![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
In Gode van Papier poog die digter om gestalte te gee aan die moderne mens se gode: gode (ook buite die tradisionele sin van die woord) met voete van klei wat op hul plek gesit en gehou word. Hoewel die woord "gode" dikwels in die bundel gebruik word, dui dit baie keer nie op gode in die tradisionele sin van die woord nie. Allerlei dinge, tot die gedigte self, word gode in hierdie bundel.
Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon. Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.” Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?
Jerzy Koch, vertaler, digter, akademikus, is hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Fakulteit Engels van A. Mickiewicz-Universiteit in Poznań. Hy doseer veral Nederlandse literatuur, koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992 en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf. Hy het werke vertaal van H. Claus, J. Bernlef, H. de Coninck, S. Hertmans, G. Kouwenaar, Lucebert, H. Mulisch, Multatuli, L. Nolens, P. Rodenko, F. Timmermans e.a. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande die M. Nijhoff-prys ontvang. Hy het ook Ingrid Jonker (1993) vertaal en sy onlangse vertalings in Poolse is bloemlesings uit Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018) se gedigte. In sy digbundel Pleks van plaas skryf hy onder meer oor sy familiegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Indrukwekkend is veral die seegedigte. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie, maar ook die Afrikaanse taal.
Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van ’n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot ’n uitbundige relaas van ’n skoolkonsert.
Op skool was ôs gelee met patrone om cursive te skryf. En gelee tel sône om ôs vinges te gebryk. En kyk nou vi ôs, ôs met ôs nommes en somme wat meer veloorit as wat ôs ooit kan tel, ôs met ôs mooi handskrifte en nieman om voo te skryfie. In haar verrykende memoir skryf Charmaine Africa op narratiewe wyse, en in Kaaps, oor haar grootwordjare in Bishop Lavis. Haar lewensverhaal, wat verras met humoristiese oomblikke, sentreer op die alledaagse bestaan van haar familie vanaf die 1960’s: haar ma, Amma, wat spartel om haar werk en gesin bymekaar te hou; haar alkoholis-pa; haar susters wat ook ’n verbete stryd in hul eie huwelike voer; haar broers wat uiteindelik voor die drankduiwel swig; en haar eie ontwikkeling as kind tot ’n jong vrou wat ’n onvermydelike siklus probeer veg. Amma gee ’n stem aan die oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte en ’n eerlike blik op die kringloop van kru armoede. Die vertelling is onopgesmuk, hartverskeurend en meesterlik.
Hoe leer jy skryf? Loer oor die skouers van ambagsmense. Dis die maklikste en lekkerste manier. Hier’s ’n boek in Afrikaans om jou daarmee te help.
Stefaans Coetzee se pa was ’n alkoholis. Toe hy ses was, het sy ma hom kafee toe gestuur. Met sy terugkoms was sy weg. Van kleins af moes Stefaans veg vir aanvaarding en liefde, by die huis en in die kinderhuis. Sy storie begin in die Vrystaat, loop deur donker dade in Worcester, via verskeie tronke, tot op Klerksdorp. Dit is die verhaal van ’n seun wat die heel ergste sou doen, vir aanvaarding. Dit is ook ’n verhaal van hoop, genade, en tweede kanse. Dit wys dat enigeen kan verander. Jy ook.
In Mede-wete,’n aangrypende nuwe digbundel deur Antjie Krog, word temas soos taal, geheue en gewete met ’n nuwe intensiteit en beleënheid hanteer. Dit is haar eerste digbundel in 8 jaar. Dié gedigte laat blyk duidelik haar diep verknogtheid aan haar geboortegrond en haar volgehoue betrokkenheid by en passie vir die land se komplekse geskiedenis en samelewing. Terselfdertyd herdefinieer sy haar identiteit as Afrikaanse digter. Te midde van verse waaruit haar woede en afkeer ten opsigte van sosiale ongeregtighede spreek, is daar ook boeiende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug waarin die stemme en gesprekke opklink wat ons elke dag hoor. Ook verse oor oudword en afskeid, waarvan die huldigingsvers vir Mandela ’n hoogtepunt is. Maar dit is verál weens die ontwrigting van taal juis om nuwe betekenis te skep dat Antjie Krog ’n opwindende digbundel lewer.
‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’ Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.
As ’n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se
sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy
eendag ’n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken
mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van
Emile Joubert is sy lewe lank ’n kosgenieter. Op sesjarige ouderdom het sy ouma se kerrie ’n groot indruk op hom gemaak en van daar af was hy ’n onkeerbare smulpaap en het kos hom betower – of dit nou die skoolmaaltye in sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag, of die seekos wat hy uitgeduik het – Joubert se kosobessies word lewend in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap. Sy kosreise strek van Londen tot Griekeland, Italië, Frankryk en die dorre landskap van Angola. Die Mars bar, fondue, baked beans, oesters en boeliebief is enkele van die kossoorte wat sy reise vergesel.
Hierdie is 'n biografie in konteks en lees soos 'n roman. Die jaar is 1700, die plek Amsterdam. Die bruid is 21 jaar oud en inderhaas getroud met 'n wewenaar wat oud genoeg is om haar pa te wees. Wie is die Franse vrou wat kans sien vir 'n pionierslewe op 'n verre voorpos? Marie Buisset is 'n vlugteling, 'n weeskind uit Sedan, Frankryk, gebore tydens die felste Hugenootvervolging. Sy word die stammoeder van die families Du Plessis en Smith in Suid-Afrika. As vroedvrou - later op die loonlys van die VOC - word Marie (later genoem Maria) die hulp van die kwesbares: 'n verkragte meisietjie, 'n tiener wat geboorte gee en verskeie vroue wat deur hul eienaars, minnaars of eggenote verniel is. Die leser ontmoet talle bekende name in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dis 'n verhaal van politieke stryd, ontbering, politiek en liefde. Dis 'n storie oor mense en die uitdagings wat hulle aanpak. Uit skrapse oorblyfsels soos hofverslae, mediese rekeninge, veilings en testament onthul Joan Kruger 'n ryk en boeiende verhaal, vol humor en patos. Wieg: die verhaal van Maria du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot en vroedvrou is a vonds vir historici en lesers wat nuwe lig werp op 'n gedeelde verlede. 'n Kragtoer.
Die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas. Dis ’n bundel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly in die woonbuurte van Stellenbosch waar ’n koue burgeroorlog stil in die boomryke strate woed.
Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as onstuitbaar beskryf, iemand wat selfs ’n klip kan kwaadmaak. Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat dankbaar is vir die kanse wat sy in die akademie en kerk gekry het. Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.
Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde. ’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.
Hierdie biografie van Marius Weyers deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ‘n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ‘n Afrikaanse teaterlegende en ikoon. Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns. Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.
Engela Linde-Van Rooyen, ervare redakteur, letterkundige, verhaalredakteur en veral befaamde skrywer. Haar liefdesverhale, jeugverhale en kontreikuns het haar 'n huishoudelike naam gemaak lank voor haar meesterwerk - en toevallig haar honderdste boek - Vuur op die horison verskyn het (laasgenoemde was op die kortlys vir die M-Net-prys). Geagte skrywer is 'n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het.
Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het. Anton Rupert was 'n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het, en dit skaars kon bekostig om te gaan studeer, maar sy Rembrandt groep word uiteindelik ʼn wêreldleier in o.m. luukse goedere. Wat was Rupert se geheim? Rupert se oorspronklike sienings oor die skepping van werk en welvaart in ‘n sukkelende ekonomie is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag. Sy storie is meer relevant as ooit. Hier vertel die gesoute sakeskrywer Ebbe Dommisse die volle verhaal, vol kleur en anakdotes, in dié opgedateerde uitgawe van sy hoogaangeskrewe biografie van Rupert.
"Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie." – Koos Kombuis "Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie. – Dana Snyman
Die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het. Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.
In Troep! vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van
diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee
jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne,
tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies,
bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel –
en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het
nie.
Nadat Moessorgski na ’n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 ’n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse die werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by ’n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.
In vloei/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd/die dood op vernuftige wyse. Soos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit. Die digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”
Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit. Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat ‘n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap. Hierdie boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.
Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het. Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure. |
![]() ![]() You may like...
BTEC Nationals Information Technology…
Jenny Phillips, Alan Jarvis, …
Paperback
R1,097
Discovery Miles 10 970
The Economics of Digital Transformation…
Tessaleno Devezas, Joao Leitao, …
Hardcover
R4,328
Discovery Miles 43 280
Democracy Works - Re-Wiring Politics To…
Greg Mills, Olusegun Obasanjo, …
Paperback
|