0
Your cart

Your cart is empty

Books > Language & Literature > Literature: texts > Poetry texts & anthologies

Buy Now

Tydelose Gety (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R54
Discovery Miles 540

Tydelose Gety (Afrikaans, Paperback)

Lina Spies

 (sign in to rate)
Loot Price R54 Discovery Miles 540

Bookmark and Share

Expected to ship within 4 - 8 working days

In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van ’n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg “bo alles wat vals is en stereotiep”.

Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog ’n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan ’n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom.

Vir Spies is daar geen twyfel nie dat die Afrikaanssprekende nog ’n plek in Suid-Afrika het en hier sinvol en gelukkig kan lewe. Die beheerste lewensvreugde van die laaste verse spreek van ’n oorwoënheid en soberheid wat aan Elisabeth Eybers se laaste gedigte herinner.

Vir die eerste keer neem Spies ook enkele vertaalde gedigte in ’n bundel op waardeur sy ’n bydrae lewer tot die bekendstelling van wêreldpoësie in Afrikaans.

General

Imprint: Protea Boekhuis
Country of origin: South Africa
Release date: July 2010
Authors: Lina Spies
Dimensions: 213 x 137 x 6mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 84
ISBN-13: 978-1-86919-383-6
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Language & Literature > Literature: texts > Poetry texts & anthologies > General
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
LSN: 1-86919-383-0
Barcode: 9781869193836

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners