Books > Language & Literature > Literature: history & criticism > Literary studies
|
Buy Now
Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R753
Discovery Miles 7 530
You Save: R72
(9%)
|
|
Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Expected to ship within 13 - 16 working days
|
Die Afrikaanse literatuur het 'n aangrypende lewe in Afrika
oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in 'n boeiende takelwerk
verse, in 'n kennis van die aand en deur die oe van 'n siener in
die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange
swerfjare deur. Nie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende
skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige
lesers - die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van
skeppende arbeid, wat die patrone moet ople en die teoretiese lense
instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman.
Akademies gesproke is Perspektief en profiel 'n onontbeerlike
handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons
skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literere gesprek. Dit
bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die
"profiel" in die boektitel), maar is ook 'n bestekopname van
verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en 'n kartering van
die gebied, vandaar die "perspektief ". Dit toon by implikasie
oortuigend aan hoedat die Afrikaanse letterkunde aansluit in
suid-suidverband met ander literature van die halfrond, en
ondersoek die historiese en tydgenootlike noordsuid-bande en
-spanninge. Ook verken dit die skryftegnieke en die produksie en
resepsie van die Afrikaanse teks in Afrika. Dis 'n boek wat
sensitief is vir die polities-kulturele omgewing wat steeds omvorm
word deur die momentum geskep deur die koms van demokrasie in 1994.
Eerder as om 'n literatuurgeskiedenis te probeer wees wat die fi
nale woord wil spreek en ondubbelsinnig kanoniseer, word die
literatuur hier as strydperk aangebied. Hierdie veelstemmige
gesprek matig sigself as literatuurgeskiedenis nie objektiwiteit
aan nie, maar huldig verskeidenheid en teenspraak. Perspektief en
profiel toon aan dat die Afrikaanse letterkunde diep geent is in
die kontinent Afrika. Dit boekstaaf die geestesprestasie van mense
aan die suidpunt van 'n uitdagende kontinent. Dit is mense wat
rekenskap gee van hul ontheemding en twyfel, maar ook van
inburgering en liefde vir die land, van verwantskap met landgenote
wat ander geskiedenisse en huistale het. Dis 'n literatuur van
hierwees en aanhanklikheid aan plant en dier, landskap en leemte.
Perspektief en profiel verskyn tydens die groot wending. Dis 'n tyd
waarin die Boek soos geslagte dit sedert Gutenberg geken het weens
die oorgang na digitaliteit onder beleg kom. Die tydsbesteding aan
ernstig lees as aktiwiteit verskraal en hierdie boek is 'n tydige
herinnering aan die tydsaamheid en denke wat in 'n literatuur
opgesluit is. Die boek verdien 'n staanplek in elke
Afrikaanssprekende gesin se boekrak of leplek in hul
e-boek-biblioteek. Dit is onontbeerlik vir die student en die
akademikus. As jy wil weet hoe jou voorgeslagte hul hierwees
verwoord het en hoe jou tydgenote jou eie situasie stem gee, is
hierdie boek jou toevlug. Perspektief en profiel Deel 3 bevat drie
perspektiewe, asook outeursprofiele alfabeties gerangskik van S tot
Z.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.