0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (9)
  • R50 - R100 (12)
  • R100 - R250 (48)
  • R250 - R500 (30)
  • R500+ (1)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport

107 Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback): Nataniel 107 Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Nataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde SARIE-rubrieke: 107 Kaalkoppe geskryf vanaf 2012 tot 2021.

Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie.

Met die wêreld op sy kop was daar nog nooit ’n beter tyd vir ’n boek soos dié nie.

Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
R350 R273 Discovery Miles 2 730 Save R77 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywêreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wêreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback): Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor... Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback)
Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karen Wiesler 11
R695 R556 Discovery Miles 5 560 Save R139 (20%) Ships in 5 - 10 working days

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen.

Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n volledige en verkorte register
  • ’n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback): Adam Small, Ronelda Kamfer Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback)
Adam Small, Ronelda Kamfer 1
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste – en gee ook aandag aan sy minder bekende – gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer.

Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds ’n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand.

Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.

Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback): Brenden Nel Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback)
Brenden Nel
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."

Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus.

Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .

Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel.

Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

This collection consists of 29 stories – 5 in English, 24 in Afrikaans. Several of the stories have been adapted from stage productions over a period of three years: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 and PASSI PASSIO.

Hierdie jongste versameling van Nataniël bevat 29 stories – 5 in Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 en PASSI PASSIO.

Narreskip - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Johan Myburg Narreskip - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Johan Myburg
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days

Oor hierdie Hertzogpryswenner se nuutste bundel sê Louis Esterhuizen: “Nog selde het ek ʼn versameling gedigte teëgekom wat so volgehoue en voluit op satire ingestel is, in dié mate dat hierdie gedigte gunstig vergelyk met MM Walters se indrukwekkende digterskap. Bykans die totaliteit van menswees en menslike prestasie word in hierdie gedigte voor stok gekry: van die klassieke skrywers en mitologieë, tot die hedendaagse; so ook die visuele kunste en musiek."

Soekenjin (Afrikaans, Paperback): Bibi Slippers Soekenjin (Afrikaans, Paperback)
Bibi Slippers
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Soekenjin is ’n bundel oor begeerte, 'n versameling verse oor die lewe in die tyd van die Internet van Dinge. Dit is gedigte oor die soeke na alles: liefde, die self, betekenis en die regte woord, en oor die sublieme en banale dinge wat ons as soekers vind.

Die bundel ondersoek ook die vreemde afdraaipaadjies waarlangs ons nuuskierigheid, behoeftes en verslawings ons lei.

Sanctum - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Joan Hambridge Sanctum - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambridge
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days
Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback): Owen Hendry Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback)
Owen Hendry
R210 R164 Discovery Miles 1 640 Save R46 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis?

Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite.

’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.

Ont (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius Ont (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Ont is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.

Marina Griebenow sê: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word.

Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.

Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian Sinclair, Phil Hockey Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey
R600 R468 Discovery Miles 4 680 Save R132 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian... Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey 2
R550 R429 Discovery Miles 4 290 Save R121 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Pleks Van Plaas (Afrikaans, Paperback): Jerzy Koch Pleks Van Plaas (Afrikaans, Paperback)
Jerzy Koch
R240 R188 Discovery Miles 1 880 Save R52 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Jerzy Koch, vertaler, digter, akademikus, is hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Fakulteit Engels van A. Mickiewicz-Universiteit in Poznań. Hy doseer veral Nederlandse literatuur, koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992 en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf.

Hy het werke vertaal van H. Claus, J. Bernlef, H. de Coninck, S. Hertmans, G. Kouwenaar, Lucebert, H. Mulisch, Multatuli, L. Nolens, P. Rodenko, F. Timmermans e.a. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande die M. Nijhoff-prys ontvang. Hy het ook Ingrid Jonker (1993) vertaal en sy onlangse vertalings in Poolse is bloemlesings uit Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018) se gedigte.

In sy digbundel Pleks van plaas skryf hy onder meer oor sy familiegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Indrukwekkend is veral die seegedigte. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie, maar ook die Afrikaanse taal.

Samoe(r)sa Reis - Bygewerk En Bygereis (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): c. Johan Bakkes Samoe(r)sa Reis - Bygewerk En Bygereis (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
c. Johan Bakkes
R282 Discovery Miles 2 820 In Stock

Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wil doen, inpas nie. Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie!

Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.

Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) In Stock

Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons wêreld.

Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.

Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.

Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Faansie Peacock Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Faansie Peacock
R520 R406 Discovery Miles 4 060 Save R114 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Ek hoop jy's reg vir 'n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie.

Hierdie boek sal jou help om elke voel in Suider Afrika te identifiseer. Maklik!

Jy sal ook snaakse en interessante feite leer oor alles van sterre tot superhelde, plus so ietsie oor voels ook.

Sushi En Shosholoza - Rugbyreise En Pelgrimstogte In Japan (Afrikaans, Paperback): Erns Grundling Sushi En Shosholoza - Rugbyreise En Pelgrimstogte In Japan (Afrikaans, Paperback)
Erns Grundling
R275 R241 Discovery Miles 2 410 Save R34 (12%) Ships in 5 - 7 working days

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm oor die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Kom stap weer saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!

Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) In Stock

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Kinders Se Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Helene Loon Kinders Se Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Helene Loon
R190 R149 Discovery Miles 1 490 Save R41 (22%) In Stock

Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer.

Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy. ’n Volledige inleiding verduidelik konsepte soos hofmakery, migrasie en ververing.

Meer as 500 treffende foto’s is ingesluit, waarvan baie aantekeninge het om interessante eienskappe aan te toon.

Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days

Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid.

Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”

Newman se Voëls Volgens Kleur - Suid-Afrika se algemene voëls gerangskik volgens kleur en grootte (Afrikaans, Paperback, Nuwe... Newman se Voëls Volgens Kleur - Suid-Afrika se algemene voëls gerangskik volgens kleur en grootte (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kenneth Newman, Nick Newman 1
R480 R375 Discovery Miles 3 750 Save R105 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Newman se Voëls volgens Kleur bied vir die beginnervoëlkyker ’n vinnige, eenvoudige manier om Suider-Afrika se algemeenste voëls volgens hul kleur te identifiseer. Die vierde uitgawe van dié nuttige geïllustreerde gids is bygewerk met die nuutste gewone voëlname, uitgebreide habitatinligting en die mees onlangse verspreidingkaarte. Die leersame inleiding bevat praktiese wenke oor die uitken van voëls, inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie, en raad oor waar om vir voëls te soek en wat jy op só ’n uitstappie moet inpak.

Taboek (Afrikaans, Paperback): Riku Latti Taboek (Afrikaans, Paperback)
Riku Latti
R250 R195 Discovery Miles 1 950 Save R55 (22%) Ships in 5 - 10 working days

"Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie." – Koos Kombuis

"Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie. – Dana Snyman

Moer Toe Die Vreemde In (Afrikaans, Paperback): c. Johan Bakkes Moer Toe Die Vreemde In (Afrikaans, Paperback)
c. Johan Bakkes
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days

C. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Twintig jaar ná die verskyning van C. Johan Bakkes se eerste boek, Moertoe die vreemde in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hitte Vannie Teerpad - Songs Van Die…
Anton Goosen Paperback  (1)
R20 Discovery Miles 200
Kodachrome - 90 Flitse
Tom Dreyer Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Neem Uit Die Verlede - Geskiedenis Van…
U. de V. Pienaar Hardcover  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Kitaar My Kruis
Adam Small Paperback R186 Discovery Miles 1 860
Ontsluier Die Heelal - 'n Inleiding Tot…
J.E. van Zyl Hardcover R430 Discovery Miles 4 300
Asindeton
Joan Hambidge Paperback R220 R179 Discovery Miles 1 790
Op Pad In Suid-Afrika - Verken…
B.P.J. Erasmus Paperback R450 R360 Discovery Miles 3 600
Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere
Burger Cillie Paperback R190 R152 Discovery Miles 1 520
Mag Die Diep Slaap Jou Dan
Hilda Smits Paperback R210 Discovery Miles 2 100
More En Gistraand En Die Einde Van Die…
Philip de Vos Paperback R285 R245 Discovery Miles 2 450

 

Partners