![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Die boek behandel spraakopleiding en opvoedkundige drama
Norme vir Afrikaans het oor die jare al bewys gelewer dat dit 'n bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die titel is 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk versoen. In die besonder focus die titel op die 'norme' wat; 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die titel is nie om streng 'normatief' te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die hantering van praktiese taalkwessies, met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die riglyne van die negende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (2002) is ook volledig in hierdie uitgawe verken.
Stylboek: Riglyne vir paslik skryf is die eerste volwaardige stylhandboek in Afrikaans wat uitsluitlik op klassieke stylbeginsels fokus. Die title is geskik vir almal wat stylvaardighede in skriftelike tekste wil verbeter. Werklike voorbeeldmateriaal uit 'n verskeidenheid tekstipes word gebruik om praktiese riglyne te gee oor gepaste taalgebruik. Die titel fokus nie op reg of verkeerd volgens die taalsisteem nie, maar eerder op die verskeidenheid taalgebruiksmoontlikhede waarvan sommige meer gepas is as ander, afhangende van die situasie en konteks waarin die teks moet funksioneer.
Anderkant die Gariep, in die harde, wye wêreld van die Noord-Kaap, het sedert die vroeë 1900’s pioniersmense gewoon wat deur g’n stof of droogte, g’n lamsiekte of beespes ondergekry kon word nie. Dit was ’n tyd voor selfone en kitsoplossings, toe ’n man se woord nog sy woord was, en ’n afspraak ’n afspraak; ’n tyd toe jagtogte, Boeredanse en familietroues mense saamgesnoer het en swaarkry en verlies bloot ’n deel van die natuurwette was. In hierdie wêreld word drie geslagte Bredenkamps groot – en maak die leser kennis met mense wat in die wêreldgeskiedenis maar klein sandkorreltjies is, maar wie se vreugdes en plesier; sweet en trane die fondament gelê het vir ’n koersvaste, trotse nageslag.
Lesers wat nie ’n annerlike kontrei se taal kan slat nie, hoef nie daaroor kop te vreet nie. Hierdie omvattende woordeboek plaas die gewoonlike Afrikaans uit die kontreie op skrif vir inkommers en vir ingesetenes wat wil klont oor kontreitaal. Die eienaardig mooie woordeboek ontgin annerlike Afrikaans op so ’n manier dat geen leser meer uitgesluit hoef te wees van diegene wat eenspaaierig handel nie want alles wat hierin opgeteken is, is koek van een deeg. Dit kouboe die taal vir oueres wat daarmee vertroud is en vir jongeres is dit brandhout om vir die oudag bymekaar te maak.
Reinaard die Vos breek weg van die tradisie van ou fabels of diereverhale. Die vosverhaal is ’n bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan) toestande. Die dinge wat deur die skrywer aan die kaak gestel word, is vandag nog deel van ons samelewing. Henri van Daele het die oorspronklike Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en in soepel prosa herskryf. Daniel Hugo se Afrikaanse vertaling maak dit ook Suid-Afrikaanse volksbesit.
It is essential, particularly in this period of constitutional and administrative transformation, that everybody should know how to speak and write accurately about public administration. This glossary contains English and Afrikaans words and terms commonly used by politicians, officials in the civil service, and members of the public adminstration. Terms and words are explained briefly in English to make them understandable in official as well as everyday usage.
Soos sy eerste bundel, Gebroke sinne, is JA! 'n kombinasie van Bos se woorde (noem dit gedigte, mymerings of woordlandskappe) in Nederlands en Afrikaans – hier in duet met beelde deur Eric de Bruijn. Ja! is die tweede publikasie uit Stef Bos se pen en vertoon heelwat ooreenkomste met sy eerste geskrewe projek, Gebroke sinne (2004). Soos wat Gebroke sinne deur Marianna Booyens geillustreer is, is die kunstenaar Eric de Bruijn by Ja! betrek. Die uitleg is ook eenders aan die van Gebroke sinne. In teenstelling egter met die vroeere publikasie wat volledig uit Nederlands in Afrikaans vertaal is, is Ja! grotendeels in Nederlands geskryf met enkele Afrikaanse tekste.
Kitaar my kruis is vir die eerste keer in 1962 deur H.A.U.M. gepubliseer, en die tweede uitgawe het sewe herdrukke beleef. Small se identifikasie met sy karakters vind neerslag in sy gebruik van Kaaps – volgens hom ’n volwaardige taal waarin mense hul eerste skreeu en hul laaste doodsroggel gee. Wat in heelparty gedigte opval, is die gebruik van refreine en herhaling, wat as ’t ware die gemeenskap se vrese waarskuwings en aanklagte van die tyd eggo (Van Wyk, 2006). Verder is daar ’n sterk Ou Testamentiese inslag, maar ook talle verwysings na die geboorte en wederkoms van Christus. Volgens Steward van Wyk word dié gegewe op die lotgevalle van onderdruktes van toepassing gemaak, oa die geskiedenis van Moses en die Israelitiese volk onder Egiptiese slawerny: Soos Moses met sy staf, moet die digter met sy kitaar sy mense lei, maar omdat die taak so moeilik is, word die kitaar ironies ook sy kruis.
Piet Maritz was vir jare lank 'n karakoelpelskoper in die ou Suidwes. Gedurende sy vele omswerwinge het hy baie interessante mense ontmoet en dinge ondervind. In Kruis en dwars deur ou Suidwes deel hy van hierdie herinneringe en laat jou lag, huil en verlang na vervloe dae.
Met sy nostalgiese songs het die Nederlandse sanger Stef Bos Suid-Afrikaanse gehore stormenderhand verower. Gebroke sinne is 'n versameling songs wat Afrikaanse poesie geword het. Eenvoudige, egte woorde wat tot die hart spreek.
Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.
Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.
Die Vlaamse digter Eddy van Vliet is een van die kragtigste stemme in die Nederlandse digkuns van ná die Tweede Wêreldoorlog. Sy gedigte word gekenmerk deur universele temas soos die liefde en dood. Die digter bou met beeldende taalgebruik 'n brose binneplaas in 'n bedreigende wêreld, 'n tydelike verblyf tot en met die onafwendbare verval. Sy bundels De binnenplaats (1987) en De toekomstige dief (1991) is hoogtepunte in sy oeuvre. Saam vorm hulle 'n tweeluik van opbou en afbreek, van orde en chaos, van herinner en vergeet.
Dit is veral die mense van Aranos se wereld wie se stemme in Kalaharijoernaal gehoor word: die mense wat in die ongenaakbare wereld langs die Nossobrivier 'n bestaan gemaak het. Maar daar is ook die sagter geluide van die Kalahari se wild, die springbokke, die groot elande en koedoes, die kiewiete, die sandpatryse en die sonbesies wie se skril stemme oor die rooi sand bewe. Vir die wat soek, wag daar immers 'n verrassing agter elke duin, so leer die Kalaharikind vroeg al.
Ben is ’n Indiaan, skatsoeker en kaskarbestuurder. Ben is sommer enigiets wat hy wil wees. En sy troeteldierskilpad gaan oral saam. Of hulle nou as dapper Indiane (skelmpies) Ben se ouboet se boomhuis gaan verken, of in die spruitjie gaan toets of Meneer Skillie nie dalk vinniger in die water is as op land nie ... Enige uitstappie is pret, en ’n wereld van avonture wag op hulle. Die stories is vanuit die seuntjie se perspektief vertel en is hartlik en snaaks.
Hierdie skrywer weet hoe om ʼn storie te vertel en hoe om die leser in te katrol. Haar kinderjare in Pretoria-Wes word lewendig en humoristies verhaal. Haar pa het lewenslank boekminderwaardig gevoel omdat hy nie kon gaan studeer nie. Sy pa het sy grond verloor en hy moes vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy onderskei hom in die spoorweë, maar die drankduiwel ry hom (en die gesin). Geen kind van hom hoef te gaan leer nie, glo hy. Die verteller self spring duidelik en onweerstaanbaar uit die bladsy regop – iemand wat, in haar eie woorde al soos ʼn haas verskrik is deur haar pa maar wat haar eenvoudig nie laat onderkry nie. Sy sou gaan leer, buig of bars. En sy het nie opgehou voordat sy ʼn doktorsgraad verwerf het nie.
Dirk Mudge publiseer op 87-jarige ouderdom sy langverwagte outobiografie. Hierdie besonderse man was vir 33 jaar voltyds betrokke by die politiek van Suidwes-Afrika en later Namibie. Hy betree die politiek in 1960 toe hy lid word van die wetgewende vergadering onder die Nasionale Party van Suidwes-Afrika. Mudge beskryf hoe hy aanvanklik die beginsels van die Nasionale Party onderskryf het, maar mettertyd tot ander insigte gekom het. Dit het onvermydelik tot sy uittrede uit die Nasionale Party gelei en tot die stigting van sy eie party: die Republikeinse Party. Hy het 'n persoonlike aandeel gehad in die skryf van die nuwe Grondwet vir die Republiek van Namibie en probeer in hierdie boek antwoorde verskaf op vrae soos waarom dit Namibie so lank geneem het om onafhanklikheid te bereik en wat die rol van Suid-Afrika en die internsionale gemeenskap daarin gespeel het.
Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir.
De Vos ken die kunste, en die mense agter die kunste, so hy kan heerlik spot met die hogere dinge in die lewe. Die bundel bevat ’n hele vertellings oor bekende figure uit die kunstewereld, soos die Karel Schoeman. Kop op 'n blok is vlymskerp geskryf en die humor (wat dikwels selfspot insluit) is werklik snaaks. Inderwaarheid vorm die teks 'n soort outobiografie van een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans.
|
![]() ![]() You may like...
An Introduction to Creating Standardized…
Todd Case, Yuting Tian
Hardcover
R1,704
Discovery Miles 17 040
Statistical Analysis for…
Arnoldo Frigessi, Peter Buhlmann, …
Hardcover
China Internet Development Report 2018…
Chinese Academy of Cyberspace Studies
Hardcover
R3,020
Discovery Miles 30 200
|