![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport
Die opspraakwekkende nuwe bundel met meer as 100 voorheen ongepubliseerde gedigte van Jeanne Goosen is vuurwarm op die rak. Die gedigte is deur die uitgewer en redakteur Petrovna Metelerkamp tussen Jeanne se dokumente ontdek toe sy navorsing gedoen het vir haar biografie oor Jeanne, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne.
Kom stap in die voetspore van Suid-Afrika se grootste sporthelde! Hierdie fantastiese nuwe reeks plaas die kollig op Suid-Afrikaanse sportlegendes se reis na nasionale en internasionale roem. Geskryf spesifiek vir kinders nege jaar en ouer, vertel dit die opwindende stories van vyf sportsterre uit verskillende agtergronde wat almal supersterre geword het. Ontdek hoe Siya Kolisi bo sy moeilike grootwordjare in die Oos-Kaap uitgestyg het om een van ons land se grootste rugbysterre te word. Lees die inspirerende verhaal van die skoolseun AB de Villiers wat een van die grootste name in wêreldkrieket geword het. Ontmoet Wayde van Niekerk, ’n skraal, tengerige seuntjie wat teen alle verwagtinge in ’n Olimpiese superster en een van die vinnigste mense op die planeet geword het. Van sy kinderdae toe hy saam met sy broer straatkrieket voor die moskee in Tongaat gespeel het, tot ’n internasionale loopbaan as sportster wat die landskap van Suid-Afrikaanse krieket vir ewig verander het – maak kennis met die legendariese Hashim Amla. Caster Semenya se skooljare was moeilik, maar sy het bo haar omstandighede uitgestyg en deesdae is sy ’n sportambassadeur vir ons land wat met ’n Olimpiese goue medalje spog. Jong sportliefhebbers sal versot wees op hierdie fantastiese reeks biografieë oor van ons land se blinkste sportsterre!
Lag jou slap saam met een van RSG se gunsteling-omroepers! Het jy die een gehoor van die radio-omroeper, die boek en die honderde grappies? Ná die wegholsukses van Ian Wessels se vorige grapboek, Genade! EdeLAGbare, het hy nog ’n humoristiese boek saamgestel wat jou sal laat skaterlag! Lag Sonder Grense bars uit sy nate van die grappe. Dié gewilde omroeper van Radio Sonder Grense (RSG) spaar niemand nie: Almal – van skoonma tot manlief; van baas tot Klaas – loop deur. Ian skeer heerlik die gek met alles wat ’n mens soms tog so swaar op die hart lê. Nie net sal Lag Sonder Grense jou laat skud van die lag nie, dit sal jou ook genoeg materiaal gee om die beste grappe by jou volgende braai te vertel. Lees, lag en voel ligter!
50 Blertse Blou is ’n keur uit Blouwillem se tong-in-die-kies-rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad. Dié rubrieke het van hom ’n berugte openbare persoonlikheid gemaak. Hy spot met onder andere aktuele sake in Suid-Afrika.
Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan. In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend. Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
Nie alleen ’n waardevolle naslaanwerk nie, maar ook ’n interessante en leesbare versameling feite waarvan Suid-Afrikaners aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu behoort kennis te dra. Alle Suid-Afrikaners gaan hoogs waarskynlik die een of ander tyd hierdie gegewens in gesprekke of in die media teëkom: Dan moet hulle darem minstens iets daarvan weet, of indien nie, ’n gesaghebbende bron hê om dit in ’n kits na te slaan.
Goed om te weet sal sy lesers in staat stel om ingelig saam te gesels oor elke onderwerp wat saak maak in vandag se wêreld. Hans Büttner en George Claassen en hul span medewerkers deel in hierdie hoogs toeganklike feitegids hul indrukwekkende algemene kennisskat ruim met alle Suid-Afrikaners.
Wynie Strydom was jare lank ’n onmiddellik herkenbare figuur op die kantlyn van elke Blou Bullewedstryd, plaaslik en in die buiteland. As die Blou Bulle se spanbestuurder het hy oor 17 veelbewoë jare heen die hoogte- en laagtepunte en die suksesse en mislukkings van sy gunstelingspan beleef. In hierdie boek vat Wynie Strydom en sy medeskrywer, Alita Steenkamp, die leser op sy lewenspad wat maar altyd met rugby vervleg was. Dit is onontbeerlik vir alle rugbyliefhebbers, ongeag watter span hulle ondersteun.
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker spokerige grappe! Hoekom wou die hond nie tennis speel nie? Hy was 'n bokser. Het jy gehoor van die hokkiespan wat so opgewonde was omdat hulle vyfuur die oggend moes oefen? Toemaar, ek ook nie. Watter soort kryt maak 'n mens pimpel en pers? 'n Stoeikryt. Waar boer spoke? In begraafplase. Wat eet vegetariese vampiere? Nek-tariens en bloedlemoene Daar is nou vier splinternuwe lekkerlag-titels in die reeks: - 101 Sportgrappe - 101 Vakansiegrappe - 101 Spookgrappe 101 Goggagrappe Vorige titels in die reeks: - 101 Dieregrappe - 101 Klop-klop-grappe - 101 Lawwe grappe - 101 Grappe vir pousetyd
Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100 gunstelingstories in ’n buksie van ’n bundel, net betyds vir Kersfees. Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!- dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenootdae, tot intieme verhale uit sy meer onlangse werk, waar hy selfondersoekend en met ’n skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20 nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike insigte in sy eie psige, as kind van SuidAfrika. Soos Sarie se resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse gebeure en mense om jou kyk.” |
![]() ![]() You may like...
|