![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en
uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los
gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te
kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes,
mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers
gedeel te word.
Piet van Rooyen bring met hierdie werk twee van sy groot liefdes bymekaar: perdry en lees. Die gedigte in hierdie bundel, telkens gebaseer op tekste uit die wereldletterkunde waarin perde prominent figureer, word uiteindelik klein kamees van uiteenlopende eras, samelewings en ruimtes.
In Moerstaāl word oorsprong in oënskyn geneem: perspektiewe word gebied op geskiedenis en erfenis en hoe dit met taal saamhang. ’n Skryfwyse wat deur Khoekhoegowab geïnspireer is, veral wat die gebruik van die makron op klinkers betref, word ingespan tesame met Sols se kenmerkende Ghoema-Afrikaans. ’n Respek vir byna uitgestorwe kennis word oorgedra en in dié opsig is die gedigte ’n kreet van verlies en ’n bewuste poging tot ’n daad van bestendiging. Die lewe-gewende moederfiguur tree hier na vore – die vrou wat verguising en ontkenning moes deurleef en wie se bydrae en plek, soos ook dié van die taal, in en deur die bundel herstel, of ten minste openbaar gemaak, wil word. Die musikaliteit van Sōls se vorige twee bundels is weer hier teenwoordig. Só ook sy vlymskerp kommentaar en ironie, en sy digterlike gebruik van spreektaal. Sols se terugkeer na geskrewe poësie – die eerste bundel in sestien jaar – is beslis ’n groot aanwins vir die Afrikaanse letterkunde.
In 1997 het 'n besonder gewaagde boek die lig gesien: 'n Kas is vir klere het openlik die aanvaarde idee dat gaywees en Christenwees nie een kan wees nie, uitgedaag. Daardie teks het vertel van Pieter Cilliers se reis na selfaanvaarding tot hy die waagmoed had om, met 'n boek, uit die kas te klim. Vir veertien lang jare het Pieter Cilliers hom daarna uit die openbare oog onttrek. Tog, maand na maand, het die briewe daar by hom opgedaag. Talle het gese: Ek is ook so! Hoe meer briewe opgedaag het, hoe nodiger het dit geword om op te staan vir diegene wat nog vasgevang sit in die oordeel van die godsdiens. Pieter het met die skrywers begin korrespondeer en, het, soms teen sy sin, begin deelneem aan kerklike debatte jeens gaywees, maar meer nog: ook wat dit beteken om gemarginaliseerd te wees.
Die begeleiding van duiwe is 'n stewige bundel oor 'n verskeidenheid verweefde temas. Die liefdesgedigte is dikwels nostalgies en vol verlange, maar hou verrassend genoeg ook verband met die tema van oorlog en stryd wat deur die bundel loop. Daar is 'n durende spanning tussen verskillende sfere in die bundel: tussen die aardse en die verhewene, die godsdienstige en die lyflike, tussen Israel en Suid-Afrika. Hierdie spanning word in ’n mate oorbrug deur beweging tussen die werelde, deur reise, verhuising en weggaan, met duiwe wat dikwels as skakel tussen die verskillende sfere optree. In die slotgedig “Eksodus” word die tweespalt treffend in die Suid-Afrikaanse aktualiteit ingebed, met die liefdes- en godsdienstige temas wat steeds saamklink.
Deernisvol verken die digter in hierdie bundel ’n denkbeeldige gemeenskap met herkenbare karakters. Die gedigte verbeeld samehorigheid en verlies in ’n spektrum van komiese en dramatiese emosies. Polsend van liefde en die lewe, deurspek met legendes en mites, word die dorpie in sy tydlose volheid vertoon. Uiteindelik vind die leser in die karakters se universaliteit sy of haar eie kleurvolle menswees terug.
Miriam Van hee is tans een van die mees gelese digters in die Lae Lande. In hierdie keuse uit haar poesie het Daniel Hugo, die vertaler, hom in sy keuse eerstens laat lei deur die vertaalbaarheid van die verse, maar ook probeer om die Afrikaanse leser ’n oorsig te bied van haar werk. Van hee se poesie is so gestroop soos takke wat hulle blare verloor in die herfs, die seisoen wat dikwels in haar gedigte genoem word. Stemmings van stilte, afwagting en leegheid is oorheersend. Al is die landskappe waaroor sy skryf, met sneeu bedek, en al is die stede en huise waarin die verse geplaas word, die van ’n vreemde land, sal die Suid-Afrikaanse leser die emosies van verlies, weemoed en verlange maklik kan herken en daarmee identifiseer. Daniel Hugo slaag uitmuntend daarin om die delikate wereld van hierdie Vlaamse woordkunstenaar in glashelder Afrikaans oor te sit.
Afrikaans is die grootste nie-rassige prestasie in ons Suiderland sover. Gesamentlik geskep deur mense van drie vastelande – Afrika, Asië en Europa. En daarom is dit nie die besit van eensydige politieke partye nie, maar behoort dit aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. En daarom ook is my taal my beste wapen teen rassisme. (Jan Rabie, 1992) Hierdie uitspraak van die Afrikaanse skrywer Jan Rabie dien as die uitgangspunt van hierdie opwindende nuwe boek oor Afrikaans. Afrikaans is oor die afgelope drie eeue al baie dinge genoem: die jongste Germaanse taal én Afrikataal, kombuistaal én parlementstaal, witmanstaal én hotnotstaal, onderdrukkerstaal én bevrydingstaal, Christentaal én Moslemtaal, elitistiese taal én omgangstaal, plat taal én poëtiese taal. In hierdie “storie van Afrikaans” word ’n bondige oorsig gegee van waar Afrikaans vandaan kom, wie hom praat, skryf, gebruik en misbruik. In tye van voorspoed én van teenspoed het Afrikaans bewys dat hy ’n lewenskragtige, skeppende en bowenal nuttige taal is.
Hoewel Olga Kirsch die enigste Joodse stem in die Afrikaanse digkuns is, is dit skaars bekend onder lede van die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap. Olga Kirsch was, na Elisabeth Eybers, maar die tweede vrou wat ‘n digbundel in Afrikaans laat verskyn het. Die doelwit van hierdie biografie is om te keer dat haar werk vergete raak en om te wys waarom haar werk belangrik is, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Israel. Dit ondersoek nie net Kirsch se rol as Afrikaanse Joodse digter nie, maar ook haar as voorbeeld van ‘n grensoorsteker tussen kulture en veeltalige immigrante-digter. Daarom is van haar Engelse en Hebreeuse digkuns ook ingesluit in hierdie werk.
Twihi, “kind van die winde” is oud genoeg om ’n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans “sien jy ’n vrou mooiste aan haar spore”. Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood. In Jagters Van Die Woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland. Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat ’n Boesmanseun eendag ’n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van ’n vrou nie. Is daar ’n man wat kan sê watter winde daar saans deur die hart van ’n vrou waai?
Met bewondering, deernis en ’n skerp sin vir humor skets Dot Serfontein die geskiedenis van kontreie wat nie aan interessante mense ontbreek nie. In Ek Is Maar Ene kring vertellinge van haar kinderjare en familie in die Vrystaat uit na kleurvolle karakters van die Kalahari en na (dikwels senutergende) reise met haar gesin na ander dele van Suid-Afrika. Sy vertel van die swerwende tant Beatrice wat geglo het sy word deur die geheime polisie agtervolg; van die kreatiewe wyse waarop geharde Kalaharimense hul wêreld herbergsaam gemaak het, hoe Askham sy naam gekry het en hoe ’n Chev-bakkie kan boomklim. Hierdie bundel boeiende sketse is by tye skreeusnaaks, maar nooit gaan die waardering vir die mense agter die stories verlore nie.
Die Neukery Met Die Appelboom is ’n herdruk van essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld, wie se honderdste verjaardag vanjaar herdenk word. Die fokus van hierdie bundel essays is die mens se verantwoordelikheid teenoor die natuur en die omgewing. Op sy eiesoortige manier vervleg Marthinus Versfeld sy bespreking egter ook met wetenskapsieninge, geloofsoortuiginge, etiese kwessies, opvattinge oor die staatkunde en ander filosofiese vraagstukke.
Gee My ’n Mán! handel oor ou Kalahari Gemsbokpark, vanaf die tyd dat hulle nog met kamele gepatrolleer het, die oorlog teen die berugte Witbooi (wat tonele bevat waarvan die leser moeilik sal vergeet) en veldwagter Joep le Riche se avonture en nagmerries in daardie vroeë jare. Hy was die een wat hom die meeste beywer het vir die proklamering van hierdie gebied as ’n wildtuin en baie jare lank was Joep le Riche die Gemsbokpark en die Gemsbokpark was Joep le Riche. Humor en swaarkry gaan hand aand hand in hierdie boeiende en insiggewende vertelling.
Die temas in hierdie bundel sluit deels aan by temas uit sy vorige bundels, maar daar is ook heelwat nuwe onderwerpe. Die gedigte oor musiek, die skilderkuns en die letterkunde in afdelings I en IV toon weer eens Crous se vernuf in die ontginning van intertekste, terwyl die homoerotiese gedigte in afdeling VI voortbou op die tema in sy tweede bundel.
Toneelspel 2 handel oor die manier van dink en doen binne die bruin gemeenskap. Die uniekheid van die mense word getrou geskets deur die skrywer wat die polsslag van haar dorp ken en ’n diep liefde vir sy inwoners het. Voorbeelde hiervan is:
Met hierdie bundel sluit Marais aan by sy bundel Aves wat uitsluitlik oor voëls gehandel het, maar in Diorama val die klem op diere. Marais is bekend daarvoor dat sy gedigte respek het vir wetenskaplike kennis: Die wetenskaplike name van spesies word by die gedigte gegee, die feite moet korrek wees en die habitatte waarin die diere, plante en voëls voorkom, word versigtig uitgebeeld. Hierdie bundel bevat ook gedigte oor die paleontologie en navorsers soos Jane Goodall, Richard Leakey en die Suid-Afrikaanse paleontoloog Philip Tobias.
In this publication, two separate texts that should be read alongside the authoritative Marais biography, Die groot verlange, is made available in a single volume. Eugene Marais and the Darwin Syndrome explores the role that the father-son relationship possibly could have played in Marais’s inability to complete his magnum opus. Die dowwe spoor van Eugene Marais, an informal source book, includes facts and names that were concealed or suppressed in the biography. In hierdie publikasie word twee afsonderlike tekste wat naas die gesaghebbende Marais-biografie, Die groot verlange, gelees moet word, in een volume uitgegee. Eugene Marais and the Darwin Syndrome ondersoek die rol wat die pa-seun-verhouding moontlik kon gespeel het in Marais se onvermoe om sy magnum opus te voltooi. Die dowwe spoor van Eugene Marais, ’n informele bronneboek by Marais se lewensverhaal, bevat feite en name wat in die lewensverhaal verswyg of verdoesel is. |
![]() ![]() You may like...
Tesourus Van Afrikaans
Leon De Stadler, Marquerite De Stadler
Hardcover
Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam…
Adam Small, Ronelda Kamfer
Paperback
![]()
|