Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en
uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los
gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te
kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes,
mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers
gedeel te word.
Die aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit
van 'n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige,
filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings
wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord. Die
versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar
lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar
is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen
praat hier in haar eie, unieke stem.
Voorbeelde:
- Feite steur hulle nie aan sielkunde nie.
- Ek moet probeer om nuwe foute te maak.
- Date rape. Dit klink soos 'n nagereg.
- Jy kan nie 'n held wees met R100 'n maand vir groceries nie.
- 'n Jakkals is 'n wolf wat blomme stuur.
- As julle trou, word julle een. Watter een?
- Moenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie.
- Moet nooit 'n geskenk aanvaar wat eet nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!