![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Wanneer ’n mens aan die ervarings van Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog dink, is die outomatiese konnotasie die van konsentrasiekamplyding. ’n Fassinerende en grotendeels onbekende buitebeentjie in hierdie genre is die dagboek van Anna Barry, waaruit ’n unieke en veelkantige beeld van die oorlog na vore kom. Aan die een kant van Anna se oorlogservaring staan haar broer Japie – ’n begeesterde jong soldaat wat uiteindelik as krygsgevangene op Ceylon sterf. Hierteenoor le haar geliefde pa Thomas (aanvanklik ’n gerespekteerde veldkornet) al in 1900 die eed van neutraliteit af, en wag hy die grootste gedeelte van die oorlog in die neutrale Basoetoland uit. Vir die tienderjarige Anna is die oorlog as gevolg hiervan ’n uiters verwarrende ervaring en haar dagboek bied ’n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos “identiteit”, “nasie” en “volk”. Die feit dat die dagboek eers in 1960 vir die eerste keer gepubliseer is en daarna grotendeels in die vergetelheid verval het, is verder veelseggend in terme van hoe Anna self verwag het haar ervarings kort na die oorlog ontvang sou word – maar ook in terme van hoe blinde lojaliteit aan sekere groepe so dikwels in die geskiedenis van Suid-Afrikaners vereis is. Die dagboekteks, geboekstut deur Ena Jansen se insiggewende en verhelderende voor- en nawoord, bied nie slegs ’n sonderlinge blik op die Anglo-Boereoorlog nie, maar is verweef met kwessies van taal, politieke mag en sosiale status wat vandag nog net so relevant is soos toe die dagboek geskryf is.
Siener in die suburbs gaan oor die lief en leed van 'n groepie mense wat al volkskarakters geword het. Jakes wat so graag 'n laaitie wil he, Tiemie wat oor haar tyd is, Tjokkie wat met die helm gebore is, Giel en Ma wat in sonde saamleef. Hulle bly aan die verkeerde kant van die spoor; mense van wie daar "nie geweet" word nie.
Eybers se verse was jare laas in druk. Dié keuse, uitgesoek deur Ena Jansen, goeie vriendin van haar, wys op Eybers se veelsydigheid as digter. Die bloemlesing behels o.m. die bekende "Maria", "Busrit in die aand", verse oor haar kinders, die emigrasie na Nederland, tot haar latere, aangrypende gedigte oor ouer word. Goeie poësie is tydloos, en dit blyk duidelik met dié uitgawe van Eybers se bekendste werk.
Hanlie Retief se skerp, pittige en op-die-man-af-onderhoude in Rapport is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Waarom? Hanlie kies die interessantste mense om mee onderhoude te voer en vra die vrae wat almal wil vra. Ná 20 jaar van onderhoude voer is dit hoogtyd dat ’n keur van die beste onderhoude te boek gestel word. Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat pik het. Dit is ook interessant om weer die stemme te hoor van mense wat ons ontval het, soos Chris Barnard en Marike de Klerk. Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die mense wat opgeneem word in hierdie boek. Die leser van hierdie boek geniet ’n kleurvolle reis deur die gedagtes en dinge van Suid-Afrika se interessantste bekendes.
Die liefde, natuur en digterskap is die oorwegende temas van die bundel en elk word vanuit ’n wye spektrum perspektiewe bekyk. Herman de Coninck se werk spreek van innoverende beeldspraak, totaal gestroop van pretensie – en Daniel Hugo slaag daarin om in sy vertalings die unieke karakter van De Coninck se werk te behou. Herman de Coninck het die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse leser se verbeelding aangegryp met Liefde, Miskien (vertaal deur Daniel Hugo) in 1998. Die lenige liefde, ’n bloemlesing uit al De Coninck se werke, sal weereens die leser betower. Meer toeganklike poesie kom ’n mens nie aldag tee nie. De Coninck se werk spreek van innoverende beeldspraak waarvan die gebrek aan pretensie die leser maak lees, luister en onthou.
In haar 'transformasie-trilogie' bestaande uit Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid, en die modernistiese skepping van 'ras' word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na 'n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika. Jacomien van Niekerk karteer in 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme, 'ras', identiteit, 'n Afrika-wereldbeeld' en die Suid-Afrikaanse nasie-en maak as sodanig 'n bydrae tot aktuele diskoerse. Lof vir 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog
Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar 'n aap in jou koffie is? Waarom staan 'n mens se strottehoof bekend as 'n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het? Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op grond van mense of plekke se name. So is die dahlia, adamsappel en cappuccino eponieme. In Die Aap in jou koffie beantwoord die gewilde woordeboekmaker, Anton Prinsloo, ongeveer 2,000 van hierdie soort vrae. Die skrywer se besondere humorsin maak dit 'n andersoortige woordeboek – een wat 'n mens met 'n glimlag lees.
Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wêreld van die Afrikaanse vrou óópgeskryf en was haar tyd vooruit. Dié unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroeë bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, “onwennige ouma” skryf dalk oor vervloë dae, maar op so ’n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandág se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak. 'Met my rooi rok voor jou deur: ‘n Keur uit die werk van Audrey Blignault' sal voorgelees word op RSG vanaf einde Mei 2021! Die briljante Rika Sennett sal die voorleser wees.
Willie van der Merwe se debuutbundel handel oor religieuse ontnugtering, geklee in vele vorme, en is ’n verkenning van die eksistensiele vakuum soos selde tevore in Afrikaans. Die titel sinspeel op die eenvoudige kwaliteite van die alledaagse mens aan die een kant, maar aan die ander kant op die fisiese en geestelike dood wat as goue draad deur die bundel loop. Die dualisme tussen skoonheid en weerloosheid word van meet af aan ondersoek en die gebroke werklikheid van die digter se ervaringswereld word treffend verbeeld. Dit is ’n donker bundel vol swart humor, wat die weersin van erotiek en oorlog op skrydende en dikwels ironiese wyse verwoord. Dit eindig egter met ’n evangeliese optimisme: met van die mooiste liefdesgedigte wat nog in Afrikaans verskyn het.
In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg. In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing. Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het. Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande
neem.
Met haar nuutste bundel, Disteltyd, neem die digter Marlise Joubert bestek op haar lewe; die verouderingsproses met gepaardgaande fisieke aftakeling en verlies, maar ook besinning oor familie, eie kinderjare en die onlangse inperking, beurtkrag en geweld. Dit is gedigte met ’n sterk poëtiese en visuele inslag en word gekenmerk deur ’n introspektiewe, selfs nostalgiese, toonaard. Soos die distel as onkruid ’n saadpluim lewer wat lig, dartelend en lieflik is, is hierdie gedigte ook. Disteltyd is ’n bundel wat weens die geskakeerdheid daarvan ’n belangrike bydrae lewer tot die steeds groeiende korpus van laatwerke; gedigte wat meestal ontroer weens die menslikheid en humor daarin verwoord, maar terselfdertyd ook die leser konfronteer met die maatskaplike onregte kenmerkend van ons tyd.
Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak. Maar wie skuil agter die uitdagende naam? Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep. In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.
Hierdie uitstekende Afrikaanse vertaling van antieke gedigte hoef vir niemand Grieks te wees nie. Die skrywer gee duidelike toeligting oor die tyd en omstandighede waarin hierdie gedigte ontstaan en voorgedra is, sodat selfs diegene wat geen kennis van Grieks het nie, daardeur geboei word. Anders as wat die hedendaagse leser verwag, is die antieke elegiese poësie nie treurverse nie, maar kon oor enige denkbare onderwerp handel: politiek, sosiale probleme, die kortstondigheid van die lewe, patriotisme en liefde.
Etienne Leroux word steeds beskou as een van die grootste skrywers wat die Afrikaanse literatuur opgelewer het. J.C. Kannemeyer se biografie oor hierdie geheimsinnige en dikwels omstrede figuur behels meer as ’n magdom waardevolle inligting. Dit is ook 'n persoonlike beskouing van Leroux, die mens, sy politieke opvattings en sy siening van sensuur. 'n Fotoseksie waarin skaars foto's van Leroux, sy familie en medeskrywers opgeneem is, verryk die biografie en dra by tot 'n boeiende portret van ’n hoogs verwikkelde en enigmatiese man.
‘n Seun word groot met ‘n swaard oor sy kop: Hy is geleidelik besig om blind te word. Hy is anders as sy maats en daar moet dikwels aanpassings en uitsonderings vir hom gemaak word. By die Skool vir Blindes, Worcester, is hy vir die eerste keer gelukkig tussen ander soos hy. Sy humorsin en lughartige lewensuitkyk laat hom sy aandag vestig op die dinge wat hy kan doen. Hy voltooi die Comrades-, New York City- en vele ander maratonne. Hy klim Kilimanjaro en stap tot by Mt Amadablam-basiskamp in die Himalajas. Sy vrou en twee kinders motiveer hom om ‘n “normale” en gelukkige lewe te lei. Hierdie stories is ‘n beligting van frustrasies, uitdagings en insidente wat hy as blinde ervaar. Dit gee vir die leser ‘n insig in die alledaagse konfrontasie en uitdagings, maar ook in die komiese en humoristiese aspekte van blindwees.
'n Pragboek oor die skrywer se lewe as beeldende kunstenaar en vrou van die akteur Marius Weyers - is 'n ryklik geillustreerde rondleiding in die werkswinkel van 'n beeldhouer en liefhebber van woorde.
Jag is ’n avontuur wat jou wegvoer van vier mure na die oop ruimtes van groot Afrika en jou laat kennis maak met ontbering en volharding, met lekker spog en lekker eet. En die oog, die kamera en die sakboekie vervang nie in een dag die jagroer nie. P.J. Schoeman se naam was vir geslagte Afrikaanslesers sinoniem met verhale waarin natuurkennis en natuurgevoeligheid saampraat. Vir diegene wat as jong lesers met Schoeman kennis gemaak het, sal die lees van hierdie hersiene heruitgawe ’n nostalgiese ervaring wees – ’n erfenis om aan vandag se jong lesers oor te dra.
In hierdie drama word die leser/gehoor gekonfronteer met die gevolge van keuses waarmee bykans alle Suid-Afrikaners kan identifiseer: kwessies soos emigrasie, die behoud van bande met die geboorteland, nagevolge van die Angolese bosoorlog, moorde op bejaardes en sosiale onsekerhede as gevolg van kriminele geweld. Hiermee gee Opperman dramaties gestalte aan die gedagte dat die persoonlike dikwels ’n politieke strekking het. Ook ander verwysingsraamwerke tree na vore, waaronder die invloed van die geskiedenis en die soeke na identiteit.
|
You may like...
Become A Better Writer - How To Write…
Donald Powers, Greg Rosenberg
Paperback
My Disney Stars and Heroes American…
Catherine Zgouras
Digital product license key
R1,023
Discovery Miles 10 230
Cambridge Lower Secondary Computing 7…
Margaret Debbadi, Ben Barnes, …
Paperback
R952
Discovery Miles 9 520
|