0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (68)
  • R50 - R100 (138)
  • R100 - R250 (424)
  • R250 - R500 (364)
  • R500+ (187)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde

As Die Son Kom Oogknip (Afrikaans, Paperback): As Die Son Kom Oogknip (Afrikaans, Paperback)
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer die son verduister, staan mense stil om na te dink oor lig en donker. So word daar oor veel meer as hierdie natuurlike verskynsel besin. Sinisme en humor bly nie agterwee nie maar die groot gedagte skyn weemoed en verwondering te wees. In hierdie 94 gedigte praat bekende digters en debutante saam; prosaskrywers, joernaliste, musikante en ander openbare figure waag hulle hand aan die poesie. Die resultaat is ’n sonderlinge verkenning van die kreatiewe kragte wat vaardig raak wanneer die natuur sy heerskappy bevestig.

Uit Die Dagboek Van 'n Wildbewaarder (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Uit Die Dagboek Van 'n Wildbewaarder (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Voordat die veldseun Piet Schoeman wildbewaarder geword het, het hy gedink dat die lewe van 'n wildbewaarder die ene aksie sal wees. Toe hy aangestel word as hoofwildbewaarder van die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika, was dit net die plek waar hy sy onbedwingbare avontuurlus kon uitleef. Die gelyk wereld van gras en lae bossies, met orals troppies naderende wild, het vir hom 'n oneindige bekoring ingehou. Wanneer die oop ruimtes roep, kon hy nooit teruggehou word nie. Dit het dit aan hom baie tyd gelaat vir die rustige bestudering van die wild en die natuur. Hy het nooit besef dat die blote waarneming van wild ooit so interessant kan wees as die jagmaak op hulle nie. In hierdie titel openbaar hy die stiller en dieper mens binne om, die dieper mens wat so dikwels alleen in die aand by sy kampvuur sit. Hy kom tot die besef dat die mens in sy diepste wese eensaam is, en bly tot die einde toe. En vir die eerste keer maak hy vrede met homself en kan in die aand rustig gaan slaap.

Shih-Ching Liedereboek (Afrikaans, Paperback): M.M. Walters Shih-Ching Liedereboek (Afrikaans, Paperback)
M.M. Walters
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
Eggo's in Bewolkte Water (Afrikaans, Paperback): Marie Grobler Eggo's in Bewolkte Water (Afrikaans, Paperback)
Marie Grobler
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

In beeldryke verse word die "liefdesgeskiedenis" van die liriese subjek gekoppel aan San- en Khoi-mitologie. Die meeste verse in Grobler se bundel vorm tematies 'n geheel omdat dit die eie bodem en kultuur ontgin en aanspreek. Daar is twee afsonderlike afdelings – te wete Evasgesange waarin die Khoikhoi en die Xhosa hoofsaaklik in gedigte gestalte vind en Boekreis waarin die geskiedenis van Vasco da Gama, die strafekspedisie teen Kalikoet, Catharina de Ataide en kolonialisering 'verdig' word. Catharina was natuurlik die vrou "wat Vasco se swerflus later/ met sewe kinders laat bedaar/" het!

Geletterdheid in die grondslagfase (Afrikaans, Paperback): I.  Joubert, M. Bester, E Meyer Geletterdheid in die grondslagfase (Afrikaans, Paperback)
I. Joubert, M. Bester, E Meyer
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 2 - 4 working days

Die title behandel die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1, 2 en 3 soos beskryf in die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (HNKV) binne die raamwerk van uitkomsgerigte onderwys (UGO). Die title bevat ook inligting vir die onderrig van Graad R. Die onderrig van luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer asook taalstruktuur en -gebruik word breedvoerig bespreek en praktiese idees word gegee.

Tussen die abjekte en die eteriese - 'n Keur uit die poesie van Michel Houellebecq (Afrikaans, Paperback): Michel... Tussen die abjekte en die eteriese - 'n Keur uit die poesie van Michel Houellebecq (Afrikaans, Paperback)
Michel Houellebecq; Translated by Henning Pieterse
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 4 - 8 working days

Michel Houellebecq, wie se poesie as melankolies, pynlik selfbewus en bytend satiries teenoor die lewe en die verbruikersamelewing beskryf kan word, is al die “Baudelaire van die supermark”, of “Baudelaire gekruis met Philip Larkin” genoem. Benewens die liriese en melancholiese aard van sy werk, is talle van die sy gedigte ook uiters kompleks weens die diep en ryk filosofies-teologiese en kosmologiese idees wat dit onderle.

AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover): A.B. De Villiers AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover)
A.B. De Villiers 3
R350 R317 Discovery Miles 3 170 Save R33 (9%) Ships in 5 - 10 working days

AB de Villiers is een van Suid-Afrika se grootste sporthelde. Hy is sedert 2011 kaptein van die Suid-Afrikaanse eendagspan asook ’n lid van die nasionale span sedert hy op 20 Desember 2004, op 20-jarige ouderdom, sy buiging vir die Proteas gemaak het. AB het reg deur sy lewe op die sportveld uitgeblink én word vandag as een van die beste kolwers ter wêreld, in alle aspekte van die spel beskou.

AB: Die Outobiografie, sal insig bied oor die man agter die kolf en onder die kopskerm, asook oor deurslaggewende oomblikke tydens sy loopbaan en sy verhoudingsbande met verskillende mentors. Die leser sal teruggeneem word na die agterplaas van AB se ouerhuis waar hy as kind die eerste keer saam met sy broers leer krieket speel het, en sal voorgestel word aan al die kleurvolle karakters en sportlui wat paaie met AB gekruis het.

AB se belangstelling in musiek en in die sakewêreld word ook onder die loep geneem asook hoe hy hierdie belangstellings van hom saam met sy internasionale krieketloopbaan uitleef.

En Kyk Na Die Omowit Engele Op Die Rolbalbaan (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius En Kyk Na Die Omowit Engele Op Die Rolbalbaan (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
'n Wonderlike Geweld - Jeugherinneringe (Afrikaans, Hardcover): Elsa Joubert 'n Wonderlike Geweld - Jeugherinneringe (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Joubert
R520 R486 Discovery Miles 4 860 Save R34 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wereldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.

Die See (Afrikaans, Paperback): Reza De Wet Die See (Afrikaans, Paperback)
Reza De Wet
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 4 - 8 working days

Die see is 'n liriese toneelstuk waarin aanvaarding, ontnugtering en hoop stem kry in drie slawevroue wat in die tyd van die VOC as courtisanes vir die bevelvoerder van Die Kasteel opgelei is. Terwyl die kanonvuur op die agtergrond 'n nuwe bestel aankondig, word die gehoor as't ware saam met die drie vroue in 'n kerker opgesluit. Die donker omstandighede van die hede word telkens gekontrasteer met die sonnige verlede. Met Die see het Reza de Wet haar kwarteeu in die Suid-Afrikaanse teaterwereld gevier.

Maansiek (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Maansiek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.

As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.

Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.

Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback): Lidia Theron Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback)
Lidia Theron
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Die ware verhaal van 'n ma se stryd om met onvoorwaardelike liefde te aanvaar dat haar kind gay is. Die skrywer se doel met hierdie boek is om ander gesinne in soortgelyke omstandighede hoop te gee. Sy vertel van die skok wat sy en haar man moes verwerk toe hulle lieflingdogter aankondig sy is verlief op 'n vrou. Lidia Theron beskryf die pad wat hulle moes loop om tot volle aanvaarding te kom.

In Die Afwesigheid Van Sin (Afrikaans, Paperback): Susan Smith In Die Afwesigheid Van Sin (Afrikaans, Paperback)
Susan Smith
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days
Nomadiese Sterre (Afrikaans, Paperback): Joan Hambidge Nomadiese Sterre (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambidge
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days
Hammie (Afrikaans, Paperback): Ronelda Kamfer Hammie (Afrikaans, Paperback)
Ronelda Kamfer 1
R315 R295 Discovery Miles 2 950 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ronelda S. Kamfer debuteer in 2009 met Noudat Slapende Honde, en Grond/Santekraam het gevolg in 2011. Haar jongste bundel is nou Hammie.

Die verse eggo temas uit haar vorige werk, maar ondersoek veral die komplekse en intieme verhouding tussen ma en dogter. Dit gaan oor verlies, oor dinge wat ongesê bly, oor die woorde tussen woorde.

Dis Ronelda S. Kamfer op haar beste.

Afrikaans-English, English-Afrikaans Dictionary - With Over 28,000 Entries (Afrikaans, Paperback): Alet Kruger, Penny Grearson Afrikaans-English, English-Afrikaans Dictionary - With Over 28,000 Entries (Afrikaans, Paperback)
Alet Kruger, Penny Grearson
R211 Discovery Miles 2 110 Ships in 12 - 19 working days

Afrikaans-English, English-Afrikaans dictionary with over 28,000 entries. It has numbered senses and idioms, and is a compact bilingual resource for learners and visitors to South Africa. It shows parts of speech for every entry to aid correct usage. This new, concise Afrikaans-English, English-Afrikaans dictionary is particularly useful for students of language, and for business purposes. Inexpensive and accessible, it has clear and comprehensive content, with lists of verb structures, auxiliary verbs, irregular verbs, and quick and easy reference to over 28,000 entries. A new dictionary for G&G from 2014. A compact bilingual dictionary for learners of Afrikaans and ideal also for the visitor as well as the student. Contains a large selection of up-to-date words.

Reisgenote (Afrikaans, Paperback): Joanita Erasmus-Alt Reisgenote (Afrikaans, Paperback)
Joanita Erasmus-Alt
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 2 - 4 working days

Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller).

As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.

In Die Landskap Ingelyf (Afrikaans, Paperback): Heilna Du Plooy In Die Landskap Ingelyf (Afrikaans, Paperback)
Heilna Du Plooy
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
Die Wereld Van Susanna Smit (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Die Wereld Van Susanna Smit (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 4 - 8 working days

Outeur en historikus Karel Schoeman skets in hierdie werk 'n lewende beeld van Susanna Smit: nie net van haar persoonlike wedervarings nie, maar ook die agtergrond waarteen haar lewe afgespeel het: die onrustige tyd aan die Oosgrens, Susanna se verbintenis met Bethelsdorp en die vroee werksaamhede van die Londense Sendinggenootskap, die Groot Trek en die opkoms en ondergang van die Republiek Natalia. Susanna Smit was die suster van die Trekkerleier Gert Maritz en die vrou van die Trekkerpredikant Erasmus Smit. Dit is aan haar dat die kreet "Liewer barrevoets oor die Drakensberge ..." (teen die Britse oorname van Natal) toegeskryf word. Susanna Smit was ook die skrywer van 'n omvangryke dagboek wat in sy behoue vorm die jare 1843-1851 dek en hoofsaaklik haar geestelike belewenisse vasle.

Maagmeisie (Afrikaans, Paperback): Thomas Deacon Maagmeisie (Afrikaans, Paperback)
Thomas Deacon
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
Onder Die Appelboom (Afrikaans, Paperback): Rutger Kopland Onder Die Appelboom (Afrikaans, Paperback)
Rutger Kopland; Translated by Daniel Hugo
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 2 - 4 working days

Onder die appelboom is 'n vertaalde keur uit die poesie van die Nederlandse digter Rutger Kopland. Daniel Hugo, die vertaler, het hom in sy keuse eerstens laat lei deur die vertaalbaarheid van die verse, maar ook probeer om die Afrikaanse leser 'n oorsig te bied van hierdie veelbekroonde digter se werk. Die oenskynlike eenvoud van Kopland se werk, die gevoelige manier waarop hy die alledaagse verwoord en Hugo se puik vertaling behoort hierdie bundel baie gewild onder Afrikaanse lesers te maak. ’n Enkele strofe uit die titelgedig gee ’n aanduiding van Kopland se sobere, maar beeldende verse: toe word dit langsamerhand te mooi / om waar te wees, die dinge / van die dag verdwyn voor die geur / van hooi, daar le weer speelgoed / in die gras en verweg in die huis / lag die kinders in die bad / tot waar ek sit, tot / onder die appelboom.

Tydelose Gety (Afrikaans, Paperback): Lina Spies Tydelose Gety (Afrikaans, Paperback)
Lina Spies
R59 Discovery Miles 590 Ships in 4 - 8 working days

In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van ’n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg “bo alles wat vals is en stereotiep”.

Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog ’n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan ’n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom.

Vir Spies is daar geen twyfel nie dat die Afrikaanssprekende nog ’n plek in Suid-Afrika het en hier sinvol en gelukkig kan lewe. Die beheerste lewensvreugde van die laaste verse spreek van ’n oorwoënheid en soberheid wat aan Elisabeth Eybers se laaste gedigte herinner.

Vir die eerste keer neem Spies ook enkele vertaalde gedigte in ’n bundel op waardeur sy ’n bydrae lewer tot die bekendstelling van wêreldpoësie in Afrikaans.

Bloot Mens (Afrikaans, Paperback): Jelleke Wierenga Bloot Mens (Afrikaans, Paperback)
Jelleke Wierenga
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days

Wierenga skryf met ’n drif en vernuftigheid en voer die swakhede soms tot komiese uiterstes, veral wanneer sy klaarspeel met die verraad en ydelheid van minnaars. Tog bly die oorheersende indruk die van ’n menslike kyk na ander mense. Wierenga steek egter nie in die persoonlike vas nie, maar takel op moedige wyse openbare kwessies. Wanneer sy dit het oor die onreg aan ander, die vernieling van die omgewing en die vernietiging van lewende wesens, skryf sy met ’n vreesloosheid en drif wat van hierdie bundel iets besonders maak.

PA SE Stem (Afrikaans, Paperback): Willie Burger PA SE Stem (Afrikaans, Paperback)
Willie Burger
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days
Aki No Kure - Herfsskemering - 'n Bloemlesing Japannese Gedigte (Afrikaans, Paperback): M.M. Walters Aki No Kure - Herfsskemering - 'n Bloemlesing Japannese Gedigte (Afrikaans, Paperback)
M.M. Walters
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

Die digter M.M. Walters ontgin met hierdie bundel die sober eenvoud van die Japannese poesie. Hierdie gedigte verwoord die eeue oue letterkundige tradisie van hierdie beskawing. Die inleiding bied 'n oorsig tot die geskiedenis van die Japannese digkuns en verduidelik die verskillende tydperke waarin die digkuns opgedeel word. Die bloemlesing probeer gedigte uit die hele spektrum aanbied. Die brugtaal was deurgaans noodsaaklikerwys Engels. Vanwee die lang tydperk waarin Japan vir dele van die Weste geslote was, is vertalings in Germaanse tale minder bekend en bekombaar. Die versameling is ook noodwendig onvolledig vanwee die beperkte ruimte. Maar dit bied 'n fassinerende blik op 'n redelik onbekende sfeer van die wereldliteratuur.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Invention of the Jewish People
Shlomo Sand Paperback  (1)
R354 Discovery Miles 3 540
Minority Group Influence - Agenda…
Paula D. McClain Hardcover R2,776 Discovery Miles 27 760
We, The People - Insights Of An Activist…
Albie Sachs Paperback  (5)
R380 R351 Discovery Miles 3 510
American Revolution for Kids
Herbert J Paperback R552 R523 Discovery Miles 5 230
White Fragility - Why It's So Hard For…
Robin DiAngelo Paperback  (1)
R275 R254 Discovery Miles 2 540
Founding Fighters - The Battlefield…
Alan C Cate Hardcover R1,858 Discovery Miles 18 580
AIDS and Intravenous Drug Use - The…
M.Daniel Fernando Hardcover R2,214 Discovery Miles 22 140
Abductions in the American Revolution…
Christian McBurney Paperback R1,134 R720 Discovery Miles 7 200
George Washington's Westchester Gamble…
Richard Borkow Paperback R544 R503 Discovery Miles 5 030
The Oxford Handbook of the American…
Edward G. Gray, Jane Kamensky Hardcover R4,914 Discovery Miles 49 140

 

Partners