Books > Language & Literature > Literature: texts > Poetry texts & anthologies
|
Buy Now
In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R137
Discovery Miles 1 370
You Save: R38
(22%)
|
|
In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
List price R175
Loot Price R137
Discovery Miles 1 370
You Save R38 (22%)
Expected to ship within 5 - 10 working days
|
In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika
reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel
verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns
waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral
sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels
sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die
nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas
deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die
intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n
langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die
Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende
emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel.
Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die
digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in
Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die
bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n
oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en
donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van
verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die
lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n
boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op
die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings
van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan
die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met
uit-sig.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.