![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
In Moerstaāl word oorsprong in oënskyn geneem: perspektiewe word gebied op geskiedenis en erfenis en hoe dit met taal saamhang. ’n Skryfwyse wat deur Khoekhoegowab geïnspireer is, veral wat die gebruik van die makron op klinkers betref, word ingespan tesame met Sols se kenmerkende Ghoema-Afrikaans. ’n Respek vir byna uitgestorwe kennis word oorgedra en in dié opsig is die gedigte ’n kreet van verlies en ’n bewuste poging tot ’n daad van bestendiging. Die lewe-gewende moederfiguur tree hier na vore – die vrou wat verguising en ontkenning moes deurleef en wie se bydrae en plek, soos ook dié van die taal, in en deur die bundel herstel, of ten minste openbaar gemaak, wil word. Die musikaliteit van Sōls se vorige twee bundels is weer hier teenwoordig. Só ook sy vlymskerp kommentaar en ironie, en sy digterlike gebruik van spreektaal. Sols se terugkeer na geskrewe poësie – die eerste bundel in sestien jaar – is beslis ’n groot aanwins vir die Afrikaanse letterkunde.
Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede - 'n Literatuurgeskiedenis in Afrikaans is die eerste nuwe Afrikaanse literatuurgeskiedenis van die Nederlands(talige) letterkunde in dertig jaar. Dit is 'n literatuurgeskiedenis vir die Afrikaanse student en dosent van die Nederlandstalige letterkunde en geinteresseerde leek.
Met hierdie digbundel is die gedagtes en diep gevoelens van die digter vasgevang soos hy die pad aanskou op sy lewenstog. Die tweede bundel is weereens 'n opregte uitbeelding van die innerlike gevoel en emosies van menswees. Liefde, geloof, die pyn van teleurstelling, en nuwe hoop vir die toekoms vorm 'n goue draad deur die bundel wat die leser sal vasvang in die woorde van Raymond Bridges.
Die plaag is tegelykertyd reisverhaal, avontuurverhaal, speurverhaal, natuurkundige artikel, letterkundige studie en historiese ondersoek. Die skrywer – 'n Belgiese joernalis – reis na Suid-Afrika op soek na die "dowwe spoor" van Eugene Marais, en word uiteindelik met veel meer as dooie historiese gegewens beloon. Die Nederlandse uitgawe van Die Plaag het die Debuutprijs vir 2002 verower en was op die kortlys van die Gouden Uil-literatuurprys vir 2002. Die vertaling van Van Reybrouck se Nederlandse teks in Afrikaans deur die bekende digter en omroeper doktor Daniel Hugo is ’n onmisbare toevoeging tot Afrikaanse lesers se kennis van die merkwaardige Eugene Marais se lewe. Hiermee word kultuurgoedere wat deur ’n Vlaming nagespoor en opgeteken is as ’t ware huis toe gebring.
Twee dramas oor familie, verhoudings, vergifnis en herinneringe. Wat bybly, is dat mense maar net mense is. Dat versoening deel van menswees is. Dat stukkende mense mekaar kan help heel word en dat familie tog familie bly – ondanks omstandighede, persoonlike keuses en uitdagings. Sandton City grootdoop: ‘n Drama oor ’n ma en haar twee dogters wat vir die eerste keer in ’n lang tyd bymekaarkom om die oudste, Danel, se verjaardag in Sandton City te vier. In die proses begin die trio mekaar se verlede, gevoelens en emosies oopkrap met eerlike, en snaakse, oomblikke. Kara, die ma, is die aktrise wat haar man en kinders op ’n jong ouderdom verlaat het om haar groot droom om wereldberoemd te word, na te volg. Sy erken dat sy nie bevoeg of beskore was vir moederskap nie, maar probeer tog om tot hulle deur te dring en hulle vertroueling te wees. Haar oudste dogter, Danel, is bipoler en bly na ‘n onlangse selfmoordpoging weer by haar ma. Sy is naief en emosioneel en val maklik vir haar ma se manipulasie. Haar suster, Lisa, is gay en verwyt haar ma dat sy nog niks met haar lewe gedoen het nie. Sy is kwaad en kras en wil graag haar ma skok met haar uitlatings oor seks, maar ’n mens kom agter dat sy eintlik baie kwesbaar is. Die dag is bros: Dis laatmiddag. Elsa, voorheen ’n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei ’n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Hy was ’n jeugmisdadiger wat ’n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul ’n leemte in haar lewe. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius – die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag ’n ingrypende wending neem. Die Dag is Bros is benoem vir ’n Fiesta as beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie.
By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le.
So moes die Liefde ly is aanvanklik op versoek geskryf vir opvoering as ‘n projek om die lyding van Christus uit te beeld. Die opvoerings was baie geslaagd en nadat Charles Fryer die stuk verwerk het, word dit in die vroee negentigerjare in die Kangogrotte by Oudtshoorn opgevoer. Dit is elke tweede Paasseisoen aangebied en behalwe Suid-Afrikaners, het mense van regoor die wereld – Duitsers, Amerikaners en Nederlanders – hierdie weergawe van Jesus se lydingsgeskiedenis ervaar. Die teks is na die eerste opvoering heelwat uitgebrei en het nuwer en groter dimensies bygekry. Liedere, asook danstonele, is ingevoeg en die koor is vergroot van 20 tot ongeveer 50.
Die omslag van die bundel met sy abstrakte figure suggereer die gesprek wat in hierdie bundel gevoer word met die self, die geliefde, die lewe en die dood. Die digter ondersoek erskillende fasette van ’n lang en kreatiewe lewe. In die eerste afdeling kom die verhouding met die aarde ter sprake; in die tweede afdeling die ambivalente verhouding met die land waarin hy gekies het om te bly woon, ten spyte van die ongenaakbaarheid van klimaat, plae en sosio-politieke kwessies. In die volgende afdelings kyk die digter op ironiese wyse na die dreigende dood wat hom in verskille gedaantes voordoen. Dan volg gedigte oor die liefde: vir die taal, die woord en vir die geliefde vrou. Die fyn humor waarmee die digter na die ouderdom kyk, sorg dat die laaste gedigte nie neerdrukkend is nie, maar die lewe bly omhels, soos in “Hansie Slim herbesin”, waarin gespot word met die “mediese kernplan” waarmee voorsorg vir siekte en ouderdom getref word. En tog, die hele infrastruktuur ten spyt verlaat Hans sy huis, begeef hy hom op ’n lukraak ryloopreis die wyer wereld in. Daarom kan die digter in die slotgedig terugkyk op die verrassing van ’n lewe wat sonder beplanning of padkaart, sy eie verloop geneem het.
Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.
Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Die tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.” Alhoewel die nag, donkerte, pyn en ellende die grondstof van baie gedigte is, word hierdie gegewe as die vertrekpunt na iets anders gesien, soos Plato se grot in die gedig “In die begin …”. Hier, “waar misteries teen die wand flikker”, het die spreker reeds “voorspooksels” gekry van sy taak. Uit hierdie donker maar veilige ruimte word die mens van sy geboorte af met al sy erflike belastheid gestoot om met sy woorde die wêreld te verken, sy ervarings op te teken en ’n boodskap oor te dra. Saam met ander bodes, soos engele, heiliges, skeppers en geliefdes verken die bundel oorloë, rampe en pyn, maar ook liefde, medemenslikheid en skoonheid. Ten slotte bely die digter dat al sy vermoëns net “ten dele” is, maar dat hy wel verskans is teen die pyn van ’n geknakte liggaam “tot die volheid my / onverhoeds verras.” Die bundel bevat ’n aantal knap vertalings uit die werk van die Griekse digters Konstantinos Kavafis en Giorgios Seferis, wat in aansluiting met die temas van die digter se eie werk deur die bundel versprei is.
Agter hierdie boek le die verwondering oor ons vermoe om stip na letters op papier te kyk en dan te ervaar dat ons 'n ander wereld betree. Hoe kry ons dit reg om na aanleiding van die woorde wat ons lees, nie alleen inligting te bekom nie, maar 'n hele wereld tot stand te verbeel en daarheen te reis? Wat is die rol van die teks hierin? Wat is die rol van die leser? Waarom doen ons dit? Hoe help 'n begrip van ons reise na storiewerelde om ons "leefwereld" beter te verstaan? 'n Fokus op die werelde van stories maak dit moontlik om tekste krities binne hulle kontekste te lees, sonder om die spesifiekheid van elke teks te verwaarloos of om die betowering van storiewerelde te verloor. Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die outeur van talle navorsingsartikels in verskeie akademiese tydskrifte en was ook as redakteur by publikasies oor vooraanstaande Afrikaanse skrywers betrokke: Sluiswagter by die dam van stemme (2002 - saam met Helize van Vuuren) oor Karel Schoeman; Die oop gesprek (2006) oor N.P. van Wyk Louw; en Contrary: Critical responses to the novels of Andre Brink (2013 - saam met Karina Szczurek). Willie het die Caxton Excellence Award in 2015 vir sy resensies in Vrouekeur ontvang, en in 2016 die kykNet-Rapport-toekenning as "Boekresensent van die jaar". Met sy resensies en rubrieke oor die letterkunde in verskeie populere publikasies probeer hy om literere navorsing ook buite die grense van die akademie te versprei.
Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar die oorskrywer is gelyktydig ook ’n boorling van ’n digitale wereld waar perfekte kopiee met die druk van ’n knoppie geskep kan word, en emoji’s, youTUBE-videos en Instagram-foto’s werklikheid word. Fotostaatmasjien dokumenteer die skeppingsproses in afdrukke, en maak so oorspronklike fotostate.
Aan die hand van uitgebreide dokumentasie wat korrespondensie, e-posbriewe en koerantartikels insluit, teken die skrywer die verhaal van Afrikaans op Stellenbosch op en bespreek die taaldebat van verskillende kante en vra ook indringende vrae oor die manier waarop die taalkwessie in die toekoms hanteer behoort te word.
Met die skerp waarnemingsvermoe eie aan sy skryfwerk bring Pirow Bekker met die bundel alledaagse gegewens opnuut onder die leser se aandag. Benewens die satiriese gedigte oor die aktuele werklikheid waarvoor Bekker ook bekend geword het, bevat die ses afdelings van die bundel ook mooi liefdesverse, gedigte oor die ouderdom en gedigte oor die verlange van ouers na hul kinders in die vreemde.
Vloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel en volg op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Susan Smith skryf in haar keurverslag dat Vloeibare middelpunt handel oor ’n “gevoel van vervreemding en vreemdelingskap – nie net as reisende buite die grense van die bekende nie, maar selfs die bekende wat vervreemdend word.” Soos die bundeltitel voorspel, is daar sprake van ’n vloeibare in- en uitbeweeg na en van die veilige maar onvaste kern, en word verskillende bestaansmoontlikhede op verskillende plekke (hetsy fisiese of kopruimtes) verken. So handel heelparty gedigte oor woon in ’n stad (soos Pretoria, wat uitgebeeld word in Ryan Loubser se “Spookhuis in die reen” op die omslag) wat uitdagings aan die inwoners stel, maar ook ’n gevoel van behoort wek. Soos vroeer by die gedigreeks “Viervoud” uit Landelik, vind die Heideggeriaanse konsep van “woon” soos uiteengesit in sy referaat getiteld “Bauen wohnen denken”, sterk inslag, vandaar dat Bosman die Holderlin-aanhaling as motto vir die bundel gebruik: “… dichterisch wohnet der Mensch auf dieser Erde”. Foxtrot van die vleiseters: Satrae stop die BM’s en MB’s en 4-treks voor die slaghuis, sein die T-hemde die seisoene: ligblou, gestreep of groen en goud. Daar binne gesorteer volgens die slagoffers die tjops, die steaks, die sosaties, die worse – Weens, Russies, Spaans, Duits, gerook, gekaas, om nie te praat van die boeresoorte nie: gawe, gemoedelike Grabouw, kameelhout, rooikrans; skaap-, bees-, hoender-, lewer-, en iewers ten duurste ook “oorspronklik”. Agter loei die sae, spat die skaafsels, genoeg om vegetariers te laat verbleek. Maar wat, ons koop ook die bykosse, die braaipap, die dege uitgerys in hul plastieke, die knoffelbrode en roosterkoeke in hul foelies, die kase, die botters, die smere, gesofistikeerd met pesto en soet sondroe tamaties, die wyne, die olywe, die olies en balsamiese asyne, die skyfies vir vooraf en die terte vir daarna. Vanaand gaan die brikette brand, die rokies hang, die biere skuim, die vroue vol belofte lag, die kinders stry en op die sofas slaap. Vanaand vergeet ons die verlede, die kwellings van die week, die hoofpyn van die oordaad. Vanaand dans ons die dans van die lewe.
Corlia Fourie se debuutbundel Die Goeie Vrou En Ander Mites is ’n versameling toeganklike, pretensielose verse met ’n sterk anekdotiese inslag. Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van ’n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswêreld. Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye wêreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.
In hierdie debuutbundel kom ’n groot verskeidenheid onderwerpe, versvorme, emosies en toonaarde aan die bod. Die digter maak soms ook van spesifieke variante van Afrikaans gebruik: streektaal, akademiese taal en wetenskaplike taal. Die digter skryf oor die Suid-Afrikaanse werklikheid, die natuur en wildernisgebiede waar hy ontspan en na voels en skoenlappers kyk, ook na die werklikheid van sy werksomgewing op Potchefstroom en plekke soos Indie waar hy gereis het. Hy slaag daarin om sulke bekende onderwerpe in die digkuns soos die liefde en vriendskaps- en familie-verhoudinge op ’n nuwe, speelse en soms ook diepsinnige wyse te verwoord. ’n Treffende voorbeeld is “Die digter sing vir sy beminde” waar die konkrete, bekende wereld omtower word: die geliefdes vlieg weg van die alledaagse, deur die deur van die maan en saam weer oor die kombuis tot in ’n nuwe land. Maar vir hierdie digter klink liefdesmusiek ook in die Bosveld en die rooigras van die Vrystaat op. Daar is ook pragtige gedigte oor sy ouma en haar unieke wyse van praat, die platteland en sy mense en ook meer eksotiese plekke soos Moembaai en Stockholm. Die akademiese wereld en die literatuur kom ook in die bundel ter sprake.
Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het. Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek. Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.
Naelstring belig die problematiek van transformasie in ’n nuwe Suid-Afrika en die soms fanatieke eise van swart bemagtiging. Die drama sentreer rondom ’n moeder wat weier om haar pasgebore baba se naelstring te knip. Die baba is egter nie bereid om die absurde situasie gelate te aanvaar nie en neem sy gehoor op ’n reis van swart komedie en deernisvolle maar pynlike interaksie. Pieter Fourie, dramaturg en dramaveteraan, is waarskynlik die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat diep spore as toneelspeler, regisseur, artistieke direkteur en skrywer getrap het. Met Naelstring deurbreek die bekroonde dramaturg Pieter Fourie opnuut die grense van sy oeuvre.
Waar die oog van stil word is Ilse van Staden se derde digbundel en is net so keurig afgerond soos haar vorige bundels. Die eerste groep gedigte handel oor die verwerking van verlies en afskeid van die bekende. Dan betree die digter die onbekende wereld, waar sy haar vereenselwig met klein lewende wesens soos slakke en torre wat dit ook moet waag in die groot buitewereld in. Die digter het net ’n veerpen oor om mee te skryf en om ’n skip met woorde en drome te bou waarmee sy in die verbeelding kan reis. Daar is ’n sterk bewustheid van die vervlietendheid van alles: Al probeer die oog ook onthou, maar dit kan slegs weerkaatsings boekstaaf vir die brein se verbeeldingskrag en kan die digter dit met woorde probeer vasvang. Deurgaans is die digter daarvan bewys dat dinge nie bewaar kan word nie, soos die lig wat in donker oorgaan, die wind wat vlugtig aan skouers raak, die geluide van voels teen skemer, ’n brander wat oor die strand spoel en onmiddellik verdwyn. Ten slotte is die digter ook bewus van die paradoks van die digkuns: Dit is onmoontlik om die stilte van die see in woorde vas te vang, want “daar’s geen woorde in die see nie/en geen stilte in ’n vers!”
Die bundel bestaan uit ses afdelings met die son as deurlopende tema. In die eerste afdeling kom die Suid-Afrikaanse seelewe, plante, diere en voels aan die bod. Die digter tref dikwels amusante vergelykings tussen natuur- en sosiale verskynsels, soos die vergelyking van 'n jellievis met 'n straatvrou in die reeks "Kwal". In die derde, omvangryke afdeling "Songod", word die aanbidding van die son in antieke Egipte en argeologiese opgrawings tematies ontgin. 'n Boeiende tema in die vierde afdeling, "Soveel onder die son", is die herdigting van verhale en legendes uit die noordweste van Suid-Afrika. Die digter se belangstelling in die skepping van kunswerke lei tot boeiende gedigte oor kunstenaars soos Leonardo da Vinci, Albrecht Durer en Suid-Afrikaanse skilders soos Cecily Sash. Dit is egter bowenal die groter skepping wat herhaaldelik deur die digter ondersoek word, van die nietigste plantjie tot die grootse hemelruim. Die bundel begin nie verniet met die afdeling "Sonbesie" en eindig met die gedig "Liewenheersbesie" nie – tussenin word die lewe op aarde in sy wye verskeidenheid ter sprake gebring. |
You may like...
Advances in Manufacturing Technology…
Somashekhar S. Hiremath, N. Siva Shanmugam, …
Hardcover
R5,270
Discovery Miles 52 700
Matrix-based Product Design and Change…
Dunbing Tang, Leilei Yin, …
Hardcover
Rehabilitation Robotics - Technology and…
Roberto Colombo, Vittorio Sanguineti
Paperback
Microbiorobotics - Biologically Inspired…
Minjun Kim, Agung Julius, …
Hardcover
R3,214
Discovery Miles 32 140
Recent Advances in Mechanical…
Premananda Pradhan, Binayak Pattanayak, …
Hardcover
R8,238
Discovery Miles 82 380
Russian Models from the Mechanisms…
A. Golovin, V. Tarabarin
Hardcover
R2,671
Discovery Miles 26 710
Advances in Automotive Production…
Philipp Weissgraeber, Frieder Heieck, …
Hardcover
R5,229
Discovery Miles 52 290
|