In Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders,
swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en
geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n
monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n
kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat
nie wyd bekend is nie.
’n Afdeling in die bundel word aan verse gewy
wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse
gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in ’n
psigiatriese instelling, en van ’n miskraam. Laasgenoemde tema is
nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese
ervarings treffend, evokatief en met ’n tikkie humor verwoord. Julius
tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek dan
die huidige sosiopolitiek.
Soos met Uit die kroes, haar bekroonde
debuutbundel, verruim sy Afrikaans met die gebruik van
Gariepafrikaans en Nama-woordeskat in haar jongste bundel.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!