Cas Vos het hom met sy vorige bundels reeds gevestig as digter van liefdespoësie. In
Intieme Afwesige, sy vyfde bundel, is dit nie net die tema van die liefde wat die leser opval nie, maar ook die liefdevolle hantering van ’n wye register onderwerpe.
Opvallend is die groot aantal gedigte oor kuns en kunstenaarsfigure soos Vincent van Gogh en die Suid-Afrikaanse skilder Marlene Dumas, die komponis J.S. Bach en die beeldhouer Michelangelo. Ook eietydse ikone soos Edith Piaf, Kate Moss en Katie Melua word met deernis aan die leser voorgestel. Reeds in die derde afdeling kom ’n aantal liefdesgdigte voor, maar dit is veral die vierde afdeling wat ’n kragtoer in die kleine is.
Hierin word die aangrypende verhaal van die gedoemde Middeleeuse minnaars, die filosoof Pierre Abélard en die non Héloïse by wyse van ’n tweegesprek uitgebeeld. Die gedigte is gebaseer op die werklike briewe wat hulle aan mekaar geskryf het nadat hulle paaie onvermydelik moes skei. Die digter slaag daarin om in dié gesprek die gemis en verlange op byna tasbare wyse uit te beeld. Die reeks word afgesluit met gedigte wat in die mond van hulle kind, Astralabe gelê word en waarin sy verlange na die ouers wat hy nie geken het nie, uitgespreek word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!