![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.
Stylboek: Riglyne vir paslik skryf is die eerste volwaardige stylhandboek in Afrikaans wat uitsluitlik op klassieke stylbeginsels fokus. Die title is geskik vir almal wat stylvaardighede in skriftelike tekste wil verbeter. Werklike voorbeeldmateriaal uit 'n verskeidenheid tekstipes word gebruik om praktiese riglyne te gee oor gepaste taalgebruik. Die titel fokus nie op reg of verkeerd volgens die taalsisteem nie, maar eerder op die verskeidenheid taalgebruiksmoontlikhede waarvan sommige meer gepas is as ander, afhangende van die situasie en konteks waarin die teks moet funksioneer.
Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW. Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is. Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was. Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroee, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
Vers en vlam stel graad 10- Eerste Addisionele Taalleerders in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Die bundel is volgens die KABV se riglyne saamgestel. Die bundel se titel verwys na die Afrikaanse uitdrukking “iemand is vuur en vlam”, ’n uitdrukking wat daarop dui dat iemand baie opgewonde en entoesiasties is. In Vers en vlam is gedigte uit al die soorte Afrikaans opgeneem wat die belangrikste versvorme, literêre tydperke en temas in die Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Só word daar ’n vlam aangesteek wat lig werp op die geskiedenis, op vandag se samelewing en verhoudings, asook op ontwikkeling en verstegnieke in die Afrikaanse poësie. Vers en vlam is vir die leerder en onderwyser ’n uiters bruikbare werkboek. Dit bevat: ’n inleiding tot die Afrikaanse poësie; biografiese inligting by elke gedig met ’n oorsig van die digter se lewe en werk; ’n kort inleiding oor die onderwerp waaroor die leerder bloot kan nadink of ’n gesprek kan voer of kan skryf; agtergrond oor elke gedig en ’n kort verduideliking waaroor dit gaan; woordverklarings van moeiliker woorde in Afrikaans en Engels; ’n afdeling “Pitkos” wat die leerder se aandag op sake vestig wat ’n sleutel is om die gedig beter te verstaan; ’n afdeling “Leerfokus” wat die poësietegniek wat in die gedig gebruik word, saamvat; kontekstuele vrae wat leerders help om soveel as moontlik van die gedig te verstaan, dit te interpreteer, en hul gevoel daaroor weer te gee; ’n afdeling “Vir jou joernaal en/of in die klas” wat leerders die geleentheid bied om skeppend op aspekte van die gedig te reageer; ’n glossarium wat literêre begrippe verduidelik. Ekstra hulpmateriaal kan gratis afgelaai word by www.nb.co.za
Die boek behandel spraakopleiding en opvoedkundige drama
Die gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap hier gepraat word: Kaaps wat met die kenmerkende bry-klank van die streek weerklink. Op vernuwende wyse word dié bry skriftelik uitgebeeld. ’n Rugbyderby, ’n krieketwedstryd, en ’n besoek aan die openbare swembad word vars verbeeld deur die skep van opvallende kontraste. Maatskaplike kwessies word met galgehumor belig en diep persoonlike sake sonder sentimentaliteit aangeroer.
Akademiese geletterdheid is noodsaaklik vir akademiese prestasie. Daar word van studente verwag om ’n verskeidenheid akademiese tekste met begrip te lees. Studente moet ook hulle eie argumente kan konstrueer en hulle kritiese denkvermoë in die vorm van ’n akademiese teks aan ’n leser illustreer. Akademiese geletterdheid beteken dat studente as onafhanklike akademiese skrywers kan funksioneer wat navorsing op ’n gestruktureerde, goed geformuleerde en logiese wyse kan weergee. In hierdie handboek word studente nie net toegerus met kennis en vaardighede om die genre van akademiese skryfwerk te begryp nie; die samestelling van die boek kan ook meehelp dat studente onafhanklike beoefenaars van hierdie genre word. Studente word begelei om:
Die skrywers vertrou dat studente en dosente hierdie handboek as ’n nuttige hulpbron sal gebruik om akademiese geletterdheid te bevorder.
“Sy bly nog steeds ná 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf ’n nooi soos Min!” – André H. van Dyk In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem. Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en filmster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee. Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”. Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.
In die bekroonde digter Ronelda Kamfer se vierde bundel, Chinatown, bied sy opnuut poësie met ’n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur ’n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Verwysings na ’n gebroke verhouding tussen pa en dogter kom deurlopend voor. En kwessies wat deel vorm van die huidige sosio-politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met ’n diep menslikheid hanteer.
In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat 'n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het. Die digbundel word as 't ware 'n klein galery van skilderye wat momente in die skrywer se lewe vasvang. Die openingsgedig “Vergange” bevat 'n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor daardie oomblikke wat huiwer tussen “aankoms en vertrek”, oomblikke waarin die tyd “saamvloei in die nou / se durende verlede.” Daarom dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, 'n stoere wildeseringboom en 'n gunsteling-posduif. Daar is ook gedigte oor magiese oomblikke, soos 'n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv, 'n nag by die see en 'n oesdag in die Overberg wat herinner aan 'n Van Gogh-skildery. Dit is 'n ontroerende bundel waarin die digter nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor beskawing en by monde van Bartolomeus Dias “vermoed: Afrika duld nie vreemde goed”.
“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons
geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco
Caforio, ouddienspligtige
Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer.
Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.
Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan. Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.
Die Afrikaanse literatuur het 'n aangrypende lewe in Afrika oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in 'n boeiende takelwerk verse, in 'n kennis van die aand en deur die oe van 'n siener in die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange swerfjare deur. Nie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige lesers - die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van skeppende arbeid, wat die patrone moet ople en die teoretiese lense instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman. Akademies gesproke is Perspektief en profiel 'n onontbeerlike handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literere gesprek. Dit bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die "profiel" in die boektitel), maar is ook 'n bestekopname van verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en 'n kartering van die gebied, vandaar die "perspektief ". Dit toon by implikasie oortuigend aan hoedat die Afrikaanse letterkunde aansluit in suid-suidverband met ander literature van die halfrond, en ondersoek die historiese en tydgenootlike noordsuid-bande en -spanninge. Ook verken dit die skryftegnieke en die produksie en resepsie van die Afrikaanse teks in Afrika. Dis 'n boek wat sensitief is vir die polities-kulturele omgewing wat steeds omvorm word deur die momentum geskep deur die koms van demokrasie in 1994. Eerder as om 'n literatuurgeskiedenis te probeer wees wat die fi nale woord wil spreek en ondubbelsinnig kanoniseer, word die literatuur hier as strydperk aangebied. Hierdie veelstemmige gesprek matig sigself as literatuurgeskiedenis nie objektiwiteit aan nie, maar huldig verskeidenheid en teenspraak. Perspektief en profiel toon aan dat die Afrikaanse letterkunde diep geent is in die kontinent Afrika. Dit boekstaaf die geestesprestasie van mense aan die suidpunt van 'n uitdagende kontinent. Dit is mense wat rekenskap gee van hul ontheemding en twyfel, maar ook van inburgering en liefde vir die land, van verwantskap met landgenote wat ander geskiedenisse en huistale het. Dis 'n literatuur van hierwees en aanhanklikheid aan plant en dier, landskap en leemte. Perspektief en profiel verskyn tydens die groot wending. Dis 'n tyd waarin die Boek soos geslagte dit sedert Gutenberg geken het weens die oorgang na digitaliteit onder beleg kom. Die tydsbesteding aan ernstig lees as aktiwiteit verskraal en hierdie boek is 'n tydige herinnering aan die tydsaamheid en denke wat in 'n literatuur opgesluit is. Die boek verdien 'n staanplek in elke Afrikaanssprekende gesin se boekrak of leplek in hul e-boek-biblioteek. Dit is onontbeerlik vir die student en die akademikus. As jy wil weet hoe jou voorgeslagte hul hierwees verwoord het en hoe jou tydgenote jou eie situasie stem gee, is hierdie boek jou toevlug. Perspektief en profiel Deel 3 bevat drie perspektiewe, asook outeursprofiele alfabeties gerangskik van S tot Z.
Koos Prinsloo, wat in 1994 in die ouderdom van 37 jaar oorlede is, kan met reg as ’n James Dean van die Afrikaanse letterkunde beskou word: ’n ikoniese figuur wat te vinnig, te gevaarlik geleef en te vroeg gesterf het. Byna drie dekades ná die verskyning van sy eerste bundel en vyftien jaar ná sy dood, eggo sy stem steeds oor die grense van sy tyd en oeuvre heen – en dis in hierdie weerklank wat die toneelstuk Prinsloo Versus gestalte vind. Prinsloo versus is nie ’n elegie aan Koos nie, maar die postmoderne vergestalting van ’n persoonlike tragedie, uitgespeel op private en openbare; persoonlike en artistieke slagvelde. Dis ’n veelvlakkige collage oor ’n kunstenaar wie se lewe en werk kwalik met ’n suikerlagie bedek kon word; wat gerebelleer het teen ’n patriargale kultuur en ’n diep weersin in alle vorme van outoriteit getoon het. Soos ’n briefskrywer in die Burger van 24 Oktober 2003 op die eerste vertoning van die stuk gereageer het: “Ek kon nie anders as om te dink dat Koos, waar hy ook al is, met ’n sardoniese glimlaggie sit en kyk na dié stuk nie.”
Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers. - Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome. - Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik. - Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.
Dié jongste bundel verse deur Philip de Vos is vir jonk én oud, en getuig opnuut van sy vakmanskap as digter, sy slinkse, aweregse humor maar ook sy fyn waarnemingsvermoë. Ritme dien as ruggraat vir elke vers, met ’n goeie skeut tong-in-die-kies stuitigheid, maar soms ook met ’n melancholiese, elegiese ondertoon. Daar is verse oor die Skepping, oor Moses en oor Lot, verskeie oor nig Mara en Maraaia, en ter afsluiting meer as ’n handvol stoute kwatryne.
Petrovna Metelerkamp het geen bekendstelling nodig nie. Sy het jare lank vir tydskrifte soos Huisgenoot en Insig geskryf en in 2000 die uitgewery Hemel & See Boeke gestig. Sy het bekendheid verwerf vir haar biografieë van Ingrid Jonker en Jeanne Goosen. Petrovna was ook verantwoordelik vir die publikasie van die brieweboeke van onder andere Audrey Blignault, Uys Krige en Hennie Aucamp, asook die memoires van Wilna Snyman, Fanus Rautenbach en Ollie Viljoen. Met hierdie langverwagte boek deel Petrovna haar herinneringe, wat die geskiedenis van haar herkoms en haar persoonlike ervarings oor baie dekades insluit.
In Kambrokind deel F.A. Venter sy jeugherinneringe vanaf sy voorskoolse jare tot op universiteit. Op boeiende wyse vertel Venter hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken. Hy kon homself wees in die veld en sy gedagtes vrye teuels gee, maar hy het ook die wreedheid van droogtes en siektes en die lang trekpad met skaap na beter weiding ervaar. Op skool het sekere onderwysers hom ontvanklik gemaak vir die wêreld van boeke en oordenking en het dit hom gedryf om hard te werk sodat hy met ’n studielening en twee pakke klere kon gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers. Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.
Ont is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters. Marina Griebenow sê: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word. Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.
Maak ‘n toespraak. Ontydig en dikwels sonder waarskuwing word mens gevra om “iets te se”. Waar begin jy? Selfs ervare sprekers vrees soms openbare optrede, hetsy dit ‘n leerling, onderwyser, predikant, advokaat, politikus of sakeman is; hetsy die geleentheid ‘n huwelik, herdenking of voorlegging is. Iemand moet dit skryf en lewer. Hierdie boek is die ideale bron vir die skrywer en spreker. Dit bied antwoorde op vrae en raad vir enige geleentheid. |
You may like...
Research Anthology on Supporting Healthy…
Information R Management Association
Hardcover
R10,577
Discovery Miles 105 770
|