![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport
Kom stap in die voetspore van Suid-Afrika se grootste sporthelde! Hierdie fantastiese nuwe reeks plaas die kollig op Suid-Afrikaanse sportlegendes se reis na nasionale en internasionale roem. Geskryf spesifiek vir kinders nege jaar en ouer, vertel dit die opwindende stories van vyf sportsterre uit verskillende agtergronde wat almal supersterre geword het. Ontdek hoe Siya Kolisi bo sy moeilike grootwordjare in die Oos-Kaap uitgestyg het om een van ons land se grootste rugbysterre te word. Lees die inspirerende verhaal van die skoolseun AB de Villiers wat een van die grootste name in wêreldkrieket geword het. Ontmoet Wayde van Niekerk, ’n skraal, tengerige seuntjie wat teen alle verwagtinge in ’n Olimpiese superster en een van die vinnigste mense op die planeet geword het. Van sy kinderdae toe hy saam met sy broer straatkrieket voor die moskee in Tongaat gespeel het, tot ’n internasionale loopbaan as sportster wat die landskap van Suid-Afrikaanse krieket vir ewig verander het – maak kennis met die legendariese Hashim Amla. Caster Semenya se skooljare was moeilik, maar sy het bo haar omstandighede uitgestyg en deesdae is sy ’n sportambassadeur vir ons land wat met ’n Olimpiese goue medalje spog. Jong sportliefhebbers sal versot wees op hierdie fantastiese reeks biografieë oor van ons land se blinkste sportsterre!
50 Blertse Blou is ’n keur uit Blouwillem se tong-in-die-kies-rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad. Dié rubrieke het van hom ’n berugte openbare persoonlikheid gemaak. Hy spot met onder andere aktuele sake in Suid-Afrika.
Lag jou slap saam met een van RSG se gunsteling-omroepers! Het jy die een gehoor van die radio-omroeper, die boek en die honderde grappies? Ná die wegholsukses van Ian Wessels se vorige grapboek, Genade! EdeLAGbare, het hy nog ’n humoristiese boek saamgestel wat jou sal laat skaterlag! Lag Sonder Grense bars uit sy nate van die grappe. Dié gewilde omroeper van Radio Sonder Grense (RSG) spaar niemand nie: Almal – van skoonma tot manlief; van baas tot Klaas – loop deur. Ian skeer heerlik die gek met alles wat ’n mens soms tog so swaar op die hart lê. Nie net sal Lag Sonder Grense jou laat skud van die lag nie, dit sal jou ook genoeg materiaal gee om die beste grappe by jou volgende braai te vertel. Lees, lag en voel ligter!
In vandag se gejaagde lewe is dit uiters belangrik om 'n gesonde balans tussen werk en ontspanning te skep. Om tyd te maak vir aktiwiteite wat jou 'n blaaskans gee is nie 'n luukse nie, dit is 'n noodsaaklikheid. 50 Blaaskansblokraaie bied aan woordraaisel-liefhebbers die geleentheid om jou skoene uit te skop, 'n koppie koffie te maak, 'n potlood op te tel en jou gunstelingtydverdryf te beoefen. Die boek bestaan uit 50 woordraaisels wat jou sal uitdaag, laat kopkrap en jou tone sal laat krul van lekkerkry. 50 Blaaskansblokraaie 10 is die tiende in die reeks.
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.
Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte te skep wat waarde het. In hierdie boek gebruik die skrywer afvalitems om splinternuwe, byderwetse juweliersware, handsakke, houers en geskenkitems te maak.
Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan. In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend. Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
Van ou Koos se manewales tot die dom blondine se eskapades . . . 501 Lekkerlag-grappe is propvol staaltjies en verhaaltjies wat jou sal laat kraailag! Die boek bevat tradisionele Afrikaanse grappe, maar beloof ook om jou met nuwes te laat hoes en proes. Lag luidkeels, uit jou maag, en geniet die ou bekendes se amusante avonture. 501 Lekkerlag-grappe is ’n onontbeerlike grapgids, ’n moet vir elke huis!
Kalmeer jou gemoed en werk spanning teë deur middel van inkleur. Hierdie pragtig geïllustreerde inkleurboek is gevul met ontwerptekeninge van keurige tonele en ingewikkelde, gesofistikeerde patrone. Dit is spesifiek bedoel om jou aan te spoor, om diep betrokke by jou kunswerke te raak, terwyl jy aandagtig die bladsye invul met kleur. Spandeer ’n paar minute van jou dag – waar jy jou ook al bevind – en skep deur middel van inkleur, ’n weg na vrede en kalmte in jou gemoed.
Nie alleen ’n waardevolle naslaanwerk nie, maar ook ’n interessante en leesbare versameling feite waarvan Suid-Afrikaners aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu behoort kennis te dra. Alle Suid-Afrikaners gaan hoogs waarskynlik die een of ander tyd hierdie gegewens in gesprekke of in die media teëkom: Dan moet hulle darem minstens iets daarvan weet, of indien nie, ’n gesaghebbende bron hê om dit in ’n kits na te slaan.
Goed om te weet sal sy lesers in staat stel om ingelig saam te gesels oor elke onderwerp wat saak maak in vandag se wêreld. Hans Büttner en George Claassen en hul span medewerkers deel in hierdie hoogs toeganklike feitegids hul indrukwekkende algemene kennisskat ruim met alle Suid-Afrikaners.
Die gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika neem jou op 'n magiese reis langs ons kuslyn en verken terselfdertyd die ongeskonde skoonheid en geheime lewe van ons natuurerfenis. Dit is 'n basiese veldgids tot die diversiteit van ons kuslyn - van duin tot oseaan - ontwikkel om strandliefhebbers, vakansiegangers, sport- en rekreasiehengelaars op 'n eenvoudige manier te help om daardie plante en diere wat meesal langs ons strande opgemerk en gevang word, te identifiseer. Aangesien baie van die algemene spesies gedek word, bied dit 'n inleiding vir mense wat belang stel om van die lewenssoorte wat op ons strande en in die kuswater voorkom, te herken en te verstaan. Die 3000 km-kuslyn van Suid-Afrika het kontrasterende klimate en habitats wat 'n enorme groot en ryke verskeidenheid plante en diere huisves. Die weskus het koue, voedingsryke water, kelpwoude en laaggroeiende struikgewas op die duine; aan die oos- en noordkus is toestande weer meer tropies met hoer reenval, warmer water, 'n groter verskeidenheid marinelewe en digte kusbos. Ons vertrou dat hierdie gids by elke gebruiker 'n groter bewussyn van, en waardering vir die uiteenlopende en kontrasterende biodiversiteit van ons ongelooflik mooie en ryke kuslyn sal skep. Ons sluit ook inligting in oor die getye, verskillende habitats en kusgebiede.
Wynie Strydom was jare lank ’n onmiddellik herkenbare figuur op die kantlyn van elke Blou Bullewedstryd, plaaslik en in die buiteland. As die Blou Bulle se spanbestuurder het hy oor 17 veelbewoë jare heen die hoogte- en laagtepunte en die suksesse en mislukkings van sy gunstelingspan beleef. In hierdie boek vat Wynie Strydom en sy medeskrywer, Alita Steenkamp, die leser op sy lewenspad wat maar altyd met rugby vervleg was. Dit is onontbeerlik vir alle rugbyliefhebbers, ongeag watter span hulle ondersteun.
n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes… Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein – een van slegs 56 spelers wat die eer kon he – was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy ’n ware heer en uitstekende storieverteller – soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek. In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeewenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morne du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers ’n fassinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika. Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met ’n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.
Gedigte van Jan Wagner (gebore 1971), die veel bekroonde en by die leserspubliek waarskynlik die gewildste hedendaagse Duitse digter, verskyn nou vir die eerste keer in Afrikaanse vertaling. Uniek in Afrikaans bevat hierdie enkele bundel vaste digvorms soos die sonnet, kwatryngedig, Sapfiese strofe, sestina, tersine, villanelle, haikoe en rondeel, maar ook die vrye vers en prosagedig. Uniek is ook dat die Afrikaanse vertalings Wagner se omvangryke en speelse gebruik van tradisionele rymvorme, maar ook ongewone rymvorme soos die skuinsrym, pararym en anagramrym weergee.
'n Baie insiggewende Afrikaanse boek wat vrae en antwoorde bevat van Suid-Afrikaanse diere, wat wissel van die Aardwolf na die Ystervark. Dit is 'n baie nuttige gids wanneer jy nasionale parke in Suid-Afrika besoek. Voorbeeld vrae in die boek:
Meer as 750 volkleurglansbladsye; 2200 vrae en antwoorde; 1400 foto's en 300 brokkies.
Die honger reisiger is sowel 'n lekkerlees reisbundel as 'n reseptebundel sonder saaits. Marie Heese weet hoe om 'n storie te vertel sodat jy dit nie kan neersit nie. Die titel is propvol staaltjies en amusante waarnemings oor die reise wat sy en haar sielsgenoot-man, Chris, na eksotiese lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopie, Frankryk, Egipte en Rusland onderneem het.
Hierdie vierde, hersiene uitgawe van die gewilde naslaanbron vir liefhebbers van Afrikaanse blokraaisels, Moeggesoek is nou getiteld Pharos Blokraaiantwoorde. Die nuwe uitgawe is volledig herbewerk, en nuwe subkategorieë is ingesluit. Oplossings vir duisende internasionale en plaaslike feite is alfabeties volgens sewe temas gerangskik: Algemene kennis, Bybelkennis, geografie, die kunste, politiek, sport en skoonhede. Die gids is in 'n handige formaat en gebruikersvriendelik, wat daartoe bydra om maklik daardie ontwykende antwoorde op die leidrade in jou Afrikaanse blokraaisel te vind. So, as jy die naam van 'n vulkaan in Antartika wil weet, of dalk die naam van ’n sanger wat deel was van die Beatles, die vorige staatshoof van Viëtnam of die naam van een van die maangode, het jy die Pharos Blokraaiantwoorde nodig.
Doendinge in 'n Dorp is ’n handige nuwe volkleur gids tot Suid-Afrika se 150 gunsteling dorpies regdeur al nege provisies. Hierdie gids is saamgestel deur bekende avontuurfotograaf en -journalis, Jacques Marais, en is ook beskikbaar in Engels as Things to do in a Dorp. Van Arniston en Baardskeerdersbos tot Wuppertal en Zeerust – Doendinge in ’n Dorp dek groot, middelslag en klein dorpies in pragtige volkleur blaaie. Dorpe is gerieflik uitgele in 'n alfabetiese lys asook op 'n gebruiksvriendelike gebiedskaart. Elke dorp is uitgele op een of twee volbladsye met vinnige feite, plekkaarte en GPS-koordinate, 'n gedetailleerde oorsig, interessante feite, pragtige foto’s en historiese feite ingesluit. Uniek aan Doendinge in a Dorp is ’n lys van die top op elke dorp en sluit in: plekke van belang, historiese terreine, restaurante, bergfiets- en staproetes, perdry en ander avontuur-aktiwiteite. Die lys sluit ook groot funksies en feeste in wat die dorp jaarliks aanbied. |
You may like...
Computer Mathematics - 9th Asian…
Ruyong Feng, Wen-shin Lee, …
Hardcover
The Relational Economy - Geographies of…
Harald Bathelt, Johannes Gluckler
Hardcover
R3,935
Discovery Miles 39 350
Hidden Russia - Informal Relations and…
Oleg Konovalov, Andrew Lawrence Norton
Paperback
R710
Discovery Miles 7 100
|