Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige en aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook na die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk. Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesebare op te roep. Tegelykertyd bied die laatwerk ’n troos teen die dood wat wag, vir die digter sowel as die leser.
Hierdie bundel het nie verniet die subtitel "'n Reisjoernaal" nie, want hier word poeties verslag gedoen van ’n reis na Europa. Byna soos in 'n dagboek word die voorbereidings, die heen- en terugvlugte, die besoek aan vier lande en die afloop van die reis aan die leser voorgehou. Die verslag bestaan egter nie net oor beskrywings van toeriste-aantreklikhede nie, maar sluit ook boeiende interaksies met die inwoners van die ooste van Engeland, Vlaandere, Nederland en Tsjeggie in. Die verteller is deurentyd bewus van die lae van die geskiedenis oor hierdie plekke en die neerslag wat dit in verskillende kunsvorme gevind het. Nuus uit Suid-Afrika staan dikwels ook in ironiese kontras met wat die reisigers in die vreemde ervaar. Duiwe vorm ’n deurlopende motief: Die enigmatiese figuur van die duiwedanser stuur die verteller en sy reisgenoot weg, maar hulle weet dat hulle soos die duif wat Noag uitgestuur het, weer sal terugkeer. Aan die einde van die bundel neem die duiwedanser ’n onheilspellende gedaante aan, en die verteller besin oor die ligtheid en kortstondige vreugde van die reis, soos ’n donsveer wat in die wolke weggeblaas word.
Hierdie studie is die eerste van ’n reeds voltooide tweeluik in Afrikaans oor die 44 oud-Griekse dramas wat vir ons in geheel uit die verre Oudheid bewaar gebly het. In hierdie eerste boekdeel word die vroeë, klugtige ontstaan en daarna tegniese ontwikkeling van die oud-Griekse komedie bespreek. Daarna volg ’n indringende analise van elkeen van die skrywer Aristophanes (ongeveer 448-380 v.C.) se elf komedies. In Aristophanes se komedies vind ons ’n uiters lagwekkende ontmaskering van die menslike verwaandheid, kleinlikheid en dwaasheid wat die politieke leiers van Athene tydens die Peloponnesiese Oorlog gekenmerk het.
In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur. Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.
Aangrypende gedigte deur 'n fyn woordkunstenaar. Hierdie Hertzogpryswenner se nuwe bundel is ’n hoogtepunt in sy oeuvre. Die gedigte bied ’n deurlopende gesprek met ’n wyer wereld – ook insigte in daardie wereld: die mens, die natuur, die kunste, literatuur, filosofie. Die gedigte is toeganklik, eerlik, menslik, maar die ruwe werklikhede van ons bestaan word nooit gekamoefleer of ontken nie.
Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. ’n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied – die natuur, voels, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke – en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend. Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van ’n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermoe bied die leser van Kaar ’n avontuurlike ontdekkingreis deur die werelde van mense en diere.
Hierdie title gee 'n basiese inleiding tot die moderne dramateorie asook praktiese riglyne oor hoe om 'n dramateks te analiseer, en is 'n gids vir dosente en studente. Die invloed van die opvoeringsgerigtheid van 'n drama op aspekte soos die karakters, die tyd en ruimte asook die drama se struktuur, word behandel. Die teorie word deurgaans verduidelik en geillustreer aan die hand van voorbeelde uit meer as 30 bekende Afrikaanse dramas.
Athol Fugard het met die koms van sy tagtigste verjaarsdag besluit om ’n toneelstuk in sy ma se moedertaal te skryf, soos sy hom jare gelede gevra het. Met behulp van Riana Steyn se kennis en navorsing oor die karretjiemense het hierdie toneelstuk tot stand gekom. Dit is die verhaal van die Geduld-gesin, wat, na die dood van hul ouma Mieta, haar in die Karoo-veld onder klippe begrawe, soos die gebruik onder die karretjiemense is. Haar kleinkinders se enigste vooruitsig blyk die plakkerskamp naby Colesberg te wees. Hul pa, Koot, was op sy dag die voorste skaapskeerder, maar nou is hy in die tronk vir die moord op hy sy tweede vrou. Na sy vrylating spoor Sarah, ’n navorser wat jare gelede met die gesin te doen gehad het, hom op. Saam neem hul bestekopname van die karretjiemense se verlede en toekoms.
1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het.
Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.
Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!) In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied. Kaalkop 3 sluit in:
In Susan Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds ’n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In die nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop. Soos die titel aandui, word die aarde gesien as ’n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters. Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes help bewaar: die aarde is ’n eierblou ark wat deur die melkweg veer waarin ons waterdeurdronge deur soutreen en sleepmistonge hiermaals vaar en as bede om vergiffenis en genade daagliks silwer woordspane deur water stuur.
Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met ‘n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou. Aan die een kant skakeer die geel uit na wit – hoofsaaklik van die maan – en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami’s. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe. Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke – in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta – maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê “in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê”. Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin ’n oombliklike insig in ’n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters – die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Müller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en ’n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die “woeste” Pa. ‘n Mens sou kon sê dat Müller se digwerk ‘n voortganende proses is, ‘n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel ‘n mylpaal is.
Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma. Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.
Hierdie keur uit al vyf Afrikaanse digbundels van Adam Small gee 'n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar My Kruis en Se Sjibbolet. Die keur weerspieel deurgaans Small se meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse werkersklasmense. Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy aanwending van Kaaps waaroor hy in die naskrif by Kitaar gese het: "Kaaps is 'n taal ... 'n taal waarin mense hul eerste skreeu skreeu en hul doodsroggel roggel."
Die bundel, wat in P.J. Philander se nege-en-tagtigste jaar verskyn het, is geskryf terwyl hy in New York gewoon het. Ten spyte van die afstand tussen die digter en sy geboorteland, spreek die gedigte in die bundel steeds van 'n intieme verbintenis tussen hom en sy land van herkoms. In die middel van die winter word Miem Fischer saam met haar enigste seun en ander familielede weggevoer van hulle plaas naby Ermelo: eers na die konsentrasiekamp by Standerton en daarna na die kamp by Merebank naby Durban. In haar dagboekinskrywings ontvou dag na dag die aangrypende verhaal van hoe sy die haglike realiteit van lewe in ’n konsentrasiekamp moet verduur. Tant Miem Fischer se kampdagboek is een van maar ’n handjievol dagboeke wat die lyding van Boerevroue en -kinders van dag tot dag weergee en wat na die oorlog behoue gebly het.
Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede - 'n Literatuurgeskiedenis in Afrikaans is die eerste nuwe Afrikaanse literatuurgeskiedenis van die Nederlands(talige) letterkunde in dertig jaar. Dit is 'n literatuurgeskiedenis vir die Afrikaanse student en dosent van die Nederlandstalige letterkunde en geinteresseerde leek.
Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede - 'n Literatuurgeskiedenis in Afrikaans is die eerste nuwe Afrikaanse literatuurgeskiedenis van die Nederlands(talige) letterkunde in dertig jaar. Dit is 'n literatuurgeskiedenis vir die Afrikaanse student en dosent van die Nederlandstalige letterkunde en geinteresseerde leek.
Poppie is based in the ground-breaking 1978 novel by Elsa Joubert, Die swerfjare van Poppie Nongena, and was adapted for stage by Sandra Kotze. This story follows the trials and tribulations of Poppie, a black woman living in apartheid South Africa and her search for a better future for her children. Poppie is die storie van 'n swart vrou wat in die jare van apartheid met 'n man van die land getroud was. Soos met Joubert se reisbeskrywings, is hierdie drama 'n reis in vele opsigte - enersyds Poppie se lang swerftog op soek na standvastigheid en 'n veilige toekoms vir haar kinders, andersyds 'n reis van twee verwyderde kulture na mekaar toe, maar uiteindelik die reis na die hart van 'n medemens.
Kamfer se gedigte is vreesloos, en skroom nie weg van taboe-onderwerpe nie. Sy skryf veral oor tragedies wat alledaags geword het in die wereld waarin sy haar bevind – dwelms, druglords, en kinders wat doen wat hulle nie hoef te doen nie ... Haar gedigte is tegelyk toeganklik en onkonvensioneel – sy is 'n sterk, sterk nuwe stem in Afrikaans.
Voordat die veldseun Piet Schoeman wildbewaarder geword het, het hy gedink dat die lewe van 'n wildbewaarder die ene aksie sal wees. Toe hy aangestel word as hoofwildbewaarder van die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika, was dit net die plek waar hy sy onbedwingbare avontuurlus kon uitleef. Die gelyk wereld van gras en lae bossies, met orals troppies naderende wild, het vir hom 'n oneindige bekoring ingehou. Wanneer die oop ruimtes roep, kon hy nooit teruggehou word nie. Dit het dit aan hom baie tyd gelaat vir die rustige bestudering van die wild en die natuur. Hy het nooit besef dat die blote waarneming van wild ooit so interessant kan wees as die jagmaak op hulle nie. In hierdie titel openbaar hy die stiller en dieper mens binne om, die dieper mens wat so dikwels alleen in die aand by sy kampvuur sit. Hy kom tot die besef dat die mens in sy diepste wese eensaam is, en bly tot die einde toe. En vir die eerste keer maak hy vrede met homself en kan in die aand rustig gaan slaap. |
You may like...
|