0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (57)
  • R250 - R500 (48)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport

Asindeton (Afrikaans, Paperback): Joan Hambidge Asindeton (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambidge
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days
Bybelblokraaie 2 (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Bybelblokraaie 2 (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R150 R134 Discovery Miles 1 340 Save R16 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 6 woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Vloei/Stof (Afrikaans, Paperback): Gilbert Gibson Vloei/Stof (Afrikaans, Paperback)
Gilbert Gibson
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

In vloei/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd/die dood op vernuftige wyse.

Soos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit.

Die digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”

'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover): Antjie Krog 'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover)
Antjie Krog
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word.

'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.

Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde (Afrikaans, Hardcover): Breyten Breytenbach Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde (Afrikaans, Hardcover)
Breyten Breytenbach
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 14 working days

’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is 'n voëlvlug oor 'n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniering staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos.

Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie.

Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.

Multivers (Afrikaans, Paperback): Hennie Smith Multivers (Afrikaans, Paperback)
Hennie Smith
R10 Discovery Miles 100 In Stock

Uit stof, ster, planete word daar poësie gemaak. Die digter verken die geskape Univers met fyn aanvoeling en vernuf. Hier is ’n poëtiese fisikus op sy allerbeste.

Hennie Smith se aanleg vir wiskunde en wetenskap het hom tot ’n doktorsgraad in fisika geneem en ’n suksesvolle navorsingsloopbaan in Suid-Afrika en Frankryk. Sy aanvoeling vir poësie het hom egter deurgaans besiel en hy het telkens woorde gevind om emosiebelaaide insigte in verse neer te pen. Die fisika en kosmologie word vir hom ’n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie.

Hier is van die kragtigste gedigte in Afrikaans wat die leser as ’n gedagtegolf tref en met nuwe denke oor die poësie laat. Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike het ook ’n kosmiese inslag wanneer hy soos Goethe in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer en die volheid van die syn laat beleef. ’n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie.

Hier is ’n bundel wat die grense van dig-denke roer en verbreed.

Kinders Se Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Helene Loon Kinders Se Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Helene Loon
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) In Stock

Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer.

Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy. ’n Volledige inleiding verduidelik konsepte soos hofmakery, migrasie en ververing.

Meer as 500 treffende foto’s is ingesluit, waarvan baie aantekeninge het om interessante eienskappe aan te toon.

Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe): Burger Cillie Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe)
Burger Cillie
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Sakgids tot Soogdiere van Suider-Afrika is 'n handleiding tot meer as honderd soogdierspesies - van die groot katte tot muise en vlermuise. Elke inskrywing bevat 'n gedetailleerde beskrywing met: Duidelike, volkleurfoto's; inligting oor identifisering, subspesies, massa, hoogte, vokalisasie, ouderdom, habitat, gewoontes, kos, voortplanting en verskille tussen die geslagte. Besonderhede van ander spesies

Soekmekaar (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Soekmekaar (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 14 working days

’n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van fopnuus tot ’n 40ste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosi-gesin wat by hom op Jacobsbaai gewoon het. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in die land. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Ten slotte vertel hy van sy verloofde se selfdood en hoe hy daarná byna al sy besittings weggee en die pad vat.

Stryd van die Reuse - Rugbystories van toeka tot nou (Afrikaans, Paperback): Michael Green Stryd van die Reuse - Rugbystories van toeka tot nou (Afrikaans, Paperback)
Michael Green
R229 R212 Discovery Miles 2 120 Save R17 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Elkeen van ons het ‘n rugbystorie. In Stryd van die reuse vertel Michael Green ‘n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier. Hy vertel van snaakse goed wat met hom gebeur het as rugbyskrywer, soos die keer toe hy net moes keer toe ‘n fotograaf ‘n “kannibaal-foto” wou neem. In die boek is daar onderhoude met bekende en vergete rugbyhelde, soos Temba Ludwaba wat op sy dag as die “swart Frik du Preez” beskryf is. Daar is ‘n roerende vertelling van die oud-Springbok kaptein Hannes Marais oor ‘n spanmaat wat twee keer sy glasoog op die rugbyveld verloor het. Dis maar net ‘n paar hoogtepunte uit die lekkerleesboek wat rugbyliefhebbers nie sal kan neersit as hulle di teers begin lees het nie.

Op Pad In Suid-Afrika - Verken Suid-Afrika Streek Vir Streek (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): B.P.J. Erasmus Op Pad In Suid-Afrika - Verken Suid-Afrika Streek Vir Streek (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
B.P.J. Erasmus
R460 R410 Discovery Miles 4 100 Save R50 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit – van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung –is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken.

Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het ’n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so ’n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het ’n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie.

Die 37 hoofstukke is in ’n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor ’n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal – of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok.

Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto’s bevat Op Pad in Suid-Afrika ’n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.

Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie. Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by ’n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. ‘n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.

Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Tracey Hawthorne
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika bied aan die jong leser Æn fassinerende blik op die ryke verskeidenheid spinagtiges wat in die streek voorkom. Met behulp van volkleur fotoÆs en maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene spesies in Suider-Afrika identifiseer.

Bybel Blokraai - 70 Blokraaie & 10 Woordsoeke (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Bybel Blokraai - 70 Blokraaie & 10 Woordsoeke (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf 1
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en - opsteller.

Die Bybel Blokraai bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel.

Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback): Nicolaas Faasen Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback)
Nicolaas Faasen
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers.

- Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome.

- Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik.

- Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.

More En Gistraand En Die Einde Van Die Maand (Afrikaans, Paperback): Philip de Vos More En Gistraand En Die Einde Van Die Maand (Afrikaans, Paperback)
Philip de Vos
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Dié jongste bundel verse deur Philip de Vos is vir jonk én oud, en getuig opnuut van sy vakmanskap as digter, sy slinkse, aweregse humor maar ook sy fyn waarnemingsvermoë.

Ritme dien as ruggraat vir elke vers, met ’n goeie skeut tong-in-die-kies stuitigheid, maar soms ook met ’n melancholiese, elegiese ondertoon.

Daar is verse oor die Skepping, oor Moses en oor Lot, verskeie oor nig Mara en Maraaia, en ter afsluiting meer as ’n handvol stoute kwatryne.

Ont (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius Ont (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Ont is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.

Marina Griebenow sê: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word.

Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.

Die Meeste Sterre Is Lankal Dood (Afrikaans, Paperback): Johann de Lange Die Meeste Sterre Is Lankal Dood (Afrikaans, Paperback)
Johann de Lange
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 14 working days

Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ("om met woorde die onsegbare te sê"). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies & verganklikheid, van "inskaduwings van die lig". Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir "my mooi dooies". In "Oggendmusiek" beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in "Ode aan die mielie": "Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­staan hy, volryp, pittig & reg."

Bloed & sneeu

Bloed op sneeu is ’n pasgebore rooi,
van iets gewond, ’n struikelende spoor.
En die sneeu? Is daar énigiets so mooi,
so prilwit gespits, as ’n haseoor?

Hitte Vannie Teerpad - Songs Van Die Liedjieboer (Afrikaans, Paperback): Anton Goosen Hitte Vannie Teerpad - Songs Van Die Liedjieboer (Afrikaans, Paperback)
Anton Goosen 1
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie bundel is 'n keur uit Anton se liedjies; (hi)stories en "his stories", fabels en feite. Goosen se musiekloopbaan strek reeds oor 25 jaar - 15 albums, 2 SARIE-toekennings, 2 SAMA-toekennings en 'n Geraas-toekenning (2002) vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Sy werk word gekenmerk deur reisverhale (Liedjieboer), kulturele ontwaking (Lappiesland) en stedelike beskouings (City/Stad).

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotoÆs en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer.

Ontaard - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Pieter Odendaal Ontaard - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Pieter Odendaal
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 14 working days

In Pieter Odendaal se langverwagte tweede bundel skryf hy oor aktuele temas soos queer-identiteitspolitiek, geboortegrond, die klimaatskrisis, verlies en vervreemding.

Dit is ’n selfbewuste maar ook selfversekerde digterstem wat aan die woord is.

Die digter skroom nie om binnetoe te kyk en ongemaklike vrae te vra oor herkoms, tuiswees en heengaan nie: Waar kom ons vandaan? Waar behoort ons? En waar gaan ons heen as ons van die aarde ontwortel word?

Kodachrome - 90 Flitse (Afrikaans, Paperback): Tom Dreyer Kodachrome - 90 Flitse (Afrikaans, Paperback)
Tom Dreyer
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days

Om hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy ’n 3D-bril opsit of ’n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die wêreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede.

Dreyer het die vermoë om op hierdie manier te sien en om die leser só te laat sien.

Dis ’n wonderbaarlike mengelmoes van alledaagse sowel as fantasmagoriese objekte soos ’n vingerhoed, ’n verdwaalde los skroefie, ’n geel badeendjie op die vloer van ’n afdelingwinkel, die bloop, Napoleon en sy jaggeselskap wat op die vlug slaan voor ’n spul mak hase, die klankeffekte in Star Wars, ’n intakte beesoog in die pad, meerminne, ’n mimeerkunstenaar, Noorderligte, monsters, vampiere, salmanders en ander.

Die skrywer, wat ook digter is, mors nie met woorde nie en sy gedagtes is elegant.

Moer Toe Die Vreemde In (Afrikaans, Paperback): c. Johan Bakkes Moer Toe Die Vreemde In (Afrikaans, Paperback)
c. Johan Bakkes
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days

C. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Twintig jaar ná die verskyning van C. Johan Bakkes se eerste boek, Moertoe die vreemde in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.

Vervleg (Afrikaans, Paperback): Petro Hansen Vervleg (Afrikaans, Paperback)
Petro Hansen
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld.

Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”

Kitaar My Kruis (Afrikaans, Paperback): Adam Small Kitaar My Kruis (Afrikaans, Paperback)
Adam Small
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Kitaar my kruis is vir die eerste keer in 1962 deur H.A.U.M. gepubliseer, en die tweede uitgawe het sewe herdrukke beleef.

Small se identifikasie met sy karakters vind neerslag in sy gebruik van Kaaps – volgens hom ’n volwaardige taal waarin mense hul eerste skreeu en hul laaste doodsroggel gee. Wat in heelparty gedigte opval, is die gebruik van refreine en herhaling, wat as ’t ware die gemeenskap se vrese waarskuwings en aanklagte van die tyd eggo (Van Wyk, 2006). Verder is daar ’n sterk Ou Testamentiese inslag, maar ook talle verwysings na die geboorte en wederkoms van Christus.

Volgens Steward van Wyk word dié gegewe op die lotgevalle van onderdruktes van toepassing gemaak, oa die geskiedenis van Moses en die Israelitiese volk onder Egiptiese slawerny: Soos Moses met sy staf, moet die digter met sy kitaar sy mense lei, maar omdat die taak so moeilik is, word die kitaar ironies ook sy kruis.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R350 R323 Discovery Miles 3 230
A Shade of Vampire 62 - A Citadel of…
Bella Forrest Paperback R629 Discovery Miles 6 290
The Night House
Jo Nesbo Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
House Of Earth And Blood - Crescent…
Sarah Maas Paperback  (2)
R552 R522 Discovery Miles 5 220
Twin Dragons' Destiny - Dragon Lords of…
S.E. Smith Paperback R435 Discovery Miles 4 350
The Homemade God
Rachel Joyce Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
A Shade of Vampire 42 - A Gift of Three
Bella Forrest Paperback R629 Discovery Miles 6 290
Small Things
Nthikeng Mohlele Paperback  (1)
R250 R231 Discovery Miles 2 310
The Inhuman Ladder
Karim Ghahwagi Paperback R830 Discovery Miles 8 300
Still Life
Sarah Winman Paperback R363 Discovery Miles 3 630

 

Partners