![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport
Dit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? Geen wonder die assuransie-assessor wil glad nie Bekkies se storie glo nie … In hierdie rubriekbundel vervat Pienaar stories oor sy gemeenskap en familie, die omgewing, historiese figure en bekendes, asook stories geďnspireer deur sy regsagtergrond. Pienaar se skryfwerk getuig van ’n fyn sin vir humor, ’n uitstekende mensekennis en ’n wye belangstellingsveld. Die perfekte boek om aan die einde van ’n lang dag mee te ontspan.
Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal foto’s geillustreer.
Die skrywer se doelstelling met hierdie publikasie is om die beginsels van sterrekunde toeganklik te maak vir almal, om ‘n teks daar te stel wat bruikbare toeligting vir die amateursterrekundige is en kan dien as voorbereiding vir verdere studie in die sterrekunde. Van Zyl se eenvoudige, onderhoudende skryfstyl dra verder by tot die boek se toeganklikheid vir sterrekundiges sowel as leke met ‘n besondere belangstelling in die heelal. Deurgaans word gepoog om te verduidelik hoe sterrekundiges te werk gaan. Om begrip te vergemaklik, verskyn ook 11 bladsye bylaes waarin die wiskunde wat gebruik word uit grondbeginsels herlei word. Dit bevat gedetailleerde beskrywings en verduidelikings van die heelal se geheime. Inligting oor nuwe ontdekkings en teoriee, kleurvolle diagramme en foto’s verhoog die waarde.
Penvere is 'n versameling rubrieke deur die voelkenner Morne du Plessis wat enigeen - hetsy agtertuinduifbewonderaar of kranige ornitoloog - breed sal laat glimlag. In hierdie bundel word met 'n fyn oog en 'n skerp sin vir humor gekyk na die sonderlinge gedrag en gewoontes van verskeie Suid-Afrikaanse voelspesies, waarvan die meerderheid selfs aan die leek bekend behoort te wees. Van die hadida en die lemoenduif tot die mossie, koekoek en bosloerie - elke spesie bestaan in 'n unieke verhouding tot die natuur - en besit 'n magdom eiesoortighede wat soms nie veel van menslike gedrag verskil nie. Met sy pittige aanslag en skerp waarnemeingsvermoe, dwing die skrywer die leser om saam met hom verwonderd te raak oor die boeiende wereld van voels wat rondom hom bestaan, die natuur is te kosbaar en te breekbaar om dit huis toe te bring.
'n Nuwe en bygewerkte uitgawe van die publikasie wat in 1990 uitgegee is deur die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika (tans SANParke). Dit is die uitvoerige voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is.
Soos Hilda Smits se eerste, bekroonde bundel die bome reusagtig soos ons was betrek die verse in hierdie bundel die leser by die hoogs persoonlike en gee dit terserfdertyd betekenis aan die universele belewenis. Die verse is magies soos bewussynstroom, soos drome waar die kloutjie nie altyd by die oor uitkom nie, ʼn mens ervaar dit met jou onderbewuste, in jou maag. Dis dromerig soos meditasie, dis soos sit en staar na reën teen ʼn ruit. Sinne is onvoltooid, werkwoorde hang in die lug sonder naamwoorde, byvoeglike naamwoorde is bedrieglik eenvoudig; “gewone” woorde soos mooi, sterk, fyn, jonk – dis egter die onverwagse beelde wat verras, en woorde wat buite hul normale konteks ingespan word, wat jou uitknikker.
Die ontnugtering en nostalgie van die middeljare word hier in alle erns met humor en trefsekere taalgevoel verwoord. Ryk aan intertekstualiteit en slim woordspeling, is hierdie bundel vars en toeganklik vir alle oopkop lesers. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing.
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die betowerende węreld van hierdie wydverspreide reptiele.
’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie. Dié boek se titel sę dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geďdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele: - Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie. - Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer. Also available in English as How to Identify Trees in Southern Africa .
In Kinderlę kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie. ’n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in ’n psigiatriese instelling, en van ’n miskraam. Laasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met ’n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literęre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek. Soos met Uit die kroes, haar bekroonde debuutbundel, verruim sy Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat in haar jongste bundel.
In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.
Marius Crous se debuutbundel is ‘n moderne Suid-Afrikaner se reis deur koloniale Afrika. Dit le ‘n sonderlinge verband tussen hede en verlede, tussen Afrika en Europa, die geskiedskrywer, die joernaalskrywer en die digter. Hierdie uitstekende versameling gedigte is in 2004 met die UJ-debuutprys bekroon.
“Not sex please,” sę die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?” Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik. Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.
Hoewel Olga Kirsch die enigste Joodse stem in die Afrikaanse digkuns is, is dit skaars bekend onder lede van die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap. Olga Kirsch was, na Elisabeth Eybers, maar die tweede vrou wat ‘n digbundel in Afrikaans laat verskyn het. Die doelwit van hierdie biografie is om te keer dat haar werk vergete raak en om te wys waarom haar werk belangrik is, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Israel. Dit ondersoek nie net Kirsch se rol as Afrikaanse Joodse digter nie, maar ook haar as voorbeeld van ‘n grensoorsteker tussen kulture en veeltalige immigrante-digter. Daarom is van haar Engelse en Hebreeuse digkuns ook ingesluit in hierdie werk.
Uittogboek – ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig – is ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre. Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek. Die samebindende gegewe van die bundel is die Romeinse keiser Hadrianus (76–138 n.C.), en die bundel open met sy bekende sterfgedig in Latyn en Myburg se trefsekere vertaling daarvan in Afrikaans. Myburg bewys homself met hierdie publikasie as ’n digter wat nie slegs formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower.
In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm oor die land waar die Rugbywęreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Kom stap weer saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!
Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis. Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflę. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet. In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …
Hierdie gids is deel van 'n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied 'n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek. Met behulp van kleurfoto's en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en ongewone eienskappe.
Eerste Wals is ‘n bundel van verhale en verse. Die verhale is geďnspireer deur die memoirs van die outeur se moeder, sowel as die outeur se lewenservarings en verbeelding. Die name van die karakters in die verhale is gevolglik fiktief. Die verhale handel oor die lewe van die dogtertjie, Jantjie wat by haar grootouers aan vaderskant groot word. Sy is onder die indruk dat hulle haar eie ouers is. Groot is die skok toe sy op sesjarige ouderdom uitvind, dat die persoon wat sy gedink het haar oudste broer is, eintlik haar pa is. Die verhale beskryf die lief en leed van Jantjie, van kleinsaf, totdat sy haar laaste kind baar. Die gedigte handel oor vyf verskillende temas, naamlik, Familie, Godsdiens, Biografie, Natuur en Allerlei.
Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het. In latere uitgawes is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes wat vroeer ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole. Dit is voorsien van ’n register volgens liedere se titels en eerste reels sowel as ’n rubriekindeling, waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en slaapliedjies en gewyde liedere. Bekende Afrikaans digters en komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief vertaalde Afrikaanse weergawes van wereldwye gunstelinge.
Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.
Insektopedie lę die betowering en ryke verskeidenheid van die węreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. ’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. Die boek sluit af met ’n 60-bladsy geďllustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s. |
You may like...
The Merger Mystery - Why Spend Ever More…
Geoff Meeks, J. Gay Meeks
Hardcover
R1,023
Discovery Miles 10 230
Accounting - An Introduction
J.E. Myburgh, J.P. Fouche, …
Paperback
|