0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (44)
  • R250 - R500 (53)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport

Ontsluier Die Heelal - 'n Inleiding Tot Sterrekunde (Afrikaans, Hardcover): J.E. van Zyl Ontsluier Die Heelal - 'n Inleiding Tot Sterrekunde (Afrikaans, Hardcover)
J.E. van Zyl
R448 Discovery Miles 4 480 Ships in 2 - 4 working days

Die skrywer se doelstelling met hierdie publikasie is om die beginsels van sterrekunde toeganklik te maak vir almal, om ‘n teks daar te stel wat bruikbare toeligting vir die amateursterrekundige is en kan dien as voorbereiding vir verdere studie in die sterrekunde.

Van Zyl se eenvoudige, onderhoudende skryfstyl dra verder by tot die boek se toeganklikheid vir sterrekundiges sowel as leke met ‘n besondere belangstelling in die heelal. Deurgaans word gepoog om te verduidelik hoe sterrekundiges te werk gaan. Om begrip te vergemaklik, verskyn ook 11 bladsye bylaes waarin die wiskunde wat gebruik word uit grondbeginsels herlei word. Dit bevat gedetailleerde beskrywings en verduidelikings van die heelal se geheime.

Inligting oor nuwe ontdekkings en teoriee, kleurvolle diagramme en foto’s verhoog die waarde.

30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback): Dawie Boonzaaier 30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback)
Dawie Boonzaaier
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wie is die beste Springbok van die moderne era?

Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Was Jaque Fourie of Lukhanyo Am die beste buitesenter? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Soek jy Joost van der Westhuizen se skeppende spel, of Fourie du Preez se berekende skopvoet?

Hierdie vrae, en soveel meer word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers, asook van die land se top rugbyskrywers, in die Rapport 30 beste Bokke beantwoord. Die tydperk het ingesluit drie Węreldbekers en Drienasies-titels, een Rugbykampioenskap-titel, ’n destydse węreldrekord van 17 agtereenvolgende wedstryde sonder ’n nederlaag, en twee reeksseges oor die Britse en Ierse Leeus.

Dié boek stel ons voor aan die 30 beste Bokke. Dit bevat ook onderhoude, statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Onmisbaar vir elke rugby-liefhebber.

Ont (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius Ont (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Ont is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.

Marina Griebenow sę: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lę, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word.

Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.

Kodachrome - 90 Flitse (Afrikaans, Paperback): Tom Dreyer Kodachrome - 90 Flitse (Afrikaans, Paperback)
Tom Dreyer
R372 Discovery Miles 3 720 Ships in 2 - 4 working days

Om hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy ’n 3D-bril opsit of ’n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die węreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede.

Dreyer het die vermoë om op hierdie manier te sien en om die leser só te laat sien.

Dis ’n wonderbaarlike mengelmoes van alledaagse sowel as fantasmagoriese objekte soos ’n vingerhoed, ’n verdwaalde los skroefie, ’n geel badeendjie op die vloer van ’n afdelingwinkel, die bloop, Napoleon en sy jaggeselskap wat op die vlug slaan voor ’n spul mak hase, die klankeffekte in Star Wars, ’n intakte beesoog in die pad, meerminne, ’n mimeerkunstenaar, Noorderligte, monsters, vampiere, salmanders en ander.

Die skrywer, wat ook digter is, mors nie met woorde nie en sy gedagtes is elegant.

Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Johan Marais Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Johan Marais
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids.

Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks.

’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die betowerende węreld van hierdie wydverspreide reptiele.

Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback): Hilda Smits Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback)
Hilda Smits
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 2 - 4 working days

Soos Hilda Smits se eerste, bekroonde bundel die bome reusagtig soos ons was betrek die verse in hierdie bundel die leser by die hoogs persoonlike en gee dit terserfdertyd betekenis aan die universele belewenis.

Die verse is magies soos bewussynstroom, soos drome waar die kloutjie nie altyd by die oor uitkom nie, ʼn mens ervaar dit met jou onderbewuste, in jou maag. Dis dromerig soos meditasie, dis soos sit en staar na reën teen ʼn ruit.

Sinne is onvoltooid, werkwoorde hang in die lug sonder naamwoorde, byvoeglike naamwoorde is bedrieglik eenvoudig; “gewone” woorde soos mooi, sterk, fyn, jonk – dis egter die onverwagse beelde wat verras, en woorde wat buite hul normale konteks ingespan word, wat jou uitknikker.

Nuwe Vrese (Afrikaans, Paperback): Willem S. van der Merwe Nuwe Vrese (Afrikaans, Paperback)
Willem S. van der Merwe
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die ontnugtering en nostalgie van die middeljare word hier in alle erns met humor en trefsekere taalgevoel verwoord.

Ryk aan intertekstualiteit en slim woordspeling, is hierdie bundel vars en toeganklik vir alle oopkop lesers. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing.

Neem Uit Die Verlede - Geskiedenis Van Die Laeveld En Ontstaan Van Die Krugerwildtuin (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe): U.... Neem Uit Die Verlede - Geskiedenis Van Die Laeveld En Ontstaan Van Die Krugerwildtuin (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe)
U. de V. Pienaar 1
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 2 - 4 working days

'n Nuwe en bygewerkte uitgawe van die publikasie wat in 1990 uitgegee is deur die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika (tans SANParke).

Dit is die uitvoerige voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is.

Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R366 Discovery Miles 3 660 Ships in 2 - 4 working days

Dagboek Sonder Grense is 'n enige-jaar beplanner propvol inspirerende projekte wat jou kreatiwiteit vlerke sal gee.

Die pragtige hardeband publikasie bevat 'n bladsy vir elke dag van die jaar maar dit word nie aan 'n spesifieke weeksdag gekoppel nie. Die dagboek spog met bydraes deur skrywers soos Janine Bevolo-Manders, Dina Botha, Alta Cloete, Chantelle de Wet, Madelie Human, Sophia Kapp en Elsa Winckler, sowel as resepte van onder meer Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker, Cass Abrahams, Annatjie Melck, Helen Schoer, Riana Scheepers en Sjef Snoekie. Daar is ook handwerk- en kunsvlytprojekte deur Christa Swanepoel, Thana Nel en Marlene Schoeman, sowel as woordraaisels en doodle-projekte deur XWord en Rina Burger.

Vroue kan tred hou met hul afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as inkopielyste en wat om te maak vir aandete. Boonop is daar oorgenoeg spasie om hul oefenprogram te beplan en gebedslyste saam te stel.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Bygewerkte Uitgawe): Braam van Wyk, Piet van Wyk Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Bygewerkte Uitgawe)
Braam van Wyk, Piet van Wyk
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie.

Dié boek se titel sę dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geďdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele:

- Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie.

- Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer.

Also available in English as How to Identify Trees in Southern Africa .

Sushi En Shosholoza - Rugbyreise En Pelgrimstogte In Japan (Afrikaans, Paperback): Erns Grundling Sushi En Shosholoza - Rugbyreise En Pelgrimstogte In Japan (Afrikaans, Paperback)
Erns Grundling
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm oor die land waar die Rugbywęreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Kom stap weer saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!

In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback): Cas Vos In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R175 R162 Discovery Miles 1 620 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.

By Die Dag - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Eunice Basson By Die Dag - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Eunice Basson
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days
Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotoĆs en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer.

Penvere (Afrikaans, Paperback): Morne du Plessis Penvere (Afrikaans, Paperback)
Morne du Plessis
R90 Discovery Miles 900 Ships in 6 - 10 working days

Penvere is 'n versameling rubrieke deur die voelkenner Morne du Plessis wat enigeen - hetsy agtertuinduifbewonderaar of kranige ornitoloog - breed sal laat glimlag. In hierdie bundel word met 'n fyn oog en 'n skerp sin vir humor gekyk na die sonderlinge gedrag en gewoontes van verskeie Suid-Afrikaanse voelspesies, waarvan die meerderheid selfs aan die leek bekend behoort te wees. Van die hadida en die lemoenduif tot die mossie, koekoek en bosloerie - elke spesie bestaan in 'n unieke verhouding tot die natuur - en besit 'n magdom eiesoortighede wat soms nie veel van menslike gedrag verskil nie. Met sy pittige aanslag en skerp waarnemeingsvermoe, dwing die skrywer die leser om saam met hom verwonderd te raak oor die boeiende wereld van voels wat rondom hom bestaan, die natuur is te kosbaar en te breekbaar om dit huis toe te bring.

Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Lynthia Julius Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Lynthia Julius
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Kinderlę kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie.

’n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in ’n psigiatriese instelling, en van ’n miskraam. Laasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met ’n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literęre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek.

Soos met Uit die kroes, haar bekroonde debuutbundel, verruim sy Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat in haar jongste bundel.

Olga Kirsch (Afrikaans, Paperback): Egonne Roth Olga Kirsch (Afrikaans, Paperback)
Egonne Roth
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoewel Olga Kirsch die enigste Joodse stem in die Afrikaanse digkuns is, is dit skaars bekend onder lede van die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap. Olga Kirsch was, na Elisabeth Eybers, maar die tweede vrou wat ‘n digbundel in Afrikaans laat verskyn het.

Die doelwit van hierdie biografie is om te keer dat haar werk vergete raak en om te wys waarom haar werk belangrik is, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Israel.

Dit ondersoek nie net Kirsch se rol as Afrikaanse Joodse digter nie, maar ook haar as voorbeeld van ‘n grensoorsteker tussen kulture en veeltalige immigrante-digter. Daarom is van haar Engelse en Hebreeuse digkuns ook ingesluit in hierdie werk.

Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback): Elkarien Fourie Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback)
Elkarien Fourie
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

“Not sex please,” sę die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?”

Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik.

Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.

Brief Uit Die Kolonies (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Marius Crous Brief Uit Die Kolonies (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Marius Crous
R36 Discovery Miles 360 Ships in 6 - 10 working days

Marius Crous se debuutbundel is ‘n moderne Suid-Afrikaner se reis deur koloniale Afrika. Dit le ‘n sonderlinge verband tussen hede en verlede, tussen Afrika en Europa, die geskiedskrywer, die joernaalskrywer en die digter. Hierdie uitstekende versameling gedigte is in 2004 met die UJ-debuutprys bekroon.

Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback): Gerard Scholtz Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback)
Gerard Scholtz
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 2 - 4 working days

Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis.

Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflę. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet.

In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …

Uittogboek (Afrikaans, Paperback): Johan Myburg Uittogboek (Afrikaans, Paperback)
Johan Myburg
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Uittogboek – ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig – is ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre. Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek. Die samebindende gegewe van die bundel is die Romeinse keiser Hadrianus (76–138 n.C.), en die bundel open met sy bekende sterfgedig in Latyn en Myburg se trefsekere vertaling daarvan in Afrikaans. Myburg bewys homself met hierdie publikasie as ’n digter wat nie slegs formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower.

Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser, Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser, Tracey Hawthorne
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie gids is deel van 'n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied 'n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek.

Met behulp van kleurfoto's en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en ongewone eienskappe.

Fak-Sangbundel (Afrikaans, Hardcover, 6de Uitgawe): FAK Fak-Sangbundel (Afrikaans, Hardcover, 6de Uitgawe)
FAK
R580 Discovery Miles 5 800 Ships in 2 - 4 working days

Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het. In latere uitgawes is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes wat vroeer ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole. Dit is voorsien van ’n register volgens liedere se titels en eerste reels sowel as ’n rubriekindeling, waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en slaapliedjies en gewyde liedere. Bekende Afrikaans digters en komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief vertaalde Afrikaanse weergawes van wereldwye gunstelinge.

Blokraai-Antwoorde (Afrikaans, Paperback): Adri Burger Blokraai-Antwoorde (Afrikaans, Paperback)
Adri Burger
R335 R299 Discovery Miles 2 990 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie vierde, hersiene uitgawe van die gewilde naslaanbron vir liefhebbers van Afrikaanse blokraaisels, Moeggesoek is nou getiteld Pharos Blokraai­antwoorde. Die nuwe uitgawe is volledig herbewerk, en nuwe subkategorieë is ingesluit. Oplossings vir duisende internasionale en plaaslike feite is alfabeties volgens sewe temas gerangskik: Algemene kennis, Bybelkennis, geografie, die kunste, politiek, sport en skoonhede.

Die gids is in 'n handige formaat en gebruikersvriendelik, wat daartoe bydra om maklik daardie ontwykende antwoorde op die leidrade in jou Afrikaanse blokraaisel te vind. So, as jy die naam van 'n vulkaan in Antartika wil weet, of dalk die naam van ’n sanger wat deel was van die Beatles, die vorige staatshoof van Viëtnam of die naam van een van die maangode, het jy die Pharos Blokraai­antwoorde nodig.

Eerste Wals - Verhale & Verse (Afrikaans, Paperback): Grace Barth-King Eerste Wals - Verhale & Verse (Afrikaans, Paperback)
Grace Barth-King
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 2 - 4 working days

Eerste Wals is ‘n bundel van verhale en verse. Die verhale is geďnspireer deur die memoirs van die outeur se moeder, sowel as die outeur se lewenservarings en verbeelding. Die name van die karakters in die verhale is gevolglik fiktief.

Die verhale handel oor die lewe van die dogtertjie, Jantjie wat by haar grootouers aan vaderskant groot word. Sy is onder die indruk dat hulle haar eie ouers is. Groot is die skok toe sy op sesjarige ouderdom uitvind, dat die persoon wat sy gedink het haar oudste broer is, eintlik haar pa is. Die verhale beskryf die lief en leed van Jantjie, van kleinsaf, totdat sy haar laaste kind baar.

Die gedigte handel oor vyf verskillende temas, naamlik, Familie, Godsdiens, Biografie, Natuur en Allerlei.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Renegades - Born In The USA
Barack Obama, Bruce Springsteen Hardcover  (1)
R1,057 R893 Discovery Miles 8 930
Modelling the Upper Atmosphere of…
Joshua Chadney Hardcover R2,726 R1,825 Discovery Miles 18 250
Snow Palms - Origin And Echo
Snow Palms Vinyl record R292 R261 Discovery Miles 2 610
A Shade of Vampire 63 - A Jungle of…
Bella Forrest Paperback R629 Discovery Miles 6 290
Chainsaw Man, Vol. 2
Tatsuki Fujimoto Paperback  (1)
R270 R241 Discovery Miles 2 410
Geometric Methods in Physics - XXXIV…
Piotr Kielanowski, S. Twareque Ali, … Hardcover R4,808 Discovery Miles 48 080
Stepping Stones to the Arch De Pleasure
James Pope Hardcover R453 Discovery Miles 4 530
Analytic Number Theory - In Honor of…
Carl Pomerance, Michael Th Rassias Hardcover R2,946 R2,045 Discovery Miles 20 450
Roswell Incident Exposed
Jason M Doss Hardcover R800 Discovery Miles 8 000
Canon LBP-6030 Monochrome Laser Printer
 (1)
R3,764 R2,305 Discovery Miles 23 050

 

Partners