Books > Biography > Literary
|
Buy Now
Om Hennie Aucamp Te Onthou (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R61
Discovery Miles 610
|
|
Om Hennie Aucamp Te Onthou (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
Loot Price R61
Discovery Miles 610
Expected to ship within 11 - 15 working days
|
Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21
Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede. In
hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur
familie, vriende en medeskrywers belig. Onder die familielede wat
bydraes tot die boek gelewer het, is sy suster Rina wat
herinneringe aan hulle kinderjare op die familieplaas Rus-mijn-ziel
opdiep en sy neef Inus Aucamp wat meer vertel van die vestiging van
die Aucamp-familie in die Stormberge. Die skryfster Margaret
Bakkes, wat ook sy kleinniggie is en op 'n buurplaas grootgeword
het, vertel hoe sy en Hennie reeds as kinders teenoor mekaar bely
het dat hulle wil skryf. Daar is ook bydraes deur Marius en
Christiaan Bakkes, wat oor Hennie se belangstelling in die natuur.
Daar is besondere opstelle deur medeskrywers Lina Spies, Aletta
Lubbe (gebore Aucamp), Danie Botha en Abraham de Vries, terwyl
Daniel Hugo en Joan Hambidge gedigte opgedra aan Hennie gelewer
het. Die radiopersoonlikhede Monica Breed en Margot Luyt skryf oor
Hennie se ruimhartigheid en sy vriend Nico Loubser oor Hennie se
laaste dae. Foto’s van Philip de Vos en Marius Bakkes skep 'n
visuele beeld van die woordman Aucamp.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.