![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Die Afrikaanse literatuur het 'n aangrypende lewe in Afrika oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in 'n boeiende takelwerk verse, in 'n kennis van die aand en deur die oe van 'n siener in die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange swerfjare deur. Nie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige lesers - die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van skeppende arbeid, wat die patrone moet ople en die teoretiese lense instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman. Akademies gesproke is Perspektief en profiel 'n onontbeerlike handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literere gesprek. Dit bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die "profiel" in die boektitel), maar is ook 'n bestekopname van verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en 'n kartering van die gebied, vandaar die "perspektief ". Dit toon by implikasie oortuigend aan hoedat die Afrikaanse letterkunde aansluit in suid-suidverband met ander literature van die halfrond, en ondersoek die historiese en tydgenootlike noordsuid-bande en -spanninge. Ook verken dit die skryftegnieke en die produksie en resepsie van die Afrikaanse teks in Afrika. Dis 'n boek wat sensitief is vir die polities-kulturele omgewing wat steeds omvorm word deur die momentum geskep deur die koms van demokrasie in 1994. Eerder as om 'n literatuurgeskiedenis te probeer wees wat die fi nale woord wil spreek en ondubbelsinnig kanoniseer, word die literatuur hier as strydperk aangebied. Hierdie veelstemmige gesprek matig sigself as literatuurgeskiedenis nie objektiwiteit aan nie, maar huldig verskeidenheid en teenspraak. Perspektief en profiel toon aan dat die Afrikaanse letterkunde diep geent is in die kontinent Afrika. Dit boekstaaf die geestesprestasie van mense aan die suidpunt van 'n uitdagende kontinent. Dit is mense wat rekenskap gee van hul ontheemding en twyfel, maar ook van inburgering en liefde vir die land, van verwantskap met landgenote wat ander geskiedenisse en huistale het. Dis 'n literatuur van hierwees en aanhanklikheid aan plant en dier, landskap en leemte. Perspektief en profiel verskyn tydens die groot wending. Dis 'n tyd waarin die Boek soos geslagte dit sedert Gutenberg geken het weens die oorgang na digitaliteit onder beleg kom. Die tydsbesteding aan ernstig lees as aktiwiteit verskraal en hierdie boek is 'n tydige herinnering aan die tydsaamheid en denke wat in 'n literatuur opgesluit is. Die boek verdien 'n staanplek in elke Afrikaanssprekende gesin se boekrak of leplek in hul e-boek-biblioteek. Dit is onontbeerlik vir die student en die akademikus. As jy wil weet hoe jou voorgeslagte hul hierwees verwoord het en hoe jou tydgenote jou eie situasie stem gee, is hierdie boek jou toevlug. Perspektief en profiel Deel 3 bevat drie perspektiewe, asook outeursprofiele alfabeties gerangskik van S tot Z.
Brig.genl. Willem (Kaas) van der Waals kyk terugskouend na sy loopbaan
wat gekenmerk is deur veelsydigheid — valskermsoldaat en instrukteur,
operasionele diens in SWA, Angola en Rhodesië, militêre diplomaat en
SAW se hoof van buitelandse betrekkinge.
In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat 'n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het. Die digbundel word as 't ware 'n klein galery van skilderye wat momente in die skrywer se lewe vasvang. Die openingsgedig “Vergange” bevat 'n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor daardie oomblikke wat huiwer tussen “aankoms en vertrek”, oomblikke waarin die tyd “saamvloei in die nou / se durende verlede.” Daarom dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, 'n stoere wildeseringboom en 'n gunsteling-posduif. Daar is ook gedigte oor magiese oomblikke, soos 'n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv, 'n nag by die see en 'n oesdag in die Overberg wat herinner aan 'n Van Gogh-skildery. Dit is 'n ontroerende bundel waarin die digter nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor beskawing en by monde van Bartolomeus Dias “vermoed: Afrika duld nie vreemde goed”.
Maak ‘n toespraak. Ontydig en dikwels sonder waarskuwing word mens gevra om “iets te se”. Waar begin jy? Selfs ervare sprekers vrees soms openbare optrede, hetsy dit ‘n leerling, onderwyser, predikant, advokaat, politikus of sakeman is; hetsy die geleentheid ‘n huwelik, herdenking of voorlegging is. Iemand moet dit skryf en lewer. Hierdie boek is die ideale bron vir die skrywer en spreker. Dit bied antwoorde op vrae en raad vir enige geleentheid.
Oorgange en voortgange is 'n bundel oorspronklike navorsingsartikels saamgestel as huldiging van prof. Heinrich Ohlhoff. Hy was sedert 1966 in verskeie hoedanighede verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is 'n gerekende kenner van die Afrikaanse poësie, maar ook ewe tuis op die terreine van die Afrikaanse taalkunde, Algemene Literatuurwetenskap, Goties en Kultuurteorie. As filoloog het sy navorsing gekonsentreer op Middeleeuse Europese kultuur, Renaissance studie en sewentiende-eeuse Nederlandse letterkunde. Hy is op al hierdie vakterreine 'n wandelende ensiklopedie. Elkeen van die bydraers tot die bundel het 'n persoonlike verhouding met Heinrich Ohlhoff, as voormalige studente of vakkollegas. Van sy oudstudente het hom die eerste keer in hul voorgraadse klasse meegemaak, sommige het hom later as begeleier vir hul nagraadse studie gekies, in sigself klinkende getuienis van hul vertroue. Die studies wat hier opgeneem is, handel oor die Middeleeuse Nederlandse letterkunde, die Afrikaanse biografie, Afrikaanse mondelinge oordrag, akademiese geletterdheid, die leksikologie en veral die Afrikaanse prosa en poësie. Hierdie vakverskeidenheid is toepaslik omdat Heinrich Ohlhoff op al hierdie terreine met gemak kan saampraat.
'n Oorrompelende debuutbundel wat stem gee aan die lewe in en om die Kaapse vlakte. Geskryf in die taal eie aan die gebied, hanteer die skrywer die alledaagse lewe op die Kaapse vlakte met kragtige verse wat die leser laat huiwer tussen lag en huil.
Ont is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters. Marina Griebenow sê: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word. Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.
Om hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy ’n 3D-bril opsit of ’n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die wêreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede. Dreyer het die vermoë om op hierdie manier te sien en om die leser só te laat sien. Dis ’n wonderbaarlike mengelmoes van alledaagse sowel as fantasmagoriese objekte soos ’n vingerhoed, ’n verdwaalde los skroefie, ’n geel badeendjie op die vloer van ’n afdelingwinkel, die bloop, Napoleon en sy jaggeselskap wat op die vlug slaan voor ’n spul mak hase, die klankeffekte in Star Wars, ’n intakte beesoog in die pad, meerminne, ’n mimeerkunstenaar, Noorderligte, monsters, vampiere, salmanders en ander. Die skrywer, wat ook digter is, mors nie met woorde nie en sy gedagtes is elegant.
Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld. Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”
Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.
Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van N.P. Van Wyk Louw in ’n versamelbundel uitgegee, met ’n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe. Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ʼn gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ʼn voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom."
Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal is meer as net nog ’n fotoboek: dit is die eindproduk van ’n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top foto’s het deurgegaan na ’n beoordelings-rondte, waar ’n paneel die beste foto’s gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.
Koos Prinsloo, wat in 1994 in die ouderdom van 37 jaar oorlede is, kan met reg as ’n James Dean van die Afrikaanse letterkunde beskou word: ’n ikoniese figuur wat te vinnig, te gevaarlik geleef en te vroeg gesterf het. Byna drie dekades ná die verskyning van sy eerste bundel en vyftien jaar ná sy dood, eggo sy stem steeds oor die grense van sy tyd en oeuvre heen – en dis in hierdie weerklank wat die toneelstuk Prinsloo Versus gestalte vind. Prinsloo versus is nie ’n elegie aan Koos nie, maar die postmoderne vergestalting van ’n persoonlike tragedie, uitgespeel op private en openbare; persoonlike en artistieke slagvelde. Dis ’n veelvlakkige collage oor ’n kunstenaar wie se lewe en werk kwalik met ’n suikerlagie bedek kon word; wat gerebelleer het teen ’n patriargale kultuur en ’n diep weersin in alle vorme van outoriteit getoon het. Soos ’n briefskrywer in die Burger van 24 Oktober 2003 op die eerste vertoning van die stuk gereageer het: “Ek kon nie anders as om te dink dat Koos, waar hy ook al is, met ’n sardoniese glimlaggie sit en kyk na dié stuk nie.”
13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en ʼn motor jaag van agter in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis soos ʼn waatlemoen. Met bomenslike krag sleep sy haar dogters uit die kar en sit hulle op die sypaadjie neer. Dan verloor sy haar bewussyn en sien haarself en haar kinders van bo. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en reënboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg. Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terug. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?
Die PHAROS BEKNOPTE VERKLARENDE WOORDEBOEK bou voort op ’n tradisie van betroubare naslaanwerke en is ’n staatmaker in die Afrikaanse klas, huis en kantoor. Dié gebruikersvriendelike woordeboek is kompak dog omvattend: dit bevat meer as 30 000 woorde en terme met bondige verklarings. Kry taalleiding:
'n Postume versameling van werk uit die geliefde Namibiese jagter-skrywer se pen. Sy persoonlike geskiedenis en herinneringe vloei kleurryk deur sy byna tasbare vertellinge heen. Op kenmerkende Immelman-wyse word verklaar waarom kameelry geen grap is nie, wonder waarom sommiges ryk is of oud word, waarom mans en vroue verskil, terwyl sy histeriese blik op fotoverhale, handleidings en tikfoute die leser sal laat skater.
In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Uber den Begriff der Geschichte”, dat dit is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien ’n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar ’n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in. In die eerste gedeelte van Tweespoor word ’n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede ’n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens die twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters le, en die opsies wat die hede bied, ’n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.
Die drama speel af in die Karoodorpie Willowmore. Die rol van die kerk, verkragting, verlies en familie is van die temas wat aangeraak word. Lekas kyk na 'n kind se weerloosheid en na die familie se verantwoordelikheid om na haar om te sien. Die watermeid (waternimf of meermin) is die mitiese figuur wat tot die dorpie se redding moet kom en drie kinders in die stuk hoop sy sal hulle kom red. Dit raak egter gekompliseerd wanneer die skuldige persoon 'n belangrike figuur in die gemeenskap is - die dominee.
Die weeklikse rubriek in Rapport, “Hanlie Retief gesels met” , is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Aanhangers weet haar onderhoude is pittig, op die man af en baie vermaaklik. Hanlie Retief vra die vrae aan die nuusmakers wat almal brand om te vra. Sy is bekend daarvoor dat sy haar soos ’n verkleurmannetjie kan aanpas by die aard van die onderhoud. Met deernis skets sy misdaadslagoffers se stories en kuier ewe gemaklik saam met Karen Zoid. Hanlie Retief Gesels Met 2 bevat 50 van Hanlie se beste onderhoude wat sy tussen 2011 en 2018 gevoer het: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag of inspireer het. Steve Hofmeyr, Rolene Strauss, Tim Noakes, Piet Byleveld en Thuli Mandosela is van die onderhoude wat opgeneem is in hierdie boek.
Tiertjie en Beertjie is beste vriende. Hulle beleef allerhande wonderlike avonture saam. En hulle is vir niks bang nie, want saam is hulle sterker as enigiets op aarde. “As mens ’n vriend het, hoef mens vir niks op aarde bang te wees nie!” Beer en Tier woon gelukkig en tevrede in ’n snoesige, klein huisie aan die rivier. Maar wanneer daar eendag ’n krat uit die rivier spoel, met Panama op geskryf, gaan die twee op reis na die land van hul drome. Saam pak hulle allerhande avonture aan: hulle gaan op ’n skattejag, vind die posdiens uit, hou groot partytjies en arme Tier beland selfs in die dierehospitaal. Hierdie bundel bevat ses van die welbekende Duitse skrywer se tydlose Ben en Tiertjie-stories.
Slot van die dag: Gedagtes is die skrywer se mymeringe oor ouderdom en die einde van die lewe, saam met verspreide herinnerings van ’n algemene aard, om ’n ryk geskakeerde beeld te verskaf van ’n skrywerslewe van byna tagtig jaar. Die reeks outobiografiese boeke wat met ’n Duitser aan die Kaap, Merksteen en Die laaste Afrikaanse boek begin het, word hiermee afgesluit. Dit is 'n baie persoonlike boek oor ouderdom, die skryfproses en selfbeskikking met kommentaar op oud word en wees, met inbegrip van praktiese wenke, en heelwat inligting oor die moontlike en waarskynlike einde van die lewe. Die element van afskeid en gelatenheid is deurlopend. Die ouderdom is teenswoordig die vernaamste onderwerp van sy oorpeinsing, en die vernaamste element in sy daagliks ervarings. Die verwysings en aanhalings is treffend en spreek van iemand wat sy leeswereld ook sy leefwereld maak. Ten slotte verduidelik die skrywer sy bevrydende besluit oor selfdood.
Hierdie novelle sluit aan by twee vorige prosawerke van Dolf van Niekerk, naamlik die jeugverhaal Karel Kousop (1985) en Koms van die hyreen (1994). Kroniek van turf is gedeeltelik ’n prequel vir die vorige twee boeke. Dit vertel die geskiedenis van Gerrit, ’n werknemer van die VOC, wat in die 18de eeu begin boer op ’n leningsplaas in die Roggeland. Omstandighede dwing hom om na die distrik Swellendam te verskuif. Sy twee seuns, Johannes en Daniel, soek albei later ook na ’n veiliger blyplek, aanvanklik in die Kamdebo. Onrus op die Oosgrens laat hulle verder trek; Johannes na wat tans die Vrystaat is en Daniel saam met die Voortrekkers na Natal, waar hy en sy vrou slagoffers van die Bloukransmoorde word. Waar Johannes hom op ’n plaas tussen die Riet- en die Modderrivier vestig, maak hy weer kontak met die Kousop-Boesmans wat hy vroeer naby die Gariep ontmoet het. Tussen Johannes se nageslag en die Boesmans ontwikkel ’n vae, onsekere band wat oor meer as ’n eeu sou strek. Onverwags maak een van Johannes se nasate, Johan, tydens die Bosoorlog kennis met ’n Boesmanspoorsnyer wat ook ’n Kousop-nasaat blyk te wees en wat ’n bepalende rol in ’n grondeis op Johan se plaas tussen die twee riviere sou speel.
In hierdie versameling essays ondersoek meesterverteller Jan Nel die onvernietigbaarheid van die lewe: Immer is daar seisoene. Immer is daar ná die eb weer ’n gety; ná die winterdood weer lentelewe; ná die val weer opstaan; ná die leed weer vreugde. Dieselfde maand wat liggame opeis, stoot vars blomme uit die verwarmende grond. Uit die dooie takke van ’n boom, uit die dooie winter, kom nuwe lewe. Hoekom dan twyfel dat daar vir die mens insgelyks hoop kan wees? Op sy tipiese wyse en beeldende vertelstyl, deurweef met beide diepte en kwinkslae, ontbloot hy daardie tikkies van die ewigheid in elke liewe ding, van ’n melodie se soetheid tot goeters in ’n deurmekaar laai.
Wenner van die Woordveertjie vir beste dramateks in 2021. Die stuk oor drie geslagte is gebaseer op die 17de eeuse slavin in Karel Schoeman se Armosyn van die Kaap, senaatsdebatte van Piet Odendaal in die 1970's, en die geskiedenis van die Odendaal-familie in Suid-Afrika. Dit ondersoek onder andere die gevolge van intergenerasie-trauma en die spanning tussen Westerse psigiatrie en Afrika-spiritualiteit. |
![]() ![]() You may like...
Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die…
Sebastian Pistor, Dalene Muller
Paperback
|