In hierdie debuutbundel word ’n liefdesgeskiedenis vertel soos dit
deur verskillende stadiums beleef word deur die spreker. Aan die
begin soek die spreker na ’n manier om sy liefde duidelik genoeg
uit te druk; dan volg die ontnugtering en die belewenis van die
geliefde as ’n lee dop, en uiteindelik volg die misnoegde ervaring
van mislukking. Die hele bundel staan in gesprek met Oscar Wilde se
roman, The picture of Dorian Gray, waarin die jong Dorian Gray wens
dat sy afbeelding in ’n skildery sal verouder, terwyl hyself jonk
bly.Die gedigte verwoord in hierdie bundel die aftakelingsproses en
boots die briefvorm van die Wilde-roman implisiet na. Soos in die
roman word die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns in
die gedigte dikwels oorskry. Die atmosfeer van verval van die
Wilde-roman word ook in talle van die gedigte opgeroep.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!