Nederlandstalige letterkunde en geinteresseerde leek.
Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede - 'n Literatuurgeskiedenis in Afrikaans is die eerste nuwe Afrikaanse literatuurgeskiedenis van die Nederlands(talige) letterkunde in dertig jaar. Dit is 'n literatuurgeskiedenis vir die Afrikaanse student en dosent van die Nederlandstalige letterkunde en geinteresseerde leek.
In hierdie dapper en pragtige verhaal vertel Mejuffrou Suid-Afrika, Shudufhadzo Musida, die storie van waar sy vandaan kom; as ’n singende, dansende babbelkous in ’n klein dorpie met die naam Ha-Vhangani, omring met liefde, veral dié van haar ma en Gogo Gugu. Maar dinge loop skeef vir Shudu wanneer sy na ’n nuwe plek trek en deur haar klasmaats geboelie word. Lees hoe Shudu haar hartseer en uitdagings te bowe kom, en ’n jong meisie en volwassene word wat geleer het om haarself lief te hê!
Die begeleiding van duiwe is 'n stewige bundel oor 'n verskeidenheid verweefde temas. Die liefdesgedigte is dikwels nostalgies en vol verlange, maar hou verrassend genoeg ook verband met die tema van oorlog en stryd wat deur die bundel loop. Daar is 'n durende spanning tussen verskillende sfere in die bundel: tussen die aardse en die verhewene, die godsdienstige en die lyflike, tussen Israel en Suid-Afrika. Hierdie spanning word in ’n mate oorbrug deur beweging tussen die werelde, deur reise, verhuising en weggaan, met duiwe wat dikwels as skakel tussen die verskillende sfere optree. In die slotgedig “Eksodus” word die tweespalt treffend in die Suid-Afrikaanse aktualiteit ingebed, met die liefdes- en godsdienstige temas wat steeds saamklink.
Hierdie N.P. van Wyk Louw-gedenklesings wat oor byna 'n kwarteeu aan die Universiteit van Johannesburg (die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit) gelewer is, vorm 'n aanvulling tot Oopgelate kring – die eerste tien Louw-gedenklesings wat in 1982 verskyn het – en is 'n belangrike naslaanbron oor Louw se werk. Die titel is ook 'n historiese dokument, 'n dokumentering van Louw se invloed oor die afgelope kwarteeu. Met Die oop gesprek word hulde gebring aan N.P. van Wyk Louw by die herdenking van sy 100ste geboortejaar. N.P. van Wyk Louw troon bo sy tydgenote en nakomelinge uit as digter van wereldformaat, maar ook as intellektueel, iemand wat die spannings en verwikkelings van sy tyd beliggaam en daaraan rigting probeer gee het.
Die woord “skryn” het verskillende betekenisse: 'n Skryn is 'n klein kissie of houer waarin kosbaarhede soos juwele bewaar word, en as werkwoord kan die woord dui op afskuur of -skaaf (soos wat 'n skrynwerker doen) of op 'n pynlike wrywingsproses (vandaar die beskrywing van 'n ervaring as “skrynend” of “skrynerig”). Alhoewel al hierdie betekenisse geaktiveer word in Emma Bekker se debuutdigbundel, sal die leser vergeefs soek na konvensionele “vroulike” skatte soos juwele, klere en meubels. Reeds in die tweede gedig is daar 'n aanduiding van wat in die res van die bundel te wagte gaan wees: In hierdie herinnering aan 'n ontwrigtende kinderervaring, word die dogtertjie se krytblikkie, versier met 'n afbeelding van die Taj Mahal, 'n soort skryn word waaraan sy kan vashou. Algaande ontvou die beweging tussen die skrynende en die kosbare wat as gedigte bewaar word en word die bundel self die skryn. 'n Tweede belangrike tema in die bundel is die verkenning van 'n enigsins ongewone, onkonvensionele vroulikheid. Al open die bundel met 'n kwatryn oor die gewone buurt met “'n drankwinkel, 'n pawn shop en die Spar” waar die digteres woon, word hierdie skynbaar gewone voorstedelike bestaan gou die vertrekpunt van waar verskillende enigsins alternatiewe en onkonvensionele vroulikhede ondersoek word. Sy maak die luike van die binnekamer oop en ervaar tuin, veld en stad; Sy herken die tierboskat in haar skootkat en in haarself; In die liefdespel wil sy niemand se baby wees nie; Sy waag dit om op 'n tweede wittebrood die jas van “onverpoosde verantwoordelikheid” uit te trek en in die kombuis gee sy haar oor aan die sinnelike vreugde – en soms selfs wrede – van kosmaak. Bewaring en blootstelling, kwesbaarheid en krag, sinnelikheid en spiritualiteit word in hierdie bundel verwoord deur 'n vaardige digteres wat sowel die tug van die kwatryn, die liriese van kabaretagtige verse as vryer, narratiewe verse beheers.
Wanneer ’n mens aan die ervarings van Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog dink, is die outomatiese konnotasie die van konsentrasiekamplyding. ’n Fassinerende en grotendeels onbekende buitebeentjie in hierdie genre is die dagboek van Anna Barry, waaruit ’n unieke en veelkantige beeld van die oorlog na vore kom. Aan die een kant van Anna se oorlogservaring staan haar broer Japie – ’n begeesterde jong soldaat wat uiteindelik as krygsgevangene op Ceylon sterf. Hierteenoor le haar geliefde pa Thomas (aanvanklik ’n gerespekteerde veldkornet) al in 1900 die eed van neutraliteit af, en wag hy die grootste gedeelte van die oorlog in die neutrale Basoetoland uit. Vir die tienderjarige Anna is die oorlog as gevolg hiervan ’n uiters verwarrende ervaring en haar dagboek bied ’n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos “identiteit”, “nasie” en “volk”. Die feit dat die dagboek eers in 1960 vir die eerste keer gepubliseer is en daarna grotendeels in die vergetelheid verval het, is verder veelseggend in terme van hoe Anna self verwag het haar ervarings kort na die oorlog ontvang sou word – maar ook in terme van hoe blinde lojaliteit aan sekere groepe so dikwels in die geskiedenis van Suid-Afrikaners vereis is. Die dagboekteks, geboekstut deur Ena Jansen se insiggewende en verhelderende voor- en nawoord, bied nie slegs ’n sonderlinge blik op die Anglo-Boereoorlog nie, maar is verweef met kwessies van taal, politieke mag en sosiale status wat vandag nog net so relevant is soos toe die dagboek geskryf is.
Hanlie Retief se skerp, pittige en op-die-man-af-onderhoude in Rapport is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Waarom? Hanlie kies die interessantste mense om mee onderhoude te voer en vra die vrae wat almal wil vra. Ná 20 jaar van onderhoude voer is dit hoogtyd dat ’n keur van die beste onderhoude te boek gestel word. Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat pik het. Dit is ook interessant om weer die stemme te hoor van mense wat ons ontval het, soos Chris Barnard en Marike de Klerk. Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die mense wat opgeneem word in hierdie boek. Die leser van hierdie boek geniet ’n kleurvolle reis deur die gedagtes en dinge van Suid-Afrika se interessantste bekendes.
|
You may like...
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee
Paperback
Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam…
Adam Small, Ronelda Kamfer
Paperback
(1)
|