0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (40)
  • R250 - R500 (53)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Sport

Sasol Eerste Veldgids tot Spore in die Veld in Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Louis Liebenberg Sasol Eerste Veldgids tot Spore in die Veld in Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Louis Liebenberg
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die boekie stel die leser bekend aan die vaardighede en metodes wat nodig is om diere se spore in die veld te herken, en dit bevat 48 spesies met verspreidings kaarte en foto's. Die dier word beskryf en daar word gekyk na habitat, spoor en gewoontes.

Grondwater - Poësie (Afrikaans, Paperback): Marlise Joubert Grondwater - Poësie (Afrikaans, Paperback)
Marlise Joubert
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 2 - 4 working days

Grondwater sluit aan by die vorige bundels van die gevestigde digter Marlise Joubert, maar het ’n boustof wat getuig van ’n nuwe stel lewenservaringe wat dit laat affilieer by die groeiende tradisie in Afrikaanse laatwerk.

Dit is ’n bundel wat spreek van die spreker se terugblik op ’n leeftyd, die besef van eie sterflikheid en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder.

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Alan Weaving Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Alan Weaving
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.

Sasol Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Bruce Cairncross Sasol Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Bruce Cairncross
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend.

Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op dié wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld.

Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is ’n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met ’n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis.

Vrugbeginsel (Afrikaans, Paperback): De Waal Venter Vrugbeginsel (Afrikaans, Paperback)
De Waal Venter
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days
Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Braam van Wyk Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Braam van Wyk
R650 R580 Discovery Miles 5 800 Save R70 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.

Suider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.

Eerste Wals - Verhale & Verse (Afrikaans, Paperback): Grace Barth-King Eerste Wals - Verhale & Verse (Afrikaans, Paperback)
Grace Barth-King
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 2 - 4 working days

Eerste Wals is ‘n bundel van verhale en verse. Die verhale is geïnspireer deur die memoirs van die outeur se moeder, sowel as die outeur se lewenservarings en verbeelding. Die name van die karakters in die verhale is gevolglik fiktief.

Die verhale handel oor die lewe van die dogtertjie, Jantjie wat by haar grootouers aan vaderskant groot word. Sy is onder die indruk dat hulle haar eie ouers is. Groot is die skok toe sy op sesjarige ouderdom uitvind, dat die persoon wat sy gedink het haar oudste broer is, eintlik haar pa is. Die verhale beskryf die lief en leed van Jantjie, van kleinsaf, totdat sy haar laaste kind baar.

Die gedigte handel oor vyf verskillende temas, naamlik, Familie, Godsdiens, Biografie, Natuur en Allerlei.

Davy Samaai: Kampioen Van Die Struggle - Die Verhaal Van Die Eerste Swart Tennisspeler Van Suid-Afrika Op Wimbledon (Afrikaans,... Davy Samaai: Kampioen Van Die Struggle - Die Verhaal Van Die Eerste Swart Tennisspeler Van Suid-Afrika Op Wimbledon (Afrikaans, Paperback)
Michael le Cordeur
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek het ontstaan as 'n verhaal oor die lewe van 'n besonderse mens: David Samaai. Maar baie gou besef jy dat dit eintlik 'n boek oor 'n baie besonderse familie, die Samaai-familie woonagtig in Paarl, is. Davy Samaai was 'n legendariese tennisspeler, 'n begaafde musikant, 'n inspirerende skoolhoof of hardwerkende onderwyser. Hy het ook met sy voorbeeld gelei.

AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover): A.B. De Villiers AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover)
A.B. De Villiers 3
R350 R317 Discovery Miles 3 170 Save R33 (9%) Ships in 5 - 10 working days

AB de Villiers is een van Suid-Afrika se grootste sporthelde. Hy is sedert 2011 kaptein van die Suid-Afrikaanse eendagspan asook ’n lid van die nasionale span sedert hy op 20 Desember 2004, op 20-jarige ouderdom, sy buiging vir die Proteas gemaak het. AB het reg deur sy lewe op die sportveld uitgeblink én word vandag as een van die beste kolwers ter wêreld, in alle aspekte van die spel beskou.

AB: Die Outobiografie, sal insig bied oor die man agter die kolf en onder die kopskerm, asook oor deurslaggewende oomblikke tydens sy loopbaan en sy verhoudingsbande met verskillende mentors. Die leser sal teruggeneem word na die agterplaas van AB se ouerhuis waar hy as kind die eerste keer saam met sy broers leer krieket speel het, en sal voorgestel word aan al die kleurvolle karakters en sportlui wat paaie met AB gekruis het.

AB se belangstelling in musiek en in die sakewêreld word ook onder die loep geneem asook hoe hy hierdie belangstellings van hom saam met sy internasionale krieketloopbaan uitleef.

Sasol Oorsiglys Van Voëls In Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Struik Nature Sasol Oorsiglys Van Voëls In Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Struik Nature
R85 R79 Discovery Miles 790 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Al lank ’n gewilde hulpbron, die nuwe, opgedateerde Oorsiglys van Voëls in Suider-Afrika is nou beskikbaar. Dit bevat ’n lys van al die voëls wat in die streek te sien is, en bied ’n eenvoudige metode om aan te dui waar en wanneer jy hulle waargeneem het.

In gerieflike sakformaat bied dit:

  • Kruisverwysings na die nuwe Sasol Voëls van Suider-Afrika (vyfde uitgawe)
  • Ses kolumme vir veelvuldige waarnemings op ses verskillende plekke
  • Jongste name van alle Suider-Afrikaanse voëls
  • Endemiese en bedreigingstatus

Sal verwelkom word deur die streek se voëlkykers wat hulle waarnemings in Afrikaans wil nasien en opteken.

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Elsa Pooley Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Elsa Pooley
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die bome van die subkontinent. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene bome in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle groei, en meer te wete kom oor hul unieke eienskappe.

Hammie (Afrikaans, Paperback): Ronelda Kamfer Hammie (Afrikaans, Paperback)
Ronelda Kamfer 1
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ronelda S. Kamfer debuteer in 2009 met Noudat Slapende Honde, en Grond/Santekraam het gevolg in 2011. Haar jongste bundel is nou Hammie.

Die verse eggo temas uit haar vorige werk, maar ondersoek veral die komplekse en intieme verhouding tussen ma en dogter. Dit gaan oor verlies, oor dinge wat ongesê bly, oor die woorde tussen woorde.

Dis Ronelda S. Kamfer op haar beste.

Landluisteraar - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Carina van der Walt Landluisteraar - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Carina van der Walt
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Landluisteraar is Carina van der Walt se debuutbundel in Suid-Afrika.

Die bundel bevat toeganklike gedigte soos strome klank deur ’n dorre landskap.

Onder Een Dak - 100 Ou En Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Onder Een Dak - 100 Ou En Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100 gunstelingstories in ’n buksie van ’n bundel, net betyds vir Kersfees. Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!- dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenoot­dae, tot intieme verhale uit sy meer onlangse werk, waar hy self­ondersoekend en met ’n skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20 nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike insigte in sy eie psige, as kind van Suid­Afrika. Soos Sarie se resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse gebeure en mense om jou kyk.”

Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback): Bernie Fabing Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback)
Bernie Fabing
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie.

Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.

“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!

Sasol Eerste Veldgids tot Paddas van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Vincent Carruthers Sasol Eerste Veldgids tot Paddas van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Vincent Carruthers
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika is ’n interessante gids tot die paddas van die streek. Volkleurfoto’s, verspreidingskaarte en verstaanbare teks sal nuwelinge en aspirantnatuurkenners help om die algemeenste paddaspesies in Suider-Afrika uit te ken, te ontdek waar hulle voorkom en te leer van hul unieke gedrag en buitengewone eienskappe.

Het Jy Geweet Ek Kan Toor (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Het Jy Geweet Ek Kan Toor (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 2 - 4 working days

Die opspraakwekkende nuwe bundel met meer as 100 voorheen ongepubliseerde gedigte van Jeanne Goosen is vuurwarm op die rak. Die gedigte is deur die uitgewer en redakteur Petrovna Metelerkamp tussen Jeanne se dokumente ontdek toe sy navorsing gedoen het vir haar biografie oor Jeanne, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne.

Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback): Jackie Grobler Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback)
Jackie Grobler 2
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 2 - 4 working days

Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind.

In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.

Upcycling-projekte: Opgedollie - Juwele, sakke en geskenke geskep uit rommel (Afrikaans, Paperback): Thana Nel Upcycling-projekte: Opgedollie - Juwele, sakke en geskenke geskep uit rommel (Afrikaans, Paperback)
Thana Nel
R154 Discovery Miles 1 540 Ships in 2 - 4 working days

Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte te skep wat waarde het. In hierdie boek gebruik die skrywer afvalitems om splinternuwe, byderwetse juweliersware, handsakke, houers en geskenkitems te maak.

Goed Om Te Weet - Die Feiteboek Vir Ingeligte Suid-Afrikaners (Afrikaans, Paperback): Hans Buttner, George Claassen Goed Om Te Weet - Die Feiteboek Vir Ingeligte Suid-Afrikaners (Afrikaans, Paperback)
Hans Buttner, George Claassen
R371 Discovery Miles 3 710 Ships in 2 - 4 working days

Nie alleen ’n waardevolle naslaanwerk nie, maar ook ’n interessante en leesbare versameling feite waarvan Suid-Afrikaners aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu behoort kennis te dra.

Alle Suid-Afrikaners gaan hoogs waarskynlik die een of ander tyd hierdie gegewens in gesprekke of in die media teëkom: Dan moet hulle darem minstens iets daarvan weet, of indien nie, ’n gesaghebbende bron hê om dit in ’n kits na te slaan.

  • Die belangrikste kennisgebiede, waaronder die politiek, geskiedenis, geografie, letterkunde, religie, die kunste en wetenskap en tegnologie word in 13 afdelings gedek.
  • Sowat 4000 helder, kernagtige artikels, alfabeties per afdeling gerangskik.
  • Ruim kruisverwysings en ’n omvattende indeks vir vinnige naslaanwerk.
  • Sowat 200 illustrasies.

Goed om te weet sal sy lesers in staat stel om ingelig saam te gesels oor elke onderwerp wat saak maak in vandag se wêreld.

Hans Büttner en George Claassen en hul span medewerkers deel in hierdie hoogs toeganklike feitegids hul indrukwekkende algemene kennisskat ruim met alle Suid-Afrikaners.

Vlug Van Die Gees (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Vlug Van Die Gees (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In die begin was daar net duisternis, ’n atoom, ’n saad, ’n onderbewyssyn. Hieruit word gedigte geskep wat na die sin van hierdie lewe vra. ’n Lewe omring deur ’n gebrek aan liefde en deernis, bedreig deur armoede, onreg, korrupsie, hooploosheid, siekte wat genees en siekte wat tot die dood lei.

Cas Vos se eie unieke idiolek kom na vore in hierdie ryk geskakeerde bundel. Spanning, metafore, ironieë, paradokse, en die kroon van alles, die liefde, wat die oerchaos oorwin, weef die bundel tot ’n hegte eenheid.

Kampioene 4: Hashim Amla (Afrikaans, Paperback): Jeremy Daniel, Carlos Amato Kampioene 4: Hashim Amla (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Daniel, Carlos Amato
R162 Discovery Miles 1 620 Ships in 2 - 4 working days

Kom stap in die voetspore van Suid-Afrika se grootste sporthelde!

Hierdie fantastiese nuwe reeks plaas die kollig op Suid-Afrikaanse sportlegendes se reis na nasionale en internasionale roem.

Geskryf spesifiek vir kinders nege jaar en ouer, vertel dit die opwindende stories van vyf sportsterre uit verskillende agtergronde wat almal supersterre geword het.

Ontdek hoe Siya Kolisi bo sy moeilike grootwordjare in die Oos-Kaap uitgestyg het om een van ons land se grootste rugbysterre te word.

Lees die inspirerende verhaal van die skoolseun AB de Villiers wat een van die grootste name in wêreldkrieket geword het.

Ontmoet Wayde van Niekerk, ’n skraal, tengerige seuntjie wat teen alle verwagtinge in ’n Olimpiese superster en een van die vinnigste mense op die planeet geword het.

Van sy kinderdae toe hy saam met sy broer straatkrieket voor die moskee in Tongaat gespeel het, tot ’n internasionale loopbaan as sportster wat die landskap van Suid-Afrikaanse krieket vir ewig verander het – maak kennis met die legendariese Hashim Amla.

Caster Semenya se skooljare was moeilik, maar sy het bo haar omstandighede uitgestyg en deesdae is sy ’n sportambassadeur vir ons land wat met ’n Olimpiese goue medalje spog.

Jong sportliefhebbers sal versot wees op hierdie fantastiese reeks biografieë oor van ons land se blinkste sportsterre!

Die gids tot die kusgebeide van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jacana Maps Jacana Maps Die gids tot die kusgebeide van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jacana Maps Jacana Maps
R212 Discovery Miles 2 120 Ships in 2 - 4 working days

Die gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika neem jou op 'n magiese reis langs ons kuslyn en verken terselfdertyd die ongeskonde skoonheid en geheime lewe van ons natuurerfenis. Dit is 'n basiese veldgids tot die diversiteit van ons kuslyn - van duin tot oseaan - ontwikkel om strandliefhebbers, vakansiegangers, sport- en rekreasiehengelaars op 'n eenvoudige manier te help om daardie plante en diere wat meesal langs ons strande opgemerk en gevang word, te identifiseer. Aangesien baie van die algemene spesies gedek word, bied dit 'n inleiding vir mense wat belang stel om van die lewenssoorte wat op ons strande en in die kuswater voorkom, te herken en te verstaan. Die 3000 km-kuslyn van Suid-Afrika het kontrasterende klimate en habitats wat 'n enorme groot en ryke verskeidenheid plante en diere huisves. Die weskus het koue, voedingsryke water, kelpwoude en laaggroeiende struikgewas op die duine; aan die oos- en noordkus is toestande weer meer tropies met hoer reenval, warmer water, 'n groter verskeidenheid marinelewe en digte kusbos. Ons vertrou dat hierdie gids by elke gebruiker 'n groter bewussyn van, en waardering vir die uiteenlopende en kontrasterende biodiversiteit van ons ongelooflik mooie en ryke kuslyn sal skep. Ons sluit ook inligting in oor die getye, verskillende habitats en kusgebiede.

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.

Op Vlerke - Bewaar Dit Vir Die Nageslag... 'n Wekroep (Afrikaans, Paperback): Andre Christof Op Vlerke - Bewaar Dit Vir Die Nageslag... 'n Wekroep (Afrikaans, Paperback)
Andre Christof
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 2 - 4 working days

Die vierde boek in ‘n reeks. Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is. Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word.

In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat.

Die natuurlewe het sy eie ritme en bekoring, nét soos musiek, met elke lewende wese wat, in die omgewing waarin hulle moet oorleef, die sintuie en vaardighede wat aan hulle, eie aan hul soort, toegedeel is, ook teen die elemente inspan om hul spesie se voortbestaan te verseker.

Dit is soos dit in die Op Vlerke boeke geskilder word, met eie ritme, die note hou, om uiting aan elkeen se oorlewingsmeganisme te gee. Die manier van uitdrukking gee, diere, voëls beskryf, hier en daar ‘n insek, wat hulle doen, hoé, interaksie, beweging, gevoel, klanke, wat jou vasvang, die omgewing, plantegroei, die veld lewe gee, water, die terrein, dít is waaroor die boeke gaan, die skryfkuns met spesifiek die natuurlewe, waarin mens die skryfstyl kan uitleef wat met elke sintuig van jou praat.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bybelblokraaie 2
Heidri Mittendorf Paperback R150 R134 Discovery Miles 1 340
Samoe(r)sa Reis - Bygewerk En Bygereis
c. Johan Bakkes Paperback R338 Discovery Miles 3 380
Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal
Hendrik Hancke Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids
Johan Badenhorst Paperback R464 Discovery Miles 4 640
Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n…
Owen Hendry Paperback R220 R203 Discovery Miles 2 030
Help, Help - Stories
Nataniel Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
107 Kaalkoppe
Nataniel Paperback R235 Discovery Miles 2 350
Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas…
Dana Snyman Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860
Kodachrome - 90 Flitse
Tom Dreyer Paperback R372 Discovery Miles 3 720
Ten Slotte
Eben Etzebeth Paperback R380 R275 Discovery Miles 2 750

 

Partners