0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (79)
  • R50 - R100 (80)
  • R100 - R250 (256)
  • R250 - R500 (249)
  • R500+ (209)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde

Sloper (Afrikaans, Paperback): Louis Esterhuizen Sloper (Afrikaans, Paperback)
Louis Esterhuizen
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days

Die digter ondersoek die slopingsproses wat op sowel fisiese as emosionele vlak voltrek word. Dit affekteer onder andere huise en tuine maar ook menslike verhoudings en die kort bestek van die mens se lewe. Die tou is hier 'n betekenisvolle simbool wat hede en verlede verbind. Teenoor aftakeling en afslyting staan die herstel van die gees in menslike verhoudings, groei, die behoud van herinnering en beweging deur ruimtes en ervaring om nuwe moontlikhede oop te maak.

Post mortem (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Post mortem (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Drie hopies grond van drie grafte en die drie mense aan wie die grafte behoort: Vytjie, Basjan en Gulu. Elkeen moet vertel hoe hy of sy aan sy dood gekom het. Trien is die sameroeper van hierdie byeenkoms na die dood. Sy behartig die post mortem. Hoe het dit gebeur dat haar man, haar huiswerker en plaaswerker dood is? In hierdie drama deur Pieter Fourie moet Basjan, Vytjie en Gulu aan Trien vertel en demonstreer wat gelei het tot hul dood. Dit word duidelik dat Trien se pienk pilletjies haar blind gemaak het vir die dinge wat rondom haar gebeur ...

'n Ope brief aan Dorian Gray (Afrikaans, Paperback): Ruan Fourie 'n Ope brief aan Dorian Gray (Afrikaans, Paperback)
Ruan Fourie
R61 Discovery Miles 610 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie debuutbundel word ’n liefdesgeskiedenis vertel soos dit deur verskillende stadiums beleef word deur die spreker. Aan die begin soek die spreker na ’n manier om sy liefde duidelik genoeg uit te druk; dan volg die ontnugtering en die belewenis van die geliefde as ’n lee dop, en uiteindelik volg die misnoegde ervaring van mislukking. Die hele bundel staan in gesprek met Oscar Wilde se roman, The picture of Dorian Gray, waarin die jong Dorian Gray wens dat sy afbeelding in ’n skildery sal verouder, terwyl hyself jonk bly.Die gedigte verwoord in hierdie bundel die aftakelingsproses en boots die briefvorm van die Wilde-roman implisiet na. Soos in die roman word die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns in die gedigte dikwels oorskry. Die atmosfeer van verval van die Wilde-roman word ook in talle van die gedigte opgeroep.

Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Christo van der Westhuizen Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Christo van der Westhuizen
bundle available
R50 R39 Discovery Miles 390 Save R11 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Chrisalis is die indrukwekkende debuut van ‘n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. In hierdie fyn afgewerkte gedigte word die grens tussen teks en werklikheid telkens getoets.

Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Soos’n skoenlapper uit sy papie breek, so kom die digter self te voorskyn uit die chrisalis van sy vers.

Amper Elders (Afrikaans, Paperback): Louis Esterhuizen Amper Elders (Afrikaans, Paperback)
Louis Esterhuizen
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel het nie verniet die subtitel "'n Reisjoernaal" nie, want hier word poeties verslag gedoen van ’n reis na Europa. Byna soos in 'n dagboek word die voorbereidings, die heen- en terugvlugte, die besoek aan vier lande en die afloop van die reis aan die leser voorgehou. Die verslag bestaan egter nie net oor beskrywings van toeriste-aantreklikhede nie, maar sluit ook boeiende interaksies met die inwoners van die ooste van Engeland, Vlaandere, Nederland en Tsjeggie in. Die verteller is deurentyd bewus van die lae van die geskiedenis oor hierdie plekke en die neerslag wat dit in verskillende kunsvorme gevind het. Nuus uit Suid-Afrika staan dikwels ook in ironiese kontras met wat die reisigers in die vreemde ervaar. Duiwe vorm ’n deurlopende motief: Die enigmatiese figuur van die duiwedanser stuur die verteller en sy reisgenoot weg, maar hulle weet dat hulle soos die duif wat Noag uitgestuur het, weer sal terugkeer. Aan die einde van die bundel neem die duiwedanser ’n onheilspellende gedaante aan, en die verteller besin oor die ligtheid en kortstondige vreugde van die reis, soos ’n donsveer wat in die wolke weggeblaas word.

Eros Ontbind (Afrikaans, Hardcover): Johannes van Jerusalem Eros Ontbind (Afrikaans, Hardcover)
Johannes van Jerusalem
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days
Duitser Aan Die Kaap, 1724 - 1765 - Die Lewe En Loopbaan Van Hendrik Schoeman (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): K.... Duitser Aan Die Kaap, 1724 - 1765 - Die Lewe En Loopbaan Van Hendrik Schoeman (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
K. Schoeman
bundle available
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Aan die hand van eietydse dokumentasie het Karel Schoeman in hierdie titel die lewe herkonstrueer van sy Suid-Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk-Holstein, wat in 1724 as matroos in diens van die VOC die Kaap bereik het, 'n prekere bestaan gemaak het as veeboer in die binneland van Suid-Afrika, en in 1765 in armoede in die huidige Klein-Karoo oorlede is. Soos Schoeman opmerk, is hierdie man in verskeie opsigte geskik om as "tipiese" stamvader uit die Kompanjiestyd beskou te word.

Van Heidebos En Skepper (Afrikaans, Paperback): R.K. Belcher Van Heidebos En Skepper (Afrikaans, Paperback)
R.K. Belcher
R61 Discovery Miles 610 Ships in 4 - 8 working days
Om Te Onthou - Versamelbundel Ter Viering Van Die Digter Se 85ste Jaar (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Barend J.... Om Te Onthou - Versamelbundel Ter Viering Van Die Digter Se 85ste Jaar (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Barend J. Toerien
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days

Hennie Aucamp het in 'n huldeblyk na Toerien se dood opgemerk dat Om te onthou beslis meer aandag verdien as wat dit by verskyning gaande gemaak het: "[Barend was] 'n man vir alle seisoene, veral vir die herfs en die winter. Maar weerkerende motiewe is daar tog: die natuur, die liefde, die kunste. En hierin is hy, ondanks sy ironie en satires, 'n aartsromantikus."

Die Meeste Sterre Is Lankal Dood (Afrikaans, Paperback): Johann de Lange Die Meeste Sterre Is Lankal Dood (Afrikaans, Paperback)
Johann de Lange
bundle available
R299 R257 Discovery Miles 2 570 Save R42 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ("om met woorde die onsegbare te sê"). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies & verganklikheid, van "inskaduwings van die lig". Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir "my mooi dooies". In "Oggendmusiek" beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in "Ode aan die mielie": "Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­staan hy, volryp, pittig & reg."

Bloed & sneeu

Bloed op sneeu is ’n pasgebore rooi,
van iets gewond, ’n struikelende spoor.
En die sneeu? Is daar énigiets so mooi,
so prilwit gespits, as ’n haseoor?

'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover): Antjie Krog 'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover)
Antjie Krog
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word.

'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.

Kabbo Op Die Ysterspoor (English, Afrikaans, Paperback): Christiaan Botha Kabbo Op Die Ysterspoor (English, Afrikaans, Paperback)
Christiaan Botha
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days

//Kabbo op die ysterspoor bied ’n voorstelling van die titelkarakter, 'n sjamaan, se verplasing na die groot god Eloib se werklikhei. Die eenman-drama handel oor die spirituele wysheid van die Boesmans en herinner die gehoor daaraan dat voorstellings van diaspora in die Afrikaanse drama nie slegs Afrikaners en hul bande met ’n tuisland, gasheerland en postkolonie betrek nie.

Bientang (Afrikaans, Paperback): Jolyn Phillips Bientang (Afrikaans, Paperback)
Jolyn Phillips
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook 'n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in 'n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie. 

Die Stilte Opgeskort (Afrikaans, Paperback): Heilna Du Plooy Die Stilte Opgeskort (Afrikaans, Paperback)
Heilna Du Plooy
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

In Heilna du Plooy se derde digbundel besin sy veral oor verskillende soorte verhoudings: die verhouding met Suid-Afrika en die stamlande van Afrikaanssprekendes, verhoudings met familie en geliefde vriende, die verhouding met die persoonlike en kollektiewe verlede en verskillende vorms van magsverhoudings. ’n Besonder treffende reeks in die bundel handel dan ook oor die verhouding tussen jagter en prooi, die skuld van die maghebber en die offerande van die ondergeskikte, wat in die vorm van ’n gesprek met ’n reeks beeldhouwerke van Maureen Quin gegiet word. By hierdie reeks sluit verdere gedigte oor die skepping van kuns aan, wat teenoor ’n reeks oor ’n oppervlakkige verbruikerskultuur gelees kan word. Die bundel word afgesluit met ’n aantal elegiese verse en twee verse oor die eenvoudige waardigheid van sorg en mededeelsaamheid.

Anton Goosen - Liedjieboer (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Anton Goosen - Liedjieboer (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief 1
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dié boek is rock ’n roll in die binnewêreld van die legendariese liedjieboer, Anton Goosen. Hanlie Retief vertel Goosen se buitengewone lewensverhaal – van sy grootwordjare in die Vrystaat, die Musiek-en-Liriek-era, sensuur, hoogtepunte en teleurstellings . . . tot waar die vader van Afrikaanse Rock 'n terugblik gee op sy merkwaardige lewe.

Mia - 'n Ma Se Storie Van Verlies En Hoop (Afrikaans, Paperback): Mariska Robberts Mia - 'n Ma Se Storie Van Verlies En Hoop (Afrikaans, Paperback)
Mariska Robberts
bundle available
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mia en haar gesin gaan hou vakansie in Stellenbosch. Die gesin in 'n motorongeluk waarin Mia sterf. Die verhaal gaan oor hoe haar ma Mariska haar pyn en hartseer verwerk en haarself vergewe. Maar ook oor nuwe lewe en jou lewe se herstel en terugbymekaar probeer kry na die dood van jou kind.

Landelik (Afrikaans, Paperback): Martjie Bosman Landelik (Afrikaans, Paperback)
Martjie Bosman
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days

Martjie Bosman se debuutbundel, wat in 2003 met die Ingrid Jonkerprys vir poesie bekroon is. Die verse in hierdie versameling getuig van sterk beheer oor verstegniek, sober eenvoud en uitgebreide kennis van die breer literatuurlandskap. Dit spreek ook van intense meelewing met die geskiedenis en die natuur.

Die Trouservies (Afrikaans, Paperback): Benno Barnard Die Trouservies (Afrikaans, Paperback)
Benno Barnard; Translated by Daniel Hugo
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Benno Barnard is ‘n veelsydige Nederlandse skrywer wie se werk poësie, prosa, essays, toneeltekste en vertalings insluit. Binne en buite, verlede en hede, liefde en dood, die persoonlike en die openbare skep ’n tematiese rykdom en ’n boeiende estetiese spanning in sy werk.

Die verse self vertoon ‘n vaste vorm wat weens die digter se tegniese vernuf klinkklaar soos water vloei.

Benno Barnard se uitsonderlike stem is nou ook in Afrikaans hoorbaar danksy Daniel Hugo se teksgetroue maar soepel vertaling. In ’n nawoord plaas prof. Yves T’Sjoen hierdie gedigte in ‘n breër literêre en maatskaplike konteks.

Uit Die Kroes - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Julius, Lynthia Uit Die Kroes - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Julius, Lynthia
bundle available
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word. Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien. glad alleen beteken nie mooi nie.

Koffer in Berlyn - Essays Oor Kabaret (Afrikaans, Paperback): Hennie Aucamp Koffer in Berlyn - Essays Oor Kabaret (Afrikaans, Paperback)
Hennie Aucamp
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Kan wat vandag deurgaan as "kabaret" die toets met die verlede deurstaan? In Koffer in Berlyn ontleed Aucamp die talle fasette van kabaret: die integrasie tussen beeld, musiek en woord – met 'n tema en struktuur waarin ironie sentraal staan. Lesings, resensies, koerant- en tydskrifartikels ander letterkundige bydraes, sowel as uittreksels van sommige van Aucamp se kabarette word hier meesterlik byeengebring.

Oewerbestaan (Afrikaans, Paperback): Melt Myburgh Oewerbestaan (Afrikaans, Paperback)
Melt Myburgh
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Met Oewerbestaan lewer Melt Myburgh ’n debuutdigbundel wat beslis aandag gaan trek.

’n Groot aantal van die gedigte het te make met die landskap van die Noord-Kaap aan die oewers van die Oranjerivier waar die digter groot geword het. In die eerste afdeling word die tema "refleksies" ontgin en verwys na sowel die weerkaatsings van die lewe in dié droë, warm wêreld as na die besinning oor die betekenis wat die gebied en sy mense vir die digter ingehou het. In die afdeling “om federico” is ’n aantal gedigte oor Spanje, waar die landskap sterk herinner aan dié van die Noord-Kaap, maar wat terselfdertyd ook onmiskenbaar die wêreld van die Spaanse digter Federico García Lorca is.

In die afdeling “gesigte” is gedigte oor visioene, onverwagse insigte en ook ontluistering, soos die gedig “’n beeld raak los” waarin een van die sementbeelde in die Uilhuis op Nieu-Bethesda afgetakel word tot net die skelet van bloudraad oorbly.Die laaste afdeling, “inkdood”, bevat gedigte oor dood en verval wat die digter met sy skryfwerk probeer besweer.

1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
bundle available
R360 R309 Discovery Miles 3 090 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het.

Vers & Vrou - 258 Gedigte (Afrikaans, Paperback): Karen de Wet Vers & Vrou - 258 Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Karen de Wet 1
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) In Stock

’n Bloemlesing gedigte oor vroue, deur vroue – en vir dié wat met vroue leef. Lees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek. Hierdie verse beskou die heelal deur ’n vroulike blik. ’n Bundel om aan te gee vir ’n vriendin of ’n suster, vir ma’s en vir dogters, vir geliefdes – omdat ons almal ’n bietjie so is, en ook nié so is nie.

Die Pad Byster (Afrikaans, Paperback): Nicola Hanekom Die Pad Byster (Afrikaans, Paperback)
Nicola Hanekom
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Met die twee dramatekste in hierdie bundel het die talentvolle Nicola Hanekom die teaterganger in die holte van haar hand. In Trippie word die gehoor "passassiers" op 'n busrit deur die Karoo en word 'n warboel van emosies op 'n boeiende en onvoorspelbare wyse oopgevlek. Hol, 'n uitdagende eenvroutoneelstuk, neem die wegholtempo van 'n moderne vrouelewe in oenskou.

Oolog - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Oolog - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal 1
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Oolog word stryd, konflik en oorlogvoering op verskeie vlakke ondersoek – nie net met verwysings op ’n nasionale en internasionale skaal nie, maar veral in die beskrywing van intieme, persoonlike ruimtes. Die realiteite van die Kaapse Vlakte word oopgeskryf.

Met sy narratiewe verse, geskryf in verrykende Kaaps, vertel Trantraal stories wat dikwels met ’n vuishou in die verrassende slotreëls tref. Hierdie gedigte is vindingryk en vreesloos, met donker humor maar nie sonder deernis nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Madame Pylinska En Die Geheim Van Chopin
Eric-Emmanuel Schmitt Paperback R200 R156 Discovery Miles 1 560
Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se…
Charne Kemp Paperback R340 R292 Discovery Miles 2 920
Verlore Seun Vannie Gaatjie
Ivor Swartz Paperback R295 R254 Discovery Miles 2 540
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R385 R331 Discovery Miles 3 310
Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van…
Pieter-Dirk Uys Paperback R305 Discovery Miles 3 050
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback  (1)
R295 R254 Discovery Miles 2 540
Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans…
Albert Blake Paperback  (1)
R300 R240 Discovery Miles 2 400
Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam…
Adam Small, Ronelda Kamfer Paperback  (1)
R315 R271 Discovery Miles 2 710
Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n…
Portchie Paperback R295 R215 Discovery Miles 2 150
Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier
Ebbe Dommisse Paperback R395 R289 Discovery Miles 2 890

 

Partners