0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (57)
  • R250 - R500 (48)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport

107 Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback): Nataniel 107 Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde SARIE-rubrieke: 107 Kaalkoppe geskryf vanaf 2012 tot 2021.

Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie.

Met die wêreld op sy kop was daar nog nooit ’n beter tyd vir ’n boek soos dié nie.

Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids (Afrikaans, Paperback): Johan Badenhorst Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids (Afrikaans, Paperback)
Johan Badenhorst; Photographs by Gideon du Preez Swart
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

Suid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetsporespan weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef.

Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika. Van daar af is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge en tot aan die suidpunt van Suid-Afrika: Agulhas. Vrystaatse vlaktes, grootste Drakensberge, Bosveld, Kaapse strande – noem maar op – daar is ’n oorvloed om te geniet. Die langpad in Suid-Afrika roep …

Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:

  • Name en telefoonnommers van gidse in elke streek
  • Akkommodasiebesonderhede
  • ’n Paklys
  • Afstande tussen dorpe
  • Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg
  • Wetenswaardighede
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
R350 R317 Discovery Miles 3 170 Save R33 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywêreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wêreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback): Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor... Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback)
Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karen Wiesler 11
R695 R597 Discovery Miles 5 970 Save R98 (14%) Ships in 5 - 10 working days

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen.

Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n volledige en verkorte register
  • ’n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback): Adam Small, Ronelda Kamfer Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback)
Adam Small, Ronelda Kamfer 1
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste – en gee ook aandag aan sy minder bekende – gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer.

Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds ’n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand.

Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.

Hoe Verklaar Jy Dit? (Afrikaans, Paperback): Danny Fourie Hoe Verklaar Jy Dit? (Afrikaans, Paperback)
Danny Fourie 3
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat ’n elektriese paling ’n lading van tot 600 volt kan vrystel?

Hierdie feite is deel van ’n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die RSG-program Hoe verklaar jy dit? reeds jare lank beantwoord. Hierdie publikasie bevat ’n keur uit die honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wêreld minder vreemd te maak, want nie alle kennis van die wêreld om ons is voor die hand liggend nie. Daar is honderde verskynsels in die natuur en ruimte wat vra om verklaar te word. Dan praat ons nie eens van die mensgemaakte uitvindings soos die internet, persoonlike rekenaars, globale posisioneringstelsels, selfone, radiogolwe, teorie van evolusie, relatiwiteitsteorie, narkose en mense in die ruimte nie. Agter die alledaagse skuil die fassinerende werking van kragte en wette en die wetenskap in werking: Wat bepaal dat ’n mens se hart aan die linkerkant van die liggaam sit? Hoekom vries water in ’n dam van bo en nie van onder af nie? Kan gene deur omstandighede gemodifiseer word?

Hoe Verklaar Jy Dit? is ’n boek wat jou belangstelling in die wêreld om jou sal prikkel. Dit is ’n boek wat op sy eie gelees kan word, wat op die koffietafel kan lê en wat saam kan gaan kamp om wonderlike gesprekke om die braaivleisvuur uit te lok.

Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback): Brenden Nel Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback)
Brenden Nel
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."

Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus.

Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .

Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel.

Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

This collection consists of 29 stories – 5 in English, 24 in Afrikaans. Several of the stories have been adapted from stage productions over a period of three years: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 and PASSI PASSIO.

Hierdie jongste versameling van Nataniël bevat 29 stories – 5 in Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 en PASSI PASSIO.

Narreskip - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Johan Myburg Narreskip - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Johan Myburg
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days

Oor hierdie Hertzogpryswenner se nuutste bundel sê Louis Esterhuizen: “Nog selde het ek ʼn versameling gedigte teëgekom wat so volgehoue en voluit op satire ingestel is, in dié mate dat hierdie gedigte gunstig vergelyk met MM Walters se indrukwekkende digterskap. Bykans die totaliteit van menswees en menslike prestasie word in hierdie gedigte voor stok gekry: van die klassieke skrywers en mitologieë, tot die hedendaagse; so ook die visuele kunste en musiek."

Soekenjin (Afrikaans, Paperback): Bibi Slippers Soekenjin (Afrikaans, Paperback)
Bibi Slippers
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Soekenjin is ’n bundel oor begeerte, 'n versameling verse oor die lewe in die tyd van die Internet van Dinge. Dit is gedigte oor die soeke na alles: liefde, die self, betekenis en die regte woord, en oor die sublieme en banale dinge wat ons as soekers vind.

Die bundel ondersoek ook die vreemde afdraaipaadjies waarlangs ons nuuskierigheid, behoeftes en verslawings ons lei.

Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback): Owen Hendry Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback)
Owen Hendry
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis?

Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite.

’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.

Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian Sinclair, Phil Hockey Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey
R630 R564 Discovery Miles 5 640 Save R66 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian... Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey 2
R580 R526 Discovery Miles 5 260 Save R54 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Samoe(r)sa Reis - Bygewerk En Bygereis (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): c. Johan Bakkes Samoe(r)sa Reis - Bygewerk En Bygereis (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
c. Johan Bakkes
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wil doen, inpas nie. Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie!

Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.

Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Faansie Peacock Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Faansie Peacock
R520 R480 Discovery Miles 4 800 Save R40 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ek hoop jy's reg vir 'n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie.

Hierdie boek sal jou help om elke voel in Suider Afrika te identifiseer. Maklik!

Jy sal ook snaakse en interessante feite leer oor alles van sterre tot superhelde, plus so ietsie oor voels ook.

Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons wêreld.

Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.

Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.

Ten Slotte (Afrikaans, Paperback): Eben Etzebeth Ten Slotte (Afrikaans, Paperback)
Eben Etzebeth
R380 R275 Discovery Miles 2 750 Save R105 (28%) In Stock

Eben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees, gerespekteer en dikwels nageboots – maar hy bly ongeëwenaard. 
 
Hy is lid van die Springbokke se senior leierskapsgroep, en speel ’n deurslaggewende rol in ’n ongelooflik suksesverhaal wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers insluit, asook die span se posisie boaan die wêreldranglys die afgelope twee jaar. 

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore vir sy buitengewone sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy beskeie kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten slotte die verhaal van ’n merkwaardige sportloopbaan.

Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ?n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ’n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.

Ruben Namibië en Cindy - Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere (Afrikaans, Paperback): Pieter van Zyl Ruben Namibië en Cindy - Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Zyl
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) In Stock

Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke en Cindy die bobbejaan, die beroemdste gesinslid naas Ruben, kan kom en gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet die oulike meerkatte Minki en Jerry, die vlakvarke of "Kalahari Walkie Talkies" Betsie en Bennie en Cindy die bobbejaan - op 30 jaar oud Ruben en sy tweelingbroer se "ousus" - in hierdie boek met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir volkleur-dieremanewales op elke bladsy!

Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) In Stock

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Rudi Steenkamp Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Rudi Steenkamp
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermon is . . . en meer as vyftig ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en goedgekamoufleerde Basspinnekop.

Newman se Voëls Volgens Kleur - Suid-Afrika se algemene voëls gerangskik volgens kleur en grootte (Afrikaans, Paperback, Nuwe... Newman se Voëls Volgens Kleur - Suid-Afrika se algemene voëls gerangskik volgens kleur en grootte (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kenneth Newman, Nick Newman 1
R500 R461 Discovery Miles 4 610 Save R39 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Newman se Voëls volgens Kleur bied vir die beginnervoëlkyker ’n vinnige, eenvoudige manier om Suider-Afrika se algemeenste voëls volgens hul kleur te identifiseer. Die vierde uitgawe van dié nuttige geïllustreerde gids is bygewerk met die nuutste gewone voëlname, uitgebreide habitatinligting en die mees onlangse verspreidingkaarte. Die leersame inleiding bevat praktiese wenke oor die uitken van voëls, inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie, en raad oor waar om vir voëls te soek en wat jy op só ’n uitstappie moet inpak.

Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days

Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid.

Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”

Taboek (Afrikaans, Paperback): Riku Latti Taboek (Afrikaans, Paperback)
Riku Latti
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

"Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie." – Koos Kombuis

"Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie. – Dana Snyman

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Asindeton
Joan Hambidge Paperback R229 Discovery Miles 2 290
Bybelblokraaie 2
Heidri Mittendorf Paperback R150 R134 Discovery Miles 1 340
Vloei/Stof
Gilbert Gibson Paperback R229 Discovery Miles 2 290
'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog
Antjie Krog Hardcover R250 R223 Discovery Miles 2 230
Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde
Breyten Breytenbach Hardcover R250 R223 Discovery Miles 2 230
Multivers
Hennie Smith Paperback R10 Discovery Miles 100
Kinders Se Voels Van Suider-Afrika
Helene Loon Paperback R200 R185 Discovery Miles 1 850
Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere
Burger Cillie Paperback R180 R161 Discovery Miles 1 610
Soekmekaar
Dana Snyman Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Stryd van die Reuse - Rugbystories van…
Michael Green Paperback R229 R212 Discovery Miles 2 120

 

Partners